The Road Less Travelled

Life, the Universe and Everything Outdoors => General Discussion => Topic started by: Trailrider on April 04, 2012, 12:43:12 PM



Title: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 04, 2012, 12:43:12 PM
Watter dorpe sluit dit in?


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 04, 2012, 12:47:47 PM
OK ek het dit gekry. Klein area.

Wou net seker maak dit sluit nie die koerante se verspreidings area in nie: http://www.northwestnewspapers.co.za/


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: JC on April 04, 2012, 01:55:38 PM
Die Brits Pos is my koerant.  :biggrin:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 04, 2012, 02:07:51 PM
Ek wonder hoe onafhanklik die Noord Wes koerante (van die groep) van mekaar handel?

Dra die Brits Pos motor artikels?


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Fourie on April 04, 2012, 02:21:06 PM
Dis eintlik die Vuildriehoek  ::)

Daar hoes die voltjies jou wakker in die oggend  :evil2:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Prins on April 04, 2012, 03:10:05 PM
Watter dorpe sluit dit in?

Ek sien op daai link gladnie die Vaaldriehoek se koerant raak nie.
Tradisioneel was dit die driehoek gevorm tussen Sasolburg, Vereniging en Vanderbijlpark.  Dit is hoekom Fourie dit die vuildriehoek noem:  Sasol en Yskor (deesdae Mittal) l in daai driehoek.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Prins on April 04, 2012, 03:12:50 PM
TR

Ek weet jy wil (moet) jou artikels verkoop, maar waarom plaas jy dit nie hier op die forum so paar weke na publikasie nie??
Dan kan ons ook lees hoe "onafhanklik" julle joernaliste is  :evil2: :wink1: :wink1:

Jy kan mos onder die 4 wiele bord 'n aparte draad vir dit skep.  Ek sal nogal graag jou reports wil lees.



Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: JC on April 04, 2012, 06:13:45 PM
Ek wonder hoe onafhanklik die Noord Wes koerante (van die groep) van mekaar handel?

Dra die Brits Pos motor artikels?
Ek is nie seker wat jou vraag is nie, maar die koerante in die groep is almal slegs weeklikse streeks koerante met streeksnuus.

Motor artikels is daar wel, maar ek het nog nooit werklik opgelet of daar elke week 'n motor artikel is nie.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 06, 2012, 01:02:10 PM
Watter dorpe sluit dit in?

Ek sien op daai link gladnie die Vaaldriehoek se koerant raak nie.


 :thumb:

Dis presies wat ek wou probeer bepaal!


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 06, 2012, 01:03:16 PM
Ek wonder hoe onafhanklik die Noord Wes koerante (van die groep) van mekaar handel?

Dra die Brits Pos motor artikels?
Ek is nie seker wat jou vraag is nie, maar die koerante in die groep is almal slegs weeklikse streeks koerante met streeksnuus.

Motor artikels is daar wel, maar ek het nog nooit werklik opgelet of daar elke week 'n motor artikel is nie.

OK ek het met hulle gepraat. Daar is 'n bylae, Auto Info, wat saam met al daai koerante versprei word. Een van die dae is my artikels daar by jou ook.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 06, 2012, 01:09:00 PM
TR

Ek weet jy wil (moet) jou artikels verkoop, maar waarom plaas jy dit nie hier op die forum so paar weke na publikasie nie??
Dan kan ons ook lees hoe "onafhanklik" julle joernaliste is  :evil2: :wink1: :wink1:

Jy kan mos onder die 4 wiele bord 'n aparte draad vir dit skep.  Ek sal nogal graag jou reports wil lees.


Prins, ongelukkig kan die goed hier raak ge-google word.

Maar goeie nuus is dat die Laevelder my Harley-Davidson artikel van so paar weke terug geniet het en sedert die week is ek nou offisieel in die Laevelder ook. Kyk maar uit vir my naampie. :MrGreen:

Verder is ek nie 'n "entertainment journalist" soos Top Gear se ouens nie, maar 'n Consumer Journalist. Ek vertel basies maar net oor die voertuig sodat die leser self 'n ingeligte besluit kan maak. Dis objektief. Ek kan mos nou nooit so iets hier post nie ek het 'n kaarkprater image om aan te dink! :MrGreen:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Prins on April 06, 2012, 02:45:22 PM
 :-\ :-\

Wat van 'n geslote board wat net deur lede gesien kan word??
Dan kan google se spider mos nie daar uitkom nie ...  :bigears: :bigears:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Smidty on April 06, 2012, 03:05:40 PM
Ek stem saam met Prins

Dit sal lekker wees om te lees  :hope:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 06, 2012, 05:37:14 PM
Enjoy :evil1:

http://www.vaalweekblad.com/18102/news-details/hyundai-h1-multicab


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: buzzlightyear on April 06, 2012, 06:40:57 PM
miskien kan jy noem hoe lank die fabriekswaarborg is.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 06, 2012, 07:40:19 PM
Ja nee, maar blykbaar was dit nie belangrik genoeg ge-ag om in te hou nie. :MrGreen:

Koerante is snaakse goete. Motor artikels verskil hemelsbreed van CAR byvoorbeeld. Party koerante soek 'n groot artikel en een foto. Ander soek baie fotos en 'n kort artikel. Sommige (soos VWB) soek 'n kort artikel en net een foto. So ek stuur maar my artikel en fotos en hulle sny en pas soos hulle dit wil h.

Tuinroete Motors het heeltemal verander van gister af. Dis nou "Motors" en lyk presies soos Motor Burger. Waar Tuinroete Motors 'n "jacket" was vir Motor Burger, m.a.w. dit was net 8 addisionele bladsye wat om die gewone Motor Burger gevou het, is ons nuwe "Motors" 'n stand alone bylae. Hy sal weldra in die Suid Kaap Motor Burger vervang en ons sal 'n volwaardige streeks-eie Motor Burger wees.

Die nuwe "brief" vir artikels is as volg: Meer fotos, ten minste 5, moet ge-submit word. MAKSIMUM 350 woorde. Wat kan jy se van 'n kar in 350 woorde? :Scratch: En hulle soek NIE syfers soos lengte van fabriekswaarborg, kW en Nm syfers nie. Dis blykbaar goed wat geredelik op die internet / CAR ens beskikbaar is. Die fotos moet die leser trek en 'n kort artikel moet sy belangstelling prik. Daarna kan hy self navorsing doen.

Nou ja, ek kan nie stry nie. Ek moet skryf soos hulle dit wil h. :evil1:

Die Laevelder is 'n heel ander storie. Hulle klink vir my effens "quirky". :MrGreen: Meer soos 'n tabloid blykbaar. Hulle soek snaakse angles, BAIE fotos en wierd karre en goed. Selfs reisverslae. Hulle pos vir my een dat ek kan sien wat hulle bedoel. :MrGreen:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: buzzlightyear on April 06, 2012, 08:11:02 PM
Nie  gedink daaraan dat hulle snip en plak nie. Sterkte vir die motor bylae. Beteken dit omdat jy minder woorde skryf jou pay sak, of maak die geld vir die fotos op daarvoor?


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 06, 2012, 08:27:46 PM
Ja een enkele foto betaal meer as 'n hele artikel.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 07, 2012, 03:53:27 PM
Enjoy :evil1:

http://www.vaalweekblad.com/18102/news-details/hyundai-h1-multicab

Prins ek weet nie of jy die FB ding doen nie, maar loer bietjie hier: https://www.facebook.com/pages/Trailrider/199936283400821

Dan sal jy sommer vooraf weet as een van my artikels in die Laevelder gaan verskyn. :evil1:

Dit geld ook vir enige ander artikel in enige ander koerant.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: tok-tokkie on April 07, 2012, 05:35:28 PM
 You know how to write well & I have gleaned quite a bit about style from reading your ride reports.  I find it difficult to write interestingly because my experience has been writing technical engineering expenditure proposals.  My ride reports tend to be dull records of what was seen without human interest. 

I did a holiday trip in the UK visiting old stationary steam engines & took a lot of pictures.  I wanted to write it up on ADVRider & took a lot of trouble about it.  I decided the best way would be to make it like a comic book = photos with a little about each photo.  I also wanted to record the technical specs but just listed that in a table at the end of each post = I did not then need to include that dull stuff in what i was writing.  I tried to bring in some human interest by including something about the engineers who built or designed the machines.  I also included some posts about us on the holiday - again trying to add a bit of life to the report.  I really wanted to improve on my Burchell write up. .  http://advrider.com/forums/showthread.php?t=756771

My suggestion here is that a pictures with commentary about them you may find suits some of your clients. Pictures of the interesting things about the car.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: buzzlightyear on April 07, 2012, 07:08:44 PM
Ja een enkele foto betaal meer as 'n hele artikel.

Dis nice.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 13, 2012, 05:53:20 PM
Viking en Prins

Koop bietjie die Laevelder 17 April en se my wat julle dink. :mwink:

Ongelukkig is my, LGF, Oom Pad, fatb, ROVRat, Pmdb en Oppie se lelike bakkies daarin. Jammer daarvoor. :MrGreen: Dusty se gesiggie sal opmaak daarvoor! :wink1:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: buzzlightyear on April 13, 2012, 08:24:55 PM
Klink vir my na die Moordenaarskaroo trippie?


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 13, 2012, 08:32:20 PM
Einste. Vir n start.  :mwink:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 17, 2012, 03:46:29 PM
En? Prins? Viking?


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Viking on April 18, 2012, 02:34:36 PM
Nie gister gekoop nie, sal vandag een in die hande kry.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Prins on April 18, 2012, 02:39:16 PM
Ek moes self nou die koerant gaan koop.  Gewoonlik skaf ek dit nie aan nie.


Die foto by jou profiel laat nie reg geskied aan jou volle postuur nie  :mwink: :mwink:

Ek herken darem vir jou, Oppie en Dusty op die foto.
Ek herken ook die MoordenaarsKaroo RR....
Baie nice.

Interresant dat hulle jou 'n nuwe "vrywillige bydraer" noem  :eyebrow:  Ek hoop hulle betaal jou darem.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 18, 2012, 02:52:42 PM
Nie vir kaarkpraat storietjies nie. :MrGreen:

Ek en die ou het nogal gekliek. Hy doen dinge so bietjie anders so ek gee vir hom vrywillig goed wat ek lankal geskryf het.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 18, 2012, 03:12:27 PM
Wat ek eintlik wou weet is lyk dit alright? Ek moet wag vir my koerant in die pos!


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Prins on April 19, 2012, 09:11:18 AM
Jy behoort te weet hoe dit lyk, jy het dit dan geskryf .  :tease:

Ek hou van jou RRs.  (dit is waarom ek wil h jy moet jou artikels hier pos  :waiting: )

Ongelukkig is die printers se kwaliteit maar koerant kwaliteit.  Dus is die fotos nie baie duidelik nie.  Indien hulle geskaaf het aan jou artikel, dink ek nie dit was te erg nie.  Ek kry nog die gevoel van jou skryfstyl ens.
Dit was lekker om so iets in die koerant te lees.  Anders as die normale - kw, torgue, prys, gebreke ens.

Miskien moet ons 'n name-dropping thread begin.  Dan kan ek opsit dat ek vir Trailrider ken!  :laugh top: :laugh top:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 19, 2012, 09:22:26 AM

Dan kan ek opsit dat ek vir Trailrider ken!  :laugh top: :laugh top:


Ek ken hom ook! :MrGreen: Net vanoggend in die spiel gesien. Hel, die ou lyk in die oggend maar oes. :eek: En hy kort 'n hair-cut. Ek hoor sy helmet het gister maar styf gesit!


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Viking on April 19, 2012, 09:24:30 AM
Ook toe die koerant gekoop. Dit is iets heel nuut vir ons koerant en ek het dit geniet. Dit wil darem voorkom of jy dit al 'n keer of wat gedoen het.  :wink1: Hulle het jou nogal baie spasie gegun en ek glo jy het dit verdien, die stuk kom proffesioneel voor en jy kan trots wees.  :thumb:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on April 19, 2012, 09:32:11 AM
Dankie Viking.

Ek en die Matthys ou kom goed oor die weg. Hy is professioneel en ek hoor sy uitleg vir al is iets anders. Nou kan ek nie wag vir my koerant nie. :MrGreen:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on May 13, 2012, 11:12:28 PM
TR

Ek weet jy wil (moet) jou artikels verkoop, maar waarom plaas jy dit nie hier op die forum so paar weke na publikasie nie??
Dan kan ons ook lees hoe "onafhanklik" julle joernaliste is  :evil2: :wink1: :wink1:

Jy kan mos onder die 4 wiele bord 'n aparte draad vir dit skep.  Ek sal nogal graag jou reports wil lees.


http://www.vaalweekblad.com/21383/news/article/jy-kan-ook-%E2%80%98n-arctic-truck-ry


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on May 22, 2012, 02:10:04 PM
Voeg nou ook by Paarl Post, Eikestad Nuus en die Hermanus Times. 8)


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on October 17, 2012, 11:32:29 AM
Ek verstaan ek was weer in die Laevelder gister.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 09:03:08 AM
Ekstra! Ekstra! Vandag in die Beeld...

http://www.beeld.com/Motors/Nuus/Chev-knap-sy-klein-Spark-op-20130227


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: buzzlightyear on February 28, 2013, 09:12:52 AM
 8)


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Rooibok on February 28, 2013, 10:38:17 AM
Ekstra! Ekstra! Vandag in die Beeld...

http://www.beeld.com/Motors/Nuus/Chev-knap-sy-klein-Spark-op-20130227

 :headbang: :headbang: Mooi man ...net jammer vir daai een spelfout  :eyebrow: :evil2:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 10:49:15 AM
Regtig? Waar? :MrGreen:

Hulle sal die sub en die editor moet fire dan! :evil2:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Rooibok on February 28, 2013, 01:03:09 PM
Regtig? Waar? :MrGreen:

Hulle sal die sub en die editor moet fire dan! :evil2:

"Voeg daarby n waarborg vir vyf jaar/120 000 km met padbystand teen n prys van slegs R106 100, en die motor verteenwoordig n regte waarde vir geld-proposisie."

R106 100...Faarkit...dis bietjie baie om te betaal vir vyf jaar waarborg..wat kos die kar?  :Scratch: :innocent:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 01:14:55 PM
 :laugh top:

Goeie punt. Die lesers is van die Noorde. Hulle verstaan dit dalk nie.

Miskien moet ek platter praat en liewer iets se soos "kar kos dit, plan ingesluit".

Ek sal dit in gedagte hou. :evil2:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 01:34:50 PM
My magtig. OK die Burger lesers kan dit ook maar lees. 8)

http://www.dieburger.com/Motors/Chev-knap-sy-klein-Spark-op-20130228


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Rooibok on February 28, 2013, 01:40:56 PM
My magtig. OK die Burger lesers kan dit ook maar lees. 8)

http://www.dieburger.com/Motors/Chev-knap-sy-klein-Spark-op-20130228

In daai geval moet jy maar seker maak die lesers raak nie deurmekaar nie  :evil2: Niemand gaan die waarborg opsie wil h nie  :evil2:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 01:45:13 PM
Ongelukkig moet hulle dit vat.

Gelukkig kry hulle die kar verniet by.


Miskien moet jy so Pronto koop - dan kan jy met 'n leer bo-op rond ry en bou. Dis lekker goedkoop. 8)


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Rooibok on February 28, 2013, 01:51:08 PM

Miskien moet jy so Pronto koop - dan kan jy met 'n leer bo-op rond ry en bou. Dis lekker goedkoop. 8)

Ja nee....Oor 10 jaar gaan petrol te duur wees vir my Hilux. Dit raak nou wild  :eek:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 01:52:09 PM

Miskien moet jy so Pronto koop - dan kan jy met 'n leer bo-op rond ry en bou. Dis lekker goedkoop. 8)

Ja nee....Oor 10 jaar gaan petrol te duur wees vir my Hilux. Dit raak nou wild  :eek:

Ek voel jou pyn. Ek ry 10 000km 'n maand! :eek:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Rooibok on February 28, 2013, 02:02:50 PM

Miskien moet jy so Pronto koop - dan kan jy met 'n leer bo-op rond ry en bou. Dis lekker goedkoop. 8)

Ja nee....Oor 10 jaar gaan petrol te duur wees vir my Hilux. Dit raak nou wild  :eek:

Ek voel jou pyn. Ek ry 10 000km 'n maand! :eek:

Moet jy petrol ingooi as jy die karre vir test drives vat?


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 02:07:47 PM
Ek kry hulle vol en skoon en gee hulle leeg en vuil terug.

Meeste karre kan hiernatoe en terug ry op 'n tenk, so ons gooi net wat ons hier rond ry in.

Maar iets soos die Lumina kom leeg hier aan en dat kos dit my 'n kleinhuisie vol geld om hom terug te vat.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 02:10:38 PM
Die CLS Merc wat ek nou het, kon nog 800km ry toe ek hier stop. Moers lig op juice. Met so kar score ek. More se ML Merc sal ook so lig wees hoop ek. Selfde tegnologie.

(https://fbcdn-sphotos-d-a.akamaihd.net/hphotos-ak-prn1/13156_481544365240010_165061267_n.jpg)


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Rooibok on February 28, 2013, 02:12:49 PM

Maar iets soos die Lumina kom leeg hier aan en dat kos dit my 'n kleinhuisie vol geld om hom terug te vat.

Of n "Arctic truck"  :eek:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on February 28, 2013, 02:14:40 PM
Hulle kry ek in Knysna :biggrin:


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on May 14, 2013, 09:17:22 AM
TR

Ek weet jy wil (moet) jou artikels verkoop, maar waarom plaas jy dit nie hier op die forum so paar weke na publikasie nie??
Dan kan ons ook lees hoe "onafhanklik" julle joernaliste is  :evil2: :wink1: :wink1:

Jy kan mos onder die 4 wiele bord 'n aparte draad vir dit skep.  Ek sal nogal graag jou reports wil lees.


There you go:

http://trailridermedia.blogspot.com/ (http://trailridermedia.blogspot.com/)

Dis in 'n begin stadium en word nog ge-populate. Enige raad en konstruktiewe kritiek op die site sal verwelkom word.

Dit sal sy eie domain name kry: www.trailridermedia.co.za   Dis in proses.

Op die stadium is dit slegs 'n versamelpunt vir artikels in die verskeie koerante, en om 'n portfolio op te bou.


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Prins on May 14, 2013, 11:29:57 AM
Dankie man, ek sal gaan kyk


Title: Re: Waar is die Vaaldriehoek?
Post by: Trailrider on June 04, 2013, 11:41:32 AM
Ek loer blykbaar ook in in die Laevelder vandag.