The Road Less Travelled

On the road less travelled => Trackables => Topic started by: Trailrider on July 19, 2012, 08:39:40 AM



Title: Wanna Race???
Post by: Trailrider on July 19, 2012, 08:39:40 AM
Aangesien dit nou lyk of ons TB's in die hande kan kry, wat van 'n RLT forum TB race? :mwink:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on July 19, 2012, 08:45:33 AM
 :biggrin:

wat het jy ingedagte?     
een vir elke persoon wat wil deelneem en dan track ons die progress?

die vorige klein race wat ons gedoen het (zander racer) le die een TB nou al vir amper n jaar in vermaaklikheid.  hehe  ::)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on July 19, 2012, 09:09:07 AM
Vermaaklikheid?

Dis mos hier in die Kaap Írens. Ons moet hom gaan red!

Ja, ek dink elke forum lid wat wil deelneem het een. En dan skryf ons sommer 'n RLT racer in in die 2013 SA TB Race.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: buzzlightyear on July 19, 2012, 09:11:02 AM
Vermaaklikheid is op pad Witsand toe van Heidelberg af :waiting:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on July 19, 2012, 09:14:02 AM
dis daar tussen Stilbaai en Malgas.

Ek wou al n paar keer hom gaan red, maar die plek is toe oor naweke en ek kom nie deur die week daar verby nie.

cool so n interne race tussen lede wat net hier op die forum gehou word

en dan die Team RLT racer in die nationale kompetisie
 :thumb:

Ek like die idiee.

edit: of soos buzz se  tussen heidelberg en witsand:thumb:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on September 13, 2012, 08:44:26 PM
Nou gaan ons race? :plotting: :mwink:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 20, 2012, 08:59:24 AM
klink na n plan  :thumb:

wag net vir my pakkie met my trackables om te kom dan kan ons dit doen   :headbang: :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on September 20, 2012, 09:15:57 AM
My 100 Finds coin gaan net 100 caches doen dan roep ek hom terug (hy het al 1! :MrGreen:) so miskien moet ek iets anders kry om mee te race.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 20, 2012, 09:29:05 AM
ja, 

ek hou van jou idiee met die coin..

ek sal ook die race doen met een van my Ingots instede van die coin.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 20, 2012, 09:31:15 AM
dan as ons altwee die trackables het, kan ons dit op dieselle dag laat gaan.   

gaan ons hulle saam in dieselfde cache begin?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on September 20, 2012, 09:33:41 AM
Ja. Buzz moet nou net ook 'n trackable koop en ek nog een. Is jou goed al oppad / gepos?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 24, 2012, 01:14:06 PM
Ja. Buzz moet nou net ook 'n trackable koop en ek nog een. Is jou goed al oppad / gepos?

Dis al verlede week gepos ja,  maar dis mos langnaweek, so die Poskantoor vat ekstra lank om die pakkie af te lewer.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 26, 2012, 03:29:51 PM
Ok,  ek het alles gekry!

Waneer begin ons race?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 28, 2012, 02:22:25 PM
 :Clap1:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on September 30, 2012, 07:22:51 PM
Ja ja hiers ek! :biggrin:

Was mos weg na die Springbok Rally toe.

Ek ry gou more Malmesbury toe. Gee kans ons praat more aand.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 11:48:00 AM
Raait. Ek is die naweek in Stellenbosch. Daar is 'n TB hotel. Dalk 'n goeie plek om te begin?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 12:37:51 PM
Ok, as ons nie saam in dieselfde cache begin nie, moet ons net op n dag besluit wat ons die race begin.

Ek is ook in slaapstad die naweek. Kan myne ook daar drop.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 12:41:12 PM
Ons moet seker reels he?

1- die race begin  - Vrydag 5 Okt  
2- die race eindig - oor n jaar?   Okt 2013?
3- elke persoon mag nie sy eie tb rondbeweeg nie.  (Maw jy moet hom in n cache sit en verder moet hy sy eie ding doen. )
4-  een TB per persoon in die race?

Net n voorstel. Wat dink jy?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 01:32:43 PM
Ok...  hier is my inskrywing.

Gryph's Ingot           
http://www.geocaching.com/track/details.aspx?id=4465130 (http://www.geocaching.com/track/details.aspx?id=4465130)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 02:04:19 PM
Ok...  hier is my inskrywing.

Gryph's Ingot          
http://www.geocaching.com/track/details.aspx?id=4465130 (http://www.geocaching.com/track/details.aspx?id=4465130)


Trailrider's Racer 8)

http://www.geocaching.com/track/details.aspx?id=4127108 (http://www.geocaching.com/track/details.aspx?id=4127108)

(http://img.geocaching.com/track/large/faed3470-5b9a-419e-a21f-bd9e3933ef0d.jpg?rnd=0.7363856)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 02:07:56 PM
Ons moet seker reels he?

1- die race begin  - Vrydag 5 Okt  
2- die race eindig - oor n jaar?   Okt 2013?
3- elke persoon mag nie sy eie tb rondbeweeg nie.  (Maw jy moet hom in n cache sit en verder moet hy sy eie ding doen. )
4-  een TB per persoon in die race?

Net n voorstel. Wat dink jy?


Ag ja OK dan as ek nie my TB heen en weer tussen Kaap en George mag ry nie. :MrGreen:

Race begin Vrydag 5 Okt. :thumb:

Twee races:
Eerste een eindig oor 'n jaar. Vrydag 4 Okt by Drinks Friday kry die wenner sy prys! :headbang: Die een koop vir die ander 'n dop!
Daarna race ons huis toe! :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 02:28:49 PM
Is dit al reŽls?

Wat as een vas sit vir 'n maand en dis naby vir ons? Uitsondering om die race interessant te hou?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 03:05:16 PM
Ons moet seker reels he?

1- die race begin  - Vrydag 5 Okt  
2- die race eindig - oor n jaar?   Okt 2013?
3- elke persoon mag nie sy eie tb rondbeweeg nie.  (Maw jy moet hom in n cache sit en verder moet hy sy eie ding doen. )
4-  een TB per persoon in die race?

Net n voorstel. Wat dink jy?


Ag ja OK dan as ek nie my TB heen en weer tussen Kaap en George mag ry nie. :MrGreen:


hehehe   dis wat ek wil keer  :MrGreen:




Quote

Race begin Vrydag 5 Okt. :thumb:

Twee races:
Eerste een eindig oor 'n jaar. Vrydag 4 Okt by Drinks Friday kry die wenner sy prys! :headbang: Die een koop vir die ander 'n dop!
Daarna race ons huis toe! :headbang:

 :evil1:   dit klink vir my na n plan met n hoed op  :thumb:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 03:08:48 PM
Is dit al reŽls?

Wat as een vas sit vir 'n maand en dis naby vir ons? Uitsondering om die race interessant te hou?

ja ek hoor wat jy se.  Ek het ook gedink aan caches wat jy bang is die TB gaan wegraak.

Dink ons kan dit van saak tot saak bespreek en hanteer.  ons is mos nie moeilik nie.

of anders:   as jy kan, red die TB, plaas hom self weer in n ander cache, en daardie kilos wat jy hom beweeg het trek ons net af van die totaal?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 03:12:55 PM
Plusse en minusse gaan dit net complicated maak. Na 'n maand sal jy so ver agter wees in elk geval. :MrGreen:

Ek gat baie ver wen! :headbang: :biggrin:

Ek en die paddaman se coins gaan ook sommer mekaar race.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 05:47:27 PM
Maar sit sommer sy TB se details ook hier op dan race ons sommer al 3 saam. 


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 06:50:12 PM
Nee ons twee se coins het al so 700km op! 8)

Maar ons kan 'n vergelyking maak so af en toe. :evil1: :MrGreen:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 07:25:57 PM
dis reg so   :thumb:

het jy toe jou 100find coin laat gaan?

ek wonder nog of ek dit wil doen of nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 07:27:26 PM
Nee, maar beide ons coins gaan die naweek saam met die Racers in die TB Hotel in.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 07:32:19 PM
ek gaan my coin en extra TB  ook erens drop oor die loop van die naweek..

hang maar net af van waar ek geocaches kry...


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 02, 2012, 07:37:52 PM
Ja laat gaan maar. As hy weg is so be it. Dan koop ek 'n ander een.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 02, 2012, 08:30:56 PM
Dis wat ek ook gedink het.

en as mens dit wil doen met al jou "finds coins" in die toekoms, sal ek eerder nou die 100find een gebruik om mee te toets.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 05, 2012, 09:40:40 AM
Die race begin vandag! :mwink:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 05, 2012, 08:01:38 PM
 :clap:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 05, 2012, 10:40:50 PM
Die Hotel was basies leeg. Daar was net een coin wat ek gevat het.

So die hotel het net ons twee se racers en my en boeta se coins in. En net betyds vir die naweek. :hope:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 05, 2012, 10:45:23 PM
Maar sit sommer sy TB se details ook hier op dan race ons sommer al 3 saam. 


OK die Paddaman se coin het 748.6km wat nie tel vir die race nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 07, 2012, 06:54:16 PM
My TB is uitgehaal en begin travel.




And so it starts!


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 07, 2012, 09:42:05 PM
Al 4 is gevat! :headbang:

Heehaa!!!! :biggrin:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 08, 2012, 06:50:34 AM
OK dit lyk my as ons gelukkig is gaan die TB's en GC's California toe. 8)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 16, 2012, 08:36:58 PM
GRyPH's Ingot Geocoin - 0km

Trailrider's Racer! - 15900.3km  :evil1: 8)


Tans in Little Rascal Porky (http://www.geocaching.com/seek/cache_details.aspx?guid=4e3c5ba2-35f4-4172-bb7d-364059aba690) Was nogal geplaas met 'n FTF. :biggrin: Lyk my die cache is deel van 'n power trail.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 22, 2012, 07:08:53 AM
Update! :headbang:


GRyPH's Ingot Geocoin - 15949.3km

Trailrider's Racer! - 15900.3km


50km die verskil... :evil1:

Gryph jou TB (en die paddaman se coin) is in 'n premium cache wat ek nie kan sien nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 22, 2012, 07:32:01 AM
Dis n pickle jar wat in iemand se tuin geplaas is.

N kiddies friendly cache. Lyk na n nuwe cache/ anders is dit n ongewilde cache.
Wonder hoe lank my TB daar gaan vassit?

Daar is reeds n log dat Kermit weer gevat is.




Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 22, 2012, 07:39:08 AM
Cool. Niks op Kermit se coin page nog gelog nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 22, 2012, 07:40:49 AM
My racer en coin is in caches in 'n bos. Lyk interessant daar op Google street view. Die caches is besig genoeg, maar niemand skuif my trackables nie. :-\


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 22, 2012, 07:41:39 AM
Post daai cache van jou se co-ords hier. Ek wil vir paddaman wys hoe dit daar lyk.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 22, 2012, 07:42:19 AM
Die cache is in San Diego California.
Dis n nuwe cache ,geplaas 20 okt en het reeds 4 TBs in die inventory.
Kermit is ook nog in die inventory masr daar is n log wat se hy is reeds weer gevat.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 22, 2012, 07:45:35 AM
N032 47 459
W117 09 278

ek sien dit is in n kerk se gronde.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 22, 2012, 08:27:39 AM
Cool. Niks op Kermit se coin page nog gelog nie.

die ou wat dit gevat het lyk soos n newbie.  het net n paar caches al gekry.    sal seker nog die TB claim.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 22, 2012, 08:51:13 AM
Cool. Niks op Kermit se coin page nog gelog nie.

die ou wat dit gevat het lyk soos n newbie.  het net n paar caches al gekry.    sal seker nog die TB claim.

 :hope:

So nie message ek hom oor 'n week.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 30, 2012, 02:36:31 PM
Vir 'n race voel die storie darem maar stadig!!!


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 30, 2012, 03:14:27 PM
Ja nee,  daar is nou al 3 mense by my coin verby (found logs op die cache) wat hom nie opgetel het nie.   :sad5:

Ek het altyd gedink mense soek TBs uit, maar lyk my almal sien dit as werk en los dit maar eerder net daar in die cache.

Is Kermit nou al weer gelog in n ander cache? Of loop daai ander ou steeds met hom rond?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 30, 2012, 03:28:13 PM
Hy het hom al geclaim ja, maar nog nie geplaas nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 30, 2012, 05:55:56 PM
Dis seker die stadigste race ooit.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 30, 2012, 06:02:28 PM
Die eerste leg was 16000km. Hulle skep net gou asem. :wink1:

My racer is geskuif! :headbang: Hy is nou in Duitsland! Nou sal jy my nooit vang nie! :biggrin:

28 903.89km 8)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on October 30, 2012, 07:50:22 PM
Die eerste leg was 16000km. Hulle skep net gou asem. :wink1:

My racer is geskuif! :headbang: Hy is nou in Duitsland! Nou sal jy my nooit vang nie! :biggrin:

28 903.89km 8)


tjol man!  :evil2:

joune sit ook nog vas in dieselle cache.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 30, 2012, 08:29:09 PM
Hehehehe!

Ten minste was daar nou vlietende opwinding. :MrGreen:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on October 31, 2012, 07:18:33 PM
 :headbang: :headbang: :headbang: YAAAAAYYYYY!!!!!! :headbang: :headbang: :headbang:



You are receiving this email because you are the owner of this listing.

Location: California, United States
dawgdoc1 retrieved Trailrider's Racer! (Travel Bug Dog Tag) from Little Rascal Porky at 10/31/2012

Log Date: 10/31/2012
Found yesterday in Cuyamaca. I will take it to Japan in about 2 weeks.
Thanks for sharing!

Visit this log entry at the below address:
http://coord.info/TL48E90D

Visit Trailrider's Racer!
http://coord.info/TB4XACE

Profile for dawgdoc1:
http://coord.info/PR1E36M



Japan baby! :biggrin: Nou tel die kilometers op!!! Jy kan maar so lank daai dop koop. :biggrin:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on November 01, 2012, 06:58:29 AM
 :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on November 01, 2012, 07:52:10 AM
Waneer jou TB in Japan geplaas gaan word,   Dink jy die geocaching site is ingestel om die kms reg uit te werk?

maw,   watter kant om die aardbol gaan hulle die kilos meet? Want as mens na die kaart kyk is eerste denke dat dit reg aan die ander kant van die wereld is, maar dit is egter baie nader aan VSA.  dit sal min of meer n 20 000km verskil beteken.  :eek:

Ek glo darm die site sal dit al uitgefigure het  :laugh top: maar as dit verkeerd om gemeet word, is ek in my m*$r met hierdie race.  :MrGreen: :biggrin: as ek nie alreeds is nie.


Maar,  daar is nog 11 maande oor.  die race is nog jonk.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on November 01, 2012, 08:33:45 AM
Ja man die race is nog jonk. Jou TB sal inevitably ook op 'n stadium kontinent skuif. Dis tans net belangrik dat hy tussen caches bly beweeg.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on November 01, 2012, 10:42:18 AM
 :thumb:
Ja man die race is nog jonk. Jou TB sal inevitably ook op 'n stadium kontinent skuif. Dis tans net belangrik dat hy tussen caches bly beweeg.

Ja, ek moet se dit sal nice wees as hy enigsns beweeg.  al is dit 4km na die volgende cache toe  :MrGreen:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on November 10, 2012, 07:13:54 AM
woooohoooo!!   uiteindelik beweging!!


Quote
Log Date: 11/9/2012
It was sitting in our cache for two weeks with no movement so I am taking it Salt Lake City on a business trip..


Salt lake City is in Utah
lyk darm na so 1500km sprong  :headbang: :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on November 11, 2012, 10:51:52 AM
 :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on November 15, 2012, 09:37:18 AM
Quote
I grabbed this trackable from the previous holder at a cacher's meetup at the SC12 conference in Salt Lake City. It's coming back home with me. 


Myne is alweer aan die beweeg.   

Iemand het hom "gegrab" so dit beteken ek kry nie die kms  Salt lake city toe nie, ek kry net die kilos direk van California na waarookal die nuwe persoon dit heen vat. 

Sal maar wag en sien waarheen dit nou gaan  :MrGreen:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on November 15, 2012, 09:41:49 AM
Quote
its coming back home with me

"Juc cacher" is die persoon wat nou in besit is van my TB.



Volgens sy profile:

Find Nearest to home:    Victoria, Australia [GC170GD - surfcoast - steps]


So dit lyk of my TB dalk oppad is Australia toe    :headbang: :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on November 15, 2012, 03:30:15 PM
Bliksem :MrGreen:

Things are heating up!!! :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on November 18, 2012, 04:45:04 PM
My racer is in Okinawa! :headbang:

26552.9km 8)

Premium cache so ek kan nie sien waar dit is nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on November 18, 2012, 06:13:24 PM
My racer is in Okinawa! :headbang:

26552.9km 8)

Premium cache so ek kan nie sien waar dit is nie.

N 26į 26.459 E 127į 46.491    vir streetview.   :thumb:

kan nie veel sien van streetview af nie, maar jy sal die idiee kry.  :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on November 18, 2012, 06:59:18 PM
 :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on December 04, 2012, 07:21:03 PM
So sonder om enige notifications te kry sien ek vandag dat my racer al n klomp kilos opgetel het.

Hy is huidiglik in Victoria Australia. en het al  30642.9km beweeg.  :headbang:




So ek is weer voor  :MrGreen:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on December 04, 2012, 07:26:23 PM
Wat? Ek eht ook nie daai notifications gekry nie. :eyebrow: Wat is 4000km nou tussen vriende? :biggrin:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on December 04, 2012, 09:02:53 PM
ek het begin wonder hoekom dit so stil is tov my racer, toe gaan loer ek op die bladsy en sien dat daar al goed gelog is waarvoor ek geen notifications gekry het nie.

ek sien daar is n hele paar fotos ook gelaai vir myne.   nogal interesant om te sien waar hy al was.

(http://img.geocaching.com/track/log/large/ce59ac42-bddb-4580-8fbf-a8c523819c63.jpg)
Utah capitol

(http://img.geocaching.com/track/log/large/8041fc37-1db9-4c7d-9d1c-10d0c55af8ea.jpg)
21000 seat auditorium

(http://img.geocaching.com/track/log/large/edaae187-d18f-4393-ac1e-772af0a81c6c.jpg)
Temple Square Salt lake City, with the Mormon Tabernacle in the foreground and the Temple in the background


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on December 13, 2012, 05:42:14 PM
ok,   nog n hele paar (ongemerkte) logs verder gegaan....  maar net so 100 kilos vir omtrent 5 logs.

myne staan nou op 30751.9km


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on December 13, 2012, 05:53:59 PM
Nee jong. Myne sit vas.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on December 23, 2012, 11:42:31 AM
On the move again! :headbang:

(http://img.geocaching.com/track/log/f9aaf7b8-7360-46b1-bf3d-687257964465.jpg)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on December 23, 2012, 09:49:52 PM
myne staan nou weer bietjie stil.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on January 02, 2013, 04:02:54 PM
hoekom kry ek nie notifications waneer myne skuif nie?


myne is tans in New Zealand.  
In die cache op " The worlds steepest street" in Dunedin

       Totaal 33035.3km



(http://img.geocaching.com/cache/log/large/54cca5f6-a2a5-4d34-95bf-300655126803.jpg)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on January 28, 2013, 10:32:24 PM
Location: Ibaraki, Japan
mtdstr placed Trailrider's Racer! (Travel Bug Dog Tag) in Child's Play 05 at 1/27/2013

Tracking History (28836.9km)

(http://img.geocaching.com/track/log/large/5d683f2a-88ba-47b9-acf5-81a1d3326e55.jpeg)

 :biggrin:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on January 31, 2013, 03:54:52 PM
Location: Ibaraki, Japan
cyobi retrieved Trailrider's Racer! (Travel Bug Dog Tag) from Child's Play 05 at 1/28/2013

Log Date: 1/28/2013
GO!


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on February 04, 2013, 03:55:02 PM
Quote
Collected from GC22AH6 in Auckland, New Zealand.  I have a nice cache in Southern England planned for the Coin, will drop off very soon.

 :headbang:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on February 04, 2013, 03:58:50 PM
Nou skop jy behoorlik my gat.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on February 05, 2013, 04:28:15 PM
ek sien volgens die laaste log,   die persoon wat my TB nou het,  het nie gewag vir die vorige ou om dit te log in die cache wat hy dit in geplaas het nie.

Die vorige cacher het hom in Otago NZ laaste gelog en in n cache in Auckland geplaas, maar toe grab die nuwe cacher die TB.

Dus verloor ek nou al daardie kms van Dunedin na Auckland. so 1400km volgens google.  :rant:

fkkrs! :uhm:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on February 05, 2013, 04:40:26 PM
 :laugh top: :laugh top: :laugh top:

So ek is nog in met 'n kans!


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on February 09, 2013, 10:09:32 AM
Location: Tokyo, Japan
cyobi placed Trailrider's Racer! (Travel Bug Dog Tag) in  Akiba TB Hotel at 2/8/2013

 :headbang:

Hopelik hop ek ook nou na 'n ander kontinent! :hope:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on February 27, 2013, 08:26:11 AM
Location: Tokyo, Japan
yasuhiro441 retrieved Trailrider's Racer! (Travel Bug Dog Tag) from Ochanomizu University / お茶の水女子大学 at 2/24/2013

Log Date: 2/24/2013
hamjambo!

Let's travel with me!


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on March 25, 2013, 10:22:40 PM
uiteindelik!   myne het weer beweeg!   laaste wat my TB kms opgetel het was verlede jaar gewees die dag voor kersfees!


Hy is toe nie engeland toe nie maar wel Duitsland toe  :headbang:

Quote
03/24/2013   M0zez placed it in Cache & Play #1    Nordrhein-Westfalen, Germany - 18,677.9 km

dit bring my totale kms tot : 51713.2km


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on March 26, 2013, 12:04:08 PM
Nou sal net 'n serious traveller my TB se saak nog kan red.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: buzzlightyear on March 26, 2013, 12:11:49 PM
Lyk my jou TBs hou van Japan. Jy het seker 'n fan daar  :evil2:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on April 24, 2013, 02:02:35 PM
update:

myne was vir n dag of 2 in n TB hotel en nou weer aan die gang.

Totaal: 52828.1km


TR: Ek sien joune beweeg redelik goed tussen caches rond, maar hy bly in Japan, Japan is maar n klein land.  

Miskien moet jy iets op sy bladsy sit dat hy moet lughawe toe gaan en land uit!   gebruik google translate en skryf dit sommer in Japanees ook.  :evil2:

Totaal: 30601.4km


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on April 24, 2013, 02:13:52 PM
Ja nee jy is besig om my gat lelik te skop.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on April 25, 2013, 12:45:14 PM
Nee wat,  net een lekker sprong na die volgende land en jy is weer terug.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on April 26, 2013, 10:30:50 PM
 :hope:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on June 11, 2013, 06:10:10 PM
laaste 3 logs vir my TB in Nederland en Oostenryk:

(http://img.geocaching.com/track/log/large/d2559143-6341-4ea9-9884-4093ed9557bb.jpg)


(http://img.geocaching.com/track/log/large/60813d4d-06f8-4741-b563-2f31a3f4deb8.jpg)


(http://img.geocaching.com/track/log/large/a2b52bd8-0e85-4a5e-b80e-6ac356f3822c.jpg)





Totale kms: 53227.2km


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on July 16, 2013, 09:50:51 PM
Ok...  nuwe update..


vanaf ek laas gepost het was my trackable al weer in Duitsland, Cyprus en Luxembourg en weer terug duitsland toe.

Totale kms: 59441.5km


Luxemburg
(http://img.geocaching.com/track/log/large/9f180e24-de90-4ae8-867c-d3db37032f49.jpg)

Cyprus
(http://img.geocaching.com/track/log/large/dec3bc41-ac60-4799-a5c1-9afb887acc45.jpg)


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on August 15, 2013, 11:09:37 PM
My trackable is terug in SA.

huidiglik in Noord Wes naby Brits!
As een van my Pretoria vriende nou maar net cachers was....

Ek gaan n nuwe doel vir die trackable stel,   ek wil kyk of ek hom terug in George kan kry   :headbang: :headbang:



Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on August 15, 2013, 11:19:09 PM
daai laaste log op jou tb se bladsy lyk nie baie positief nie?  :sad5:

Quote
Dropped Off 06/05/2013   H Suga placed Travel Bug Dog Tag Trailrider's Racer! in Shin-mitsukebashi 【新見附橋】

Write note 08/06/2013   ti1 posted a note for Travel Bug Dog Tag Trailrider's Racer!       Visit Log
Not in Shin-mitsukebashi 【新見附橋】
 

hoop hy kom weer erens op.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on August 28, 2013, 08:01:55 AM
Ja lyk my al drie my trackables is nou weg. :xxbah:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on August 30, 2013, 10:11:24 AM
My coin moes jou gedice het. Dan was dit baie nader en meer opwindend. :MrGreen:

Ten minste is my horrel-wiel wa weer aan die gang.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on August 30, 2013, 10:13:20 AM
Ons moet seker reels he?

1- die race begin  - Vrydag 5 Okt  
2- die race eindig - oor n jaar?   Okt 2013?
3- elke persoon mag nie sy eie tb rondbeweeg nie.  (Maw jy moet hom in n cache sit en verder moet hy sy eie ding doen. )
4-  een TB per persoon in die race?


Die race is nog nie oor nie. Miskien gebeur 'n wonderwerk nog. :hope:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on August 30, 2013, 11:02:40 AM
bietjie meer as n maand oor.

die race is beslis nog nie oor nie.    twee vinnige hops na n ander land binne n week se tyd is baie moontlik en dit sal jou weer terug in die game sit.  :thumb:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on September 04, 2013, 08:41:55 AM
OK my racer is in 'n aktiewe TB Hotel.

Here's hoping. :hope:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 05, 2013, 09:05:58 PM
Myne is in kroonstad oppad suid.

Met n bietjie geluk kan ek hom nog saambring na HQ in oktober.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on September 09, 2013, 08:40:23 AM
Location: Tokyo, Japan
kate999 retrieved Trailrider's Racer! (Travel Bug Dog Tag) from  Akiba TB Hotel at 9/8/2013

Log Date: 9/8/2013
I was in South Africa (Eastern Cape) just last month! This TB has been in Japan for a while, I am sure it would like a trip to England.

 :headbang:


Title: Wanna Race???
Post by: GRyPH on September 09, 2013, 05:54:53 PM
Ten minste kom hy nou uit japan uit.
Hy was te lank daar vasgekeer.
Myne is opgetel in kroonstad, maar ek weet nog nie waarheen hy travel nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on September 25, 2013, 08:50:50 AM
England. Too little to late.

43360.3km

Tensy hy binne 'n week kan terug kom SA toe.


Title: Re:
Post by: GRyPH on September 25, 2013, 09:52:03 AM
Wel , daar is nog tyd oor. En myne het erens om kroonstad in iemand se hande beland wat bietjie vashou aan hom. Weet nie of hy weer gaan beweeg voor oktober nie.


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on May 14, 2014, 03:49:34 PM
myne sit nog in dieselfde mense se hande as wat ek hierbo genoem het.


so jou TB staan n kans om weer voor te kom as hy die kilos kan opvang voor hy wegraak.

maar ons het opgeslip laasjaar oktober......   die race was toe mos al eintlik oor?


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on May 14, 2014, 03:53:50 PM
Ons moet seker reels he?

1- die race begin  - Vrydag 5 Okt  
2- die race eindig - oor n jaar?   Okt 2013?
3- elke persoon mag nie sy eie tb rondbeweeg nie.  (Maw jy moet hom in n cache sit en verder moet hy sy eie ding doen. )
4-  een TB per persoon in die race?

Net n voorstel. Wat dink jy?


Ag ja OK dan as ek nie my TB heen en weer tussen Kaap en George mag ry nie. :MrGreen:

Race begin Vrydag 5 Okt. :thumb:

Twee races:
Eerste een eindig oor 'n jaar. Vrydag 4 Okt by Drinks Friday kry die wenner sy prys! :headbang: Die een koop vir die ander 'n dop!
Daarna race ons huis toe! :headbang:

 ahh ok ek sien nou die reels....  ek het net die eerste helfte gewen.  die race oppad huis toe is nog aan...

myne was laaste gesien in kroonstad, so as joune nader as dit aan die huis kan kom, wen jy die 2de helfte. (of is die 2de helfte ook n race vir die meeste kms?) :thumb:

laaste km lesing:

GRyPH:  68516.8km
TR:   63038.6km

dis maar naby!

en joune is lankal nie meer in Engeland nie,  hy toer nou in NZ


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on May 14, 2014, 04:58:36 PM
Nee soos ek onthou is die tweede been die eerste een by die huis. :hope:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: GRyPH on May 14, 2014, 05:55:29 PM
Wel dan hoop ek dat myne erens weer opduik :hope:


Title: Re: Wanna Race???
Post by: Trailrider on May 04, 2019, 08:51:07 PM
My Racer is flippen aktief deesdae. Steeds in Aus. Tans in 'n premium cache.

Staan tans op 76776.8km!