The Road Less Travelled

On the road less travelled => VoŽls => Topic started by: GRyPH on November 05, 2012, 12:39:31 PM

Title: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: GRyPH on November 05, 2012, 12:39:31 PM
Het nou al vir n ruk in my tuin n voel gehoor wat baie uniek sing,  dit klink soos n mens wat fluit. Soveel so dat ek die eerste keer wat ek dit hoor die persoon in my erf gaan soek het.

So het ek toe uitgevind dit is hierdie outjie wat so fluit. En gou die kamara gegryp om die fotos te neem en hom te identifiseer.

Hy boots ook ander voels na,  het al gehoor dat hy soos n naguil maak, en maak partykeer n telkom telefoon ook na (die laaste een is nogal irriterend)

Title: Re: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: White Stripes on November 05, 2012, 03:31:46 PM
Baie interessant.

Title: Re: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: buzzlightyear on November 05, 2012, 04:01:55 PM
Ook nog nooit die outjie gesien nie.

Title: Re: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: GRyPH on November 05, 2012, 05:06:42 PM
hier is n habitat kaart wat ek van die internet af gekry het.

(http://www.biodiversityexplorer.org/birds/images/sabap/sabap2_map_smoothed578_mid.png)

Lyk vir my George is die verste suid en verste wes wat hy aangetref word,   dit sal dalk wees hoekom hy vir my half onbekend is?

Title: Re: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: Trailrider on November 06, 2012, 09:14:35 AM
Nogal 'n mooi voŽltjie.

Title: Re: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: Biscuit on November 06, 2012, 01:19:39 PM
Haai Gryph- dis vir my baie interessant van hierdie voeltjie.Volgens sy Engelse naam is die voeltjie `n besonderse fluiter en die outjie wat jy afgeneem het lyk wel na  `n Jan Frederik- maar hier op ons plaas in die Boland het ons hulle dan ook!?- en dit wys nie op die verspreidingskaart van jou nie?

My man het `n spesifieke manier van fluit buitekant die huis- en dan hoor ons die nabootsing uit die bome. Maar ons het nog altyd gedink dis die groter voeltjie, nl. die Kaapse Lyster,waarvan hier sommer baie in die tuin is, wat so maak.Blykbaar doen hulle so`n nabootsing- so is jy seker daardie enetjie by jou in George is nie dalk `n Lyster nie
 :MrGreen:
 :Scratch:

Title: Re: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: GRyPH on November 06, 2012, 02:02:53 PM

Ja hulle boots maklik na,  ek het ook al vir hulle n deuntjie gefluit, en na so 5 kere, begin hulle hom stadig optel en terug fluit.
Nee ek is 100% seker van die identifikasie.  :wink1: 
Hulle lyk baie na aan die lysters, maar die lyster is soos jy se bietjie groter as die Janfrederik

Ons het ook die Olyf lyster hier by ons wat die lyster is wat vir my die naaste aan die outjie lyk. Maar die verskil tussen die twee, veral as hulle saam in my tuin is, is duidelik (hulle sit gereeld naby mekaar in my tuin) .

die onderste fotos het ek op die net gekry.

lawaaimakerjanfrederik
(http://www.biodiversityexplorer.org/birds/muscicapidae/images/eos05183_327w.jpg)

Olyf lyster     
(http://www.biodiversityexplorer.org/birds/muscicapidae/images/eos00072_327w.jpg)

Kaapse kliplyster
(http://www.biodiversityexplorer.org/birds/muscicapidae/images/6250caperockthrush6_327w'.jpg)

Kaapse Berglyster
(http://www.mangoverde.com/wbg/images/00000014255.jpg)

Title: Re: Lawaaimakerjanfrederik - Chorister Robin (cossypha dichroa)
Post by: Biscuit on November 07, 2012, 10:14:03 AM
Dis baie mooi goedjies Gryph.

Die JanFredriks kom soms in die kombuis in vir krummeltjies op die vloer- maar hier is baie meer Lysters hier rond.
 
 :MrGreen:
 :MrGreen: