The Road Less Travelled

Life, the Universe and Everything Outdoors => General Discussion => Topic started by: Biscuit on February 21, 2013, 07:15:05 PM



Title: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Biscuit on February 21, 2013, 07:15:05 PM
En.....nie 'n woord oor Oscar nie?!

Hierrond is ek die enigste persoon wat dink dat hy dalk in die oomblikke van regte, donker paniek, soos wat ons hier in SA beleef met al die rooftogte en moorde,per ongeluk geskiet het.
En dat hy bitter swaar kinderjare gehad het om te bowe te kom.n seker altyd in 'n mate bedreig voel deur sy gestremdheid, dag en nag.

Wonder wat julle dink?
 :uhm
 >:D:



Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Fourie on February 21, 2013, 07:24:00 PM
Ek dink hy is skuldig.

Dalk nie aan moord nie maar ten minste aan manslag.




Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: buzzlightyear on February 21, 2013, 07:47:21 PM
Stem saam met Fourie. dit lyk of die staat n klomp goed opmaak.


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Operator on February 22, 2013, 07:50:17 AM
Ek dink hy is skuldig.

Dalk nie aan moord nie maar ten minste aan manslag.

Hy skuldig.........beslis.  :evil1:

Die vraag is net waaraan hulle hom skuldig gaan bevind.  My voorspelling is dat
hy skuldig gaan wees aan strafbare manslag en so 5 jaar gaan kry en
na 2 jaar op parool vrygelaat gaan word.


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Rooibok on February 22, 2013, 08:31:53 AM
Hoe kan enige iemand net skiet deur n toe deur as jy nie weet waar jou vrou of girlfriend is nie?

Dan as hy so bang is hoekom slaap hy met n oop voordeur?


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: lox on February 22, 2013, 08:14:45 PM
hoekom so stil........ek weet nie juis baie van oscar af nie

eintlik weet ek amper niks wat aangaan in die lewe nie behalwe dat die druiwe ryp is en dit hou my besig, baie besig.

elke oggend so tussen half 5 en 5 begin oes tot middag tussen 4 en half 5 en dan nog paar plaas werkies aan andag gee en dan val ek vannad half 9 om in die bed en slaap tot 4 uur wat die wekker lui.
op die oomblik bestaan my lewe nie uit veel meer as slaap en ry nie. ry op en af in die wingerd teen tussen 2 en 3 km per uur vir so 10 ure elke dag en dit is  gelyk aan so 65 tot 90 ton per dag. my kop en ore sing heeltyd van die geraas.

het net gou kom dissiplinere vorms kry vir die ou wat my goed gesteel het, moet nog verhoor hou netnou.

groete tot weer siens


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Umdani on February 23, 2013, 05:12:49 PM
Ek vermoed dat die meeste mense wat stil is, dit so doen omdat hulle uit respek vir onskuldige slagoffers aan weerskante nie aan 'n geskinder en saamraas ding wil deelneem nie. Almal het sekerlik 'n opinie en myne is dat hy so kwaad was dat hy eintlik mal was. In Engels sou jy kon se: "He was mad".  Die ongewoon erge reaksie was heel moontlik aangewakker deur die gebruik van alkohol en of dwelms en die moontlikheid dat hy maklik geneig is tot agressiewe optrede was moontlik aangewakker deur die jarelange ontwikkeling van 'n wil om te wen, domineer en presteer en 'n deursettingsvermoe wat baie sterk oorheersend is. Hy is vir jare lank so sielkundig gekondisioneer. Moontlik in so 'n mate dat hy 'n abnormale hoe vlak eiesinnigheid het en 'n geweldig lae vlak van toleransie.

Geen mens wat normaal is sal so iets doen nie. Daar moet 'n skroef los wees. Tydelik of permanent. Feit is dat hy dit gedoen het. Die ding wat op die oomblik maak dat ek dink hy moontlik 'n skurk is, is die weerbarstige ontkenning en blykbare leuens wat sy duur prokureurs namens hom bewoord. As hy vergifnis wil he en enigsins wil aangaan met 'n lewe iewers in die toekoms moet hy onvoorwaardelik om verskoning vra en op die manier ware berou betoon. Anders is sy berou selfgesentreerd en ongeloofwaardig. Hy het na my mening onbewustelik meer berou omdat hy 'n goue loopbaan opgefaark het as dat hy die lewe van 'n jong meisie sumier beëindig het.

Ek voel nie so sterk hieroor dat ek 'n debat wil begin nie en ek kan moontlik verkeerd wees. Dis maar net my gutfeeling.

As ek sy prokureur was het ek van begin af temperory insanity gepleit. Ek weet nie eens of daar so iets is nie, maar ek moet se ek was al partykeer baie befaark en na 'n tyd as ek tot my sinne kom besef ek dat ek geoorreageer het. En ek vul nie eens my testosteroon aan nie! :evil2:


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Rooibok on February 24, 2013, 08:18:56 AM
in a nutshell  :evil2:


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Umdani on February 24, 2013, 08:21:53 AM
(http://4.bp.blogspot.com/-gBxCBdm5_bE/UCWf_qfrjoI/AAAAAAAAC6o/6AL8yPmsgZ0/s1600/voices.jpg)


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: Rooibok on April 03, 2013, 01:30:18 PM
lykmy die site het gevries!  ::) gaan faarkol aan  :evil1:


Title: Re: Hoekom is almal so stil...?
Post by: lox on April 03, 2013, 07:26:00 PM
ons pars nog en nog klomp ander admin werk waarvoor ek niks lus is nie.