Title: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Trailrider on March 20, 2014, 09:08:39 AM (http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/53294743af9bb8276200000e.jpg)
Die grootste oorsaak van sterftes in Suid-Afrika is siektes en nie onnatuurlike oorsake nie. So het Pali Lehohla, statistikus-generaal, gister in Pretoria gesê toe hy die jongste statistieke oor die land se sterftesyfer bekend gemaak het. Die statistieke wys tuberkulose is die grootste oorsaak van sterftes onder swart en bruin mense, terwyl hartaanvalle die rede vir die meeste sterftes onder wit mense is. Diabetes is die grootste rede vir sterftes onder Indiër-mense. Statistieke wys ook dat die meeste Suid-Afrikaners by hul huise sterf en nie in hospitale nie. Verder leef mense in Kaapstad gemiddeld die langste (tot 58 jaar) in vergelyking met Pretoria, waar mense gemiddeld tot 53 jaar leef. In Kaapstad het mans tussen 15 en 49 jaar oud “weens bendegeweld” egter die grootste kans om vermoor te word. Onnatuurlike sterftes is ook die hoogste tussen 15 en 49 jaar, met tot 15% van die groep wat dié lot te beurt val. Die groot redes is ongelukbeserings en aanrandings. Die statistieke is saamgestel uit data wat Statistieke Suid-Afrika van die departement van binnelandse sake gekry het vir 2007 tot 2011. Lehohla het gesê sy departement probeer nou om die statistieke op ’n jaarlikse grondslag bekend te stel. “Die rede waarom ons nog net tot 2011 se statistieke het, is omdat dit baie lank gevat het om die inligting te bekom en te verwerk. Ons sal egter in November die jongste sterfte-statistieke vir 2012 en 2013 bekend maak.” Mense tussen 50 en 64 sterf hoofsaaklik weens tuberkulose, diabetes en serebrovaskulêre siektes. Dié bo 65 sterf die meeste weens serebrovaskulêre siektes, hartsiekte en diabetes. Lehohla het gesê dit is ontstellend dat tot 27% van sterftes as ongeïdentifiseer aangeteken is. http://www.beeld.com/nuus/2014-03-19-in-kaap-leef-jy-langer-as-in-pta Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Fourie on March 21, 2014, 03:37:59 PM Wat 'n pot snot.................... :loco:
Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Trailrider on March 23, 2014, 11:23:18 AM Dit staan dan in die Beeld! Julle eie koerant!
Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Operator on March 23, 2014, 04:23:01 PM 2 jaar langer leef ? Dis ook maar blerrie min......... :xxbah:
:MrGreen: :MrGreen: :MrGreen: Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: cassiebotha on November 06, 2014, 06:19:31 PM Kyk vir ons jong ouens is die stad awsome! kyk mens kan alles doen daar! alles is aanvaarbaar! Ek draf nou die dag in lynwoodweg tussen druk verkeer! alles is so dinamies. Geld speel groot rol! En dis so awsome as ons na restaurant toe gaan en dis chok en blok vol! Ons moet wag vir tafel! Hier in George is daar geen waglyste by restaurante, geen opgehoopte verkeer asook geen jaag van robot tot robot nie! wat 'n boring dorp
Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Prins on November 06, 2014, 06:28:57 PM Welkom Cassie. Ek is bly jy hang nog hier rond.... :thumb:
Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Trailrider on November 06, 2014, 10:29:34 PM Kyk vir ons jong ouens is die stad awsome! kyk mens kan alles doen daar! alles is aanvaarbaar! Ek draf nou die dag in lynwoodweg tussen druk verkeer! alles is so dinamies. Geld speel groot rol! En dis so awsome as ons na restaurant toe gaan en dis chok en blok vol! Ons moet wag vir tafel! Hier in George is daar geen waglyste by restaurante, geen opgehoopte verkeer asook geen jaag van robot tot robot nie! wat 'n boring dorp Klink vir my soos Eden! Al die ander goed wat jy beskryf - hulle kan eerder my knaters in 'n draaibank vasdraai. Daar bly ek nie. Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Prins on November 07, 2014, 08:01:51 AM 2 jaar langer leef ? Dis ook maar blerrie min......... :xxbah: :MrGreen: :MrGreen: :MrGreen: Ek kan nie glo dat Kaapse mense NET 2 jaar langer lewe nie. My ondervinding is dat dit BAIE langer neem om enigiets in die Kaap gedoen te kry ..... :evil2: Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: cassiebotha on November 07, 2014, 05:22:22 PM Dankie Prins is awsome om weer te kan draai maak hier!
Mense noem Kaapstad Slaapstad Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Operator on November 07, 2014, 05:28:36 PM Julle dink Kaapstad is stadig........... :Scratch:
Mens kry gewone tyd................dan Afrika-tyd.....................dan Kaapstad-tyd..............en laaste.................heel laaste Hermanus-tyd. Die laaste jaar vandat ons hier woon was nogal 'n aanpassing. Weet nie of die mense net lui is of net nie 'n hel omgee nie. Almal doen hul ding op hul eie tyd. Ek wag nou al week vir die tuinboy om op te daag............... Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: Trailrider on November 08, 2014, 08:57:03 AM En dan kry jy Sedgefield...
Sedgefield has always been a fairly laid-back place, but that’s now been made official, joining about 140 Slow Towns in the world. Nothing happens quickly in Sedgefield, a little Garden Route town of about 15 000 residents who live between lakes, the ocean and nature reserves. Now Sedgefield’s laid-back lifestyle has been made official. This is Africa’s very first Slow Town, registered under the Cittaslow movement. Cittaslow started in Italy in 1999 and is a continuation of the Slow Food movement. It’s the absolute opposite of the fast-lane, homogenous globalised world too many of us live in. http://www.southafrica.net/za/en/articles/entry/article-southafrica.net-sedgefield Title: Re: In Kaap leef jy langer as in Pta Post by: lox on May 27, 2015, 01:39:55 PM Hoekom moet mens gejaag lewe? Ek was nou die dag vir 19 dae in Mosambiek. DIs die stadigste wat 19 dae nog om gegaan het vir my, dit het soos 6 maande vakansie gevoel. Heerliker as lekker gewees.
Gejaagdheid van die stad is nie vir my nie. Daars dalk meer geld maar dan kos dit ook meer om daar te bly en stres is ook baie meer. |