The Road Less Travelled

On the road less travelled => Fotografie / Photography => Topic started by: Viking on December 10, 2008, 01:51:00 PM



Title: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 10, 2008, 01:51:00 PM
Ek oorweeg om bietjie op te gradeer wat kamera's aanbetref. Ek het tans 'n Panasonic met 7.5 megapixels en 4x optical zoom. So eintlik maar 'n mik en druk. Game verkoop nou die Canon 350 D met 'n kleur printer vir R5000. Hy is baie afgemerk aangesien die nuwe model reeds uit is. Is dit 'n goeie kamera en is die prys reg. Gaan daar 'n groot verskil in kwaliteit van die foto's wees. Hoe goed is die zoom want ek wil nie nou die R2500 uithaal vir die groter lens nie. Ek wil die diere in die wildtun so bietjie nader trek.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 10, 2008, 01:58:15 PM
Canon trek nou al by die 450 D en intussen was daar die 400D. Die 350 is 'n ouerige model met ou tegnologie en het jy regtig die printer nodig. Ek dink hulle kom uit met 18-55mm lens wat nie einlik zoom nie. Ek het so rug terug die Canon 1000D gekoop plus 'n 55-250mm lens en is baie tevrede. My eerlike opinie, ek sou dit nie gekoop het nie. Sit R1500 by en jy het 'n beter kamera met nuwer tegnologie.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 10, 2008, 02:05:09 PM
Dankie Pmdb. Ek sal maar bietjie rondkyk. So jy beveel eerder die 1000D aan? Is hy "user friendly" vir iemand wat geen kennis van fotografie het nie?


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 10, 2008, 02:09:55 PM
Ek vind hom userfriendly, moet darem bysÍ dat ek voorheen ook 'n Canon gehad het en dat die kontroles ens. basies dieselfde is. Toe ek gesoek het vir 'n kamera het ek die 1000D en 450D oorweeg maar die 450D is bietjie duurder en het goeters wat ek nie sou gebruik het nie


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Prins on December 10, 2008, 02:24:45 PM
Viking

Ek het 2 weke gelede 'n Sony kamera kit by Vision 2000 gesien.  Op special was dit vir R6000-00.  Die kit het 'n 18-55mm en 'n something tot 300mm lens ingesluit.  Dit is 'n 10,2 Mpixel kamera.  Sony Alpha 200.  Sit 'n duplexer by, en jy kan lekker in die willetuin speel.
Dit wat ek van die kamera gelees het was net goed.  Die grootste voordeel is dat die kamera body 'n ingeboude stabiliseerder het.  Dus hoef jy nie IS lense (lense met stabiliseerders in) te koop nie.  Die prys van 'n nuwe lens is dus baie goedkoper.

Jy kan ook die Alpha 300 oorweeg.  Selfde specs (ek dink) maar met 'n LCD skerm.  Die prys vir die kamera alleen is R6000-00.

Tans het hulle nie die kit in voorraad nie.  Vision is egter nie die goedkoopste winkel nie.  Ek is seker jy sal nog die kit Írens anders optel, en goedkoper.

Die Sony kameras is ook baie gebruikers vriendelik.  Indien jy geld het wat rondlÍ, kan jy gerus vir my so 'n kamera aanpass .... 



Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 10, 2008, 02:53:21 PM
Die enigste nadeel wat ek vergeet het om te noem, het prins my nou aan herrinner en dit is dat die Canon se lens IS is en nie die body nie. Ek het vir my Canon 55 - 250 lens R3400 betaal. Ek weet hier by ons kry jy nou die 400D plus 18-55 en 55-250mm lens in so kit vorm, weet ongelukkig nie die prys nie


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Trailrider on December 10, 2008, 03:11:14 PM
As jy zoom wil he is Olympus wat jy soek. My kamera het 18X Optical zoom en die nuwe model het 20X. Olympus kom ook met 'n 2 jaar waarborg i.p.v. die 1 jaar van ander make en hulle staan daarby. As jy kamera nie herstel kan word binne 30 dae nie kry jy 'n nuwe kamera met 'n nuwe 2 jaar waarborg.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Rustyb on December 10, 2008, 03:25:38 PM
I see Incredible Connection have a deal on the 450D. Camerais 12.2 megapixels. 18-55 m lens, Printer, 8 Gig card and paint shop Pro  R8999.00
Also Canon EOS1000 10.1 megapixel, 18-55 lens, 2Gb card, and bag R6399.00


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 10, 2008, 03:27:05 PM
Also Canon EOS1000 10.1 megapixel, 18-55 lens, 2Gb card, and bag R6399.00


Thats what I paid at Chaos Computers


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Rustyb on December 10, 2008, 03:28:42 PM
As jy zoom wil he is Olympus wat jy soek. My kamera het 18X Optical zoom en die nuwe model het 20X. Olympus kom ook met 'n 2 jaar waarborg i.p.v. die 1 jaar van ander make en hulle staan daarby. As jy kamera nie herstel kan word binne 30 dae nie kry jy 'n nuwe kamera met 'n nuwe 2 jaar waarborg.
TR, on the Olympus SLR, it is difficult to find lenses.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: JZ on December 10, 2008, 04:30:31 PM
Viking het jy al na die Nikon D60 gekyk?


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: J.J. on December 10, 2008, 04:34:55 PM
Ek dink die maklikste manier om kamera te koop is om net 'n kamera body te koop en dan jou lens wat jy graag wil hŽ apart te koop. Met hierdie bundels kry mens altyd iets saam wat minderwaardig is of wat jy glad nie wil hÍ nie.

Gaan kyk by Outdoorphoto.co.ca vir 'n body only 1000D en koop dan jou lens volgens jou grootste behoefte. Jy kan later 'n lens by koop sodat die 2 lense aan die meeste van jou behoeftes voldoen.

Gesels met pro's oor jou lens keuse want die verkeerde lens kan jou baie irriteer as jou foto's nie op standaard is nie.

Die 1000D het die nuutste tegnologie en is baie gebruikers vriendelik.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Trailrider on December 10, 2008, 04:40:40 PM
Hier is baie goeie raad hier. Ek sit die draad onder fotografie waar hy nie so vinnig sal verdwyn soos onder algemeen nie.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: EtienneNXR on December 10, 2008, 04:47:06 PM
Ons het twee van daardie eos 400D's
Werk baie goed,tot ek kan dit ten volle benut.
Jy kry ook baie ander lenses vir hom.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: CK1 on December 10, 2008, 08:46:23 PM
Ek gebruik 'n Nikon D40 met 'n 18 -55 lens by die kantoor.  Baie nice kamera die foto's is baie goeie kwaliteit.  Al probleem wat ek met die kamera het is dat die Nikon lense baie duur is.  Volgens die kenners by Photo Cats in Pta kan jy net Nikon lense op Nikon kameras gebruik.  Met Canon kan jy blykbaar Sigma lense gebruik op die Canon kameras wat goedkoper is.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 10, 2008, 09:40:11 PM
Dis nonsens, kyk by SACamera


(http://i358.photobucket.com/albums/oo23/Argin2008/untitled-21.jpg)


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: CK1 on December 10, 2008, 10:20:57 PM
Dan het die ou my sien kom en 'n rat voor die oe gerdraai  :bang: :angry:


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: JZ on December 11, 2008, 05:52:42 AM
Ek gebruik 'n Nikon D40 met 'n 18 -55 lens by die kantoor.  Baie nice kamera die foto's is baie goeie kwaliteit.  Al probleem wat ek met die kamera het is dat die Nikon lense baie duur is.  Volgens die kenners by Photo Cats in Pta kan jy net Nikon lense op Nikon kameras gebruik.  Met Canon kan jy blykbaar Sigma lense gebruik op die Canon kameras wat goedkoper is.

CK1 ek het die D60 en is besig om 'n D90 te koop en ek dink daai  kenners by Photo Cats is nie sulke kenners nie.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Fourie on December 11, 2008, 06:04:27 AM
Ek gebruik 'n Nikon D40 met 'n 18 -55 lens by die kantoor.  Baie nice kamera die foto's is baie goeie kwaliteit.  Al probleem wat ek met die kamera het is dat die Nikon lense baie duur is.  Volgens die kenners by Photo Cats in Pta kan jy net Nikon lense op Nikon kameras gebruik.  Met Canon kan jy blykbaar Sigma lense gebruik op die Canon kameras wat goedkoper is.

CK1 ek het die D60 en is besig om 'n D90 te koop en ek dink daai  kenners by Photo Cats is nie sulke kenners nie.


Dan het die ou my sien kom en 'n rat voor die oe gerdraai  :bang: :angry:


 :biggrin:


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 11, 2008, 12:19:01 PM
Dankie julle almal vir die raad. Prins ek was vanoggend by Vision en daai Sony kamera lyk regtig goed. Hulle het nie meer die kit beskikbaar nie dit was 'n spesiale aanbod solank voorrad hou. Ek kan die Sony alpha 200 met 'n 18-55mm lens kry vir R4999-00. Dan koop ek die Sigma 75-300 lens vir R1999-00. Volgens die verkoopsman is die 200 en die Canon d1000 op dieselfde vlak. Hy het ook genoem dat die sigma lens 'n makro funksie het vir naby foto's van bv. mense of plante ens. Dit is 'n 10.2 m/pixel kamera en kom met die normale intro vlak sagteware. Nou toe julle slim ouens klink dit wat die verkoopsman my wysgemaak het vir julle reg?


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: J.J. on December 11, 2008, 12:30:01 PM
As die kamera of die lens nie oor IS beskik nie gaan jy 'n 3poot moet gebruik op 300mm.

Die belangrikste ding van 'n lens is sy Fstop. Wat is die lens se Fstop? Hoe hoŽr die Fstop hoe stadiger is die lens en hoe laer die Fstop hoe vinniger.

Die ideaal is om op 300mm zoom 'n vinnige spoed te hÍ om bewerasie uit te skakel.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 11, 2008, 12:47:28 PM
Sony Alpha A200 DSLR - ISO values
As far as ISO sensitivity is concerned you will achieve the best results with this sensor using ISO sensitivity up to ISO 800. Higher ISO than this will influence the image quality due to noise even with the improved noise reduction trying hard. The higher the ISO setting the more the quality drops. To prevent using high ISO you can activate the SuperSteady Shot mode. Just leave it on and profit by the number of extra stops you can play with regarding the shutter speed. The inbuilt image stabilizer inside the body offers a lot of convenience and although a stabilizer integrated in a lens is a tad more effective, the ease of a built-in stabilizer that works in combination with any type of lens you use on the A200, is impeccable.



Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 11, 2008, 12:48:50 PM
http://www.letsgodigital.org/en/camera/specification/1736/show.html


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 11, 2008, 01:29:06 PM
Daai klink goed Viking, prys is ook reg. Ek sien SACamera verkoop hom met 'n 18 - 70mm lens




(http://i358.photobucket.com/albums/oo23/Argin2008/untitled-22.jpg)


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: J.J. on December 11, 2008, 03:29:51 PM
Niks mee fout nie behalwe dat daai lens te kort is vir in die veld foto's. Daai lens is eintlik vir ateljee werk bedoel.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 11, 2008, 03:37:01 PM
Het nou net die kamera bestel. Het 'n lens kit gevat. Ek kry die kamera met 'n 18-70 en 'n 75-300 lens by vir R6834-00. Ek kry nou regte Sony lense en die kamera sal more of Maandag hier wees. Nou gaan ek julle lotte lekker pla vir raad. JJ wat dink jy van die lenskombinsie wat ek bykry vir veldwerk. Daai 300 behoort die ding te doen.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 11, 2008, 03:46:03 PM
Pmdb, dankie vir jou post. Dit is goed om te weet die prys wat mens betaal is in lyn, die inligting was handig.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: J.J. on December 11, 2008, 04:03:31 PM
Wat is die Fstoppe van die lang lens??


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Prins on December 11, 2008, 04:31:53 PM
Damn, ek is te stadig.  Ek het die volgende getik net na ek Viking se laaste pos op bladsy een gelees het .....   

Viking

Kyk, ek is nie 'n kamera kenner nie.  Maar ek het wel al die volgende opgetel:
Kwaliteit lense kos BAIE geld.  En mens kan die verskil sien.
Volgens my somme is dit dus beter om die Sony te koop met die ingeboude stabiliseerder.
Met die geld wat jy dan wil spandeer op 'n lens, kan jy dan 'n baie beter (vinniger - f-stop ?? :Scratch: :Scratch: ) lens koop as 'n lens waar jy vir die stabiliseerder in die lens moet betaal.  Maak ek sin??

BV

Met die selfde geld as vir 'n 300mm lens met IS kan jy 'n BAIE beter kwaliteit 300mm lens sonder IS koop.  Op die einde gaan die Sony dan goedkoper uitwerk, met beter lense.
Ongelukkig is koste nogal een van die grootste faktore vir my.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 11, 2008, 05:25:51 PM
Kyk bietjie hier vir lense en F stoppe


http://www.sacamera.co.za/product/293/Sony-DSLR-Lenses.html


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 11, 2008, 07:49:24 PM
Ek het geen idee waar om te kyk vir die Fstoppe nie.  :blush: Kan dit dalk die wees F4.5-F5.6. Is dit die regte gegewens en is dit goed of sleg.  :Scratch:


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: J.J. on December 11, 2008, 08:09:53 PM
Dis oraait Fstoppe daai...en dan is die lens cheap cheap!!

Dis 'n feit dat die IS in die lens baie beter is as IS in die kamera.

Aan die einde van die dag word kwaliteit van die glas bepaal deur die skerpheid van die foto's.

In hierdie game is try en error baie duur.

Maar elke ou besluit vir homself.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: www on December 11, 2008, 09:38:22 PM
Ek gebruik 'n Nikon D40 met 'n 18 -55 lens by die kantoor.  Baie nice kamera die foto's is baie goeie kwaliteit.  Al probleem wat ek met die kamera het is dat die Nikon lense baie duur is.  Volgens die kenners by Photo Cats in Pta kan jy net Nikon lense op Nikon kameras gebruik.  Met Canon kan jy blykbaar Sigma lense gebruik op die Canon kameras wat goedkoper is.

CK1 ek het die D60 en is besig om 'n D90 te koop en ek dink daai  kenners by Photo Cats is nie sulke kenners nie.

Jz,  wat gaan jy met jou ou D60 doen? Wil jy verkoop? :plotting: :smirk: :MrGreen:


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Rustyb on December 12, 2008, 09:19:47 AM
WWW, jy is te laat. JP het dit klaar geŽis.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 18, 2008, 06:39:20 AM
Viking het jy toe jou kamera gekry ? Wys 'n paar fotos  :MrGreen:


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Viking on December 18, 2008, 04:36:57 PM
Bestelling het bietjie langer gevat as wat verwag is.  :bang:  Het nou net met die kamera by die huis gekom.  :headbang: Die battery is al besig om te laai. Ons gaan van more af vir tien dae Buffelspoort toe. Sal die kamera daar inwy en as ek terugkom vir julle my proefnemings kom wys.  :biggrin:


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: J.J. on December 19, 2008, 09:18:12 AM
Lekker speel!!


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Rustyb on December 19, 2008, 12:41:43 PM
Geniet dit Viking  :thumb: :thumb:


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: White Stripes on December 19, 2008, 12:48:10 PM
Ek wil 'n stoepit vraag vra. Ek dink daaraan om my mikindrik aan te vul, maar ek is suinig aan die een kant en stel hoŽ eise aan die ander kant. Gelukkig het Merrycan 'n klomp kameras en lense, so ek gebruik hare. Ek het egter 'n baie nice lens spesifiek vir groter afstande. Dit is 'n ou lens, uit die voor digitale tyd, 'n 170/600 Sigma. Sal dit moontlik wees om dit te pas met 'n digitale kamera?


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Rustyb on December 19, 2008, 01:34:12 PM
As far as I know, yes. As long as it is the same type of camera as the lens.


Title: Re: Raad oor nuwe kamera.
Post by: Pmdb on December 19, 2008, 01:40:27 PM
Dit hang watter kamera en jy sal miskien 'n nuwe "lens mount" moet koop  :MrGreen: bv 'n lens van die entry level Nikon SLR sal pas op entry level DSLR