The Road Less Travelled

Life, the Universe and Everything Outdoors => General Discussion => Topic started by: Pmdb on January 18, 2009, 07:34:38 PM



Title: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on January 18, 2009, 07:34:38 PM
‘n Effektiewe manier om besoekers na jou blog te dryf, is om die krag van die lang stert te gebruik. Dit het weinig met ‘n sangôma se moetie (of die gereg se lang arm) te doen, maar eerder met die slim gebruik van ‘n fenomeen wat bekendstaan as “the long tail“. Hoewel nie uitsluitlik die gebied van internetgebruikers nie, vind dit vandag veral neerslag op die węreldwye web, waar maatskappye duisende rande (ja, dit gebeur reeds ook in Suid-Afrika) betaal om verkeer na spesifieke webtuistes te dryf en hul korporatiewe beeld positief uit te bou.

In elke nis van die blogosfeer is daar ‘n paar gewilde blogs en talle onbekendes. Ook in ons Afrikaanse hoekie geld hierdie reël: almal weet van Steve Hofmeyr se (nou vervalle) blog, almal ken die manne van Bosparra, talle weet van Frank Botha en Die Werf. Hierdie kęrels kry veel meer trefslae as Jan Rap en sy maat wat so af en toe ‘n emotiewe getier of ‘n aangestuurde kettingbrief plaas. ‘n Paar blogs kry die meeste hits; die oorgrote meerderheid het elk ‘n skamele groepie volgelinge met die daarmee gepaardgaande skamele besoekerstal. Dis niks uniek aan die blogosfeer nie - die hele internet werk so. Almal weet van Amazon.com; min mense weet van Kosie April se spoorwegverhale uit Beaufort-Wes.

‘n Mens sou dit grafies as volg kon voorstel:

(http://gormendizer.co.za/wp-content/uploads/2008/11/grafiekz0rz.jpg)

Aldus: die lang stert. Die “duisende klein sites” kan maar net daarvan droom om soveel verkeer as die ouens aan die bokant te kry. Die hoeveelheid krag in eersgenoemde is egter van onskatbare waarde. Die rede hiervoor is eenvoudig - almal in die lang stert besoek gereeld die ouens aan die bokant se webtuistes. Die boonste ouens is bo omdat die onderste ouens hulle daar hou. Getalle - hierin lę die krag van die lang stert. (Dis soos om te stem in ‘n nasionale verkiesing: op jou eie gaan jy om die dood nie ‘n verskil maak nie, as deel van ‘n leërskare wel.)

Ek het dit eerstehands ervaar met die “bemarking” vir die eerste Silwer Ponie, toe ek by elke liewe blog waarop ek my hande kon kry kommentaar gelewer het. Ek het besoek by ‘n sekere blogger met ‘n baie lang blogroll afgelę, ‘n draai by elke blog daarop gaan maak en eenvoudige kommentaar gelos wat die betrokke blogger gelukwens het omdat hy of sy “die Silwer Ponie gewen het”. Van die blogs het ek nog nie vantevore met ‘n oog gesien nie. Desnieteenstaande het my “bemarking” soos ‘n bom gewerk - my trefslae vir die dag was meer as drie keer my weeklikse gemiddeld. Die obskure kommentaar het mense nuuskierig gemaak; toe hulle by my blog aangekom het, was daar reeds relevante inhoud in plek om hulle vir ‘n wyle hier te hou.

Wat beteken dit alles?

Dit beteken jy is na alle waarskynlikheid deel van ‘n baie kragtige ketting waarvan die krag juis nié deur die swakste skakel bepaal word nie. Inteendeel. Die krag van die ketting lę juis daarin dat dit uitsluitlik uit “swakker” skakels bestaan. Dit beteken ook dat jy, met die regte virale inhoud, veel meer in die kuberruimte kan uitrig as wat jy dalk besef.

Ons ken nie ons eie krag nie. Hierin lę ons krag.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on January 18, 2009, 07:39:35 PM
Baie interresant.


Title: Kyk hier na die gewildste blogs in SA
Post by: Pmdb on January 24, 2009, 08:11:50 PM


http://www.amatomu.com/


Title: Re: Kyk hier na die gewildste blogs in SA
Post by: Trailrider on January 24, 2009, 11:09:25 PM
Interresante link - dankie!


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 02, 2009, 02:25:49 AM
Ek staan op 10 000 hits :o


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on March 03, 2009, 08:13:35 PM
439ste  :clap: Dis baie goed in ag geneem hoeveel blogs daar is en dan ook hits van oor die węreld. Dit kan net beter raak  :hope:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 03, 2009, 08:33:49 PM
Daai verander elke 30 minute of so. As ek iets post die dag gaan dit op en ander dae gaan dit weer af. Die hoogste wat ek hom nog gesien het was 278.

Ek kom nou die dag toevalling op 'n ander blog en sy ranking was oor die 7000. Ek wonder hoeveel is op Amatomu?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on March 03, 2009, 08:42:07 PM
Ek wonder hoeveel is op Amatomu?

Ek het nogal vroeër vanaand probeer kyk maar kon nie 'n syfer kry nie, maar dis baie


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 23, 2009, 12:48:11 AM
My blog is 'n finalis in die "Travel Category" van die "SA Blog Awards!"

Ek moet se ek is nogal bly en verbaas! Die wat wil kan stem deur op die "dog tag" the kliek op my blog en die instruksie te volg :wink1:

http://trailriderreports.blogspot.com/

Die prysgeld is R20-09! :evil1:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on March 23, 2009, 09:10:40 AM
Question for the blogorati: How/where do I add a blog to make it known?

I've started a blog about the pedestrian issue at Century City on the N1, http://n1ccblog.dewet.org.za/

EDIT: Ok, I got it sorted. Registered an account at amatomu, and added the blog.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 23, 2009, 11:55:26 AM
Probeer ook http://afrigator.com/ en sit jou blog adres in jou signature op Wild Dogs.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 23, 2009, 11:56:36 AM
Soek ook 'n forum wat gaan oor die Kaap en bespreek die issue daar, met 'n verwysing na jou blog. Begin 'n groep in Facebook en sit dit ook op Twitter.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 24, 2009, 03:05:34 PM
439ste  :clap: Dis baie goed in ag geneem hoeveel blogs daar is en dan ook hits van oor die węreld. Dit kan net beter raak.

Vandat die blog gelys is as finalis op SA Blog Awards (http://www.sablogawards.com/2009/) kry ek amper dubbel die hoeveelheid hits. :o


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on March 24, 2009, 03:52:17 PM
Myne is 286, maar as jy kyk is daar 'n fout met die no's, gaan van 352 na 186  :loco:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 24, 2009, 03:59:03 PM
 :huh3:
 :Scratch:

Hoe bedoel jy? Ek sien al die nommers.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on March 24, 2009, 04:15:15 PM
Ja, scroll af, na 352 begin dit weer by 186.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on March 24, 2009, 04:16:49 PM
Soos hier


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 24, 2009, 04:48:34 PM
 :Scratch:

Ek sien als. Wat is jou blog se naam?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on March 24, 2009, 07:00:23 PM
Scroll nog verder af, daar's nog 'n 286!

The N1 Century City Pedestrian Dilemma


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 24, 2009, 07:03:32 PM
Kan nie wees nie man :MrGreen: Kyk jy in 'n spesifieke afdeling?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on March 24, 2009, 07:10:57 PM
TR, mooi man.  :clap: Ek is deesdae meer by jou Blog as hier. Wat pitkos betref is jy No 1. Vir iemand wat die Suidkaap wil besoek, is jy eerste. As jy daai kan uitbrei na nasionaal op gedeel in streke waar jy natuurlik jou verkenners met kameras het wat verslag lewer.......


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 24, 2009, 07:18:22 PM
I created a blog... and it's turning into a monster! :eek: :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: JC on March 24, 2009, 07:25:59 PM
Ek het vanmiddag vir die eerste keer daar gaan inloer. Very impressive indeed.  :thumb:

PS. As bonus sien ek toe die destydse Angola verslag wat ek anderdag na gesoek het is ook daar.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 24, 2009, 07:27:06 PM
Daai verslag is eenvoudig ongelooflik!


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on March 24, 2009, 08:28:06 PM
Ek is baie bly vir jou. So 'n blog is "harde" werk en neem baie tyd in beslag. Ek hoop dit raak die top reisblog  :hope:. Dis amper soos as jy 'n goue sterretjie gekry het vir spel jare terug. Welgedaan TR :clap:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 24, 2009, 08:54:41 PM
Die prysgeld is R20-09 :D Iemand in die Kaap sal dit maar moet gaan afhaal :D


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 25, 2009, 11:00:28 PM
Interessant om te sien van waar af ek nou oral hits kry en kommentaar oor my blog. Kyk hier:

http://www.southafrica.to/transport/Airlines/Cheap-flights/2009/best-travel-blog.php5

Soms wonder ek waarin het ek my nou weer begewe...


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on March 26, 2009, 07:21:28 PM
Dis "great" man. Dis goed dat jy nou so 'n Sederberg trippie ook kan byvoeg. Die Duitsers, Belgieers is mal oor Tuinroete en Sederberge. Jy moet net probeer so ietsie maak uit dit alles  :biggrin:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on March 26, 2009, 07:26:55 PM
Miskien eendag... :plotting:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on April 08, 2009, 05:42:43 PM
Ek sien jy is "runner up" gewees. Welgedaan !  :clap: :clap:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Natuurkind on April 08, 2009, 05:48:02 PM
 :clap: :clap: :clap: Knap gedaan. Wat het jy gedoen om jou BLOG daarbo te kry?  :Scratch: weboptimisation of so iets?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 08, 2009, 05:52:13 PM
Dankie!

Die blog wat die "Travel category" gewen het verdien dit. Dis 'n properse "Travel" site. Ek is sommer net 'n ou op 'n bike :MrGreen:

(http://i189.photobucket.com/albums/z46/Trailrider_album2/BadgeTravel.png)


:clap: :clap: :clap: Knap gedaan. Wat het jy gedoen om jou BLOG daarbo te kry?  :Scratch: weboptimisation of so iets?

Nee. Ek weet nie eintlik nie :Scratch: Ek kry 'n "truckload" hits van Google af. Seker omdat blogspot deel van google is. En ek update gereeld, so die "spiders" snuffel en update gereeld daar. Snaaks genoeg kry mense my op die snaakste searches, maar as jy "Trailrider" google kry jy allerhande ander goed. Ek verkies dit eintlik so. Hoekom sal iemand nou vir my soek? Die wat my moet ken ken my reeds. My idee is dat mense meer info moet kry as hulle soek vir iets soos "Vleesbaai 4x4 roete" of Montagu Pass" of so iets.



Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Natuurkind on April 08, 2009, 05:54:53 PM
Ek het ook so tyd terug 'n Blog begin , maar dit werk nie lekker nie. ek bedoel dit werk lekker, maar kry nie baie hits nie, maar moet ook byse ek update of plaas nie so gereeld inligting daar nie.  Toe wonner ek sommer.  :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 08, 2009, 05:59:36 PM
Waar is die blog? Wordpress of blogspot of erens anders?

Vandat ek by die SA Blog Awards finalis was kry ek ook meer hits. My "ranking" op Amatomu het nogal opgeskuif (alhoewel dit elke paar minute verander).

Ek wonder steeds hoeveel blogs is op Amatomu :Scratch:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Natuurkind on April 08, 2009, 06:13:40 PM
Blogger. Google Marloth and Beyond. Dit is nog in sy baba skoene.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 08, 2009, 06:27:15 PM
Dit lyk goed!

Onthou my blog is al amper 2 jaar oud met baie inhoud. Hoe meer jy update en post hoe meer dinge sal daar wees wat mense raak "google". Ek glo mense moet jou blog kan kry op meer searches as net Marloth. Skryf veral goed oor die Kruger Wiltuin met "Kruger National Park" in jou titel. Daar sal baie mense "search" vir dit.

Ek het byvoorbeeld 'n search gedoen vir "Skoya Owl" en jou blog was nr.1, 2 & 3!


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Natuurkind on April 08, 2009, 06:30:15 PM
TR, dankie. As jy nog enige raad of voorstelle het sal ek dit baie waardeer.  :headbang:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 08, 2009, 06:33:19 PM
TR, dankie. As jy nog enige raad of voorstelle het sal ek dit baie waardeer.  :headbang:

Lys ook op Amatomu, Afrigator ens. Die inligting (oor mense wat jou blog besoek) wat jy daar kry is ongelooflik. Kry ook vir jou 'n "counter". www.sitemeter.com is gratis en daar kan jy sien waarvandaan die mense na jou blog toe link. Dan kan jy vinnig agterkom as jou blog bespreek word erens op 'n website of 'n forum en wat hulle se. Sulke opinies van mense wat jou glad ie ken nie is waardevol want dis brutaal eerlik. Jy kan ook sien op watter searches jy raak ge-google is.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 08, 2009, 06:36:39 PM
Nog iets - kyk na flagcounter en clustermaps ook (link sommer na hulle toe van my site af). Ek kry nie soveel info uit hulle nie maar dit bly interresant om te sien van waar mense jou blog lees.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Rustyb on April 08, 2009, 10:13:15 PM
Dankie!

Die blog wat die "Travel category" gewen het verdien dit. Dis 'n properse "Travel" site. Ek is sommer net 'n ou op 'n bike :MrGreen:

(http://i189.photobucket.com/albums/z46/Trailrider_album2/BadgeTravel.png)


:clap: :clap: :clap: Knap gedaan. Wat het jy gedoen om jou BLOG daarbo te kry?  :Scratch: weboptimisation of so iets?

Nee. Ek weet nie eintlik nie :Scratch: Ek kry 'n "truckload" hits van Google af. Seker omdat blogspot deel van google is. En ek update gereeld, so die "spiders" snuffel en update gereeld daar. Snaaks genoeg kry mense my op die snaakste searches, maar as jy "Trailrider" google kry jy allerhande ander goed. Ek verkies dit eintlik so. Hoekom sal iemand nou vir my soek? Die wat my moet ken ken my reeds. My idee is dat mense meer info moet kry as hulle soek vir iets soos "Vleesbaai 4x4 roete" of Montagu Pass" of so iets.



 Wat het jy toe gewen. Pryse was nogal interesant.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 08, 2009, 10:14:22 PM
Ek weet nie. Ek het nooit gaan kyk nie :Scratch: Hulle sou my seker in kennis stel as ek iets gewen het?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 22, 2009, 08:04:35 PM
My blog was vir so 6 weke onaktief - toe gaan ons ons op ons Sederberg trip. Toe weer onaktief vir so 20 dae toe begin post ek weer die EC Bash RR. Elke dag 'n post vir so 6 dae en my rankings het op geskiet tot die hoogste wat ek nog op Amatomu was. Nou wonder ek - hoe weet die mense as en weer aktief raak? Kan hulle 'n RSS feed he sonder dat ek een op die blog geinstalleer het? Of het blogger dit outomaties? Of is ek net weer hoer op die Google searches omdat die blog weer aktief is?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on June 22, 2009, 10:15:54 PM
Blogger het RSS feed, ek is gesubscribe na joune toe  :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 22, 2009, 10:22:21 PM
OIC.

Hoe subscribe jy?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on June 22, 2009, 11:00:54 PM
Ek gebruik Google Reader, en dit is gesubscribe na http://joublog/atom.xml. Kan nie meer onthou waar ek die RSS link gekry het nie...


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 03, 2009, 03:41:04 PM
Ek staan op 10 000 hits :o

Dinge snowball nou redelik. Dit het amper 2 jaar geneem om 10 000 hits te kry. Die volgende 7000 was in 5 maande :o


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Bakkie on August 03, 2009, 04:06:04 PM
dis al daai lekker stickers wat jy orals plak  :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Operator on August 03, 2009, 04:19:46 PM
dis al daai lekker stickers wat jy orals plak  :MrGreen:

Moet wees...............mens kan nie soveel vriende en familie hę nie!! :wink1:


TR, dis verbasend wat se impak links van ander websites, soos bv. motorfietse-forums sal hę.
Hoe meer "inbound" links jy het op soortgelyke websites, hoe hoër sal Google jou ook "rank"


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 03, 2009, 04:37:02 PM
Snaaks genoeg kry ek nie so baie hits van WD af nie. By verre die meeste kom van google en spesifiek Google Images. Dan kry ook sporadies baie hits van forums af elders in die wereld as iemand op die blog afkom en dan 'n link op so forum post. Altyd dan interresant om te sien wat hulle dan als se. Meeste is positief, maar die Hollanders het (na aanleiding van ons Karoo trip laasjaar) gewonder hoekom net wit mense saam ry en hoekom almal so dik is :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Operator on August 03, 2009, 04:43:45 PM
Meeste is positief, maar die Hollanders het (na aanleiding van ons Karoo trip laasjaar) gewonder hoekom net wit mense saam ry en hoekom almal so dik is :MrGreen:

Wel dieselfde Hollanders verwag seker dat ek en jy nog die anderskleurige seker van 'n
motorfiets ook nog moet voorsien  :eek:


Die dik storie............ek is onskuldig  :innocent:



Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Bakkie on August 03, 2009, 04:45:52 PM
Meeste is positief, maar die Hollanders het (na aanleiding van ons Karoo trip laasjaar) gewonder hoekom net wit mense saam ry en hoekom almal so dik is :MrGreen:

Die dik storie............ek is onskuldig  :innocent:


Operator jy is die enigste ou met n gewigs probleem in hierdie geselskap  :evil1:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: JC on August 03, 2009, 04:48:42 PM

Wel dieselfde Hollanders verwag seker dat ek en jy nog die anderskleurige seker van 'n
motorfiets ook nog moet voorsien  :eek:

Die dik storie............ek is onskuldig  :innocent:


 :laugh top: :skerp:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Operator on August 03, 2009, 04:52:16 PM
Nee man............ek probeer die balans/gemiddeles reg hou.

1 maer ou + 1 dik ou............gedeel 2 = 1 gemiddelde ou. :mwink:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 03, 2009, 04:56:08 PM
Dankie Oppie! :thumb: Ek voel sommer beter! :biggrin:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: R-O-V-Rat on August 03, 2009, 04:56:22 PM
Lol. Gelikkig gaan ek saam die naweek ander sal hulle weer so dink oor die dik mense!!!!  :innocent:  :biggrin:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 03, 2009, 04:57:15 PM
Moet net nie vir my (of selfs Bakkie :tease:) afneem nie! :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Operator on August 03, 2009, 05:02:41 PM
Moet net nie vir my (of selfs Bakkie :tease:) afneem nie! :MrGreen:

Ja.........maak seker............dis in landsbelang.............anders is ons hele nasie
se internasionale "image" weer in sy dinges in. :evil1:

 :MrGreen: :MrGreen: :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 03, 2009, 05:04:49 PM
Bwaaaaahahahaha! :laugh top: :laugh top: :laugh top:

Ja, en Oppie het so lank aan ons land se "image" gebou :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Operator on August 03, 2009, 05:09:00 PM
Ja, en Oppie het so lank aan ons land se "image" gebou :MrGreen:

Wat stel jy voor.............moet ek 'n nuwe sonbril kry?  :biggrin:
en
Dis 1 Augustus.........ek begin nou weer oefen na die Argus en gaan weer lekker
gewig verloor..........watch this space.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 03, 2009, 05:10:35 PM
Ja dis reg - oefen! Die image kort juis nou weer ernstige bou. Loftus was mos onlangs weer op die TV :eyebrow: :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 22, 2009, 03:35:30 PM
Die blog stap nou vinnig aan na 20 000 hits toe :o

Na die laaste RR wat ek opgesit het, het die traffic so toegeneem dat ek Photobucket se 10GB bandwidth per maand oorskry het in 20 dae! :o En ek het al 2 Photobucket accounts so dit help nie eers ek kry 'n 3de nie. Moes nou maar 'n "Pro" account oopmaak. Gelukkig is die R/$ nou gunstig. Nou is die bandwidth unlimited en my account wat amper vol gelaai was sit nou op 2% :biggrin:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Operator on September 22, 2009, 03:38:46 PM
Hoeveel kos so 'n pro-account?

Is dit 'n maandelikse , jaarlikse of eenmalige koste?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 22, 2009, 03:41:31 PM
$25 jaarliks.

Google ads het daarvoor betaal 8)


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on September 22, 2009, 03:44:08 PM
Issit, hoeveel *maak* jy met Google Ads?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 22, 2009, 03:47:17 PM
Nie veel nie, maar ek laat dit nie uitbetaal nie. So nou na 'n paar jaar was daar darem $25 :MrGreen:

Daai SA ding - Adgator - gooi so R100+ per maand (as hulle die maand adverteerders het).


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on September 22, 2009, 03:50:33 PM
ok, het al gewonder of ek ads op my blog moet sit. Sal google ads moet doen, want my meeste besoekers is van USA  :Scratch:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 22, 2009, 03:56:11 PM
Man ek weet nie hoe die storie werk nie. Party ads betaal uit as iemand net na jou blog kyk. Ander moet "above the fold" (bo die helfte v.d. blad) wees en ander moet op gekliek word (google ads).

Ek steur my nie eintlik aan al die goed nie. Ek reken dit sal beter gaan as ek dit opswot maar ek is nie lus nie en doen in elk geval nie die blog vir geld nie. Nou toe ek vir die 1ste keer geld nodig gehad het was daar genoeg.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 22, 2009, 03:57:14 PM
Ek sou voorstel gaan eerder vir Adgator.

http://adgator.co.za/


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on October 12, 2009, 10:02:56 PM
Ek staan op 10 000 hits :o

Dinge snowball nou redelik. Dit het amper 2 jaar geneem om 10 000 hits te kry. Die volgende 7000 was in 5 maande :o

20000 hits verby gesteek. 2 jaar vir die 1ste 10000 hits. Net meer as 7 maande vir die 2de 10000 hits.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on October 12, 2009, 10:08:32 PM
Ek was vandag een van die "hits". Mooi man, jou blog lyk regtig goed. Mooi uiteengesit en vir die ou wat hou van wegbreek, en nie net met 'n motorfiets nie, is daar baie om te sien en te lees

 :clap:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on October 12, 2009, 10:17:14 PM
Thanks

Het vandag 'n mail gekry van 'n boeing pilot wat hier wil kom rondry. Hy beplan sy hele trip op die blog.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Water_Iceglitter on October 13, 2009, 10:31:56 AM
maybe you will find this talk interesting...


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on January 22, 2010, 05:01:34 PM
Die blog het steeds 'n lewe van sy eie.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on January 22, 2010, 05:02:01 PM
NK hoe gaan dit met jou blog?

En Buzz met joune?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Natuurkind on January 22, 2010, 05:56:34 PM
Soos jy weet floreer 'n blog op aandag en dit is presies waarvan myne te min kry. :-\


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on January 22, 2010, 06:08:51 PM
Post jy baie? Elke keer as jy post index Google jou weer en is jou content "nuut" as iemand search. Jou site is nie 'n blogger site nie? Dit kan ook 'n verskil maak. Google search hulle eie goete eerste.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on January 22, 2010, 06:11:48 PM
Die tye wat jy daar is moet jy elke dag post oor die diere. Wat watter een nou weer doen ens. Baie Marloth mense wat elders bly (soos Wildekind) sal dit lees. Meer hits maak jou blog meer relefant. Jy sou so blog lees terwyl jy in die Kaap is as daar een was?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Rustyb on January 23, 2010, 08:03:27 AM
I pop onto your blog quite regularly TR. And NK's.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on May 03, 2010, 10:00:19 PM
Ek staan op 10 000 hits :o

Dinge snowball nou redelik. Dit het amper 2 jaar geneem om 10 000 hits te kry. Die volgende 7000 was in 5 maande :o

20000 hits verby gesteek. 2 jaar vir die 1ste 10000 hits. Net meer as 7 maande vir die 2de 10000 hits.

Net onder die 7 maande vir die volgende 10000.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on May 03, 2010, 10:08:32 PM
Nice man. Myne staan effe stil, post so elke 2e of 3e week iets by as ek iets leer, maar dit was so boring ek het nie eintlik nuwe goed geleer nie. Maar hopelik sal dit binnekort verander.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: cassiebotha on May 03, 2010, 10:09:15 PM
TR jou raad van Serv hosting het gewerk
Gebruik hulle spasie om jou fotos op te stoor
Wat gee photobucket vir jou in GB?
serv gee my 1000TB


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on May 03, 2010, 10:11:31 PM
Photobucket Pro werk vir my. Unlimited upload, unlimited bandwidth. $25 per jaar.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: cassiebotha on May 03, 2010, 10:14:32 PM
Jy's reg dan hoef jy nie jou website van scratch af te bou nie en om rr reports te doen is baie BAIE makliker as om elke keer website te maak, te upload ensovoorts


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on May 03, 2010, 10:21:39 PM
Nice man. Myne staan effe stil, post so elke 2e of 3e week iets by as ek iets leer, maar dit was so boring ek het nie eintlik nuwe goed geleer nie. Maar hopelik sal dit binnekort verander.

Elke keer as ek post skiet my hits die hoogte in. Die hele site word oor ge-indeks en watookal op Google voor ge-search word kry ek hits op. Die snaakste goed. Harley's, boeke, flieks, enige iets.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on May 04, 2010, 10:05:14 AM
Onthou, mense soos ek subscribe aan jou RSS feed, so dadelik as jy post sien ek dit in my reader, en besoek dan die site  :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on May 04, 2010, 06:18:19 PM
Jou Reader was seker besig die afgelope paar dae :MrGreen:

Ek orden my posts deur die datum te edit en dit dan volgorde te gee. Die link buttons werk ook lekker. Maar as jy dit in Reader sien is alles seker deurmekaar? :Scratch:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on May 04, 2010, 07:12:46 PM
Daar was iets soos 22 nuwe posts, het maar net almal Mark as Read. Ek het so vinnig gescan, maar tyd is min :-\


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 03, 2010, 10:13:56 PM
Het vandag 'n moerse klomp hits van Yahoo inboxes gekry. Kan nie die link volg nie. Is dit iets soos Google groups?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 23, 2010, 05:27:31 PM
Vanmiddag op RSG op loslip praat mense van plekke in die land wat mens MOET sien. Daar bel toe 'n vrou in en se Toorwaterpoort, die MOET jy sien.

Netnou kom ek op my blog en sien daar was skielik baie aktiwiteit. Al die hits kom van Google af en dis 'n klomp mense wat Toorwater ge-google het. :D


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 28, 2010, 04:43:29 PM
My Blog in Afrikaans (http://translate.google.co.za/translate?hl=af&sl=en&u=http://trailriderreports.blogspot.com/2009/08/day-2-north-is-other-way.html&ei=37MoTOj6Io6DnQeCtZypAQ&sa=X&oi=translate&ct=result&resnum=2&ved=0CBsQ7gEwATgK&prev=/search%3Fq%3Dtoorwater%2Bpoort%26start%3D10%26hl%3Daf%26sa%3DN%26rlz%3D1T4ADSA_enZA372ZA381%26prmd%3Db).

LMGA!

Google Translate het nog 'n ver pad om te gaan! :D


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on June 28, 2010, 04:47:15 PM
My Blog in Afrikaans (http://translate.google.co.za/translate?hl=af&sl=en&u=http://trailriderreports.blogspot.com/2009/08/day-2-north-is-other-way.html&ei=37MoTOj6Io6DnQeCtZypAQ&sa=X&oi=translate&ct=result&resnum=2&ved=0CBsQ7gEwATgK&prev=/search%3Fq%3Dtoorwater%2Bpoort%26start%3D10%26hl%3Daf%26sa%3DN%26rlz%3D1T4ADSA_enZA372ZA381%26prmd%3Db).


Dis nogal snaaks.  :MrGreen:

Klink soos daai vertalings van Chinees na Engels wat mens gereeld sien


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 30, 2010, 03:41:42 PM
Baie nice blog Martin :headbang:

Dualadventurebiking (http://dualadventurebiking.blogspot.com/)

'n Blog kan baie rewarding wees. Byt net vas en hou so aan.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: R-O-V-Rat on June 30, 2010, 03:46:12 PM
Baie nice blog Martin :headbang:

Dualadventurebiking (http://dualadventurebiking.blogspot.com/)

'n Blog kan baie rewarding wees. Byt net vas en hou so aan.

 :thumb: :thumb: :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Smidty on June 30, 2010, 06:21:08 PM
 :laugh3: :laugh4: :laugh3: :laugh4:
 :thumb:Baie nice  :thumb:




Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 30, 2010, 06:22:40 PM
Waarvoor lag jy? My blog in Afrikaans? :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 30, 2010, 06:28:41 PM
NK daai blog van jou kom ook mooi aan. :thumb:

Marloth Park and Beyond (http://marlothpark.blogspot.com/)


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Smidty on June 30, 2010, 06:30:52 PM
TR ja, daai afrikaans is baie snaaks.

Sorry


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 30, 2010, 06:31:57 PM
 :evil2:

Googlikaans. :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on July 03, 2010, 09:22:13 PM
NK en Martin ek het sommer links van julle blogs op my blog ook gesit as dit reg is met julle. :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on July 03, 2010, 09:24:50 PM
Martin vir iemand "wat niks van IT verstaan nie" kom jou blog mooi aan. :thumb: Skree as ek kan help met iets.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on July 04, 2010, 11:20:24 PM
Ek staan op 10 000 hits :o

Dinge snowball nou redelik. Dit het amper 2 jaar geneem om 10 000 hits te kry. Die volgende 7000 was in 5 maande :o

20000 hits verby gesteek. 2 jaar vir die 1ste 10000 hits. Net meer as 7 maande vir die 2de 10000 hits.

Net onder die 7 maande vir die volgende 10000.

Ek sal seker more 35000 oorskry. Dis 2 maande en 2 dae vir die volgende 5000 so so die 4de 10000 gaan heelwat gouer as 7 maande gaan. Dinge bly eskaleer.

Ek dink die feit dat Lance die blog in Enduro World magazine genoem het help ietwat.

Amatomu Ratings wissel vrek vinnig hoe laer jy gaan. Weet iemand al hoeveel mense is op Amatomu?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: R-O-V-Rat on July 29, 2010, 05:10:59 PM
Kyk hoe mooi kom Smartie se Blog aan.  :thumb:

http://dualadventurebiking.blogspot.com/2010_06_01_archive.html


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on July 29, 2010, 05:36:06 PM
Nice!


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 11, 2010, 11:22:30 PM
nominate this blog.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Smidty on August 12, 2010, 04:59:29 AM
 :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Fourie on August 12, 2010, 06:15:19 AM
 :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Prins on August 12, 2010, 06:37:20 AM
Waar stem ons vir jou?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 12, 2010, 09:12:39 AM
Kliek op die banner. Hy is gekodeer so dan het jy my klaar genomineer. Kyk aan die regterkant van die skerm wat oopmaak om die nominasie te verifieer.

Ek het gewonder of ek dit hier moet opsit. Dit voel IMO nie reg om vir mense te vra om jou te nomineer of vir jou te stem nie (behalwe op jou blog natuurlik), maar laasjaar se wenners het helse "campaigns" met e-mails en forums en goed gehad om stemme te werf. So op die einde wen die ou met die beste veldtog, nie noodwendig met die beter blog nie. Go figure.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Dual on August 12, 2010, 10:42:10 AM
Wil iemand vir my ook stem?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 12, 2010, 10:51:16 AM
Waar is jou badge? :evil2:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Dual on August 12, 2010, 10:58:55 AM
Op die BMW se tank :innocent: - nee wat, ek is nog glad nie in jou liga met die goed nie
Leer en speel elke dag daaraan

Ek weet nie eers waar om so badge te kry nie :biggrin:

http://website.sablogawards.com/2010/nominate?blog=dualadventurebiking.blogspot.com%2F&category=9,23 (http://website.sablogawards.com/2010/nominate?blog=dualadventurebiking.blogspot.com%2F&category=9,23)


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 12, 2010, 11:14:42 AM
Dasy:

nominate this blog


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 12, 2010, 11:15:03 AM
Nominated :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 12, 2010, 11:19:39 AM
   nominate this blog
Trailrider

   nominate this blog
Martin


Let the nominations begin :evil1:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Fourie on August 12, 2010, 12:05:06 PM
Jis, julle bedel so mooi.... :evil2:

Nou het julle elkeen darem een stem hier uit Pta  :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 12, 2010, 12:10:31 PM
Dankie dankie ;D

Hierdie is nog net die nominasies. Die stemmery kom nog.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Fourie on August 12, 2010, 12:17:34 PM
Jis, julle bedel so mooi.... :evil2:

Nou het julle elkeen darem een stem nominasie hier uit Pta  :thumb:

* fixed


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 12, 2010, 12:29:09 PM
Uit al die nominasie kies hulle 10 per afdeling vir die stemmery, maar teen die groot blogs staan ons nie tegtig kans nie so ons sal maar se soos hulle in die Oscars se: "It's an honour just to be nominated". :biggrin:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: JC on August 12, 2010, 01:45:19 PM
Done X 2


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: R-O-V-Rat on August 13, 2010, 03:40:17 PM
Nog in great blogger in the makings!!


http://i-am-a-sport-girl.blogspot.com/

http://kidscancookalone.blogspot.com/



Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Pmdb on August 13, 2010, 03:59:04 PM
Nog in great blogger in the makings!!


http://i-am-a-sport-girl.blogspot.com/

http://kidscancookalone.blogspot.com/




Baie oulik  :thumb:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 01, 2010, 03:15:47 PM
 :pickme: :pickme:

Vote for this Blog


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on September 01, 2010, 04:01:42 PM
Hierdie sg "Blog Awards" is een groot email adres harvesting scheme IMO. Nou moet jy skielik nog meer detail vir hulle gee voor jy kan stem. BS! Die buck stops here!


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 01, 2010, 04:05:05 PM
Ag issie man. :MrGreen: OK gee jou e-pos adres net vir my dan vote ek vir jou. :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 01, 2010, 05:53:25 PM
Ek staan op 10 000 hits :o

Dinge snowball nou redelik. Dit het amper 2 jaar geneem om 10 000 hits te kry. Die volgende 7000 was in 5 maande :o

20000 hits verby gesteek. 2 jaar vir die 1ste 10000 hits. Net meer as 7 maande vir die 2de 10000 hits.

Net onder die 7 maande vir die volgende 10000.

Ek slaan vandag 40 000 hits. :o

Net onder die 4 maande vir die laaste 10 000 hits. Dinge tel nou lekker op!


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Smidty on September 01, 2010, 06:15:26 PM
 :thumb: baie mooi, hoop jy gaan nog baie ver gaan :hope:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 17, 2010, 08:18:04 AM

Vote for this Blog

Laaste dag van stemming.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Dual on November 10, 2010, 07:06:33 AM
(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/netchat.gif)


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on November 10, 2010, 11:55:36 AM
 :laugh top:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Biscuit on November 10, 2010, 02:53:42 PM
Martin, dis `n vreeslike oulike spotprent...
 :MrGreen:
 :MrGreen:


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 10, 2011, 05:50:43 PM
Ek staan op 10 000 hits :o

Dinge snowball nou redelik. Dit het amper 2 jaar geneem om 10 000 hits te kry. Die volgende 7000 was in 5 maande :o

20000 hits verby gesteek. 2 jaar vir die 1ste 10000 hits. Net meer as 7 maande vir die 2de 10000 hits.

Net onder die 7 maande vir die volgende 10000.

Ek slaan vandag 40 000 hits. :o

Net onder die 4 maande vir die laaste 10 000 hits. Dinge tel nou lekker op!

Ek het 50 000 gemis en trek nou al by 60 000. Ek weet dis nie eintlik nuus nie maar ek wil dit graag track so ek doen dit hier.

Net oor die 7 maande vir die laaste 20 000.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 23, 2011, 10:48:17 AM
Ek post maar min op my blog deesdae, maar met die DiDi ding het die hits die hoogte in geskied.

Dis my hoogste ranking op Amatomu tot nog.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on August 23, 2011, 06:54:44 PM
Ek staan op 10 000 hits :o

Dinge snowball nou redelik. Dit het amper 2 jaar geneem om 10 000 hits te kry. Die volgende 7000 was in 5 maande :o

20000 hits verby gesteek. 2 jaar vir die 1ste 10000 hits. Net meer as 7 maande vir die 2de 10000 hits.

Net onder die 7 maande vir die volgende 10000.

Ek slaan vandag 40 000 hits. :o

Net onder die 4 maande vir die laaste 10 000 hits. Dinge tel nou lekker op!

Ek het 50 000 gemis en trek nou al by 60 000. Ek weet dis nie eintlik nuus nie maar ek wil dit graag track so ek doen dit hier.

Net oor die 7 maande vir die laaste 20 000.

4 maande 13 dae


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on January 04, 2012, 09:22:49 AM
Net vir rekord doeleindes.

80 000 gister.

4 maande 11 dae. Sonder noemenswaardige aktiwiteit op die blog.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: cassiebotha on January 04, 2012, 01:36:31 PM
Johann jy moet advert charge


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 28, 2012, 10:12:05 AM
90 000 gister.

3 maande 23 dae sonder veel aktiwiteit of posts.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on April 28, 2012, 10:13:06 AM
Johann jy moet advert charge

Cassie ek is stadig maar seker besig om die ads almal te verwyder.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 13, 2012, 08:35:02 PM
Ongelooflik genoeg sal ek binne 'n paar dae die 100 000 kerf slaan. Kan dit amper nie glo nie.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on September 16, 2012, 10:28:42 PM
4 maande 19 dae. 2 posts onlangs.

100 000. Ongelooflik. Geen SEO of niks. Kan dit amper nie glo nie.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: White Stripes on September 28, 2012, 12:04:56 PM
Ek sit nou hier in Saudi en wil met die kinders en familie die ervaring deel. Ek is nie lus vir FB nie. Sal 'n blog werk en hoe begin ek een?


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: buzzlightyear on September 28, 2012, 01:37:42 PM
Al reeds, ek het gewonder wanneer julle vertrek.

Die maklikste is wordpress.com of blogger.com. Dis alles online en gratis, jy registreer, kies 'n template en begin! Die wat belangstel kan die RSS feed monitor vir nuwe posts deur iets soos Google Reader te gebruik, dan kan hulle dadelik sien as jy iets nuuts post.



Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Operator on September 28, 2012, 01:42:58 PM
Wordpress het beter reputasie as Blogger en laai ook vinniger.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: White Stripes on September 28, 2012, 06:56:00 PM
Dankie, ek sal probeer. Sal later weer raad vra.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on February 09, 2013, 07:30:26 PM
*slegs vir rekordhouding doeleindes*

4 maande 22 dae. Min Postings.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on June 29, 2013, 08:05:40 PM
*slegs vir rekordhouding doeleindes*

4 maande 20 dae. Geen Postings.


Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on January 20, 2014, 12:04:45 PM
*slegs vir rekordhouding doeleindes*

6 maande 21 dae. Geen Postings.



Title: Re: BLOGS - Die krag van die lang stert
Post by: Trailrider on July 31, 2014, 10:37:17 PM
*slegs vir rekordhouding doeleindes*

5 maande 11 dae.