The Road Less Travelled

Life, the Universe and Everything Outdoors => General Discussion => Topic started by: Trailrider on May 08, 2009, 11:13:24 AM



Title: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on May 08, 2009, 11:13:24 AM
Ek het vanoggend 'n klein geel sak spinnekoppie in ons kamer gekry.

(http://www.spiderzrule.com/spider053/sac%20spider_small.jpg)

Hulle is klein, lyk nie erg nie en mense is baie keer nie eers bang vir hulle nie. Min weet hulle...

Sak spinnekoppe is aggressiewe aanvallers en die oorsaak van meeste spinnekop byte in SA. Hulle byt jou gewoonlik in die nag. Hierdie spinnekoppe maak jy maar dood as jy hulle kry.

(http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/images/bite6.jpg)

(http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/images/bite7.jpg)


Die groot lelike Reen spinnekoppe waarvoor almal vrek bang is en doodmaak, los hulle liewer. Hulle kan jou niks maak nie en hou die goggas uit jou huis uit. :biggrin:

(http://makebigmoney.co.za/wp-content/uploads/2007/12/africanhuntsman_spider.jpg)

(http://4.bp.blogspot.com/_OuEs4ut1AJw/SJwl9jqrAVI/AAAAAAAAAL4/W5a_XAQnvQg/s320/rain-spider-spinne-4g.jpg)

Mooi ne? Ons het 'n lekker grote buite ons huis by die buite lig :MrGreen:


Los ook die Garden Orb Spiders in die tuin. Dood onskuldig. Om die waarheid te se, as jy een het kan jy jouself baie gelukkig ag. Baie mooi!



Title: Re: Sak spinnekop
Post by: R-O-V-Rat on May 08, 2009, 12:48:25 PM
Ek stem saam met TR oor spinnekoppe. Daai ou grotes is gewoonlik die wat die minste skade en meeste goeie aan jou doen. In SA is daar maar net in baie klein groepie spinnekoppe wat jy hoef bang tewees voor.  :thumb:


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: tok-tokkie on May 08, 2009, 01:13:42 PM
I agree.  I shared my office with this scorpion for a few months in winter.  Photograped next to F650 keys.

(http://farm4.static.flickr.com/3388/3512011629_dbdf275190_o.jpg)

Then she moved outside & I scopped her up into a dustpan & set her free on the hill behind the house as builders were on site at my neighbours & would have killed her if they had seen her.  She must have enjoyed it in my office as she seems quite a bit bigger.

(http://farm4.static.flickr.com/3379/3512015173_7efbf83ccb_o.jpg)



Title: Re: Sak spinnekop
Post by: R-O-V-Rat on May 08, 2009, 02:07:46 PM
Dis in pragtige Scorpion Tok-tokkie. Ek dink net regtig jy moet darem een of ander tyd net jou office biekie uitvee!!  :innocent:


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Water_Iceglitter on October 08, 2009, 12:58:34 PM
gril myself morsdood!


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 15, 2012, 08:44:30 AM
’n Sakevrou van die Strand is gisteroggend dood, twee weke nadat ’n hoogs giftige sakspinnekop haar in die lies gebyt het.

Sandra Carpenter (53) was alleeneienaar van die rekenmeestersfirma Sandra Carpenter en Kie.

Volgens Nila Nel het die spinnekop haar suster twee weke gelede gebyt.

Nel is ook ’n sakevrou van die Strand wat onder meer Strand Mini Taxi’s besit.

“Sy het nie eens van die byt geweet nie. Omdat sy ’n diabeet was, het haar suikervlakke weens die infeksies ná die byt die hoogte ingeskiet. Ons het begin soek vir die oorsaak van die infeksies en het die bytplek in haar lies eers voorverlede Vrydag gesien.

“Dokters het haar behandel, maar die bytplek was kort voor lank ’n gat so groot soos ’n 50c-stuk.

“Van die gif wat uit die gat gedrup het, is ontleed en só is vasgestel dit is ’n sakspinnekop wat haar gebyt het.

“Die sakspinnekop is maar klein, maar so giftig soos min ander spinnekoppe ter wêreld. Sy het toe ook blase op haar maag begin kry.

“Ons het haar Saterdag hospitaal toe gebring, waar sy in die waakeenheid opgeneem is en vanoggend (gisteroggend) kort voor 10:00 gesterf het.”

Nel het gesê die gifstof het al Carpenter se organe aangeval en haar longe het ingegee.

“Vanoggend (gisteroggend) het haar dokter haar verdoof omdat sy geweldige pyn verduur het.

“Sy was egter nooit in ’n koma nie en het onder verdowing gesterf.”

Carpenter was geskei en het geen kinders nie.

Volgens Nel is die begrafnis Vrydag om 14:00 uit die NG kerk Lourensrivier in Broad­way in die Strand.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 15, 2012, 08:50:32 AM
Ek sien 90 "guests" lees ook die draad. Welkom op die forum. :thumb:


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: lox on August 15, 2012, 09:02:39 AM
Sakspinnekop is 'n bliksemse ding
soms byt hy sommer vir die lekkerte daarvan.
My vrou is al 2 keer deur hulle gebyt en dis 'n gemors, gelukkig het ons 'n dr hier op die dorp gehad wat 'n boffin was met spinnekopbyte en kon haar redelik betyds behandel. op die ergste voor die byt plek gesond geraak het, het daar so koppie vol vuilgoed per dag uit die wond gekom.
Die 2 de een het hy gouer begin behandel want toe weet vrou wat dit is toe die bytmerk begin sweer. die keer was dit net halwe koppie vuilgoed op i dag.

ander vriendin van ons het vertel sy maak eendag die kraan in die tuin toe en sien hoe sping die sakspinnekop op haar pinkie en byt 2 keer voor sy hom kon afskud.

baie van ons het van hulle in die huis en besef dit nie.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 15, 2012, 09:09:19 AM
Ja vuurvlieggie is ook al gebyt. Dit nogal terwyl sy motorfiets gery het op die plaas. Die spinnekoppe spring na jou toe en byt jou. Selfde gif as 'n pofadder as ek dit nie mis het nie.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: adri-m on August 15, 2012, 09:25:41 AM
Kyk ek is nie bang vir baie dinge in die lewe nie, maar hoekom is 'n giftige spinnekop alewig so verdomp klein?!?!?!
Het enigiemand dalk 'n oordentlike foto en beskrywing van hoe presies 'n sakspinnekop lyk? Ons het vreeslik baie verskillende spinnekoppe by ons huis in Alberton,
my man brand hulle saam hulle nesse gewoonlik.. Die plak reënspinnekoppe los ons aangesien hul die gogga-plaag onder beheer hou, maar die res van die spinnejagters brand ons maar.
Daar is natuurlik jou gewone ou gras spinnekoppies, maar ek wil weet, WAT is die verskil??? Hoe lyk sy nes, watter habitat siek sak-monster en waar kom hulle voor??
Hoop een van julle kan my help, die foto wat op die web is is bietjie dof, nie baie duidelik wat beskrywing aanbetref nie...


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 15, 2012, 09:36:32 AM
Hallo adri-m en welkom op die forum! :thumb:

Jong die spinnekoppe is sulke klein geel spinnekoppies. Mens is gewoonlik nie bang vir hulle nie want hulle lyk nie vrek lelik of skadelik nie. Hulle leef in gras / plante en is ook lief vir huise. Al die donker plekke, in kaste ens. En dan is hulle aktief in die nag. Dis hoekom meeste mense in die nag gebyt word. As jy hulle sien of versteur is hulle aggressief en spring sommer na jou toe.

Ek sal bietjie soek vir 'n goeie foto.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 15, 2012, 09:45:58 AM
adri-m hier is 'n paar beter fotos:

(http://www.petsfoto.com/wp-content/uploads/2010/05/Sac-Spider11.jpg)

(http://www.petsfoto.com/wp-content/uploads/2010/05/Sac-Spider2.jpg)

Hulle bly in sulke sy sakkies onder blare / boom bas / ander donker plekke... ::)

(http://prometheus.med.utah.edu/~bwjones/wp-content/uploads/iblog/Yellow%20Sac%20Spider%20side.jpg)

(http://prometheus.med.utah.edu/~bwjones/wp-content/uploads/iblog/Yellow%20Sac%20Spider.jpg)

Sien meer info hier: http://en.wikipedia.org/wiki/Yellow_sac_spider


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 15, 2012, 09:52:01 AM
lox kyk bietjie hier: http://www.flickr.com/photos/forgetmenot10/5499347054/

Hulle noem hom ook die grape spider. Maak nogal sin dat die meneertjie sal hou van 'n druiwe plant.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: adri-m on August 15, 2012, 09:59:04 AM
Baie dankie!! Hunting season is officialy open... :smirk:


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 15, 2012, 10:21:02 AM
Passop nou net dat die jagter nie gejag word nie. Anders kom wys jy een van die dae vir ons byt fotos...


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: lox on August 15, 2012, 01:48:04 PM
dis waar TR ons kry hulle baie tussen die druiwe, veral op die vrag wat met die hand geoes word. dit bly 'n wonder dat nog nie een van di ewerkers gebyt is nie maar so af en toe sien ek van hulle in die vrag druiwe loop.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Biscuit on August 16, 2012, 05:06:20 PM
Ons het seker ook baie van hulle tussen die druiwe en orals- 2 slangetjies het ookal in die koue kom oe wys!Ons het ook sulke klein swart spinnekoppies wat spring.Ek glo as ek die gediertes uitlos, sal hulle my uitlos.Dis so `n soort van oogklap tegniek.
 :evil2:
 :evil2:


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Rustyb on August 17, 2012, 12:11:18 AM
’n Sakevrou van die Strand is gisteroggend dood, twee weke nadat ’n hoogs giftige sakspinnekop haar in die lies gebyt het.

Sandra Carpenter (53) was alleeneienaar van die rekenmeestersfirma Sandra Carpenter en Kie.

Volgens Nila Nel het die spinnekop haar suster twee weke gelede gebyt.

Nel is ook ’n sakevrou van die Strand wat onder meer Strand Mini Taxi’s besit.

“Sy het nie eens van die byt geweet nie. Omdat sy ’n diabeet was, het haar suikervlakke weens die infeksies ná die byt die hoogte ingeskiet. Ons het begin soek vir die oorsaak van die infeksies en het die bytplek in haar lies eers voorverlede Vrydag gesien.

“Dokters het haar behandel, maar die bytplek was kort voor lank ’n gat so groot soos ’n 50c-stuk.

“Van die gif wat uit die gat gedrup het, is ontleed en só is vasgestel dit is ’n sakspinnekop wat haar gebyt het.

“Die sakspinnekop is maar klein, maar so giftig soos min ander spinnekoppe ter wêreld. Sy het toe ook blase op haar maag begin kry.

“Ons het haar Saterdag hospitaal toe gebring, waar sy in die waakeenheid opgeneem is en vanoggend (gisteroggend) kort voor 10:00 gesterf het.”

Nel het gesê die gifstof het al Carpenter se organe aangeval en haar longe het ingegee.

“Vanoggend (gisteroggend) het haar dokter haar verdoof omdat sy geweldige pyn verduur het.

“Sy was egter nooit in ’n koma nie en het onder verdowing gesterf.”

Carpenter was geskei en het geen kinders nie.

Volgens Nel is die begrafnis Vrydag om 14:00 uit die NG kerk Lourensrivier in Broad­way in die Strand.

This is purely speculation that the spider was responsible for her death.  According to the poison centre at Tygerberg hospital, this spider cannot kill someone.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on August 17, 2012, 03:38:17 PM
She died because she was a diabetic. That's the thing with these bites. They break your immune system down so much that a secondary problem, even something like a cold that turns in pneumonia, can get you.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: lox on August 17, 2012, 07:15:01 PM
klink amper soos hiv of vigs wat jou gestel aftakel en waneer jy aan iets ly wat nie so goeie gesondheid verseker nie doen dit skade aan jou werkende dele wat gaan staan.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Rustyb on August 17, 2012, 07:41:02 PM
She died because she was a diabetic. That's the thing with these bites. They break your immune system down so much that a secondary problem, even something like a cold that turns in pneumonia, can get you.

It was also stated that as the wound had only been trated many days after the initial bite, it was difficukt to prove that she had been bitten by a sac spider.


Title: Re: Sak spinnekop
Post by: Trailrider on January 08, 2014, 08:09:27 AM
As jy nog nie as ’n Nuwejaarsvoorneme jou huis van bo tot onder skoongeskrop het nie, begin dalk vir eers net met die gordyne.

Dit is juis wat Riata Nel, ’n fotograaf op Sasolburg, nou gaan doen nadat haar man, Emiel, kort voor Kersfees vermoedelik deur ’n sakspinnekop gebyt is.

“Ek spring clean nou als,” het sy gesê.

Emiel (35), ’n onderwyser aan die Hoërskool Sasolburg, is vermoedelik deur die spinnekop gebyt waar hy, sy swaer en skoonpa ’n nuwe geiser in sy skoonpa se huis in Vaalpark in die Vaaldriehoek geïnstalleer het.

Nel het gesê hy het kort ná die tyd ’n “puisie” op sy maag onder sy linkerribbes gesien.

“Ek het dit eers gelos, maar twee dae later het ek ’n naald gevat om dit stukkend te steek. Toe sien ek dis geel, maar daar het niks uitgekom toe ek daaraan druk nie.”

’n Dag later het die “puisie” begin klop en brand en al hoe groter begin word.

“Dit het gevoel of iemand my in die ribbes geslaan het,” het Nel gesê waar hy sedert Oujaarsdag in die Mediclinic in Vereeniging aangesterk het. Hy is eergister ontslaan.

Nel is op 31 Desember deur sy huisdokter na die hospitaal verwys waar hy dieselfde dag nog opgeneem is.

Hy is die volgende dag geopereer waartydens die chirurg onder narkose “al die kwaad uit die wond gekrap het”.

Die oop wond, wat omtrent so groot is soos ’n koeldrankbottel se prop, word daagliks eers met ’n soutoplossing skoongemaak, gevolg deur ’n alkoholmengsel waarna dít met gaas toegemaak word. Hy sal elke dag na ’n wondkliniek moet gaan om dit te behandel.

Dr. Tshegang Mofokeng, die chirurg wat Nel geopereer het, het gesê dis moeilik om met volkome sekerheid te sê of dit wel ’n spinnekopbyt is, maar simptome dui wel daarop.

Twee ander pasiënte, van wie een ook gister ontslaan is, is in die kliniek met soortgelyke simptome opgeneem en behandel.

Volgens dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum, is daar haas nie ’n huis in die Hoëveld wat nie ’n sakspinnekop het nie.

Nadat ’n foto van die wond aan hom gestuur is, het Verdoorn gesê Nel is beslis deur ’n sakspinnekop gebyt.

Hy raai mense aan om eerste tussen gordynvoue na die spinnekoppe te begin soek.

“Die byna deurskynende spinnekoppe is veral lief daarvoor om in gordyne te skuil. Daar sal ’n gespinde sakkie in die vou van die gordyn wees wat jy dan met ’n stuk lap of plastieksak moet verwyder.

“Hulle byt mense maklik, maar die byt is nie pynlik nie.

“Hul gif is sitotoksies, wat beteken dat die gif op die wond self inwerk, en selle en weefsel vernietig.”

http://www.volksblad.com/nuus/2014-01-07-leerkrag-in-hospitaal-n-spinnekop-byt-