The Road Less Travelled

Life, the Universe and Everything Outdoors => General Discussion => Topic started by: Trailrider on March 11, 2008, 05:01:28 PM



Title: Close Call
Post by: Trailrider on March 11, 2008, 05:01:28 PM
Ek is bietjie shaken op die oomblik.

Ek en Elizia het netnou terug gekom van Wildernes van 'n klient af. Dit sous hier en die paaie is nat. Op die N2 naby die Garden Route mall was iets op die pad (diesel?) en die kar het net buite beheer begin gly. Ons het oor die pad gegly voor die aankomende verkeer in. Ek het die kop aan kop botsing sien kom. Ek het gedraai en gedraai maar niks. Die kar gly net. Letterlik meters voor die botsing grip die wiele en swaai ons terug in ons eie baan in. Amper was my kinders nou sonder ouers... kaark gevoel.


Title: Re: Close Call
Post by: Pmdb on March 11, 2008, 05:27:03 PM
 :pray: :pray: Eks bly julle het dit gemaak. Sulke dinge gebeur altyd baie vinnig. Gooi maar 'n dubbel vanaand


Title: Re: Close Call
Post by: Operator on March 11, 2008, 05:49:26 PM
:pray: :pray: Eks bly julle het dit gemaak. Sulke dinge gebeur altyd baie vinnig. Gooi maar 'n dubbel vanaand

Ek dink hy is teen hierdie tyd al besig met die 2de dubbel  ;)


Title: Re: Close Call
Post by: tok-tokkie on March 11, 2008, 06:33:56 PM
Heavens!  That was close.  Thankfully it turned out as just a very close call.


Title: Re: Close Call
Post by: www on March 11, 2008, 09:46:07 PM
Die ouens aan die ander kant vannie pad het seker gedink jy het klaar 'n paar dubbels in. Moes jy jou onderbroek weggooi?

Mens skrik omtrent jou dinges af. Gelukkig dat jy nie op jou motorfiets was nie!! :shocked3:


Title: Re: Close Call
Post by: zetmaniki on March 12, 2008, 07:57:28 AM
sjoe dit was n close een bly jy is nog met ons  :ang: :hope:


Title: Re: Close Call
Post by: Fourie on March 12, 2008, 11:58:35 AM
Amper = bruin strepe in jou onderbroek / blou kol op 'n v$%@*& ...  :shocked3:

Bly om te hoor julle is ongeskonde uit die storie ... Daai diesel-op-'n-natpad is 'n dodelike kombinasie


Title: Re: Close Call
Post by: Rustyb on March 12, 2008, 12:56:17 PM
Glad to hear that you are ok. A few years ago when I still had the Uno, the wind near Mossgas pushed my car into the oncoming traffic too. Luckily the vehicle was far enough away and we could both stop safely. There is a sign warning you about the wind. I have been up and down that road a few times and never felt the wind. I had wondered why the sign was there. Now I know and am more careful when I see a similar sign
Fourie, as for the brown stripes, it doesn't happen. Your ring is closed so tight, nothing will escape.


Title: Re: Close Call
Post by: elfie on March 12, 2008, 03:44:52 PM
Bly julle het niks oorgekom nie. Julle beskermengel het oortyd gewerk vandag.
Deesdae is mens bly as jy sonder skrape en duike by die huis kom.


Title: Re: Close Call
Post by: Fourie on March 12, 2008, 05:14:31 PM
Op 'n stadium het die aasvoŽls hier in PTA diesel op die pad gegooi by sekere gevaarlike draaie en interseksies.  Die bliksem het dan naby staan en wag vir 'n botsing om plaas te vind.

Ek kaap nie jou draad nie, dis net ter inligting. 


Title: Re: Close Call
Post by: CK1 on March 12, 2008, 07:18:47 PM
Bly om te hoor jul is ok.  Die nat pad is nie 'n man se maat en nog die deisel ook daar by is 'n goeie resep vir kaark


Title: Re: Close Call
Post by: Natuurkind on March 13, 2008, 05:18:19 PM
Dit wassie jou daggie. Bly om te hoor niks ernstig het gebeur nie. :whoa: