The Road Less Travelled

Services and classifieds for members => Moenie dit mis nie! => Topic started by: Eisbein on March 26, 2008, 05:13:22 PM



Title: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 26, 2008, 05:13:22 PM
Hier volg ‘shameless self promotion’ (Skaamtelose Selfpromofering – vir die ouens wat van anglisismes hou…)
;D


Ek het Saterdag die 12de April ‘n show by die ou Meul Teater in die Paarl - Dis ‘n John Denver Tribute.
Saam met my op die verhoog die volgende: Wikus Lourens op percussion/dromme, Malindi Fritz met die klavier en Shaun Beetge met bas en akoestiese kitaar.
Ek ook met die kitaar en mikrofoon…


Details:
John Denver Tribute
Saterdag 12 April 2008 by die Ou Meul teater in die Paarl om 20:00
Twee ‘sets’ van ongeveer 40 minute elk.
Koste: R50.

Bespreek via PM of mail na vstemmet at gmail.com

Dankie!

W.



Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: White Stripes on March 26, 2008, 06:38:13 PM
Gaan dit nie mis nie. Bespreek 2! :clap: :fingerdance: :whoa: :blob: :Kumbaya: :wave:

Hoe kom ek daar? Mag ek maak of ek jou ken?


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: White Stripes on March 26, 2008, 06:40:46 PM
Pmdb, ek vermoed jy hou nie van baie mense nie, maar wat van 'n byeenkoms. Wat van die ander? Dis ons kans om 'n celeb te ken.


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 26, 2008, 10:27:33 PM
Gaan dit nie mis nie. Bespreek 2! :clap: :fingerdance: :whoa: :blob: :Kumbaya: :wave:

Hoe kom ek daar? Mag ek maak of ek jou ken?

Jy's welkom!

Ek dink op die stadium gaan almal daar mense wees wat my ken...

:D :D :D


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Natuurkind on March 27, 2008, 09:03:52 AM
Klink na 'n  uitstekende idee. Gaan met Umdani gesels en sal laat weet. Kan mens wyn drink ook so saam met die musiek of gaan mens in rye sit? Kan jy dit vergelyk met die Barnyard thearte se shows?  ;)


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 27, 2008, 09:07:20 AM
Die Ou Meul is 'n meer 'tradisionele' teater met rye sitplekke, maar Vicky het wyn van Simonsvlei, asook koffie beskikbaar.



Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Rustyb on March 27, 2008, 01:23:23 PM
Count us in too. Being waiting since last year for this show.


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Natuurkind on March 27, 2008, 05:03:12 PM
Ek is nie so goed met die "rye sit" ding nie. Hou daarvan om :blob:  :ang:


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 27, 2008, 05:04:22 PM
Ek is nie so goed met die "rye sit" ding nie. Hou daarvan om :blob:  :ang:

Hahahahahahahaha!

John Denver se musiek leen hom nie noodwendig daarvoor om op en af te spring nie...

:D :D :D




Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 27, 2008, 05:04:58 PM
Terloops - as daar van julle is wat wil hoor hoe ek klink, hier is 'n paar liedjies:


http://route42.co.za/Music/




Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Natuurkind on March 27, 2008, 05:07:26 PM
Ja, sorry man. Umdani het my nou net verwittig daarvan. Ken nie regtig sy musiek nie. Is seker so bietjie te jonk.  :laugh top: :MrGreen:


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 27, 2008, 05:08:54 PM
Ja, sorry man. Umdani het my nou net verwittig daarvan. Ken nie regtig sy musiek nie. Is seker so bietjie te jonk.  :laugh top: :MrGreen:

:D ;D ;D ;D :D

Hang ook af waarmee jy grootgeword het.

Annie's Song ? Leaving on a Jetplane ?
Perhaps Love ?



Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Natuurkind on March 27, 2008, 05:18:34 PM
Eisbein, ek ken toevallig daardie liedjies.

Ek het gaan luister na jou musiek. Dis baie baie mooi en vreeslik rustig. Jy sal my vinnig in trane he :sad2:

Ek hou van U2, Creed, Bon Jovi, Def Leopard, Midnight Oil, Meatloaf , Nickleback ens. Ek glo jy kry die idee. :headbang:


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 27, 2008, 05:24:07 PM
Eisbein, ek ken toevallig daardie liedjies.

Ek het gaan luister na jou musiek. Dis baie baie mooi en vreeslik rustig. Jy sal my vinnig in trane he :sad2:

Ek hou van U2, Creed, Bon Jovi, Def Leopard, Midnight Oil, Meatloaf , Nickleback ens. Ek glo jy kry die idee. :headbang:

Heeltemal!

Ek is ietwat van 'n musikale skizofreen. Mal oor Creed, Seether, Meatloaf, Nickelback...
Hou ook baie van Metallica se simphonie en metal show...

Ek het net hierdie folk kant ook wat ek nie kan ignoreer nie.

:D :D


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Natuurkind on March 27, 2008, 05:47:21 PM
Eisbein, ten minste is jy gebalanseerd! Ek aan die anderkant, ietwat van 'n malletjie   :loco: wat seker nooit heeltemal sal groot en ernstig word nie. Ek besef egter dat mens oud word ook en seker daarvolgens sal moet begin optree. Nie dat ek nie doen nie, ek is eintlik erg normaal. Net my musieksmaak verskil bietjie baie van die meeste van my vriendinne s'n.  ;) Ek dink dit het iets te doen met kinders, veral tieners. Hulle hou mens vreeslik jonk.


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: White Stripes on March 27, 2008, 07:48:01 PM
Bob Dylan, Bob Dylan en Bob Dylan. Dan Dire Straits, BTO, Barclay James Harvest, Beatles, Billy Joel, Bob Marley, Boston, Bruce Springsteen, Cat Stevens, CCR, David Gray, Deep Purple, Don McLean, Eric Clapton, Fleetwood Mac, Grateful Dead, Greg Brown, Jackson Brown, Jethro Tull, Jim Croce, Josh Groban, Leonard Cohen, Manfred Mann, Mango Grove, Meatloaf, Midnight Oil, Mike Batt, Mike Oldfield, Muddy Waters, Neil Diamond, Neil Young, Pink Floyd, Queen, REM, Rod Stewart, Santana, Shawn Phillips, Sinead O'Connor, Stevie Ray Vaughan, Sting, Strawbs, Tracy Chapman, UB40, Uriah Heep, Ultravox, Youssou N'Dour, om 'n paar te noem. Dank die dierbare vader vir musiek.


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Pmdb on March 27, 2008, 09:24:40 PM
Waar is Pink Floyd, REM, CSN&Y, Peter Gabrielle, Beck, Smashing Pumpkins, Dave Matthews, Led Zep, Strawbs, Talking Heads, Uriah Heep ens Lyk my die mense hier weet van musiek. Ek sal graag wil gaan moet net eers kyk wat alles gebeur daardie tyd.

Een van my gunstelinge Neil Young - Cortez the Killer... sjoe so kan ek heel aand aangaan..


Ek sien nou eers my en Whitestripes se smaak stem nogal ooreen


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on March 27, 2008, 10:51:01 PM
My musiek smaak is te wyd om te mention, maar daar is defnitief 'n goeie groep wat ooreenstem met die voorafgaande posts...

In folk - Cat Stevens, Jim Croce, Simon and Garfunkel.
REM - o ja. Pink Floyd is blerrie goed - ek het ook Dave Gilmour se 'Meltdown Concert' DVD - wow...


Kan ook die heel aand aangaan.



Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Phantom on March 31, 2008, 12:33:05 AM
Alles van die beste .. is seker dit gaan 'n reuse sukses wees.   ;)


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Trailrider on March 31, 2008, 07:58:48 AM
Jislaaik ek sou laaik om daar te gewees het. Miskien die 2de "on popular demand" show... :MrGreen:


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Rustyb on April 01, 2008, 07:26:06 AM
What about " Tesla's 5 man Acoustical Jam " ? Unfortunately got lost in the move and am yet to find a replacement.


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Pmdb on April 01, 2008, 01:33:59 PM
RustyB you can download that CD, about 155 Mb


(http://i278.photobucket.com/albums/kk88/eerstejaars/untitled2.jpg)


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on April 07, 2008, 12:48:42 PM
Raait...

Vir die wat belangstel om te kom - hier is die kaart na die Ou Meul Teater in die Paarl.

X marks the spot...


Blatant gesteel van die website af:

http://europe.mapquest.com/maps/map.adp?country=ZA



Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Trailrider on April 12, 2008, 10:46:38 AM
Good luck vanaand Eisbein! :thumb:


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on April 12, 2008, 11:07:15 AM
Dankie!



Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Trailrider on April 13, 2008, 09:15:57 AM
En?

Hoe het dit gegaan?


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Natuurkind on April 13, 2008, 11:55:49 AM
Self nuuskierig.... vertel bietjie, Eisbein.


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: White Stripes on April 13, 2008, 10:34:05 PM
Dit was great! Ek en Merry Can was laat, customers op laaste oomblik, maar dit was regtig cool. Eisbein het hom goed van sy taak gekwyt. Ek het verwag dat daar meer van "ons" daar sou wees?


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Operator on April 14, 2008, 07:02:55 AM
Dit was great! Ek en Merry Can was laat, customers op laaste oomblik, maar dit was regtig cool. Eisbein het hom goed van sy taak gekwyt. Ek het verwag dat daar meer van "ons" daar sou wees?

Ek kon dit nie maak nie, want ek het Saterdagaand gaste vanaf Gauteng gehad.  Regtig spyt ek het dit gemis.  :'(


Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Eisbein on April 14, 2008, 09:05:47 AM
Môre môre !

Wit Strepe, dit was lekker om jou en die 'Merry Can' daar te sien.
Jammer ek kon nie meer tyd met julle spandeer nie.


Die aand (of ten minste die opstel) was bietjie chaos.

Ons het 4uur daar aangekom met die intensie om lekker op te stel, rustig te wees en dan die aand te begin.

So dis wat ons gehad het:
 - Krag onderbreking van 16:00 tot 18:30 (hoekom word daar ge 'loadshed' op 'n saterdag middag ?)
 - Een dodgy mikrofoon kabel
 - Een dodgy monitor kabel
 - Amp wat nie wil ophou 'hum' nie
 - Regterkantse hoofkanaal kanaal van die die mixer wat intermittend dood was
 - Die mikrofoon kanaal (hoof mikrofoon) wat die heel tyd so nou en dan uitsny.
>:(

Nodeloos om te sę het ons alles toe min of meer uitgesorteer gekry 3 minute voor ons agtertoe moes gaan.
Was toe nog bietjie gestress halfpad deur die eerste helfte (White stripes het sy eie chaos gehad, so hy't darem my 'stress induced' foute gemis...)

Die gehoor was amazing en toe ek begin relax toe gaan alles sommer goed en lekker.

Was baie baie cool.

Ons het net gevoel ons sou graag 'n tweede show wou doen - eerste keer is mos maar nog bietjie vreemd vir almal...



Title: Re: John Denver Tribute in die Ou Meul Teater in die Paarl.
Post by: Trailrider on April 14, 2008, 09:27:13 AM
Al's well that ends well! Ek het sommer geweet dit sal 'n sukses wees. :thumb: