Title: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 07, 2010, 03:30:23 PM Ons het `n rukkie terug gepraat op die Forum van daardie moorde wat jare gelede op die Franschhoekpas plaasgevind het.
Wil net vir julle se ons hele boerderygemeenskap is tot in die siel geskok deur die moord op ons bure se plaasbestuurder se skoondogter vanmore vroeg. Blykbaar `n verkragting ook- haar man het juis die oggend vertrek om te gaan jag. Die cottage is so paar honderd meters van ons af. Voel absoluut aaklig hieroor en is nou te bang om soggens te gaan stap.Die misdadigers steel ons siele ook... Sal graag hoor wat julle almal hiervan dink... :sad2: :sad2: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 07, 2010, 03:38:24 PM Hel dit is skokkend! Dit raak bietjie na aan die huis. :eek:
Dink julle die aanvaller het geweet die man is weg op jag? Wat 'n vreeslike ding om te gebeur. Klink my die crime ruk hand uit daar by julle. Wie sou dit nou kon dink in daai area. :-\ In George is daar deesdae weer 'n helse toename in huisbrake. Gelukkig gewoonlik as niemand tuis is nie. Versekering kan verlore goedere vervang, maar lewens nie. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 07, 2010, 04:17:30 PM Ag nee man :angry: :sad2:
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Umdani on July 07, 2010, 04:40:43 PM Uiters teleurstellend, skokkend, stomgeslaan. :angry: :bang: :shocked3:
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 07, 2010, 05:41:15 PM Dis baie erg, julle.
Ons weet nog niks nie- ook nie of die aanvaller(s) geweet het haar man het vertrek nie. Voel magteloos, hartseer, empatie, vrees...baie emosies. :sad2: :sad2: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 07, 2010, 05:43:05 PM Ek kan my nie indink waardeur julle moet gaan nie.
Sterkte daar. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 07, 2010, 05:53:17 PM Ek sien nog niks op News24 nie.
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: eikeboom on July 07, 2010, 06:48:15 PM Jammer om te hoor! Sterkte
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Smidty on July 08, 2010, 05:51:12 AM Ai tog, rerig slegte nuus. Baie sterkte
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: lox on July 08, 2010, 05:53:38 AM demit, is so iets dan nou nodig?
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 08, 2010, 08:36:04 AM Hier is dit nou: http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Raaisel-oor-moord-in-Boland-20100708
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 08, 2010, 09:31:06 AM Ek hoor via die grapevine dat daar 'n hele paar geheimsinnige raaisels
is rondom die moord. Baie teorieë , maar niks feite om dit te staaf nie. :-\ Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Natuurkind on July 08, 2010, 10:33:40 AM Dit is baie sad. :sad2: :sad2: :sad2:Ek hoop hulle vang die skuldige gou, alhoewel dit nie vir Chanel kan terugbring nie. Dink julle dis haar man? :Scratch: :Scratch: :eek:
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 08, 2010, 10:38:03 AM Nee ek dink nie mens kan goedsmoeds dit bespiegel nie, veral nie nou nie, maar uit die artikel blyk dit nie of daar ingebreek is nie.
Die storie sal wel nog uitkom. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Dusty on July 08, 2010, 10:40:04 AM Glad nie goed om sulke dinge te hoor nie :angry:
Baie sterkte daar. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 08, 2010, 12:32:04 PM Baie dankie vir julle bemoediging- ek dink die hele gemeenskap is bevrees- vir ons hier op die drumpel voel dit soos `n nagmerrie.
Weet gladnie wat aangaan nie, dit alles klink net baie vreemd.Ook bang om te bespiegel of enigiets, want daar loop so baie kriminele rond. :bang: :bang: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 08, 2010, 12:35:07 PM Hierdie moord het vir my so 'n tipe van 'n Inge Lotz-tipe misterie aan dit
gekoppel.......... :-\ Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: J.J. on July 08, 2010, 12:54:49 PM Die toeval is groot....
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Natuurkind on July 08, 2010, 01:50:03 PM Hierdie moord het vir my so 'n tipe van 'n Inge Lotz-tipe misterie aan dit gekoppel.......... :-\ Eerste ding waaraan ek ook gedink het. Wat my pla is die volgende : haar man het 2 uur die oggend die huis verlaat om te gaan jag in die Karoo. Toe die skoonmaak die oggend daar aankom, vind sy die lyk in die kamer, en later toe die polisie daar was toe kom hy oor die gras gestap en is alreeds weer terug by die huis. Waar in die Karoo het hul gaan jag? In 6 ure se tyd ry mens baie ver, hoe was hy dan weer so vinnig by die huis? :Scratch: :Scratch: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Natuurkind on July 08, 2010, 01:51:48 PM Jammer, ek weet dis nie reg om hier te bespiegel nie, maar die ding pla my man. Delete as julle so voel.
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 08, 2010, 01:55:14 PM Jammer, ek weet dis nie reg om hier te bespiegel nie, maar die ding pla my man. Delete as julle so voel. Pla dit vir jou..............of vir Umdani? :Scratch: .....of is dit maar hoe jy jouself met woorde uitgedruk het? Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Eisbein on July 08, 2010, 02:14:24 PM Jammer, ek weet dis nie reg om hier te bespiegel nie, maar die ding pla my man. Delete as julle so voel. Pla dit vir jou..............of vir Umdani? :Scratch: .....of is dit maar hoe jy jouself met woorde uitgedruk het? Ek neem aan aan die gebrek aan smileys jy joke nie ? ;D ;D Jy lees die klem verkeerd - wat sy bedoel is dieselfde as 'man - die ding pla my' :) Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: J.J. on July 08, 2010, 02:17:07 PM Haar man se selfoon rekord sal aandui waar hy was toe hy die boodskap gekry het van haar dood.
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Eisbein on July 08, 2010, 02:20:18 PM Having said that - (en ek wil ook nie bespiegel nie) - wanneer so iets in so 'n rustige dorp soos die gebeur is daar baie keer 'n groter rede agter die rede.
Having said that is dit ook baie so dat ons ons vinger na iets wil wys sodat ons dit kan rationaliseer as iets wat nie met ons kan gebeur nie. Dis bv maklik om na iemand met huweliksprobleme te kyk as buitestaander en vinger te wys en te sê 'dit en dit is hoekom dit gebeur het' - die alternatief is dat as 'sh!t happens' dit moontlik met my ook kan gebeur en dit is scary. Selfde in hierdie geval - dit is baie beter vir ons om te kyk na so iets en te sê iets is fishy as wat dit net 'n random act is. Al is my eie opinie op die stadium saam met Natuurkind s'n met die 'iets ruik nie reg nie' school of thought. En dan op die ou ent vat niks van dit weg van die tragedie nie. Daar is 'n vrou vermoor. En dit is baie sad. :( Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Umdani on July 08, 2010, 02:53:38 PM Jammer, ek weet dis nie reg om hier te bespiegel nie, maar die ding pla my man. Delete as julle so voel. Pla dit vir jou..............of vir Umdani? :Scratch: .....of is dit maar hoe jy jouself met woorde uitgedruk het? My aktiwiteitrekord op die forum sal bewys dat ek nie betrokke was nie. :MrGreen: Daarmee wil ek natuurlik nie te kenne gee dat dit my nie sou gepla het indien ek dit wel gesien het nie. :uhm: Dit is ongetwyfeld so dat dit veral vir iemand soos Biscuit en die ander inwoners van Franschhoek 'n traumatiese tyd moet wees veral omdat baie van hulle heel moontlik die betrokke persone, slagoffer en moontlike oortreders persoonlik ken. Enige bespreking hier moet dus met groot oordeel gedoen word. Die enigste ding wat vir daardie outjie erger kan wees as om skuldig bevind te word is om vals beskuldig te word. Dit is altyd so dat daar eerste na die naby mense gekyk word as moontlike skuldiges. Dit sou byvoorbeeld geld waar 'n 2 jarige dogtertjie byvoorbeeld verkrag is. Hulle sal heel eerste na haar eie pa en broers kyk as moontlike skuldiges. Ek rule dit nie uit nie, maar daar is geen manier dat ek sal deelneem aan so 'n bespiegeling sonder dat daar defnitiewe bewyse is nie. Ek het self geliefdes en kan myself indink watter verskriklike traumatiese ervaring dit moet wees indien jy moet deal met beskuldigings terwyl jou hart stukkend geskeur is. Respekteer maar liewer die gesin, bure en vriende. Alle kinders het ouers en alle ouers het kinders en nie een van ons is verhewe bo sulke gebeure nie. My 2c. :thumb: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 08, 2010, 03:05:22 PM Wat vir my weird was is dat dit baie stil gehou is tot vanoggend omtrent, ek het niks nerens gesien daaroor nie. Dit en die feit dat niemand in Franschhoek daaroor wil praat nie volgens Media24, how weird is that? :Scratch:
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Natuurkind on July 08, 2010, 03:24:34 PM Ok Oppi....da het jy dit nou. Dit is net my manier van praat. Niks met Uncle Dan the doen nie. Hy het sy eie opinies soos jy kan sien. Maar dit pla my nog steeds. Ek dink ook nog steeds dat Inge Lotz se boyfriend haar vermoor het, al is hy onskuldig bevind. O shit, nou loop ek op dun ys.....ek sal moet oppas anders slaap ek vanaand in 'n ander kamer. :evil2: >:D
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: R-O-V-Rat on July 08, 2010, 03:26:34 PM Hierdie moord het vir my so 'n tipe van 'n Inge Lotz-tipe misterie aan dit gekoppel.......... :-\ Eerste ding waaraan ek ook gedink het. Wat my pla is die volgende : haar man het 2 uur die oggend die huis verlaat om te gaan jag in die Karoo. Toe die skoonmaak die oggend daar aankom, vind sy die lyk in die kamer, en later toe die polisie daar was toe kom hy oor die gras gestap en is alreeds weer terug by die huis. Waar in die Karoo het hul gaan jag? In 6 ure se tyd ry mens baie ver, hoe was hy dan weer so vinnig by die huis? :Scratch: :Scratch: """"Chanel, oorspronklik van Pretoria, se lyk is omstreeks 08:15 in hul Kaaps-Hollandse huurhuis in Uitkykstraat deur haar skoonma, Ronelle Kitshoff-Du Toit, gevind toe sy haar skoondogter wou besoek. Toe Die Burger later by die moordtoneel aankom, het ’n verslae Johan du Toit oor die grasperk van die huis, wat naby die Dieu Donné-restaurant geleë is, aangestap gekom. Sy oë was rooi.""" Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 08, 2010, 04:48:37 PM Die polisie-speurders was vanmiddag hier by ons.Wou by my weet hoe maklik dit is om van hulle plaas na ons s`n deur te ry- m.a.w. is daar `n ander uitgang vanaf die moordtoneel.Wel, daar is. Ons plase le oop na mekaar toe en daar is `n paadjie.
Alles baie scary. Ek weet nie wat om te dink nie, maar is verskriklik gespanne. Oppie, wat het jy on the grapevine gehoor?Ek het nie vandag juis met mense in die dorp gepraat nie, so ek weet nie van gerugte nie. Dis net snaaks dat dit so dig gehou is tot vanmore- ek verstaan niks van die besigheid af nie, maar hel, ek is bang. :sad5: :sad5: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: JZ on July 08, 2010, 04:53:32 PM Biscuit sterkte daar, ek kan dink dat dit erg stress vir julle veroorsaak. Hoop hulle vang daai ou baie vinnig. :sad5:
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Natuurkind on July 08, 2010, 05:29:59 PM Ai Biscuit.....dit moet baie erg wees. Maar moenie bang wees nie, al is dit moeilik, moet julle almal nou sterk staan en bymekaar staan. Hoe gaan dit met jou seun wat plaastoe getrek het.....en die besigheid in Stellenbosch?
Hier is 'n :hug: spesiaal vir jou. Hoop dit help so klein bietjie. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 08, 2010, 05:33:40 PM Oppie, wat het jy on the grapevine gehoor? Eintlik niks nie :-\ Ek ken mense in die polisie wat ander mense in die polisie ken.............maar selfs hulle hoor niks of wil niks sê nie. Ek dink egter nie dat julle as sulks in lewensgevaar is nie. Dis beslis iemand wat met 'n plan die vrou gaan moor het. I mean really...........wie gaan vermoor iemand net om 'n ring en selfoon te vat? Heg mense nie meer waarde aan 'n lewe nie? Wat kan 'n persoon so ver dryf om iemand net so te gaan vermoor? Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Eisbein on July 08, 2010, 05:46:15 PM Heg mense nie meer waarde aan 'n lewe nie? Wat kan 'n persoon so ver dryf om Ongelukkig is die antwoord op jou vraag deesdae nie so 'n lekker een nie.iemand net so te gaan vermoor? :( Alles baie scary. Ek weet nie wat om te dink nie, maar is verskriklik gespanne. Dit sal ek jou glo. Moeilik om jouself in so 'n situasie in te dink. Baie sterkte vir julle. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: stompie on July 08, 2010, 07:28:36 PM Biscuit mens besef maar net weer hoe paraat mens moet wees en nie sommer net aanvaar mens is nie in gevaar nie..... soos iemand gese het dit maak nie saak wat agter alles steek nie die feit van die saak is dat iemand se lewe geneem is....ons dink aan jou!
Groetnis Stompie Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 08, 2010, 07:39:54 PM Was nogal 'n mooi vrou ook.
(http://cdn.24.com/files/Cms/General/d/810/effb2bbe579448b0992d549bc21f008d.jpg) RIP Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 08, 2010, 09:21:11 PM sterkte Biscuit, dink aan julle...
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: CK1 on July 08, 2010, 09:59:46 PM Daar was 'n paar jaar terug ook basies soos geval in pta. Die man is toe later skuldig bevind op moord. Hy het vas geglo dat sy hom verkul het en het haar toe vermoor. Hy het maande later in sy dronk toestand daar oor groot gepraat. Ek sê nie dit is die geval nie maar die omstandighede is baie dieselfde. Dit is saad dat so iets gebeur het
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: teri II on July 08, 2010, 10:23:38 PM Sterkte Biscuit.
Ek kry sommer koue rillings toe ek hierdie lees. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 09, 2010, 07:02:25 AM Die vermoorde Chanel du Toit was ’n ongelooflike vriendin, ’n hardwerkende kollega en iemand wat diep spore in mense se harte gelaat het.
Só het ’n kollega en vriend, D.P. Burger, bestuurder en wynmaker by die Glenwood-wynlandgoed naby Franschhoek, haar Donderdag beskryf. Du Toit het as administratiewe hoof by dié wynlandgoed gewerk. Haar lyk is Woensdag omstreeks 08:15 gevind in die slaapkamer in die Kaaps-Hollandse opstal op die werf van die Dieu Donné-wynlandgoed buite dié Bolandse dorp. Volgens die polisie het haar man, Johan du Toit, ’n bestuurder op Dieu Donné, haar Woensdag omstreeks 02:00 die laaste keer lewend gesien voordat hy glo vir ’n jagtog na die Karoo vertrek het. Ronelle Kitshoff-Du Toit, die slagoffer se skoonma, het op die gru-toneel afgekom nadat haar seun glo onraad vermoed het. Volgens onbevestigde gerugte het hy sy vrou Woensdagoggend vroeg verskeie keer probeer bel, maar sy het nie geantwoord nie. Hy het sy ma, wat ook op die landgoed woon, gevra om ondersoek te gaan instel. Gerugte dat sy verwurg is, is sterk deur ’n polisiewoordvoerder van Franschhoek, konst. Marize Papier, ontken. Geen inligting oor die wyse waarop sy vermoor is, kan bekend gemaak word voordat die uitslag van die lykskouing bekend is nie. Die lykskouing sou Donderdag gehou word, het sy gesê. Volgens Papier was ’n skuifdeur van die huis nie gesluit nie. Die moordenaar(s) kon moontlik só toegang tot die huis gekry het. Sy kon nie kommentaar lewer oor hoe die res van die huis beveilig is nie. Sy wou ook nie kommentaar lewer op die vraag of Du Toit haar teen haar moordenaar(s) teengesit het nie. “Dit vorm alles deel van die ondersoek,” het Papier gesê. Uit die voorlopige ondersoek blyk dit Du Toit se trouringe en ’n selfoon word vermis. Burger het aan Die Burger gesê: “Chanel was ’n ongelooflike persoon – liefdevol, hardwerkend en in beheer van alles. “Geen taak is ooit half gelaat nie, en selfs toe ek gister (Woensdag) in die kantoor inloop, was alles in plek net soos sy dit die dag tevore gelaat het. “Ons het nie net ’n kollega verloor nie, maar ’n ongelooflike, goeie vriendin wat diep spore gelaat het in almal wat haar geken het se harte.” Volgens die polisie is niemand tot dusver in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die begrafnisreëlings is nog onbekend. http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermoorde-was-n-ongelooflike-vriendin-kollega-20100709 Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: J.J. on July 09, 2010, 08:51:17 AM As dit haar man was sal die polisie hom maklik vastrek. Die tyd van die moord sal bepalend wees vir hom. Dit sal met die lykskouing tot op die naaste uur bepaal word.
Dit bly egter tragies. Biscuit, ek hoop dat hierdie nagmerrie vinnig sal "verdwyn." Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 09, 2010, 01:53:31 PM Ek wil vir almal van julle op die Forum baie dankie se vir julle terugvoer en empatie want ons gaan deur `n baie spanningsvolle tyd.Die hele besigheid hang soos `n wolk hier en niemand weet wat aangaan nie.Ons is uiters versigtig en paranoies oor toesluit- ek is so bangerig om op die plaas rond te beweeg ook, dis weird.
Natuurkind, my seun se hele besigheid is oorgeskuif hier na ons groot stoor, almal skarrel om alles in plek te probeer kry. Ons hou duimvas dat hulle hier veiliger sal wees- ironies dat daar eergister `n moord langsaan was en hulle juis gevlug het van die misdaad in Stellenbosch se industriele area.Dankie vir die drukkie- julle is almal vreeslik gaaf. :sad5: :sad5: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Rooibok on July 16, 2010, 05:36:53 AM Stellenbosch. – Die man van ’n jong vrou is gearresteer nadat sy verlede week op ’n landgoed in Franschhoek vermoor is.
Me. Chanel du Toit (28), voorheen van Pretoria, is verlede Woensdag in hul huis op die Dieu Donné-wynlandgoed verwurg. Mnr. Johan du Toit (26) is gister eers by die Franschhoek-polisiekantoor vir ondervraging aangehou voordat hy omstreeks 16:00 amptelik in hegtenis geneem is. Vroeër is berig hy het sy vrou die laaste keer omstreeks 02:00 die oggend van haar dood gesien voordat hy op ’n jagtog vertrek het. Hy het glo later die oggend bekommerd geraak toe sy vrou nie sy telefoonoproepe beantwoord het nie. Hy het sy ma, mev. Ronelle Kitshoff-Du Toit, gekontak en gevra om ondersoek te gaan instel. Die egpaar, wat verlede jaar in Franschhoek getroud is, het in ’n kothuis sowat ’n kilometer van mnr. Du Toit se ouers op die landgoed gewoon. Kitshoff-Du Toit het haar skoondogter se lyk op die slaapkamervloer aangetref. Sy is volgens die polisie “sekondêr versmoor” en verwurg. Sy is nie verkrag nie. ’n Gedenkdiens is eergister vir haar uit die Franschhoek NG kerk gehou. Konst. Marize Papier, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit sal Maandag in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 16, 2010, 06:39:05 AM sad...
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Oom Foe-rie on July 16, 2010, 08:10:04 AM Bliksem :angry: ...............
Jammer mense, maar dit is hoe ek nou voel ............. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 16, 2010, 08:26:01 AM Ja nee...
Ek weet nie of mens dit hard moet se nie, maar uit die aanvanklike berig moes mens wonder. Aan Biscuit se kant beten dit ten minste dat daar nie 'n onbekende booswig en kwaaddoener rondloop nie. As die man skuldig is moet hy geregtigheid "face" en met die boek gegooi word. Dis die ultimate betrayal. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: CK1 on July 16, 2010, 08:34:53 AM Ek het die man vermoed van die begin af, dit is baie keer die geval dat die man dit self gedoen het of betrokke is met dit
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 16, 2010, 08:58:46 AM Iets is nie lekker met jou post nie Rooibok..................
Die persoon wat gearresteer is, is nie die man (eggenoot) van die vermoorde girl nie. Dis 'n heel ander persoon!!! Hier is die berig wat vandag in die Burger is: Man vas ná moord in Boland 2010-07-15 23:37 Malani Venter Stellenbosch ’n Dag ná die gedenkdiens van mev. Chanel du Toit (28) is ’n man in verband met die moord op dié Franschhoekse inwoner in hegtenis geneem. ’n Man in sy twintigs van Franschhoek wat die slagoffer baie goed geken het, is gister by die Franschhoek-polisiekantoor vir ondervraging aangehou. Hy is omstreeks 16:00 amptelik in hegtenis geneem in verband met die moord, wat verlede Woensdag plaasgevind het, het ’n polisiewoordvoerder gesê. Die naam van die verdagte, wat aan Die Burger bekend is, kan nie bekend gemaak word voordat hy in die landdroshof verskyn het nie. Konst. Marize Papier, woordvoerder van die polisie in Franschhoek, het gister gesê die verdagte sal Maandag daar in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Hy sal tot met sy verskyning in die selle by dié polisiekantoor aangehou word. Die inhegtenisneming volg agt dae nadat mev. Du Toit se lyk in haar huis op die Dieu Donné-wynlandgoed buite die dorp gevind is. Haar skoonma, mev. Ronelle Kitshoff-Du Toit, het haar lyk op die slaapkamervloer aangetref. Sy is volgens die polisie “sekondêr versmoor” en verwurg. Sy is nie verkrag nie. Die slagoffer se man, mnr. Johan du Toit (26), het haar die laaste keer omstreeks 02:00 die oggend van die moord gesien net voordat hy glo op ’n jagtog vertrek het. Vroeër is berig dat hy later die oggend onraad vermoed en bekommerd geraak het toe sy vrou nie sy telefoonoproepe geantwoord het nie. Hy het later sy ma gekontak en gevra om ondersoek te gaan instel. Die egpaar, wat verlede jaar in Franschhoek getroud is, het in ’n kothuis sowat ’n kilometer van mnr. Du Toit se ouers op dieselfde werf gewoon. Uit die polisie-ondersoek het dit geblyk die slagoffer se trouringe en ’n selfoon word vermis. Forensiese beamptes het die huis ’n paar dae lank vir leidrade gefynkam. Daarbenewens het beamptes van die Franschhoek-polisiekantoor onverpoos gewerk om ’n verdagte vas te trek. ’n Gedenkdiens is Woensdag uit die NG kerk Franschhoek vir mev. Du Toit gehou. Die media was nie by die diens welkom nie. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 16, 2010, 09:04:11 AM Biscuit...............wat is nou die regte storie ?
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 16, 2010, 09:20:21 AM http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moord-op-wynlandgoed-Slagoffer-se-man-in-arres-20100715
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 16, 2010, 09:44:03 AM More almal.
Ons het reeds gister verneem dat haar man gearresteer is. Volgens stories hier het hy homself naderhand oorgegee.Alles is verskriklik stil op die plaas langsaan, nie `n mens of werker in sig nie- was vanmore daarlangs. Ons dink dat dit vir sy ouers `n ontsettende trauma is, wat nooit sal weggaan nie.Ook skokkend dat hy sy ma gebel het om te gaan ondersoek instel, wel wetende wat sy sou vind. Uit ons oogpunt, soos Trail se, is dit `n ontsettende verligting dat dit nie `n random moordenaar(s)is wat in die omgewing ronddwaal op soek na nog slagoffers nie.Dit was `n vreeslike spanningsvolle tyd. Sodra ek nog nuus kry, sal ek post. :uhm: :uhm: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 16, 2010, 10:03:56 AM Uit ons oogpunt, soos Trail se, is dit `n ontsettende verligting dat dit nie `n random moordenaar(s)is wat in die omgewing ronddwaal op soek na nog slagoffers nie.Dit was `n vreeslike spanningsvolle tyd. Ek kan my indink dat dit vir julle 'n verligting is.............dit vat net soveel spanning en onsekerheid weg. Wat die moord aanbetref...........What a waste of 2 young lives :-\ Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Umdani on July 16, 2010, 01:15:09 PM Elke donker wolk het 'n silwer rantjie....gelukkig is daar nie kinders nie! :-\
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Pmdb on July 16, 2010, 01:23:57 PM Dis so sinneloos en stupid.
Hoekom skei hy nie maar net van haar nie ? Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 16, 2010, 01:25:53 PM Hoekom skei hy nie maar net van haar nie ? Kyk jy nie CSI nie? Always follow the money! Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Rooibok on July 17, 2010, 07:38:29 AM Iets is nie lekker met jou post nie Rooibok.................. Die persoon wat gearresteer is, is nie die man (eggenoot) van die vermoorde girl nie. Dis 'n heel ander persoon!!! ek wonder wie is dit 8) Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 17, 2010, 04:16:29 PM `n Ooggetuie het die vermoorde se man(26) op die sypaadjie voor die polisiestasie sien sit met sy ouers daarby, ongeveer 4nm die tyd van die arrestasie Donderdag.
Die eienaar van die plaas waar die moord plaasgevind het, multimiljoener Robert Maingard, het glo sy bes probeer om die hele ding toe te smeer (hy bemark mos wyn en het `n restaurant op die plaas). Na die moordenaar se verskyning in die hof Maandag, sal sy identiteit amptelik gepubliseer mag word. :uhm: :uhm: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 19, 2010, 03:24:38 PM Vanmore die TV en ander kameras buite die hof gesien. Sal dalk vanaand op die nuus, maar seker more in die koerante bekendgemaak word.
Ai tog. :eek: :eek: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Smidty on July 19, 2010, 03:57:06 PM Netnou op nuus gehoor, dis haar man wat vandag in die hof verskyn het >:(
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: CK1 on July 19, 2010, 05:14:03 PM Husband in court for wine estate murder
2010-07-19 15:22 Cape Town - The husband of a woman found dead on a wine estate in Franschhoek appeared in the town's Magistrate's Court for her murder, Cape Talk radio reported on Monday. Chanel du Toit, 28, was found dead at Dieu Donne Wine Estate on July 7. She had been strangled. The case was postponed to Wednesday morning. Johan du Toit, 26, was arrested last week in connection with his wife's murder. Chanel and her husband lived in a cottage on the wine estate, about 1km from his parents' house. The couple had both worked on the estate and were married last year. Her mother-in-law found the body after her son said he was concerned because he could not get hold of her. He said the last time he had seen her alive was at 02:00 when he left for Springbok. - SAPA Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: J.J. on July 21, 2010, 09:28:12 AM Hartseer storie...niks kan ooit sy optrede regverdig nie. Die bewaarders gaan vir baie jare met hom opgeskeep sit.
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 21, 2010, 09:41:59 AM Ag bliksem................nou is die ou se betekenis wat hy gedoen het, weer nie voor 'n
senior polisieman gewees nie en dis nou nie geldig nie. Sy advokaat William Booth weier nou dat hy enige verdere verklaring doen. Bloot toevallig.................Advokaat William Booth , is ook die ou wat Fred van den Vyver se gat gered het in die Inge Lotz saak. Ek kry 'n gevoel dat hierdie hofsaak, 'n soap-opera gaan raak.......... :-\ Presies wat ek van die begin af verwag het gaan gebeur........ Hierdie moord het vir my so 'n tipe van 'n Inge Lotz-tipe misterie aan dit gekoppel.......... :-\ Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 21, 2010, 09:52:08 AM As die polisie net prosedure 100% volg, sal ons baie meer suksesvolle sake in hierdie land van ons hê...
Maar baie van hulle het nie die ondervinding nie, en het te veel sake om die heel tyd op te volg. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: R-O-V-Rat on July 21, 2010, 11:04:39 AM As die polisie net prosedure 100% volg, sal ons baie meer suksesvolle sake in hierdie land van ons hê... Maar baie van hulle het nie die ondervinding nie, en het te veel sake om die heel tyd op te volg. Ek weet die het niks met die moord te doen nie maar dit is wel oor ons polisie. In vriend van my is n motorwerktuigkundige. Het sy eie besigheid. Hy herstel land-rover en Rang-rovers. Een van die polisie stasie bevelvoerders op my dorp skakel hom om in afspraak te reël vir in diens op haar voertuig. Sy vra hom of hy Land-rovers diens. Hy se ja en sy kan die voertuig die volgende oggend bring teen 8 uur. Volgende oggend kom hy by die werkswinkel hier staan sy voor sy ingang en wag. So geparkeer dat hy nie die deur kan oop maak nie. Haar eerste woorde is "Ek wag al lank hier watse tyd werk julle mense?" Sy was blykbaar teen 7:45 daar. So bietjie verbaas met haar ongeduld vra hy toe vir haar. "Mevrou watse kar ry u?" Sy ontwoord toe. " In Land-rover." Hy vra toe dat sy uit die voertuig klim en net saam hom na die agter kant van die voertuig kyk. Hy vra toe vir haar om te lees wat dit daar se. Sy lees. "Jeep Grand Cherokee" :Scratch: Die voertuig is n splinter nuwe 2010 model Jeep Grand Cherokee. Hy moet toe vir haar verduidelik dat die voertuig nog onder waar borg is en dit net deur in Jeep dealer gediens kan word en dat daar in verskil is tussen n Jeep en Land-rover. Ek se weer, die dame is een van die bevelvoerders in my dorp se polisie stasie! Om alles te kroon toe sy nou uiteindelik verstaan hoe dit werk moes sy die Ek belowe hierdie is in ware storie nie op gemaak nie. Kan sy nommer en besigheid naam vir julle in n pm gee as julle hom wil kontak. :evil1: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 21, 2010, 11:18:11 AM :-\
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: J.J. on July 21, 2010, 11:19:04 AM Daar is min ooreenkomste tussen hierdie saak en die Lotz saak...behalwe dat 'n vrou vermoor is.
Die polisie het die Lotz saak opgemors omdat hulle 'n onskuldige ou wou frame. Hier het hul heel duidelik die skuldige beet. En al was daai bekentenis nie voor 'n senior poliesman nie spreek dit boekdele. Ek dink hy gaan skuldig pleit en dan 'n helse fight opsit vir versagtende omstandighede. Die rede (s) hoekom hy haar vermoor het mag dalk onaangenaam wees. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Eisbein on July 21, 2010, 11:31:59 AM Ek dink hy gaan skuldig pleit en dan 'n helse fight opsit vir versagtende omstandighede. As ek in charge was sou ek moeiliker 'versagtende omstandighede' toegeken het aan iemand wat sy vrou verwurg het (vir die redes bo genoem). In my boekie is daar 'n groot verskil tussen 'momentary rage' en 'n vooraf opgstelde en op so 'n manier uitgevoerde moord... Mind you - nie dat ek sê een tipe moord is beter as die ander nie. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 21, 2010, 05:49:50 PM Ek kan gladnie verstaan dat die adjudant-offisier wat die bekentenis afgeneem het, nie van beter geweet het nie- dis tog onmoontlik/onwaarskynlik dat hy nie geweet het `n landdros of senior moet by wees nie?
Ek is bevrees dat `n slim man soos William Booth baie hard gaan werk om hierdie ou los te kry.En met die Polisie se onbeholpenheid daarby, dalk kan slaag. Onthou ook dat die hele moord nogals goed beplan klink: die alibi van die jagtog, die toegemaakte hond, die ongesluite skuifdeur, die uitgangsroete oor ons plaas waar niemand hom kon sien nie, die bekommerde oproepe na sy ma. Volgens koerantberigte vandag, klink dit asof die arme vroutjie `n hengse fight opgesit het. En vandat die beskuldigde `n paar jaar gelede `n onskuldige bobbejaan gekwes wat na ons toe gevlug het, en hom net gelos het, 9hy brand gereeld op die bobbejane los) is ek maar baie tong in die kies oor hom en ek se dit sommer reguit. Ek het destyds gedink hy`s trigger happy en ek dink dit steeds. :rant: :rant: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: J.J. on July 21, 2010, 06:02:42 PM Ek glo nie hy het die moord vooraf beplan nie...dit was op die ingewing van die oomblik gedoen of dalk onbedoeld en daarna het hy sy "ontsnaproete" uitgewerk met o.a. 'n kamstige jagtog. Hy het geweet die polisie gaan hom maklik vastrek en daarom het hy gaan beken.
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: CK1 on July 21, 2010, 06:42:43 PM Kaapstad - Johan du Toit, die Franschhoekse man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou vermoor het, is Woensdag borgtog toegestaan.
Du Toit het in die landdroshof in die Paarl verskyn na sy vrou se dood op die gewilde Dieu Donné-wynplaas. Die 26-jarige verdagte is slegs 24 uur na sy vrou, Chanel du Toit (28), se gedenkdiens in hegtenis geneem. Hy word daarvan verdink dat hy sy vrou verwurg het. Du Toit het R6000 borgtog ontvang. Hy moet ook twee maal ‘n week by die Franschhoek-polisiestasie aanmeld, het Eyewitness News berig. Die saak sal weer op 22 September voorkom Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 21, 2010, 06:45:29 PM Die dag as mense verantwoordelikheid vat vir hulle dade en hulle nie deur prokureurs laat aan die neus lei nie sal dit beter gaan in hierdie land >:(
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 21, 2010, 06:53:22 PM Die advokaat se: "Moenie 's woord se nie!"
Want:
Always follow the money :wink1: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 21, 2010, 07:24:38 PM Ek ken toevallig mense wat in BAIE hoë kringe betrokke was in die Inge Lotz saak......
Die storie loop nou in dieselfde kringe dat die man nou onskuldig gaan pleit met sy volgende hofverskyning op 22 September :eek: Realiteit: Daar is 2 regstelsels in Suid Afrika. Feit. :evil1: (watter een van toepassing is, het te doen met hoeveel geld jy na die saak toe gooi) :-\ Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 21, 2010, 09:45:03 PM Die advokaat se: "Moenie 's woord se nie!" Want:
Always follow the money :wink1: F&&&ken verseker. :angry: :bang: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 22, 2010, 07:04:47 AM Du Toit kry borgtog en sal onskuldig pleit
2010-07-22 02:11 Malani Venter Paarl Onskuldig. Dít is hoe mnr. Johan du Toit (26), wat verdink word van die moord op sy vrou, Chanel (28), gaan pleit wanneer sy verhoor begin. Mnr. William Booth, sy prokureur, het gister in die Paarlse landdroshof aangevoer sy kliënt sal nie skuld beken op aanklag van moord op sy vrou nie. Mev. Du Toit se lyk is twee weke gelede in hul huis op die wynlandgoed Dieu Donné buite Franschhoek gevind. Sy is verwurg. Du Toit is agt dae later in hegtenis geneem. Toe landdros Diane Blaauw borgtog van R6 000 aan Du Toit toegestaan het, het hy geglimlag en in die rigting van Booth geknik. Soos met sy eerste verskyning Maandag was sy ouers, mnr. Hennie en mev. Ronelle du Toit, in die openbare galery om hom te ondersteun. ’n Ongeskeerde Du Toit, geklee in dieselfde grys-en-swart sweetpakbaadjie as met sy eerste hofverskyning Maandag, het ten tyde van die verrigtinge in die beskuldigdebank emosieloos en strak voor hom uitgekyk. Booth het herhaaldelik versoek dat die staat die uitslae van die forensiese toetse so gou moontlik beskikbaar moet stel omdat die verdediging private deskundiges gaan aanstel. Hy het beklemtoon sy kliënt is nie ’n vlugrisiko nie, dat hy ná die voorval talle kere die polisie sonder ’n regsverteenwoordiger besoek het en dat hy nie in hegtenis geneem is weens ’n lasbrief wat ’n landdros uitgereik het nie. Blaauw wou weet waar Du Toit sal woon as hy op borgtog vrygelaat sou word. Booth het geantwoord: “Hy sal by sy ouers op die wynlandgoed woon en steeds as assistent-plaasbestuurder werk. Soos ek verstaan, word die huis waarin hy en sy vrou gewoon het steeds deur die polisie afgesper.” Mnr. Chris Abrahams, staatsaanklaer, het aangedui dat die staat nie borgtog teenstaan nie. “Daar is bevestig dat daar geen hangende saak of uitstaande lasbriewe teen die verdagte is nie. Ons is ook nie bekommerd oor sy inmenging met getuies nie,” het hy gesê. Abrahams het dit duidelik gemaak die staat het ’n sterk saak. DNS-toetse, bloed- en velmonsters asook foto’s van die oorledene se beserings wat op ’n moontlike bakleiery of onderonsie dui, is deel van die staat se getuienis, het hy bygevoeg. “Ons wag nog vir die uitslae van forensiese toetse, maar het met die laboratorium gereël dat die proses bespoedig word. Dit behoort binne ’n week of so afgehandel te wees,” het hy vervolg. Die staat het gevra indien Du Toit op borgtog vrygelaat word, hy sekere voorwaardes moet nakom, onder meer dat hy geen kontak met sewe mense (wie se name gelys is) mag hê totdat die saak afgehandel is nie, hy twee keer per week by die Franschhoek-polisiekantoor moet aanmeld en die Paarl-landdrosdistrik nie sonder skriftelike toestemming van die ondersoek- beampte mag verlaat nie. Die verdediging het nie daarteen beswaar gemaak nie. Die saak is tot 22 September uitgestel. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: J.J. on July 22, 2010, 08:03:21 AM Daar is duidelik feite waarvan ons nie weet nie. Een van hierdie feite kan wees dat hy haar per ongeluk gedood het en dan is dit strafbare manslag en nie moord nie. Om skuldig bevind te word aan moord moet daar 'n motief en vooraf beplanning wees.
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Viking on July 22, 2010, 08:28:37 AM Stellenbosch - The stepfather of Chanel du Toit has told of his shock and anger at her murder in Franschhoek.
"What kind of a monster does something like this?" asked a livid advocate Albert Murphy. Johan du Toit, 26, will appear in the Paarl Magistrate's Court in connection with the murder of his 28-year-old wife on Wednesday, and will apply for bail. The assistant farm manager was arrested last Thursday, eight days after her body was found in their cottage on the Dieu Donné wine estate. He appeared in court in connection with the murder for the first time on Monday. Murphy, from Gordon's Bay, on Tuesday described Chanel as a "dear and wonderful" child. His stepdaughter was "beautiful", he said. "She was like my own child. We were all very fond of each other. She was devoted towards her friends and family. 'Skin under her nails' He was furious about the murder. "In the beginning we were terribly sad, but now we are furious. We will definitely attend the court hearings. I will not let them mess up the case like with the Inge Lotz case. "Police told us they had found skin under her nails the morning of the murder. She fought terribly." When asked about Chanel's relationship with her husband, he said: "They always did everything together. It is terribly strange to us." Lodine Maske, a good friend of the Du Toit family, described Johan as "the most polite person, who was always ready to help where he could". "I have known him since he was a baby. Johan comes from a good, stable and church-going home. He is someone who was never nasty to people." Maske added: "I got to know Chanel when she came to Franschhoek. It never looked like there were problems between them. They were always involved in everything. "I feel terribly sorry for the family. They now need love and support." Maygene de Wee reported that a police officer close to the investigation had said Du Toit had made a confession on the day of his arrest before Warrant Officer Johan Nel of the Stellenbosch police station in Franschhoek. The confession was not admissible, however, because it was not made before a senior police officer or a magistrate. While he was on his way to a magistrate with the police, he called his lawyer, William Booth, who ordered him not to say another word. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 22, 2010, 03:46:30 PM Ek hoop maar hierdie hele tragedie ontaard nie in `n `miscarriage of justice' nie.
Die persoon vir wie ek ook baie jammer voel, is die vermoorde vroutjie se ma, wat tot dusver nie kommentaar gelewer het nie- hoe voel die arme vrou en dan le daar seker `n lang uitgerekte hofsaak voor waarin slegs William Booth as uiteindelike wenner (finansieel) uit die stryd gaan tree. En dan ook...die ouers- hoe voel jy as jou eie kind van moord verdink word- hoe kyk jy hom elke dag in die oe? Nee wat- een onbesonne oomblik en al jou naasbestaandes dra vir ewig die vloek saam met jou... :sad5: :sad5: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Pmdb on July 23, 2010, 05:37:52 AM Polisie maak droog met ondersoek, sê Chanel du Toit se stiefpa
2010-07-23 02:43 Malani Venter Stellenbosch “Ons is in Lotz-straat. Ons moet in Pollsmoor-straat wees.” Só het ’n woedende adv. Albert Murphy, stiefpa van die vermoorde mev. Chanel du Toit (28), gister gesê. Murphy het ’n vier bladsye lange brief aan die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, adv. Rodney de Kock, geskryf nadat mnr. Johan du Toit (26), wat verdink word van die moord op sy vrou, Woensdag op borgtog van R6 000 vrygelaat is. Die Du Toits is verlede jaar getroud. Mev. Du Toit se lyk is meer as twee weke gelede in hul huis op die Dieu Donné-wynlandgoed buite Franschhoek gevind. Landdros Diane Blaauw het Woensdag in die Paarlse landdroshof borgtog met sekere voorwaardes aan Du Toit toegestaan. Die saak is tot 22 September uitgestel. Murphy was nie self met die borgtogaansoek in die hof nie. “Ek het doelbewus nie gegaan nie. Ek het die vorige aand laat gewerk – juis oor hierdie borgtogaansoekkwessie,” het hy gesê. Volgens hom het die staat ’n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip om Du Toit in kruisverhoor te neem. Hy het, net soos vroeër vandeesweek, na die Inge Lotz-saak verwys. “My kritiek wanneer ek na die Lotz-saak verwys, is nie teen regter Deon van Zyl nie. Inteendeel, ek het net die grootste respek vir hom. My kritiek is teen die polisie wat drooggemaak het met die ondersoek. “Nou kyk, hier is die polisie klaar weer besig om aan te jaag. Hulle plaas die saak in die hande van ’n sersant wat die ondersoekbeampte is. “Ek is nie net kwaad oor my kind wat vermoor is nie. Ek is kwaad oor hoe die moord van my kind hanteer word. As ’n regsgeleerde kan ek nie... en gaan ek nie net terugsit en kyk hoe daar met die saak aangejaag word nie. “Dis daarom dat ek die brief geskryf het. Daar moet nóú ingegryp word met die saak. “En as daar nie terugvoering aan my gegee gaan word nie, sal ek na ’n hoër gesag gaan.” Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: buzzlightyear on July 23, 2010, 08:53:33 AM Ek is bly Chanel se stiefpa is darem 'n advokaat en dit lyk of hy die mense op hulle tone gaan hou.
Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 23, 2010, 04:11:05 PM Chanel, husband fought night before murder 2010-07-23 15:46 Cape Town - Johan du Toit, who has been charged with the murder of his wife, Chanel du Toit, allegedly had an argument with her the night before her death, YOU magazine revealed on Friday. Chanel du Toit, 28, was found dead in the bedroom of their cottage on Dieu Donné wine estate near Franschhoek. Eight days later her 26-year-old husband, Johan, was arrested and charged with the killing. YOU has learnt that on the night before Chanel died, she and her husband attended a party and apparently had an argument. Someone close to the investigation also revealed to YOU that police are probing talk of extramarital affairs. According to the magazine, cellphone records apparently show Johan made more calls to Chanel’s best friend than she did. This friend also acknowledged some inappropriate behaviour with Johan. Du Toit is out on R6 000 bail. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 23, 2010, 05:38:19 PM Ek wil maar net se dis nie `n lekker gevoel dat Johan du Toit langs ons bly nie.
...en die hofsaak gaan seker maande aansleep... :sad2: :sad2: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Trailrider on July 24, 2010, 10:41:44 AM Die Wes-Kaapse regering het nou ingegryp in die moordondersoek van Chanel du Toit (28) van Franschhoek.
Adv. Lennit Max, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het ’n verslag oor die status van die ondersoek van die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Mzwandile Petros, aangevra. Max se ingryping kom nadat adv. Albert Murphy, stiefpa van die vermoorde Du Toit, sy misnoeë oor die polisie se hantering van die saak uitgespreek het. Sy stiefdogter se lyk is sowat twee weke gelede op die slaapkamervloer van haar kothuis op die Dieu Donné-wynlandgoed gevind. Haar man, Johan du Toit (26), word verdink van die moord op sy vrou. Die egpaar is verlede jaar getroud. Mnr. Du Toit is ’n dag ná sy vrou se gedenkdiens op Franschhoek in hegtenis geneem. Ná twee hofverskynings vandeesweek is hy Woensdag op borgtog van R6?000 vrygelaat. Murphy het gesê die polisie maak droog met die ondersoek omdat die saak in die hande van ’n sersant, wat die ondersoekbeampte is, geplaas is. Hy het ook gesê die staat het ’n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip om mnr. Du Toit in kruisondervraging te neem deur nie die borgtogaansoek teen te staan nie. Murphy het toe besluit om as regsgeleerde in te gryp. Hy het ’n brief aan onder andere die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, adv. Rodney de Kock, geskryf waarin hy sy bekommernisse uitgespreek het. Max het gister gesê hy het Murphy geskakel. “Ek het adv. Murphy gekontak en vir hom gevra om sy bekommernisse op skrif te stel met spesifieke besonderhede om sy aantygings te staaf,” het Max gesê. “Om dié kwessie op te los, soos enige ander waarin burgerlike oorsig benodig word, is ’n prioriteit vir my departement. As dit blyk dat die polisie inderdaad die ondersoek verbrou het, sal die nodige stappe teen die verantwoordelikes gedoen word.” Intussen word in ’n artikel in die jongste uitgawe van Huisgenoot genoem die polisie ondersoek glo buite-egtelike verhoudings deur mnr. Du Toit sowel as deur wyle mev. Du Toit. Konst. Marize Papier, polisiewoordvoerder in Franschhoek, het by navraag hieroor gesê: “Geen verdere kommentaar kan oor die saak gegee word nie. ’n Mens moet wag vir dit wat in die hof uitkom.” Sy het wel bevestig die oorledene se vermiste ringe is intussen in ’n sakkie op haar spieëltafel gevind. Ná die moord is gesê die ringe, saam met Du Toit se selfoon, is vermis. Die selfoon is nog nie teruggevind nie. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Rustyb on July 24, 2010, 10:21:35 PM Earlier in this thread it was mentioned that because a sergeant was investigating this case and subsequently took the statement that he is now incompetent. How is he supposed to gain experience if he is not given the opportunity to gain investigate murders ?
It seems that most times the police can never do anything right. That is until we need them. Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Operator on July 24, 2010, 10:52:26 PM Russ..............if it was an innocent black woman murdered by her husband in
the squatter camp, the declaration in front of the sergeant would've been good enough..............now why suddenly is the admission of guilt not good enough? It only adds fuel to fire on my earlier reasoning.......... >:( (general question, nothing against you Russ :wink1: ) Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Biscuit on July 26, 2010, 09:26:25 AM Rusty, I dont think the Sarge was incompetent- as far as I gathered, he was not senior enough to have taken down the admission of guilt.There are probably rules for the correct, admissible procedure when someone admits guilt?....
According to yesterday`s Sunday papers the suspect was involved in extra-marital affairs. The Plot Thickens/Sickens.... :uhm: :uhm: Title: Re: Moord:Franschhoek Post by: Natuurkind on July 29, 2010, 12:41:00 AM Ja nee, ek het van die begin af geweet die outjie het 'n affair gehad. Vriende van ons is vriende met hulle en so het die hele storie toe uitgekom want sy vroutjie het daarvan uitgevind. Shame dis very bad. :innocent:
|