The Road Less Travelled

On the road less travelled => Vakansie Fotos / Travel Reports => Topic started by: Trailrider on September 14, 2010, 09:30:07 PM



Title: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Trailrider on September 14, 2010, 09:30:07 PM
Wat verkies julle? 'n Verslag wat klaar gemaak is en een maal op gesit word, of 'n verslag wat in episodes opgesit word?

Mense druk my altyd om 'n verslag op te sit, maar kla dan as alles nie gelyk op is nie.

Ek is besig met twee verslae:

  • Op soek na die Watermeid. Dele kom by soos dit gery word.
  • On the Trail of Gideon Scheepers. RR word weerhou tot hy volledig is.

Laat ons hoor!


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Pmdb on September 14, 2010, 09:42:01 PM

On the Trail of Gideon Scheepers.


Verbeel ek my of het ek al daai boek gelees    :evil2:

 :MrGreen:


Ek verkies RR in een lang storie, behalwe nou as die RR oor 14 dae gaan, dan in twee.

1c


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Trailrider on September 14, 2010, 09:44:13 PM

Verbeel ek my of het ek al daai boek gelees    :evil2:


Regtig?

Jy dink nie dalk aan Sword in the Sand - Gideon SCHEEPERS, Johannes Meintjes of Commandant Gideon Scheepers and the search for his grave, Shearing, Taffy and David nie?

Sorry - OT


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Pmdb on September 14, 2010, 09:48:03 PM

Verbeel ek my of het ek al daai boek gelees    :evil2:


Regtig?

Jy dink nie dalk aan Sword in the Sand - Gideon SCHEEPERS, Johannes Meintjes of Commandant Gideon Scheepers and the search for his grave, Shearing, Taffy and David nie?

Sorry - OT


Ek praat sommer so uit die lug uit, maar die Gideon Scheepers klink so bekend  :Scratch:


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Trailrider on September 14, 2010, 09:48:49 PM
Boere oorlog held wat saam met die Kaapse Rebelle geveg het.


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Pmdb on September 14, 2010, 10:01:28 PM
 :idea:  Ah nou het ek hom !


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: lox on September 15, 2010, 04:51:06 AM
Wat verkies julle? 'n Verslag wat klaar gemaak is en een maal op gesit word, of 'n verslag wat in episodes opgesit word?

Mense druk my altyd om 'n verslag op te sit, maar kla dan as alles nie gelyk op is nie.



dis waar wat jy s, so nou weet emns eintlik nei wat is die beste nie.

dan die ander vrag, as dit lang storie is soos my mosmabiek toer en daars baie fotos om te wys, als op 1 of 2 blaaie of in hoofstukke met min of meer 15 fotos op. ek het ook al klagtes gekry dat sommige mense wie se internet stadig is kla dat dit te lank vat om 50 fotos op een blad oop te maak, daarom dta ek idt maar in hoofstukke skryf en plaas soos dit klaa rkom omdat soos TR seg, sommie mens ese nuuskierigheid is erg dat hulle dit wil geplaas he soos beskikbaar.

amper skaakmat situasie?

of soos my boekhouer altyd s: jy kan nie 'n lekker eet en daarna nog steeds die lekekr h nie.


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Umdani on September 15, 2010, 07:27:09 AM
Jy doen dit reg lox. Om so groot verslag alles gelyk te plaas sal nie werk nie. Gaan kies gou 'n laaang verslag en wag dat hy oopmaak en los daar 'n erg omstrede post soos bv: TR gaan 'n huis koop in Tswane en elke rugbyseisoen daar gaan bly sodat hy naby Loftus kan wees" Of "TR ruil sy Transalp" vir 'n Harley" en kyk of jy enige reaksie daarop sal kry. Ek dink nie....want min mense doen die moeite om die hele ding af te laai.  :MrGreen:


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Trailrider on September 15, 2010, 07:42:28 AM
Dis 'n baie goeie punt.


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: lox on September 15, 2010, 08:00:27 AM
sjoe as ek net kan leer om te tik sonder spelfoute sal dit ook seker al beter gaan


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Trailrider on September 15, 2010, 08:13:35 AM
Lox gebruik jy Firefox?

Vandat Operator my vertel het van die Afrikaans spel checker gaan dit met my baie beter in daai opsig. Ek sukkel nou nog net met my space bar wat so temperamenteel is!


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Prins on September 15, 2010, 08:40:35 AM
Ek verkies om reisverslae per episode te ontvang.  Dit skep amper daai gevoel van saam toer en afwagting wat volgende gaan gebeur.


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: tok-tokkie on September 15, 2010, 08:44:17 AM
I break my reports into small sections because of the picture loading problems.  There are 20 (?) posts per page so I break each section of my report into smaller pieces that I post together so that it reaches the 20 post count sooner - that way the number of pictures in those 20 posts is reduced.  I have also reduced the size of the pictures I post because of the internet bottlenecks.

My internet connection leaves me with only the upper part of all the pictures in a picture heavy post.

I write the whole report before I start posting because I don't know what is going to be in it until it is actually written.  Often what I have to say for the later parts makes me adjust what I have written for the start.  I then post the completed report in daily episodes so that they are easy to skim through.


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: fat b on September 15, 2010, 08:49:01 AM
Ek dink die skrywer moet die RR klaar maak voordat hy begin post , en dan of alles op een slag opsit "wat ek verkies" of stiptelik elke oggend nog 'n hoofstuk bylas .Daar is niks so irriterend as om te wag vir 'n RR as dit spannend is nie .


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Trailrider on September 15, 2010, 08:52:37 AM
"Stiptelik" :D


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Fourie on September 15, 2010, 08:05:04 PM
EK verkies die episode tipe RR.

Kyk bv. na Lox s'n. As hy die RR op een slag gedoen het, het ek die helfte van die foto's nie gesien nie. Die rede...die wagtyd vir die foto's om te laai.

As 'n RR baie foto's het, watter een het nie, kan dit gerus in episodes opgedeel word om dit makliker te maak vir lesers met stadige konneksies.

Dan ook...soos Umdani gese het boontoe...sou jy iets op die RR post gaan min mense dit sien a.g.v. die grote van die verslag.


My 2c



Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Kola on September 15, 2010, 08:11:54 PM
Myspacebarwerkookniealtydsolekkernie :innocent:

As dit 'n kort RR is, in een slag is goed.

Lang RR met baie fotos en baie agtergrond inligting, episodes maak dit makliker.


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Pmdb on September 15, 2010, 08:15:58 PM
Dit hang ook af van hoe lank die "ride" was. 'n RR oor dag trippie, naweek, lang naweek en dan heel wat langer soos s'n Lox het elkeen sy eie doel.

Die forum ouens van daarbo het nie eintlik RR's nie. OK,. ou Rooies jag so af en toe en dan sien ons sy skoene maar dis ook al.

my 2c

 :evil2:


 :MrGreen:


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Rustyb on September 15, 2010, 08:30:55 PM
I also prefer to type out the story first and place the photos afterwards.  As I take (too ) many photos, I also normally split the RR into days. Also time constraints prevent me from doing it all at once. a little suspense,  :evil2: never killed anyone.


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Fourie on September 15, 2010, 08:46:39 PM
Dit hang ook af van hoe lank die "ride" was. 'n RR oor dag trippie, naweek, lang naweek en dan heel wat langer soos s'n Lox het elkeen sy eie doel.

Die forum ouens van daarbo het nie eintlik RR's nie. OK,. ou Rooies jag so af en toe en dan sien ons sy skoene maar dis ook al.

my 2c

 :evil2:


 :MrGreen:

Julle ouens het mos al baie gereis dus het ons niks om te wys wat julle nog nie gesien het nie  :wink1:


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: Trailrider on September 16, 2010, 02:17:40 AM

 a little suspense,  :evil2: never killed anyone.


fatb hy praat met jou :evil2:


Title: Re: 'n Vraag oor Reis verslae
Post by: fat b on September 16, 2010, 08:53:33 AM

 a little suspense,  :evil2: never killed anyone.


fatb hy praat met jou :evil2:
Wachit pal , ek het 'n slegte hart en moerse hoe' bloeddruk , en ek raak gou ge stress , so jy weet nooit nie !