Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Die verhaal van 4 passe en 地 dorp  (Read 3238 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« on: November 28, 2007, 10:10:15 PM »

01/11/2007 13:33  - (SA) 
Die verhaal van 4 passe en 地 dorp
Chris Karsten

Op 地 plato, as jy die berg van heuning oor is, nestel die gehuggie Herold soos 地 prentjie. Maar van die eens woelige dorpie op die kruin van die Montagu-pas by George het net 地 paar geboue, en baie stories, oorgebly.

Dis eintlik die verhaal van vier passe, van tawwe manne met dik baarde wat die Outeniquas probeer tem het om deurgange te vind tussen die see en die binneland.

Outeniqua is 地 Khoi-woord wat beteken 電raers van heuning.

Die eerste roete was 地 ou bospad deur die berge wat olifante gebruik het vir hul migrasie tussen hul somerverblyf in die binneland en hul winterverblyf nader aan die kus.

Hierdie Attakwaskloof, tussen George en Mosselbaai, was baie jare die enigste oorgangsroete. Maar die berge het dit lankal teruggevat.

Daarna is die hange van die Duiwelsberg verder oos van George aangedurf, tot in die Langkloof. Voetslaners kan vandag nog dele van d矣rdie roete volg.

Die derde pas oor die Outeniquas is in 1812 gebou kort n die ontstaan van George Town. Maar die Cradockkloof-pas was 地 verskrikking vir mens en dier, steil teen die skouer van die berg bokant George op.

N baie klagtes het die nuwe koloniale sekretaris John Montagu uiteindelik ingestem dat in 1844 begin kon word met 地 allemintige projek vir 地 nuwe pas. Met afgronde aan die een kant en loodregte kranse aan die ander moes 8 km van die slingerende pas van 15 km met dinamiet uit soliede rots geskiet word.

Drie jaar later was die pas voltooi, tussen die suidelike padboustasie net buite George tot by die noordelike stasie naby Herold. En Herold het begin blom van die besoekers wat dit aangedoen het van die see af binneland toe, en omgekeerd.

Die Montagu-pas was honderd jaar die deurgang deur die berge voordat die nuwe Outeniqua-pas in 1951 ingewy is, een van die skouspelagtigste passe ter w靡eld.

Dis die Montagu-pas, en sy voorloper, die Cradockkloof-pas, waaraan Herold sy bestaan te danke gehad het. Maar ironies is dit ook 地 pas, die nuwe Outeniqua-pas, wat vir sy ondergang verantwoordelik is.

Vandag is 地 handjievol historiese geboue van die 1860痴 in Herold pragtig gerestoureer, met moderne geriewe toegerus, en is deel van 地 gasteplaas waarvandaan besoekers die Outeniquaberge op talle voetslaanpaaie kan gaan verken.

Die roete na Herold, en nie die gehuggie self nie, is 地 reisiger se eintlike bestemming. Deur 地 skouspelagtige berglandskap van boggels, rens, ravyne, afgronde en groen hellings.

In die valleie is keurbome, witels en stinkhout, teen die hange fynbos, proteas en rooipypies, langs die bergstrome groei seweweeksvarings, doublomme en George-lelies (Cyrtanthus elatus).

John Montagu het 地 Australiese padingenieur, Henry Fancourt White, laat kom en met 250 bandiete is begin uit 地 kamp waar die huidige Blanco by George verrys het.

Aan die voet van die pas staan die ou Tolhuis (vandag 地 nasionale gedenkwaardigheid, soos die res van die pas). Hier het 地 reisiger destyds aan die tolman, John Kirk Smith, twee pennies betaal vir elke wiel, 地 pennie vir elke os, perd of donkie wat jou wiele trek, en 地 halwe pennie vir elke skaap, boerbok of vark wat jy saampiekel.

En jy kon sommer 地 paar nuwe velskoene ook koop wat Smith en sy seun in hul ledigheid daar gemaak het.

N die Tolhuis gaan jy oor die nou Keurrivier se Brug, genoem na die keurbome wat in oorvloed hier gegroei het. Maar in die nag drentel jy nie hier nie, want saans kom spook 地 man in 地 grys pak.

Nou vat jy die eerste smal kronkels teen die berg op en bid daar is nie verkeer van voor af nie, veral nie by De Noute onder die oorhangende rotse deur nie. By Moertjiesklip het 地 massiewe rots van bo af losgekom en 地 werker doodgeval, wel, moerland toe gestuur.

En dis by Boshoff se Draai waar die touleier Boshoff nie sy span en wa gedraai kon kry nie en in die harwar op sy vooros se horings beland en oor die skansmuur gegooi is.

Maar gelukkig, 地 entjie vorentoe, is Old Smithy se smidswinkel vir asem skep en herstelwerk voor die volgende skof, want nou is sterk senuwees nodig vir Haarkantdraai en net daarna Remskoendraai, voor die groot toets vir mens en dier by Regop Trek, die steilste deel van die pas.

En dan kan weer gerus en miskien 地 versterking geniet en afgekoel word in die bergfontein by Grogdraai. Want vorentoe wag Hotkantdraai, dan Witkop se Draai en Stinkhoutdraai.

Naby Amanda痴 Grave l die ou waspore en remskoen-letsels van die waens uit die ou Cradockkloof-pas. En dan, uiteindelik, die hotel by Noordstasie (vandag net bouvalle) waar dors-tig na lafenis gesoek is n die tog oor die berg.

地 Klipgooi verder is Herold. Later met karre het dit makliker gegaan. Eerw. E.S. (Speedie) Eaddie het in die 1930痴 elke Sondagoggend hierdie pas in sy Auburn deurgejaag 杜et God langs my op die passasiersitplek omdat hy twee dienste moes hou, eers in Oudtshoorn en daarna in George.

笛aag is nie in die woordeskat van die Montagu-pas nie, met of sonder onderskraging van Bo. Dis 地 plek waar jy uitspan en die wonder van die natuur waardeer.

* Die afdraai na Herold is 33 km van George oor die Outeniqua-pas op die teerpad na Uniondale.

Van Herold af is verskeie voetslaanpaaie tussen die Montagu-, Cradockkloof- en Outeniqua-pas.

Ry terug na George deur die Montagu-pas: 15 km. Geen woonwaens word in die pas toegelaat nie.

Kontak George se toerismeburo vir ander voetslaanpaaie na verskeie bergpieke.

http://www.news24.com/Rapport/Perspektief/0,,752-810_2213284,00.html
« Last Edit: November 28, 2007, 10:14:19 PM by Trailrider » Logged

迭emember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #1 on: November 29, 2007, 12:50:27 PM »

Are the passes accessible with a sedan car. How far is it from Louvain ?
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #2 on: November 29, 2007, 12:54:12 PM »

Yes, if you take it slowly. I'm not sure if Prince Alfred's pass is open yet, but it should be soon.
Logged

迭emember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #3 on: January 09, 2008, 11:16:50 AM »

We drove to De Vlugt via Nols instead. The flood damage and emergency repairs are a sight to behold. In places a new road had to be constructed. Had tea and muffins and went back via Avontuur. This road seemed to be unaffected by the flood waters. Great views too. Photos to follow.
Lots of maniacs on this road. From all over RSA. Racing down the pass with little respect for other road users. In one place we came around a bend to facing by a MP vehicle with a offroad trailer overtaking a EC bakkie.
I alway understood that vehicle going up a pass had the right of way. After this piece of road I'm not so sure.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #4 on: January 09, 2008, 11:23:13 AM »

Holidays are over so the hooligans should be gone Angry
Logged

迭emember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #5 on: January 09, 2008, 11:48:19 AM »

I think some of these hooligans make a list of things to do and then try cram it into as little days as possible. Then when they get back home they can brag about all the places they went to while on holiday.

***holes the lot of them. It took us two full days to get back home. To us, getting there and back is as important as the holiday itself.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: