Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: IPL  (Read 1202 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« on: April 20, 2012, 09:13:16 PM »

Suid-Afrikaners steel IPL-kollig

BANGALORE. Suid-Afrikaanse krieketspelers maak steeds groot indruk in die Indiese Premierliga.

Die Proteas se voorslagbouler Morn Morkel, het tot dusver die meeste paaltjies 12 in 19 boulbeurte in 5 wedstryde ingeoes.

Sy landgenoot Faf du Plessis spog n gister se tweede vyftigtal (58, 48 balle) as aanvangskolwer vir die Chennai Kings met die naasmeeste lopies (229) vir sy span.

AB de Villiers, JP Duminy en Albie Morkel staan nie terug nie, terwyl Morn Morkel en Dale Steyn met akkurate boulwerk hul stempel afdruk.

Morn Morkel is een van die Delhi Daredevils se waardevolste spelers. Hy het gister 3/23 in die Daredevils se sege met 5 paaltjies oor die Deccan Chargers ingeoes.

Hy spog met n boulgemiddeld van 9.33 en hy het slegs 5.98 lopies per beurt afgestaan.

Hoewel die Deccan Chargers nog nie n sege op hul kerfstok het nie, is Steyn met sy kartetse een van di span se staatmakers.

Hy het onlangs sy landgenoot Richard Levi (Mumbai Indians) se middelpaaltjie ontwortel en het 7 paaltjies 2 teen Chennai en 3 teen Mumbai op sy kerfstok. Hy het gister weer uitgeblink met 2/19 ondanks sy span se nederlaag.

Die Royal Challengers Bangalore het net twee van hul vyf wedstryde gewen, maar De Villiers was n sleutelspeler in hul seges oor die Daredevils en Pune Warriors.

De Villiers se onoorwonne 64 lopies, wat 6 viere en 4 sesse ingesluit het, het die Royal Challengers tot 157/8 teen Delhi gehelp.

Teen die Warriors het hy 33 onoorwonne lopies van net 14 balle aangeteken en sy span gehelp om n sege van die laaste aflewering af te behaal.

n Kookwater-kolfvertoning deur Du Plessis (71) en n warrelwind-beurt van 28 lopies deur Albie Morkel in die voorlaaste boulbeurt het die Super Kings vroer tot n dramatiese oorwinning oor die Royal Challengers gehelp.

Du Plessis en Murali Vijay het n vennootskap van 56 lopies om die eerste paaltjie behaal.

Morkel het daarna die kragmeting met sy kolf op sy kop gekeer om seker te maak die Super Kings benodig net 15 lopies van die laaste boulbeurt.

- Die gewese Suid-Afrikaner Kevin Pietersen het gister n onoorwonne 103 vir die Delhi Daredevils teen die Deccan Chargers gemoker. Hoewel hy op 3 laat val is, was dit slegs die tweede honderdtal in vanjaar se toernooi.
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: