Pages: 1 2 [3]   Go Down
Print
Author Topic: Die Afpakkers  (Read 20930 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #40 on: June 11, 2012, 04:50:02 PM »

ja TR, ek besef hulle is die woede nie werd nie.Partykeer voel `n mens net so misbruik!

Wat afpakkers betref, gee ek nie om vir die klompe kinders wat naweke hier oorbly nie- soms oulike Duitse uitruil studente van Maties en so aan.Dis die volwassenes wat my so vies maak.

Ai man, ek drink baie min soetetjies maar dis so klam-koud hir vanaand is ek in die sjerrie in...
 Wink
 Evil
Logged
stompie
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 405



« Reply #41 on: June 18, 2012, 06:13:24 AM »

Ons is darem nou weer by die huis na n lang ruk en ek het nou net die hele storie gelees.  Toe ons Pretoria toe getrek het vanaf die platteland het ons weer mense gekry wat spesialiste moes kom sien.  Of mense wat opgeneem is in die hospitaal en dan vra die plattelanders of ons nie net gou n draaitjie by hulle wil gaan gooi nie.  Mense besef nie dat mens baie kilometers in die stad ry nie.  Ons het baie gou geleer om te se 'ons doen ons bes maar weet nie of ons sal kan nie'.   Ons is gelukkig ook min by die huis en het dit ook as verskoning.
Toe ons ouers nog geleef het het ons nie eers vir n naweek gaan kuier sonder ons deel nie............dis net goeie maniere en as iemand nie goeie maniere het nie dan is die antwoord vir hierdie 'afpakkers' eenvoudig 'ongelukkig is dit om persoonlike redes nie moontlik vir die kuier nie"   End of story......sit voer neer Biscuit!
Groetnis
Stompie
Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #42 on: June 18, 2012, 08:37:25 AM »

......sit voer neer Biscuit!

Verkieslik buite die deur.... anders kom hulle in elk geval in! Evil
Logged
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #43 on: June 18, 2012, 06:00:48 PM »

Ai Stompie en Umdani, ek hoor wat julle se. Maar ek kry dit nie reg om voet neer te sit nie.
Hierdie week kry ek weer `n Potchefstromer.Hy eet ook nie stysel of groente nie- so dis `n hengse bord vleis.

Wat kan `n mens se? As jy jou uitgee vir toffie, word jy gekou!
 Uhm
 rant
Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #44 on: June 18, 2012, 06:59:51 PM »

ek voel as jy by mense kuier eet jy wat voorgesit word en neem ook van jou eie kos saam en laat die gasvrou dit gaarmaak anders bied slef aan om te help gaarmaak. jy kan nie nog vol strooi ook wees waneer jy kuier nie.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #45 on: June 26, 2012, 07:53:27 PM »

Ek is alweer met `n slapriem gevang- `n niggie uit Engeland het haar en `n boyfriend oorgenooi vir die naweek en se sy bring sommer haar suster-hulle ook saam, hoop ek gee nie om nie.Nie `n woord oor `wat kan ek saambring nie'....

En hier bly `n kind oor wie se ma vir `n maand pad gevat het Namibie toe met een of ander buitelug `challenge.' 
Vir die kinders gee ek nie om nie, maar jissie mense kan darem aanbied om vleis saam te bring of iets...
 Gmf!
 Gmf!

Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #46 on: June 27, 2012, 01:10:49 AM »


Vir die kinders gee ek nie om nie, maar jissie mense kan darem aanbied om vleis saam te bring of iets...
 Gmf!
 Gmf!




solank dit nie 'n pap snoek is nie, daarvoor bring my een pel elke keer 2 snoeke saam vir ingeval die een pap is en elke keer eet en kuier ons vrek lekker saam met die snoeke. ( Tot nou toe was nog nie een snoek pap wat hy gebring het nie) AL heelwat bottels rooies saam met hulle geniet.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #47 on: June 29, 2012, 05:49:15 PM »

Ja Lox, weet jy die snoeke wat die ouens so van die bakkies verkoop, is glo maar lekker pap.Ons kry maar min snoek hier- ek sien jy se jy drink rooiwyn daarby?-smaak dit ok?
Nouja, ek moet gou klaar gesels, want netnou is die Afpakkers hier....
 protest
 eek
Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #48 on: June 29, 2012, 06:36:32 PM »

Biskit...sterkte met die afpakkers

jy vra or die rooiwyn ok smaak saam met snoek.................vir my smaak enigiets heerlik saam met rooiwyn, selfs snoek ook.

Ek steur my nie aan die "voorskrif" wat se wyn saam met wat se kos nie, seker oor ek byna net van Rooiwyn hou. Bier so af en toe op sy tyd, gewoonlik ook net een of dlak halwe bier. Ek hou nie van witwyn nie, hoekom weet ek nie maar dit is nie so lekker soos rooiwyn vir my nie.

ek dink jy dink nou soos ek dink wanneer ek iemand by 'n braai sien bier of brandewyn ( of ander sprits) drink. ek kan nie dink dit kan lekker smaak nie, maar nou wel soos ek altyd seg: ek kan nie met die ander persoon se mond proe nie, dit wta vir hom/haar lekker is is vir daai een lekker al hou ek nie daarvan nie. ons kan nie met mekaar se mond proe nie.


jammer vir die laaaanng antwoord, maar ja die snoek ( en enigiets ) smaak vir my lekker saam met rooiwyn.

sjoe ek drink nou Touriga nacional........heerlik wyn, amper so swart soos coke in die glas.

ek hoop oor paar jaar kan ons selfde seg van die Duriff wat ek wil plant vir rooiwyn.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: 1 2 [3]   Go Up
Print
Jump to: