Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: SA-krieketspeler deur moltrein doodgery  (Read 1028 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« on: June 19, 2012, 10:09:21 AM »

Tom Maynard (23), krieketspeler van Suid-Afrika, is Maandagoggend deur ʼn moltrein in Londen doodgery.

Maynard, die seun van Matthew Maynard, afrigter van die Nashua Titans, is gisteroggend dood nadat hy omstreeks 05:10 deur n moltrein getref is. Die Britse spoorwegpolisie het bevestig dat die voorval op die moltreinstelsel naby die Wimbledon Park-stasie gebeur het.

Die metropolisie het bevestig dat ʼn man vroegoggend in Arthuweg, SW19, deur hulle afgetrek is nadat hy glo heen en weer oor die pad gery het. Die man het met ʼn swart Mercedes-Benz C250 gery. Die man het weggehardloop, en die polisie kon hom nie opspoor nie, het die polisie ges. Sowat 45 minute later is die lyk van n man op die spoorlyn gevind. Volgens die polisie pas die oorledene se beskrywing die man wat vroer van die polisie af weggehardloop het.

Maynard het vir die graafskap Surrey krieket gespeel. Surry se vlag het Woensdag halfmas gehang om rou te betoon oor di belowende krieketspeler.

Geen misdaad word vermoed nie, maar die owerhede sal wel die saak verder ondersoek.
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: