Pages: 1 2 [3]   Go Down
Print
Author Topic: Witkruisarend nes  (Read 19820 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #40 on: August 03, 2009, 06:15:59 PM »

Schalkie het pad gevat en is iewers besig om vrou te soek. Hulle bly nie sommer in dieselfde omgewing as die ouers nie. Die ouers jaag hulle weg en laat hulle nie naby toe nie.

Die karkas langs Selma is Nando's of iets, kos. Seker 'n duif of fisant. Toe ons oor die rant loer was ma nog besig om Selma te voer. Biscuit, ek mag ongelukkig nie s waar hulle is nie, maar jy is nie verkeerd nie. Smile Die spul hier kan nie besluit of hulle die arme vols wil toesluit en of hulle die mense wil toesluit nie.
Logged
Gogga
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 516



« Reply #41 on: August 03, 2009, 07:50:36 PM »

Dankie WS, diere-bydraes is vir my altyd besonders...

Dit raak aan my hart!




Logged

Any fool can criticize, condemn, and complain - and most fools do.....
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #42 on: August 04, 2009, 03:06:31 PM »

White Stripes, is Sanparke betrokke by die voels of is daar `n voelkykvereniging wat jurisdiksie oor hulle het?
 Smile
 Smile
 
Logged
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #43 on: September 22, 2009, 12:52:19 PM »

Ek wil nie ou vols lewe inskop nie, maar ons witkruise het weer 'n kuiken. Selle nes, selle plek. Schalkie is fort, vrou gaan soek. Hierdie keer het ons vir Selma. Dodelik sexy en parmantig.


Lyk my Selma is nou 007  Smile






Kyk op daar sweef dalk n AREND bo jou rond
2009-09-22 00:32

Eben Human.

Met die Springbok-rugbyspan se laaste toets in Nieu-Seeland het n mens byna hartpille nodig gehad teen die einde van die wedstryd maar dit het my weer aan die witkruisarend (Aquila verreauxii) laat dink.

Dit was juis n een van die Drienasiesreeks se klipharde wedstryde wat ek vir vars lug by my woning in die stad uitgevlug het en toe beloon word met een van hierdie majestueuse arende wat hoog bokant die Moederstad sweef.

Die arend is verby Seinheuwel met sy statige vlerkspan en het so n ogie oor die Waterfront gegooi voor hy weer terug na sy gunsteling-habitat die Tafelberg Nasionale Park begin uitwyk het.

Verlede maand het Paul Cluver, wynboer en natuurliefhebber van Elgin, my na Murray Weiner se gasteplaas, Porcupine Hills, naby Botrivier geneem. Hier kan jy in sy onthaalkamer se deur staan en uitskyk op die nes van n witkruisarend hoog teen die kranse.

Die afgelope twee jaar het Lucia Rodrigues van die Percy Fitzpatrick-volinstituut aan die Universiteit van Kaapstad hier twee kuikens gemerk en Murray het beloof om my saam te nooi wanneer sy en dr. Andrew Jenkins vanjaar vir di takie sou terugkeer.

Weens gure weer moes die besoek nog n week uitgestel word en n bekommerde Murray het oor die telefoon opgemerk: Daai kuiken is nou seker so groot soos n kalkoen.

Die groot oggend het uiteindelik aangebreek en ons is met twee voertuie na die agterkant van die kranse.

Kort nadat ons deur die veld begin stap het, bereik ons die rotse en sien drie klipspringers wegskarrel.

Daarna wys Murray my om ver oor n loodregte krans te leun. Seker sowat 60 m laer kon die kuiken op die nes gesien word.

Jenkins het intussen sy toue gereed gekry en kort daarna abseil hy af na die nes. Hy vra ons om mooi dop te hou om te sien of die kuiken dalk nie sal begin vlieg nie. As dit sou gebeur, moes hy weer gevang word.

Die kuiken het soos n houtpop bly sit. Jenkins het hom in n rugsak gedruk, toegeknoop en weer na bo gekom waar Lucia gereed gestaan het om hom te weeg, meet en te merk op sy vlerke met geel plaatjies met sy nommer: Y008.

Die kuiken was baie rustig. Sy ouers het ook voor ons aankoms gewyk en is glad nie tydens die hele operasie gesien nie.

Hierdie nes moet al n paar dekades oud wees. Dit is moeilik om sy ouderdom te skat, maar hier is nie juis ander kranse waar n tweede nes gebou kan word nie, het Lucia ges.

In die Sederberge en Du Toitskloof waar heelwat kranse is, bou n broeipaar op tot vyf verskillende plekke neste oor die jare, het sy bygevoeg.

Die ouderdom van Y008 is geskat op 69 dae op die dag wat hy gemerk is.

Die nes word al sedert 2006 gemonitor, maar in daardie jaar het die kuiken n agt weke uit die nes verdwyn voordat hy gemerk kon word.

Lucia s die kuikens verlaat op die ouderdom van 11 na 13 weke die nes en is dan nog drie maande van hul ouers afhanklik vir kos.

Daarna moet die ouers die jongeling uit die gebied verdryf sodat hy nuwe blyplek kan gaan soek.
Murray vertel dat hy een middag hierdie maneuvers dopgehou het, maar daar was toe ook n ekstra indringer in die lugruim n visarend!

Lucia s so n jongeling beweeg dan geleidelik al verder weg van die nes en begin dan vir homself te sorg.

Een van die interessante dinge van die witkruisarende wat tot nou in die Kaap gemonitor is, is hoe hul voorkeur vir prooi verskil.

Dassies bly die hoofprooi as dit beskikbaar is. In Botrivier se omgewing vang hulle ook tarentaal en soms kolganse.

n Broeipaar by Silwermyn het volgens haar kennis nie skilpaaie, kolganse en selfs patryse gevang nie. Daar is ook net eenkeer oorblyfsels van n mol gevind, terwyl n broeipaar by Langebaan gereeld hul dieet afgewissel het deur skilpaaie en molle (die soort wat molshope in jou tuin maak) te vang.

Ons het verlede jaar vier kuikens gemerk en hierdie broeiseisoen reeds vyf. Deur hul teenwoordigheid en verspreiding te monitor, hoop ons om meer te leer oor hoe ons hulle vir die Kaapse berge kan behou, het Lucia verduidelik.

Aan Gordonsbaai se kant van Sir Lowrys Pas tot by Hangklip is tans net een suksesvolle broeipaar en dit bekommer Lucia.

Ja, daar is ook een broeipaar op die Tafelbergreeks. Dit is een van hulle wat jy dalk oor die Moederstad kan sien sweef as jy van die televisie en jou ander bedrywighede kan wegbreek.


Kyk dan net op - dalk sien jy n swewende arend...
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
tok-tokkie
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1079


Insects: busy little blighters.


« Reply #44 on: September 22, 2009, 01:32:35 PM »

Seagulls (7 of them) were making a hell of a racket above my house yesterday.  I looked up & saw they were mobbing a Black Eagle soaring  above my house - not very high because I live high on the side of Signal Hill.  The eagle carried on as if they were not there at all
Logged
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #45 on: September 22, 2009, 05:18:50 PM »

Daar sweef partykeer 2 voels wat dalk van hulle kan wees, bokant ons plaas, in die Boland-  maar dis baie hoog op teen die kranse, so ons kon nog nooit vir seker identifiseer wat dit is nie.Hulle het verlede jaar `n kuiken groot gemaak wat later vermoedelik op sy eie gegaan het.Hulle maak so `n skree-kras geluid soms. Waarvoor moet `n mens uitkyk van onder af om hom 100% te identifiseer?Lyk nogal soos Selma, maar dalk maak ek `n fout en kon nog nooit met behulp van die voelboeke heeltemal seker maak nie, want het nie altyd die verkyker byderhand nie.

More gaan ek Langebaan toe vir die dag en gaan beslis uitkyk vir Selma-007!
Logged
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #46 on: September 24, 2009, 09:51:43 AM »

White Stripes, ons het gister baie by die quarry-omgewing rondgekyk, maar kon ongelukkig nie vir Selma-hulle sien nie.
 sad
 sad
Logged
Pages: 1 2 [3]   Go Up
Print
Jump to: