Pages: [1] 2   Go Down
Print
Author Topic: Ons wonderlike see vistenk  (Read 13691 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« on: November 07, 2012, 02:46:27 PM »

Ons het aan die begin van die jaar 'n see vistenk op die been gebring. Die ding is wonderlik en gee ons familie ure se plesier.

Ons het allerhande diertjies en spesies in die ding en snaaks genoeg is dit die ander goed, eerder as die vis, wat die interessantste is.

Onder die vis spesies wat ons het / al gehad het is Cob, Kolstert, Geelstert, Harder, Sardiens, Zebra, Inkvis, Blaasoppie en nog ander, kan nie nou als onthou nie.

Dan is daar ook verskeie soorte krap, mossels, 'n oester, pampoentjies, 6 soorte seesterre, verskeie anemone, shrimp en sulke snaakse diertjies wat nog nie geïdentifiseer is nie.

Ons ruil die helfte van die water weekliks met nuwe see water, en dan vang ons familie ook sommer nuwe vissies en diertjies en goed.

Daar is sulke piep klein diertjies wat ons nie eers geweet het ons het gevang nie wat ook in die bak rond beweeg. Nou die dag is daar uit die bloute ook see sterretjies gebore. Ons het hulle net toevallig raak gesien. So klein soos 'n koppie speld. Hulle het darem redelik vinnig begin groei.



Die eintlike rede vir my post is dit. Wat weet julle van anemone? Het julle geweet hulle "loop" ook in 'n bak rond en plaas hulself op die beste plek waar die stroom vir hulle kos bring? En weet julle hoe word hulle meer? Want dit lyk my hulle verdeel!

Ons een anemoon het skielik nou een aand so wyd begin trek in twee rigtings en sowaar, daar verdeel hy en nou is daar twee!





As die goeters in die bak teel en vermeerder lyk dit my darem dis 'n gesonde ekosisteem.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3330



« Reply #1 on: November 07, 2012, 03:11:07 PM »

 Good Post! Good Post!
Logged

RTFM!!!
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #2 on: November 07, 2012, 05:40:20 PM »

Good Post! Good Post!

 I agree I agree
Logged

lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #3 on: November 09, 2012, 06:44:35 PM »

haai blommie....oor die anemoon.

ek glo mens kan baie leer by so vistenk waar jy die goed kan dophou.

hoe groot raak die visse of is hulle ook beperk soos koi vis tot die grootte van die omgewing?
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #4 on: November 09, 2012, 07:48:14 PM »

dis nou interesant...wat voer julle die goeters binne?
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #5 on: November 18, 2012, 09:05:39 PM »

Mekaar Smile

Hulle eet vis kos en natuurlik word daar ook jag gemaak op mekaar. Dit hang maar af van spesie tot spesie. Die anemone vreet vis. Dis ongelooflik hoeveel hulle kan rek om 'n groot vis in te kry. Dan verteer hulle hom of iets en spoeg hom uit. Dan vat die see sterre en pampoentjies hom. Dit wat oorbly vreet die krappe op. So moet die vis van tyd tot tyd weer aangevul word en dit gee ons weer geleentheid om op die strand tussen die poeletjies rond te loop. Was vandag weer daar.

Hulle eet ook mossels, oesters ens.

So lyk ons tenk:



Kyk daai twee anemone bo links. Dis die grote wat verdeel het.

Links onder in die hoek was 'n "bossie" mossels. Hulle het so oop en toe gemaak van tyd tot tyd. Meeste van hulle is nou al uit geëet, asook die leë oester wat in die tenk was. Nou net doppe oor.

Daar is allerhande vis in die tenk. Zebra, Kolstert, Harder ens. Die een in die middel het sulke geel vinne en wit kolle oor sy lyf. Ek dink dis een of ander Steenbras? Kyk ook die klomp klein vissies wat in 'n skool swem bo. Dis die "live bait" / kos. Smile Hulle sal op raak so na Woensdag / Donderdag toe.

Maar soos ek gesê het, dis die ander goeters in die tenk wat die interessantste is. Check hier:



Die ding is so skulplose slak. Hy loop maar so in die bak rond. Weet nie wat hy eet nie. Hou seker die ruite skoon. Smile Hulle word nogal groot. Vandag een in 'n poel gesien so groot soos my voorarm. Shocked Weet iemand meer van die slak?

Volgende keer kom vertel ek weer van iets anders. Big Grin
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #6 on: November 18, 2012, 09:49:38 PM »

Daai slak is 'n "sea hare" ( see haas)

Hier is meer inligting van hulle

https://www.google.co.za/search?client=opera&q=sea+hare&sourceid=opera&ie=utf-8&oe=utf-8&channel=suggest


hiers 'n foto van een wat ek by Steenkoolfontein gesien het. Lyk in die water of hy 2 vlerke op sy rug het.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #7 on: November 19, 2012, 12:35:42 PM »

Dankie lox!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #8 on: December 25, 2012, 08:09:51 AM »

Hoe hou jy die water skoon. Met vars seewater nou en dan of net filters ens.?
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #9 on: December 26, 2012, 02:32:37 PM »


Ons ruil die helfte van die water weekliks met nuwe see water, en dan vang ons familie ook sommer nuwe vissies en diertjies en goed.



Hoe hou jy die water skoon. Met vars seewater nou en dan of net filters ens.?



Ons ruil die helfte van die water weekliks met nuwe see water, en dan vang ons familie ook sommer nuwe vissies en diertjies en goed.

 Smile
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #10 on: December 28, 2012, 11:45:36 AM »

Help!

Wat is die? Dis so snaakse plat ding wat onder in die bak lê. As hy swem, lyk dit soos 'n kombers wat waai. Scratch

Jammer vir die swak fotos dis moeilik om deur glas en water 'n bewegende ding af te neem.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #11 on: December 28, 2012, 11:47:26 AM »

En wat is die? Hulle is so half deurskynend en lys soos 'n soort prawn?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #12 on: December 28, 2012, 11:49:29 AM »

En moet nou nie lag nie, maar die visse met die geel sterte - dis Geelsterte ne? Smile
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6901



« Reply #13 on: December 28, 2012, 11:52:42 AM »

Daardie is 'n Ghost shrimp of ook bekend as 'n Glass shrimp.

Dit behoort aan die Palaemonetes familie.



Laat ek 'n voorspelling waag......................jy het dit by die rivier gevang en die water was so effe
brakkerig of selfs vars water ?  Wink
Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #14 on: December 28, 2012, 11:55:39 AM »

Nee ons vang hulle ook in die poele. Ons like hulle maar hulle hou nie lank in die bak nie dan is hulle opgevreet.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6901



« Reply #15 on: December 28, 2012, 12:01:58 PM »

https://www.google.co.za/#hl=en&sugexp=les%3B&gs_rn=1&gs_ri=hp&tok=dDCbMyqqAhqLUEvz2YeJGg&cp=9&gs_id=ag&xhr=t&q=glass+shrimp&pf=p&safe=off&tbo=d&output=search&sclient=psy-ab&oq=glass+shr&gs_l=&pbx=1&bav=on.2,or.r_gc.r_pw.r_cp.r_qf.&bvm=bv.1355534169,d.d2k&fp=b21b4374209baa2b&bpcl=40096503&biw=1366&bih=667

Hier is info op Google oor hulle.



Dis baie weird op hulle in die poele te vind, maar hulle het seker aangepas in die harder seewater.
Hulle leef gewoonlik in die lang gras langs die riviere baie naby of direk by seemondings.
Daar waar jou kinders altyd visvang is die ideale omstandighede vir hulle.


Dis baie goed om hulle in die tenk te hê al vreet die visse hulle op.
Hulle is erg sensitief vir nitriet in die water en sodra daar te veel nitriet ontwikkel in die water
sal hulle eerste vrek...........lank voor die visse.

As jy dalk nie weet nie, nitriet vorm vanaf die visse se uitskeidings in die water.
Sou hulle vrek, moet jy baie vinnig vars seewater byvoeg/gedeeltelik vervang anders sal die ander
lewende organismes (visse ingesluit) geaffekteer word.
Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #16 on: December 28, 2012, 12:02:26 PM »

Inderdaad! Dankie Oppie! A1

http://www.aquaticcommunity.com/inv/ghostshrimp.php
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #17 on: December 28, 2012, 12:05:29 PM »

Ja nee ons vervang weekliks water.

Ons het al twee keer dit nie gedoen nie. Eenkeer twee weke gegaan voor ons geruil het en dit was fine. Eenkeer drie weke en toe het goeters begin vrek. So ons weet nou waar die limit is.

Die weeklikse ding werk goed. Elke 2de week is daar 'n spring laag en dan vang ons lekker baie goeters.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6901



« Reply #18 on: December 28, 2012, 12:06:27 PM »

Help!

Wat is die? Dis so snaakse plat ding wat onder in die bak lê. As hy swem, lyk dit soos 'n kombers wat waai. Scratch

Jammer vir die swak fotos dis moeilik om deur glas en water 'n bewegende ding af te neem.


Daai lyk vir my na 'n tipe Nudibrach spesie.
Dis basies 'n tipe naak seeslak (sonder dop)
Die foto is nie baie duidelik nie, maar dit lyk so.
Nudibrach het ongelooflik baie spesies en variateite.
Wees egter gewaarsku..............moet hulle nie met die kaalhand hanteer nie. Hulle is ongelooflik GIFTIG !!

Hier is foto's van die Nudibrach op Google.
Die helder kleure kom in die tropiese gebiede voor.
https://www.google.co.za/search?hl=en&sugexp=les%3B&gs_rn=1&gs_ri=hp&tok=bJ61W4QUBZsMys0jwVHElQ&cp=5&gs_id=fx&xhr=t&q=nudibranch&safe=off&bav=on.2,or.r_gc.r_pw.r_cp.r_qf.&bvm=bv.1355534169,d.d2k&bpcl=40096503&biw=1366&bih=667&um=1&ie=UTF-8&tbm=isch&source=og&sa=N&tab=wi&ei=Z27dUNiNC_K00QX_t4CYBA
Logged

Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6901



« Reply #19 on: December 28, 2012, 12:07:51 PM »

Het jy 'n heater in die tenk ?

Hulle sal tipies hou van water wat so 20 -23 grade Celsius is.

Indien dit kouer is, sal die goed mettertyd vrek..............veral die anemone.
Logged

Pages: [1] 2   Go Up
Print
Jump to: