Pages: [1] 2 3 4   Go Down
Print
Author Topic: SUID-KAAP: Choo-Tjoe dalk weer na Knysna  (Read 30561 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« on: May 16, 2008, 10:47:07 PM »

KNYSNA. – Daar is lig aan die einde van die Outeniqua Choo-Tjoe-tonnel.



Me. Lynne Brown, Wes-Kaapse minister van finansies en toerisme, het na afloop van ’n vergadering met Transnet en me. Eleanore Bouw-Spies, burgemeester van Knysna, aangedui haar departement sal alles doen om die stoomtrein weer op dreef te kry.

Die ikoon van die Suid-Kaap het in Augustus 2006 ontspoor nadat die spoorlyn tussen George en Knysna dermate beskadig is dat dit miljoene rande sal kos om te herstel. “Dit sal sowat R100 miljoen kos om die spoorlyn tussen George en Knysna te herstel,” het Brown vroeër gesê. Dié koste sal die opknapping van die afgeleefde waens insluit.

Me. Maria Ramos, Transnet se hoofbestuurder, het intussen aangedui dié semistaatsinstelling stel nie in die herstel van die spoorlyn belang nie. “Die Choo-Tjoe is ’n wonderlike bate en gawe mense werk daarmee, maar dis nie ons kernbesigheid nie.” Transnet fokus ná transformasie op die vervoer van goedere, pypleidings en hawens. Transnet het egter aangedui dat hy die spoorlyn steeds in stand sal hou.

Brown meen die ekonomiese waarde van die Choo-Tjoe vir die plaaslike gemeenskappe kan nie geïgnoreer word nie. Sy het ’n projekbestuurder aangestel om ’n sakeplan saam te stel vir die trein wat sedert verlede jaar tussen George en Mosselbaai loop. Wanneer die sakeplan in werking gestel word, sal daar ook gekyk word na ’n sakeplan om die spoorlyn tussen George en Knysna weer oopgestel te kry. Sy het ook ’n bestuurskomitee aangestel uit verteenwoordigers van Transnet, die betrokke munisipaliteite, die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling en die provinsiale tesourie. Daar sal ook vir openbare deelname voorsiening gemaak word.

Mnr. Johan Coetzee, eienaar van die Grotto-restaurant in ’n grot naby die spoorbrug oor die Kaaimansrivier, het gesê hy sal sy onder­neming weer aan die gang kry as die lyn weer oopgestel word. ’n Rotsstorting het toegang tot die grot op die spoorlyn afgesny en die restaurant moes toemaak. “Ek het baie skade gely aan ontwikkelingskoste en die versekering het net die inhoud vervang. Ons is al amper twee jaar toe en ons sal die onderneming weer van voor af moet opbou.” Mnr. Rob Drummond, eienaar van Tranc 29 op die ou Wildernisstasie, het gesê toerisme is die “grootste volhoubare bedryf in die Suid-Kaap en dié nuus is fantasties”. Dié restaurant was sedert Augustus 2006 net gedurende die somermaande oop.

TISHA STEYN
15/05/2008 09:49:40 PM - (SA)
http://www.dieburger.com/Stories/News/Regions/17.0.447559969.aspx

Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6676



« Reply #1 on: May 18, 2008, 12:48:16 AM »

I have riden the train between Knysna and George a few times. Each time was totally different. I suppose the view is different both ways even though it is the same. The scenery is also ever changing. We have a container with soot from the CHOO CHOO while on honeymoon. Scored major points with the wife for that train trip.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4944



« Reply #2 on: May 18, 2008, 10:05:15 AM »

 Clap Clap Clap
Het ook self die trein rit mee gemaak en sal dit enige dag weer doen as dit oop is.  Die roete is ongelooflik.  Wonderlik dat hulle dit oorweeg om dit weer reg te maak.
Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #3 on: September 25, 2008, 08:09:52 AM »

Ander plan met bekende Suid-Kaapse stoomtrein
TISHA STEYN
21/09/2008 10:06:04 PM - (SA)

Sakelui in die Suid-Kaap begin nou ander sakemodelle voorlê om die Outeniqua Choo-Tjoe terug te kry op die spoor na Knysna.

“Die Choo-Tjoe is die enigste stoomtrein ter wêreld wat nog op ’n vaste grondslag geloop het,” het mnr. Allan McVitty, ’n bewaringskundige van Knysna, gister gesê. Oorstromings in Augustus 2006 het die treinspoor tussen George en Knysna só beskadig dat die diens afgeskaf is.

Intussen is ’n diens tussen ­George en Mosselbaai ingestel, maar dié plan begin na bewering skipbreuk ly. Volgens die kaartjieskantoor by die Transnet Erfenismuseum is die verkope baie wisselvallig. Die trein loop net wanneer genoeg kaartjies verkoop word.

Die huidige diens is een van twee sakemodelle wat deur belanghebbendes voorgelê is aan projekleiers wat aangestel is deur me. Lynne Browne, tans provinsiale premier en destyds provinsiale minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme. Mnr. Garth Strachan het intussen by haar oorgeneem.

Die tweede sakeplan behels ’n gereelde diens van Wildernis na Knysna. “Omdat die trein in die verlede op vasgestelde tye vertrek het, kon toeroperateurs dit by hul toerplanne insluit,” het McVitty gesê. Om die spoorlyn tussen George en Knysna te herstel, sal sowat R135 miljoen kos, in vergelyking met R20 miljoen om die lyn tussen Wildernis en Knysna te herstel.

Volgens McVitty sal die korter roete, die laer aanvangskapitaal wat nodig is, en kaartjieverkope vir meer as een reis per dag, ’n wins toon. “Daar moet duidelik gestel word dat die ondersoek gedoen word na die lewensvatbaarste uitweg om die trein te laat voortbestaan. Dit gaan nie oor kompetisie tussen Knysna en Mosselbaai nie.”
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #4 on: September 25, 2008, 08:14:24 AM »

Wat jammer is, is dat die roete tussen Wildernis en Knysna die tonnel en Kaaimans brug sal uitsluit.

Ek wonder ook hoe hulle nogal die trein van George aan die Wildernis kant gaan kry? Die lyn tussen George en Wildernis is erg beskadig.





Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6676



« Reply #5 on: September 26, 2008, 09:36:08 AM »

Daai sleepers is 'n paar rand werd. Hulle sal seker die trein per pad vervoer.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #6 on: September 26, 2008, 09:41:19 AM »

Deur Kaaimans? Aikona.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6676



« Reply #7 on: September 26, 2008, 10:39:07 AM »

They will have to close the road.  Remember, those truck articulate both at the front and the rear. It must just reach forwars enough to smash the speed camera mounted against the hill on the first turn.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #8 on: January 17, 2009, 09:20:12 AM »

Lot van gewilde Choo-Tjoe gou bekend gemaak

George. - Die lot van die Outeniqua Choo-Tjoe kan dalk al teen die einde van die maand bepaal word wanneer ’n verslag deur ’n private konsultant aan die Wes-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme voorgelê word.

Die roete tussen George en Knysna is gesluit sedert ’n rampvloed in Augustus 2006 die spoorlyn onbegaanbaar gemaak het en die trein loop sedertdien tussen George en Mosselbaai. “Arcus Gibb, ’n onafhanklike konsultant van Kaapstad, is aangestel om ’n sakeplan vir dié toerisme-ikoon saam te stel,” het mnr. Rod Douglas, adjunkdirekteur van die departement, vroeër vandeesweek gesê.

Volgens Douglas is die konsultant aangestel om volledig navorsing te doen oor die moontlikhede en finansiële implikasies daarvan om die spoorlyn tussen George en Knysna te herstel. “Indien die herstel van die spoorlyn finansieel onmoontlik is, sal hulle ook kyk na ander opsies, soos om die roete tussen Victoriabaai en Knysna te omskep in ’n voetslaan- en fietsryroete.”

Tonne rots en grond wat tydens die vloede in 2006 op die spoorlyn tussen Victoriabaai en Wildernis beland het, lê nog net so. Latere stortings op die waterpyplyn wat sedert 2006 langs die spoorlyn gelê is, dui ook daarop dat die helling onderkant die N2 in Kaaimanspas steeds nie stabiel is nie.

Tekens van die drukking en spanning is sigbaar in die vorm van skade aan die betonkeermuur wat die spoorlyn ondersteun reg langs die wêreldbekende brug oor die Kaaimansriviermond. Volgens Douglas sal die konsultant die departement op 28 Januarie toelig, waarna rolspelers in die Suid-Kaap op ’n geslote vergadering op 30 Januarie ingelig sal word oor die bevindings.

Die stoomtrein is ’n oorblyfsel van die treinbedryf wat vroeg in die vorige eeu in die Suid-Kaap en Klein-Karoo gevestig is ter wille van boerderybedrywighede. Aanvanklik is ossewaens gebruik om die produkte tussen die Klein-Karoo en Mosselbaai se hawe te vervoer, maar die togte deur die Attakwa- en Robinsonpas was moeisaam en gevaarlik.

Die houtbedryf langs die kus het ook ’n spoor tussen George en Knysna geverg, en die lyn, wat later deur die Choo-Tjoe bekend gemaak is, is omstreeks 1927 voltooi.



http://www.dieburger.com/Stories/Streek/SuidKaap/19.0.1221687962.aspx
« Last Edit: January 17, 2009, 01:23:39 PM by Trailrider » Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #9 on: January 17, 2009, 01:15:06 PM »

Dis jammer,maar ek dink nie die trein gaan ooit weer loop op daai stukkie spoor nie  Angry
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6676



« Reply #10 on: January 18, 2009, 01:12:21 PM »

Lets hope funds are made available to continue the train.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4944



« Reply #11 on: February 18, 2009, 09:26:36 PM »

Minister vra vir geduld oor trein se toekoms
TISHA STEYN
16/02/2009 09:43:06 PM - (SA)

George. - Inwoners van die Suid-Kaap is gister gemaan om geduldig te wees terwyl daar oor die toekoms van die Outeniqua Choo-Tjoe besluit word.


“Ek verstaan waarom inwoners van die Suid-Kaap baie geïnteresseerd is in die toekoms van die Outeniqua Choo-Tjoe,” het mnr. Garth Strachan, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, gister gesê en die stilte oor die toekoms van die toerisme-ikoon van die Suid-Kaap verbreek.


“Ek versoek inwoners van die Suid-Kaap om geduldig te wees terwyl ons die bes moontlike toekoms vir die Outeniqua Choo-Tjoe beding met inagneming van al die feite. Ons moet seker maak dat daar met omsigtigheid oor die trein se toekoms besluit word. Daarom heroorweeg die komitee wat aangestel is om die ondersoek te doen, twee sakeplanne wat onlangs op ’n vergadering aan rolspelers voorgelê is.”


Volgens Strachan sal die komitee en die diensverskaffer (Arcus Gibb) die moontlikhede noukeurig oorweeg voordat aanbevelings gemaak word wat hy aan Transnet, die eienaar wat tans die trein bedryf, sal voorlê.


Strachan het Vrydag erken dat die stoomtrein, die enigste ter wêreld wat nog gereeld volgens ’n rooster loop, teen die einde van Maart ook nie meer Mosselbaai toe sal loop nie.


Hy het ook gesê dat hy die rolspelers nog drie maande gegee het om die sakeplanne te heroorweeg.

Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
R-O-V-Rat
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3433


Mehtuselah.


« Reply #12 on: February 18, 2009, 09:38:54 PM »

Go Choo-Tjoe go!!!!
Logged

AKA Rowwerot
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #13 on: April 21, 2009, 12:48:20 PM »

Transnet stop Outeniqua Choo-Tjoe in sy spore weens bedryfsverlies
TISHA STEYN
17/04/2009 07:59:16 PM - (SA)

George. - Transnet gaan op 30 Junie ophou om die Outeniqua Choo-Tjoe te ­bedryf.

“Uit ’n besigheidsoogpunt is dit die regte besluit,” het mnr. Kobus Volschenk, wat dié toerisme-ikoon van die Suid-Kaap uit die Erfenistrust se vervoermuseum in George bestuur, gister gesê. “Die trein kan nie teen ’n verlies loop nie. Maar uit ’n toerisme-oogpunt is dit nie goed nie.”

Volschenk het gesê vir hom persoonlik sal dit ’n hartseerdag wees as die trein moet ophou loop. “Ons kom ’n lang pad saam met die trein sedert die diens in 1993 tussen ­George en Knysna ingestel is. “Ons is van die eerstes wat daarby betrokke geraak het, en dit word deel van ’n mens se lewe. Ons was deel van die opbouproses – tot die vloede die spoor tussen George en Knysna beskadig het. “Maar ’n mens moet realisties wees: Jou persoonlike gevoelens gaan nie die prentjie verander nie. Dit gaan nie geld in die bank sit nie.”

Die vloede in 2006 het die spoorlyn tussen George en Knysna sodanig beskadig dat die diens opgeskort is. Die trein loop tans weekdae tussen George en Mosselbaai, maar van 1 Mei net op Vrydae. Tensy ’n ander operateur gevind word, is die laaste fluit van die stoomtrein op 30 Junie finaal uit. “Die bal is in mnr. Garth Strachan, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, se hande. Daar word gesoek na private instansies wat die trein saam met die regering kan bedryf, maar omdat hierdie onderhandelings op ’n hoë vlak plaasvind, weet ons aan die bedryfskant niks. “Al wat ons vir seker weet, is dat Transnet hom onttrek. Niemand wat met die Choo-Tjoe werk, is in kennis gestel dat hulle hul werk gaan verloor nie.”

Intussen ry onsekerheid oor die toekoms van die trein besprekings in die wiele. “Toeroperateurs en toeriste wil nie van die trein gebruik maak nie, want dit is nie seker of die diens hoegenaamd gaan voortbestaan nie. “Ons weet nie wie, indien enig­iemand, gaan oorneem nie. Ons weet nie of die tydrooster of pryse gaan verander nie.”

Om dié rede is ’n vrywaringsbrief aan toeroperateurs en ander toeriste-instansies gestuur waarin uiteengesit word dat Transnet van 1 Julie af nie aanspreeklik gehou kan word vir verliese, skade of kostes as gevolg van wysigings of kansellasies nie. In die brief word ook gepleit vir voortgesette ondersteuning van die Choo-Tjoe.

http://www.dieburger.com/Stories/Streek/SuidKaap/19.0.1473337355.aspx
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #14 on: July 01, 2009, 08:19:28 AM »

Trein se einde nuus in Londen
TISHA STEYN
30/06/2009 10:51:37 PM - (SA)

George. - Die laaste tog van die Outeniqua Choo-Tjoe het tot in Europa opslae gemaak.

“Die laaste geskeduleerde stoomtrein in Afrika het gister die laaste keer geloop nadat vloede en grondstortings dit te duur gemaak het,” het The ­Times in Londen Saterdag berig. Luidens die berig het die Choo-Tjoe, wat lokomotiewe gebruik het wat in Brittanje vervaardig is, duisende Britse stoomentoesiaste gelok vir ’n reis deur die asemrowendste landskappe in die land.

Die koerant berig voorts dat die koste van onderhoud van die roete oor 42 myl van George na Mosselbaai te duur geword het vir Transnet, die eienaar van die trein. “Tensy ’n nuwe finansiële vennoot aan boord kom, sal daar nie meer ’n gereelde stoomtrein op die spoor loop nie. Dit sal ’n einde bring aan die trotse tradisie van stoom op die kontinent waar Cecil Rhodes op sy dag planne gehad het vir ’n spoorlyn van die Kaap tot in Kaïro.”

Volgens mnr. Chris Janisch van die Heritage Rail Associa­tion of South Africa is dit “tragies vir stoomentoesiaste en toerisme”. “Die Outeniqua Choo-Tjoe lok jaarliks duisende toeriste wat baie geld hier uitgee. Nie net die trein nie, maar die gastehuise, restaurante en ander sakeondernemings maak staat op die geld wat toerisme inbring. Britse entoesiaste is jammer om te hoor die trein loop nie meer nie.”

Die trein het in 1907 hier begin loop en die spoor na Knysna is 21 jaar later gelê. Die stoomtrein het tot 115 000 toeriste – die meeste van hulle uit die buiteland – per jaar vervoer.

Die spoor tussen George en Knysna is in Augustus 2006 sodanig beskadig deur vloede dat die diens daarheen opgeskort moes word. Dit is kort daarna ingestel as ’n gereelde roete tussen George en Mosselbaai, totdat Transnet dit finaal op 30 Junie opgeskort het. Mnr. Neels Zietsman, voorsitter van Mosselbaai Toerisme, het gister gesê dit is ’n groot teleurstelling dat die trein nie meer loop nie.

“Ons het baie moeite gedoen om die trein hier te kry en dit gaan ons sleg raak as dit nooit weer loop nie.”

Volgens die toerismekantoor is daar ’n toeloop van mense wat kom vra of dit waar is.

http://www.dieburger.com/Stories/Streek/SuidKaap/19.0.1666019615.aspx
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #15 on: July 01, 2009, 10:18:39 AM »

 sad

Hoekom gaan alles nou onder?
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #16 on: July 11, 2009, 07:56:31 AM »

Choo-Tjoe sal danksy Transnet-ingryping loop totdat private instelling oorneem



George. - Die Outeniqua Choo-Tjoe sal ná ’n maand van instandhouding weer op 1 Augustus terug wees op die spoor.

“Transnet het ingestem om die trein te laat loop totdat ’n private instelling dit kan oorneem,” het mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese ontwikkeling, gister gesê ná ’n vergadering in Johannesburg met mnr. Karl Socikwa, Transnet se groep- uitvoerende bestuurder.

“Transnet gaan binne die volgende ses tot agt weke al die inligting oor die bates bymekaarsit sodat ’n private belangstellende party presies weet waarvoor hy hom inlaat.”

Die inligting, sowel as die verslag oor ’n ondersoek wat deur Arcus Gibb gedoen is oor die voortbestaan van die trein, sal einde Augustus of vroeg September op ’n vergadering in George aan alle belangstellendes beskikbaar gestel word. “Op die inligtingsvergadering sal ons en Transnet mense en instellings – hetsy private individue, ondernemings of mense in die toerismebedryf wat belangstel om die Choo-Tjoe oor te neem – toespreek en vrae beantwoord.

“Daar sal ook ’n datum vasgestel word wanneer sakeplanne deur belangstellendes voorgelê moet word. Transnet het onderneem om die Choo-Tjoe te laat loop totdat dit deur ’n ander party oorgeneem word.”

In teenstelling met sy voorgangers verskaf Winde, wat op 8 Mei ingehuldig is, vryelik inligting en het vandeesweek ook die eerste Outeniqua Choo-Tjoe-nuusbrief die lig laat sien.

“Die nuusbrief het ontstaan na aanleiding van al die navrae sedert die trein op 26 Junie tot stilstand gekom het ná ’n vroeëre aankondiging van Transnet.

“Ek glo die publiek sal tot die trein se redding kom en die provinsiale regering is meer as gewillig om ’n fasiliterende rol te speel solank dit nodig is om die trein terug te kry op die spoor.”

Lede van die publiek wat insette wil lewer oor hoe die trein gered kan word, kan Winde se departement bel by 021 483 3531, of e-pos stuur na finmin@pgwc.gov. za.

http://www.dieburger.com/Stories/Streek/SuidKaap/19.0.1693265211.aspx
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #17 on: August 25, 2010, 11:37:32 AM »

Choo-Tjoe se dae is getel as ’n redder nie gou na vore tree

Hoewel Transnet gister aangekondig het dat die bekende Choo-Tjoe-trein in die Suid-Kaap se dae getel is, is daar tog nog ’n buitekans dat hy gered kan word.

Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het aan Die Burger gesê hy onderhandel met Transnet om die spoorlyn tussen George en Knysna, en die trein self, aan die Wes-Kaapse provinsiale regering beskikbaar stel.

As dit gebeur, sal hy dan in samewerking met die private sektor ’n plan uitwerk om die trein steeds in bedryf te hou. Hy wag nou dat die onderhandelings afgehandel word.

Daar is betroubaar verneem dat geen finale datum nog bepaal is vir die laaste rit nie.

Tans loop die trein nog volgens skedule, afhangend van of daar genoeg ondersteuning is.

’n Rit is vir Vrydag geskeduleer. Vanaf 1 September loop hy elke Maandag, Woensdag en Vrydag in die oggend tussen George en Mosselbaai en in die middag terug.

Luidens die Transnet-verklaring is die diens tussen George en Mosselbaai weer sedert 2007 in bedryf. Daarna is begin met ’n openbare tenderproses om te kyk of ’n nuwe bedryfsoperateur gevind kon word.

Ongelukkig kon so ’n persoon of instansie nie gevind word nie en Transnet het geen ander keuse as om die diens te staak nie.

Die Outeniekwa-vervoermuseum in George se deure sal wel oop bly vir die publiek.

Die George-Mosselbaai-spoorlyn is deel van die Suid-Kaapse spoorlyne. Dit is geïdentifiseer as ’n projek wat deur ’n private operateur bedryf kan word.

Dit word gedoen deur ’n openbare proses en nog aankondigings kan binnekort gedoen word.

Transnet het in die verklaring bevestig hy het gesprekke met Winde gevoer oor die deel van die spoorlyn tussen George en Knysna. Dit is in die 2006-vloede erg beskadig.

Die voorneme is om toerisme-moontlikhede en ander geleenthede te ontsluit deur die betrokkenheid van die Wes-Kaapse regering. Meer sal later hieroor bekend gemaak word.

Winde het benadruk alles is nie verlore nie. Hy is vasbeslote om die trein te red.

Sedert die trein tussen tussen George en Mosselbaai loop, het dit verskeie ekonomiese voordele vir die streek verseker.

Winde het gesê as die Choo-Tjoe gestaak word, sal dit ’n groot verlies vir die toerismebedryf wees. “Ek wil die saak oplos.”

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Choo-Tjoe-se-dae-is-getel-as-n-redder-nie-gou-na-vore-tree-20100825
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #18 on: September 12, 2010, 02:39:31 PM »

Choo-Tjoe: Mosselbaai neem drastiese stappe

Die Mosselbaai-gemeenskap het tot aksie oorgegaan om te probeer om die Outeniqua Choo-Tjoe te red nadat die beëindiging van dié diens verlede maand aangekondig is.

Dit volg op ‘n vergadering tussen Transnet, die Mosselbaai Toerismeraad, verteenwoordigers van die Mosselbaai Munisipaliteit en plaaslike besigheidspersone.

Die vergadering is beroep sodat Transnet kon verduidelik wat die prosedures en redes vir die besluit was om die diens te staak wat op die George-/Mosselbaailyn geloop het sedert vloede in 2006 die George-/Knysnalyn toegemaak het.
"By ‘n daaropvolgende vergadering, wat later die middag plaasgevind het, is besluit om ‘n dringende vergadering met die waarnemende hoof-uitvoerende beampte van Transnet (Edms) Bpk, mnr Chris Wells, te belê," sê Mosselbaai Toerisme se voorsitter van die raad, Neels Zietsman.

Volgens hom het Transnet, voordat besluit is om die diens toe te maak, twee tenders vir die bedryf van die Choo-Tjoe oorweeg, maar daar kon nie aan een van die maatskappy se vereistes om dit as ‘n geheel-besigheid te bedryf, voldoen word nie.

"Een van die tenderaars, Classic Rail Preservation (Edms) Bpk het intussen aangebied om die die Choo-Tjoe op die lyn tussen Mosselbaai-stasie en Hartenbos as ‘n toeriste-aantrekking en trein vir pendelaars te bedryf en al die partye teenwoordig. het hul onvoorwaardelike ondersteuning aan dié voorstel gegee," aldus mnr Zietsman.

Mosselbaai se burgemeester, raadsdame Marie Ferreira sê: "Die onlangse aankondiging dat Transnet sy bedryf van die Outeniqua Choo-Tjoe tussen Mosselbaai en George op 17 September gaan staak, het as ‘n groot teleurstelling gekom en is dit ‘n saak van groot bekommernis vir die Raad, die Munisipaliteit en die Mosselbaai-gemeenskap - nie net oor die historiese waarde van die trein nie, maar ook oor die negatiewe impak wat die staking van dié diens op die plaaslike ekonomie sal hê.

"By my bestaan daar geen twyfel dat, vanuit ‘n Transnet oogpunt, die besluit goed oorweeg was en dat dit op beide ekonomiese lewensvatbaarheid in sy huidige vorm, asook op die maatskappy se verklaarde mikpunt om op sy hoof-besigheid van vragvervoer te kan fokus, gebaseer is nie.
"Maar, terwyl ek die besluit ten volle respekteer, wil ek nogtans vertoë aan die maatskappy rig om die uitfasering van die diens oor ‘n langer tydperk te laat strek, sodat dit met die einde van die huidige toerisme-seisoen, wat einde April 2011 eindig, sal saamval.

"Talle internasionale toeroperateurs, onbewus dat die diens binnekort staak, het die Outeniqua Choo-Tjoe reeds in hul pakkette vir hierdie seisoen ingesluit. Hierdie periode sluit die vakansieseisoen aan die einde van die jaar in wanneer duisende vakansiegangers en daarom potensiële kliënte van die Choo-Tjoe, na die gebied stroom."
Mnr Zietsman sê dat só ‘n reëling die nodige ekstra tyd sal koop waarin ander planne gemaak kan word en dat Classic Rail ander belangstellende partye genooi het om saam met hom in die voorgestelde projek te deel, wat, hy sê, die potensiaal het om Mosselbaai se grootste aantrekkingskrag kan word asook om ’n daadwerklike bydrae tot die plaaslike ekonomie te maak.

"Dit sal Mosselbaai as ‘n onmisbare bestemming vir toeroperateurs posisioneer," sê hy.
"Dit gee ook spesifieke aandag aan die staat se vereistes vir breedvoerige swart ekonomiese bemagtiging en sal verskeie uitdagings wat die dorp in die gesig staar, oplos - soos om werksgeleenthede te skep, asook die groeiende probleem van verkeersophoping wat gedurende die somervakansie plaasvind," sê hy.
Hy sê ook dat die venster van geleentheid klein is en dat vinnige aksie daarom nodig is.
"Ons moet alles moontlik doen om te verseker dat die stoomtreindiens behoue bly - nie net vir Mosselbaai nie, maar ook vir die land as ‘n geheel."

Artikel verskaf deur die Mossel Bay Advertiser, susterkoerant van die George Herald.

http://www.georgeherald.com/news.aspx?id=2097
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Berm_Rooster
Regular
*
Offline Offline

Posts: 41



« Reply #19 on: September 12, 2010, 09:25:44 PM »

Ek dink dit is baie beangrik dat iemand seker maak dat die trein nie doodloop nie. Al is dit net die CAW CBS roete. C sal gaaf wees, maar iet is beter as niks.

Ek hoop hulle kry Transnet ge-oortuig om uit te hou tot na die vakansie. Dit maak die meeste sin.
Logged
Pages: [1] 2 3 4   Go Up
Print
Jump to: