Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Eish.........Philemon  (Read 1744 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« on: January 31, 2013, 09:33:53 PM »

Warning language

"Hallo baas Rod. Dis Philemon, die gardenboy op jou plaas. Ek probeer jou al dae lank innie hande kry.”

“Hallo Philemon. Wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?”

“Um. Ek bel net om te vertel die baas se papagaai is dood.”

“My papagaai? Dood? Die een wat die nasionale kompetisie gewen het?”

“Yebo. Dis hy daai.”

“Deksels, dis nou jammer. Ek het ‘n klein fortuin op daardie voël spandeer. Waaraan is hy dood?”

“Hy het vrot vleis ge-eet baas Rod.”

“Vrot vleis? Wie't hom faarken vrot vleis gegee?”

“Niemand nie baas Rod. Hy het die vleis van die dooie perd ge-eet.”

“Dooie perd? Watter dooie faarken perd?”

“Die thoroughbred baas Rod.”

“My pryswenner perd is dood?”

“Yebo. Hy’s dood van al die harde werk om die waterkar te trek.”

“Is jy nou gerook? Watter waterkar?”

“Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak, baas Rod.”

“Goeie moer man, van watse vuur praat jy?”

“Die een in jou huis baas Rod. Die kers, hy het geval en die gordyne aan die brand gesteek.”

“Watte donner…Wil jy nou sê die huis het afgebrand deur ‘n kers wat omgedonder het?”

“Yebo.”

“Maar daar’s mos faarken elektrisiteit by die huis. Waarvoor het die kers gebrand?”

“Vir die begrafnis baas Rod.”

“WATTER donderse BEGRAFNIS?”

“Van jou vrou baas Rod. Sy het een aand hier aangekom en vir niemand vertel sy kom nie. Ekket gedog dis ‘n rower, toe slaan ek haar dood met die baas se nuwe vistok.”

STILTE…..

L A N G E R    S T I L T E . . . . .

E I N D E L I K . . .

“Philemon, as jy my faarken visstok gebreek het, moer ek jou dood.
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: