Ek vermoed dat die meeste mense wat stil is, dit so doen omdat hulle uit respek vir onskuldige slagoffers aan weerskante nie aan 'n geskinder en saamraas ding wil deelneem nie. Almal het sekerlik 'n opinie en myne is dat hy so kwaad was dat hy eintlik mal was. In Engels sou jy kon se: "He was mad". Die ongewoon erge reaksie was heel moontlik aangewakker deur die gebruik van alkohol en of dwelms en die moontlikheid dat hy maklik geneig is tot agressiewe optrede was moontlik aangewakker deur die jarelange ontwikkeling van 'n wil om te wen, domineer en presteer en 'n deursettingsvermoe wat baie sterk oorheersend is. Hy is vir jare lank so sielkundig gekondisioneer. Moontlik in so 'n mate dat hy 'n abnormale hoe vlak eiesinnigheid het en 'n geweldig lae vlak van toleransie.
Geen mens wat normaal is sal so iets doen nie. Daar moet 'n skroef los wees. Tydelik of permanent. Feit is dat hy dit gedoen het. Die ding wat op die oomblik maak dat ek dink hy moontlik 'n skurk is, is die weerbarstige ontkenning en blykbare leuens wat sy duur prokureurs namens hom bewoord. As hy vergifnis wil he en enigsins wil aangaan met 'n lewe iewers in die toekoms moet hy onvoorwaardelik om verskoning vra en op die manier ware berou betoon. Anders is sy berou selfgesentreerd en ongeloofwaardig. Hy het na my mening onbewustelik meer berou omdat hy 'n goue loopbaan opgefaark het as dat hy die lewe van 'n jong meisie sumier beëindig het.
Ek voel nie so sterk hieroor dat ek 'n debat wil begin nie en ek kan moontlik verkeerd wees. Dis maar net my gutfeeling.
As ek sy prokureur was het ek van begin af temperory insanity gepleit. Ek weet nie eens of daar so iets is nie, maar ek moet se ek was al partykeer baie befaark en na 'n tyd as ek tot my sinne kom besef ek dat ek geoorreageer het. En ek vul nie eens my testosteroon aan nie!