Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: hoenderhaan  (Read 1678 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: April 04, 2013, 06:43:12 PM »

Daar onder by die bloekomdraai, vlak langs die pad, is die opstal van ‘n boer wat bekend staan as die beflikkerdste, boosaardigste  in die kontrei.
 
Die karweier ry met sy trokkie om die bloekomdraai en trap die boer se hoenderhaan dood.
 
Synde ‘n goed grootgemaakte jongman, besluit die karweier om te gaan bieg, al weet hy dit kan maklik sy laaste dag wees.
 
“Oom, ek is baie jammer maar ek het ‘n groot ongeluk gehad. Ek het jou hoenderhaan doodgery.”
 
Die boer gluur hom aan: “Waarmee ry jy?” wil hy bars weet.
 
“Met ‘n Thames Trader-trokkie, oom. Ek is baie jammer...”
 
“Toe maar, dis niks,” val die boer hom in die rede.
 
“Maar oom, kan ek nie...”
 
“Magtag man, ek het gesê dis niks. As die gedomde haan te sleg is om vir ‘n Thames Trader weg te hol, sal hy in elk geval nie ‘n enkele hen op die werf kan inhardloop nie.”
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: