Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: soms byt 'n hond jou onverwags  (Read 1756 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: June 01, 2013, 08:51:54 AM »

Ras ’n ál groter saak in Europa

    deel 15
    twiet 3


Leopold Scholtz
Vrydag 31 Mei 2013

In Suid-Afrika het die onlangse rasse-onluste in Swede nie veel aandag getrek nie, maar die internasionale pers was vol daarvan. Jong mense wie se afkoms in die Derde Wêreld lê, het massaal die strate ingetrek, motors aan die brand gesteek, winkelvensters stukkend geslaan en geplunder, en die polisie met klippe bestook.

Die vonk in die kruitvat was toe die polisie twee weke gelede ’n immigrant in sy woonstel doodgeskiet het nadat hy glo sy vrou en kinders met ’n mes gedreig het. Die onluste het in die Stockholmse buurt Husby begin, maar het vinnig na ander wyke uitgekring, en van daar na ander stede.

Sake is nou weer min of meer rustig, maar ’n mens kan aanvaar dat dit steeds onder die oppervlak prut.

In my navorsing oor die ANC/SAKP en Swapo se verlede in die jare sewentig en tagtig het die rol van Swede dikwels opgeduik. Swede het ’n leidende rol gespeel om hulp aan die ANC/SAKP en Swapo te verleen. Dit het gewissel van beurse aan swart Suid-Afrikaners en Namibiërs tot inisiatiewe om die destydse Suid-Afrikaanse regering op alle fronte te isoleer.

Suid-Afrikaanse troepe wat aan oorgrens-operasies teen Swapo in Angola deelgeneem het, het dikwels afgekom op Sweedse blikkieskos en propagandamateriaal teen apartheid. Die Swede het hulself gesien as moreel, gewetensvol, aan die kant van die verdruktes – kort duskant heilig.

Getuienis dat die Suider-Afrikaanse “bevrydingsbewegings” andersdenkendes in eie kring gruwelik mishandel en vervolg het, is willens en wetens geïgnoreer. ’n Televisiejoernalis, ene Per Sanders, het selfs leuenagtige dokumentêre programme gemaak oor hoe weermagsoldate in die operasionele gebied na willekeur plunder, vermoor en verkrag.

Swede het sy deure wyd oopgegooi vir die instroming van arm Derdewêreldse immigrante. Die Swede was volgens hulle regtig fantastiese mense en het dikwels op ander, soos die Amerikaners en die wit Suid-Afrikaners, neergekyk.

Maar die praktyk het ’n lelike manier om jou aan die agterkant te byt wanneer jy nie kyk nie. Dit is wat nou in Swede gebeur het.

Luidens ontledings in die internasionale media is 80% van die bevolking in Husby, waar die onluste ontstaan het, immigrante. Gebore Swede wil nie meer daar woon nie en trek weg.

Deel van die probleem is ook dat die immigrante, ondanks die druk van die polities korrekte kultuur, nie deur die gebore Swede aanvaar word nie. Die gemiddelde werkloosheidsyfer in die land is 8%, maar onder jong immigrante het maklik ’n kwart nie werk nie.

Die persentasie jong immigrante wat nie hul skoolopleiding voltooi nie, is toringhoog. En hul eise is hoog.

Soos Dejan Stankovic, die Serwies gebore bestuurder van ’n jeugprogram aan The New York Times gesê het, baie jeugdiges eis van die staat om werk in hul eie woonbuurte aan hulle te verskaf. “Daar is baie mense tussen 20 en 22 wat sê: ‘Ek wil werk hê, ek wil dit nóú hê, en ek wil hier bly.’ Dit is húl probleem, maar hulle maak dit die regering se probleem.”

Ander Europese lande ervaar iets soortgelyks. Twee jaar gelede het Britse stede ontplof. In 2005 het grootskaalse geweldpleging onder immigrante in Clichy-sous-Bois, wat as ’n Paryse township beskryf kan word, uitgebreek. In Duitsland het ’n moedelose bondskanselier Angela Merkel vandeesweek gesê miskien moet nie meer van “integrasie” tussen Duitsers en immigrante gepraat word nie, maar van “deelname en respek”. Dis duidelik dat ook sy nie mooi weet waarheen met die probleem nie.

Dit alles beteken nie dat rassediskriminasie en apartheid die antwoord is nie. Dit beteken wel dat van nuuts af oor die probleem gedink moet word.

• Die skrywer is Media24 se korrespondent in Europa.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26553


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: June 01, 2013, 09:41:53 AM »

Ek wonder ook oor die dinge. Mens mag nie veralgemeen nie, maar tog kan mens duidelik sien wat gaan aan. Dis dieselfde in Amerika. Die slawe is al meer as 'n 100 jaar vry. Die mense daar woon al geslagte in 'n vry Amerika met gelyke geleenthede (daar was ook actually regstellende aksie) selfde skole etc. Die areas met die meeste crime, grootste werkloosheid en meeste "demands" sal ooreenstem met die in Swede.


Ek dink die wêreld is TE polities korrek. Ek braai baie. As iemand grappenderwys se hy gaan my nooi vir ete, hy HET braaivleis, is dit 'n grappie. En so what? Ons mense like mos ons braaivleis. Maar as iemand vir Tiger Woods se hy het gebraaide hoender, dan is dit 'n wêreld skandaal? WTF?

Dis ons witmense wat die probleem is. Ons het dit oor onsself gebring. Ons se maklik vir ons wit kinders jy moet jou vinger uit jou hol uit trek en werk, maar ons durf dit nie vir 'n ander kind se nie want dis verkeerd. Huh? Hoe? Sou dit nie juis die minste diskriminerend wees as ons almal dieselfde behandel het nie?


Ek het op 'n ander onderwerp (oor die weste se ingryping in Moslem lande) 'n baie interessante perspektief raak gelees. Mense is verskillend. 'n Paar honderd jaar terug (en nie baie honderde jare nie) het Konings nog hul vroue se koppe laat af kap as hy so gevoel het. En niemand het geblik of gebloos nie. Ons het intussen ontwikkel en verander, maar hoe wil jy nou volke wat nog nie so ver ontwikkel het soos ander nie, dwing om so te ontwikkel binne 'n jaar? Dit kan nie werk nie.
« Last Edit: June 01, 2013, 09:44:23 AM by Trailrider » Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #2 on: June 01, 2013, 10:41:22 AM »

ek het nou gaan soek op die net, slawerny is in amerika nou 150 jaar afgestel en sommige mense gee steeds slawerny die dkuld vir hulle eie omstandighede nadat, soos jy gesê het, hulle al die voorregte en geleenthede daarna gehad het.
hoe lank sal ons nog hoor aprartheis se skuld.....300 jaar, 500 jaar dlak 1000 jaar.

ja ek dink ook die polities korrek maak meer onkorrek as korrek...maw f...... meer op as wat dit opbou.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #3 on: June 02, 2013, 04:55:11 PM »

I think for some people, blaming apartheid/ slavery etc is the easy option to show the solution to their problems / circumstances.  Instead of looking introspectly and realising that they are doing nothing to better their lives.  It is so much easier to play the blame game than to look to where one can better their own circumstances. That is why we will never toatally get rid of the legacy of apartheid.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3325



« Reply #4 on: June 02, 2013, 06:30:27 PM »

That is why we will never toatally get rid of the legacy of apartheid.

 Good Post! I agree
Logged

RTFM!!!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: