Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: rooibok  (Read 547 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: July 07, 2013, 11:45:30 AM »

Met twee jagluiperds kort op sy hakke het n slim rooibok oor n pad in die Krugerwildtuin gehardloop en deur die oop venster van n 4x4 gespring om te ontsnap.

Di ratse bok se Houdini-agtige ontsnapping is deur Samantha Pittendrigh (20), n student aan die Universiteit van Pretoria (UP), met haar selfoon op video vasgel.

Pittendrigh en drie vriendinne was op n daguitstappie in die wildtuin toe hulle naby die Nkulu-piekniekarea, sowat 20 km van Skukuza, n groep motors in die pad gesien het.

Skielik was daar n hele trop rooibokke wat oor die pad gestorm het. Ons het nie geweet wat aangaan nie. Toe ons weer sien, kom n rooibok uit die bosse met die jagluiperds wat hom jaag en spring deur die bestuurder se oop venster, het Pittendrigh ges.

Volgens haar het een van die jagluiperds dit nie verwag nie en onder die voertuig ingegly terwyl sy makker verstom toegekyk het.

Toe hoor ons net stemme wat skree: Maak die deur oop! Maak die deur oop!

Hulle het die deur aan die passasierskant oopgemaak en die bok het uitgespring en weggehardloop. Die jagluiperds het aan die bestuurder se kant gewag.

Pittendrigh het ges die jagluiperds het nog n paar minute langs die pad gestaan voordat hulle stert tussen die bene die veld ingestap het.

Pittendrigh, wat in Nelspruit woon en die wildtuin gereeld saam met haar gesin besoek, het ges sy het nog nooit so iets gesien nie.

Dit was ongelooflik. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ons was so geskok, ons het begin lag en ons motor se vensters toegemaak omdat ons bang was die jagluiperds besluit dalk om deur ons venster te spring en ons te verslind.

Carmen Thole (20), wat saam met Pittendrigh in die motor was, het ges sy dink nie sy sal in haar leeftyd ooit weer wildtuin toe gaan n so iets sien nie.

Ons was net gelukkig om op die regte plek op die regte tyd te wees.



fotos:

http://www.beeld.com/nuus/2013-07-06-rooibok-kies-eerder-n-enjin-wat-brul#article-image-carousel
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: