Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Tydsones ‘kan beurtkrag keer’  (Read 2404 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26553


Die Bergie...


WWW
« on: July 23, 2013, 11:27:27 AM »



Pretoria. – Die verdeling van die land in twee tydsones is die beste teenvoeter vir dreigende beurtkrag.

Die Capital City Business Chamber (CCBC) stel voor dat Suid-Afrika om die 23ste lengtegraad verdeel word, sê Tom Moodie, voorsitter.

Die deel oos daarvan moet bly soos dit is en in die westelike deel moet horlosies teruggedraai word sodat dit ’n uur agter die res van die land is.

Dit sal die tydperk saans wanneer die vraag na krag die grootste is, uitrek en die piekaanvraag na verwagting laat afneem.

Eskom sê gereeld hy het genoeg krag gedurende die res van die dag, maar saans tussen 17:00 en 21:00, wanneer almal tuiskom, kinders bad en kos kook, is die reserwekrag uiters skraps.

Die groot voordeel van só ’n stap sou wees dat die spitstyd in Kaapstad en die groter Wes-Kaap, wat tussen 25% en 30% van die totale kragaanvraag verteenwoordig, getemper en meer egalig versprei word, sê Moodie.

Die CCBC vra dat ’n taakspan die koste-implikasies en voordele, ook wat dagligbesparing betref, ondersoek.

Mike Rossouw van die groep van intensiewe energiegebruikers sê hy is nie teen die idee gekant nie, maar meen daar is minder drastiese metodes om die aanvraag beter te versprei. Hy waarsku teen onvoorsiene gevolge.

Hy sê die groot aanvraag in spitstyd kom van huishoudings en die tegnologie is reeds beskikbaar om toebehore in individuele huise van ’n afstand af te skakel as dit nodig raak.

Dit sluit in dat huisbewoners ten tyde van so ’n ingryping inligting op ’n skerm in die huis kry oor hoe hul kraggebruik gereguleer word en dat ’n sentrale beheerkamer presies kan sien wat die voordele is as spesifieke toestelle in ’n spesifieke huis, straat of woonbuurt afgeskakel word.

Dié tegnologie is volgens Rossouw in Suid-Afrika ontwikkel en word al twee jaar bespreek, maar die instelling vorder nie weens burokrasie.

Hy sê die koste van die infrastruktuur sal meer as gedek word deur die besparings wat dit teweegbring.

Rossouw meen só ’n stelsel moenie deur Eskom nie, maar deur die tesourie of die departement van energie in bedryf gestel en deur ’n onafhanklike liggaam bestuur word.

André Etzinger, hoof van aanvraagbestuur van Eskom, sê die voorstel vir tydsones is al bespreek, maar die voordeel wat dit inhou, is nie so groot soos wat mense dink nie.

Verder is dit nie ’n besluit wat Eskom kan neem nie – dié gesprek hoort op nasionale vlak en het baie maatskaplike implikasies.

Eskom meen dit is meer haalbaar om residensiële tariewe aan te pas sodat gebruikers in spitstyd hoër tariewe betaal.

Nywerhede wat krag direk van Eskom koop, doen dit reeds.

Hy sê munisipaliteite sal egter by so ’n besluit betrek moet word, want die meeste huishoudings koop hul krag by hul plaaslike owerhede.

Tot dusver het Eskom die steun van die metrorade vir so ’n stap.

As ’n besluit op nasionale vlak geneem word om huishoudings in spitstyd meer vir krag te laat betaal, sal munisipaliteite geskikte elektrisiteitsmeters by hul klante moet installeer, hul rekeningstelsels moet aanpas en die tariewe aan die nasionale energiereguleerder vir goedkeuring moet voorlê.

“Dit hoef nie noodwendig lank te vat nie. Ons werk om dit ’n werklikheid te maak,” sê Etzinger.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26553


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: July 23, 2013, 11:30:42 AM »

Ek is nie gekant teen die idee nie, net jammer George is in nie Tydsone 1 nie.

Dan het ek 'n uur gescore om Kaap toe te ry. Smile



Meer ernstig, dis 'n terrible idee. Namibië is 'n uur agter ons in die somer. Hulle verloor 4 werksure met SA elke dag. Ons werk 'n uur wat hulle nie werk nie, ons is op lunch as hulle werk, hulle is op lunch as ons terugkom en dan werk hulle 'n uur wat ons al by die huis is.

Dink het hoe gaan dit commerce tussen Kaapstad en Gauteng kortwiek.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #2 on: July 23, 2013, 12:15:07 PM »

Ek onthou toe ek op laerskool was het Plet Plet-tyd gehad, waar hulle hulle horlosies verander het. Kan iemand dit onthou?
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26553


Die Bergie...


WWW
« Reply #3 on: July 23, 2013, 12:24:22 PM »

Nee ek onthou dit nie. Plett?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #4 on: July 23, 2013, 12:27:43 PM »

Yup.
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1512


Some things can't be done cautiously!


« Reply #5 on: July 23, 2013, 03:41:15 PM »

Ek het nog altyd gedink die kaap is agter die tyd. Hehehe.


Maar ernstig nou. kaark idiee. Dit beteken as ek van george na knysna ry, moet ek eers my horlosie stel.

TR. Kyk al die probleme wat jy al lys tussen 2 lande, nou skielik gaan jy daai probleem he sommer tussen buurdorpe wat 50 km uitmekaar is.


Sent from my iPhone using Tapatalk 2
Logged

Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6897



« Reply #6 on: July 23, 2013, 03:55:57 PM »

Gryph, dit beteken dat as jy nou Plett toe ry gaan dit 2 en half vat waar dit altyd net uur en half gevat het.  Scratch


 Smile Smile Smile Smile
Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26553


Die Bergie...


WWW
« Reply #7 on: July 23, 2013, 04:06:11 PM »

Ek het nog altyd gedink die kaap is agter die tyd. Hehehe.

Sent from my iPhone using Tapatalk 2

Ek het nog altyd gedink SA tyd is dof met die son wat so laat ondergaan in ons tyd. Maar nou dat ek ouer is geniet ek dit. Dis die hele Kaapse leefstyl. Mense hier hou daarvan om nog 3 na 4 ure sonskyn te hê (in die somer) na werk. Gaan stap op die strand, mense draf met hul honde ens. Life is a holiday.

Sent from my laptop using my fingers.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #8 on: July 23, 2013, 05:12:16 PM »

Quote
24-10-2005, 09:56 PM
Plett has been using that for some years now during December holidays. Shops open early, close early. Used to call it "Plett Time". Don't know whether it's still the case. As far as productivity goes, not everyone is a morning person Smiley I'm quite happy to start at 6 and knock off at 14:30 (yeah right), but some of my co-workers prefer 9-17:30. Flexi hours do a lot more to resolve peak hour probs than DST can ever hope to achieve
Quote
http://mybroadband.co.za/vb/archive/index.php/t-30049.html

Die post is lank terug, maar daar het duidelik so iets bestaan.
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1512


Some things can't be done cautiously!


« Reply #9 on: July 23, 2013, 10:02:18 PM »

Sent from my iPhone using Tapatalk 2


Van waneer af gee tapatalk nou alweer die signature?   Dis irriterend.   Maar aan my kant se my settings dat dit disabled is.  

Sorry, hijack off
Logged

Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: