Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Die Honeymoon toer - Dubai  (Read 1757 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« on: November 29, 2013, 03:42:10 PM »

Merrycan en ek het sedert ons getroud is nog nooit 'n regte vakansie gehad sonder mense saam met ons nie. Altyd kinders of vriende saamgeneem. Dit was nog altyd great, maar hierdie keer het ons alleen gegaan. Ons "Honeymoon".

Ons het mekaar in Dubai gekry en 'n paar dae daar spandeer. Ek het al geleer dat na 'n lang tyd weg van mekaar dit weer 'n aanpassing is om saam te wees en dis beter om eers 'n bietjie te "gel" voor ons op die regte toer gaan.

Hier is 'n paar foto's van Dubai. Wat nogal 'n verrassing was om te leer dat net 7% van Dubai se inkomste uit olie kom. Dis regtig leierskap deur die leiers daar. Die plek het van 'n prel dorp ontwikkel tot 'n enorme handelsgebied.

Speserye. Daar is ongeveer 5% Emirati's in Dubai, so daar is 'n groot verskeidenheid kulture van oraloor.



Op die watertaxi op pad na die oorkant van die lagoon. Duisende mense gebruik dit daagliks.





Deure. Dit is nogal belangrik vir die Arabiere. In die Koran is daar iewers iets van die deur van 'n huis.





Daar word baie handel gedryf en meeste handelsware word in hierdie ou houtskepe vervoer uit die omgewing, Pakistan, Indi, Irak, Iran, die Midde-ooste en selfs Afrika. Skepe het my nog altyd gefassineer, so ek het baie foto's geneem.

















Toerusting wat destyds in die prelhandel gebruik is. Ook 'n rekonstruksie van hoe hulle die bote destyds gebou het.









Suid-Afrika het die tweede ODI teen Pakistan gespeel en ons het gaan kyk. Daar was ongeveer 20 Saffers, 19 as ek Merrycan diskwalifiseer en 'n paar duisend Pakistani's.
Tot ons frustrasie het SA hierdie een verloor. Al die ander games gewen. Bang Head



By een van Souks. Daar kan jy enigiets koop. Ek is oortuig om 'n Jemeni kopdoek te koop. Moet s die ding werk lekker.



Op die boot besig om 'n toeristetoer te doen.



Ou kanon uit die tyd toe die goed nog iets werd was.



Ons het met die dolfyne gaan swem. Ek is nie juis mal daaroor nie, maar ons moes "gel". Ek hou nie van plekke waar diere uit hulle natuur geneem is nie.





Daar is nog baie liggies en ho geboue om af te neem, maar dit interesseer my nie eintlik nie. Nogtans is dit indrukwekkend wat die mense daar gedoen het.

Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26546


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: November 29, 2013, 06:06:14 PM »

Moenie nou ophou nie!

Vertel meer van die deure? Hoekom die spikes?
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #2 on: December 03, 2013, 01:38:47 PM »

Daai deure is in 'n museum wat vroer 'n fort was. Ek weeet nie regtig hoekom die penne nie. Seker om jou rug te krap?
Logged
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #3 on: December 08, 2013, 12:58:42 PM »

Would love to know more about the wooden boats
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: