Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Kamera raad  (Read 1660 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3330



« on: March 06, 2014, 03:24:42 PM »

Nadat ek vanoggend agter gekom het my ou Sony DSC-H2 wil nie meer werk nadat hy van die 6de verdieping af geval het nie, het Mutual &Federal besluit dis tyd vir 'n nuwe kamera.

Gee asb julle opinie oor die volgende 4 kameras:
Canon PowerShot SX50 HS     --    50X optiese zoom
Nikon COOLPIX P520      --     42X optiese zoom
Sony Cyber-shot Digital Camera HX300    --    50X optiese zoom
Fujifilm FinePix HS50EXR        --     42X optiese zoom

Die Sony is die grootste van die lot, en die Fuji het 'n ingeboude 2x converter (digitaal) alhoewel ek eerder wyer afneem en dan op die rekenaar crop. 

'n Groot zoom is lekker vir ons wat heelwat die willetuin besoek. 
Verder is ons nie eintlik kamera kenners nie, en gebruik maar meestal die auto settings.  Ons soek dus 'n kamera wat redelik maklik werk en eenvoudig is.
Al 4 die bogenoemde kameras se prys is amper dieselfde.
Mpixels is nie so belangrik nie, my opinie is dat meeste moderne kameras oorgenoeg het.


As julle raad gooi soos met die motorfiets, kan dit net goed uitdraai.....
Logged

RTFM!!!
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #1 on: March 07, 2014, 07:51:59 AM »

vergelyk die kamreas hier

http://www.dpreview.com/products/compare/cameras?ref=footer
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3330



« Reply #2 on: March 07, 2014, 08:14:29 AM »

Dankie Lox

My kop spin nou nog oor wat gister gebeur het.

Nadat ek amper af geval het van die 6de verdieping, en toe my kamera laat val het (10h40), het ek ek die makelaar gaan sien (10h50) (sy kantoor is 2 blokke van waar ek was).  Die nodige vorms ingevul, en toe 'n skade verslag en kwotasie gaan kry.  My kamera was gespesifiseer vir R4000-00.
Ek het die toe om 12h30 by die makelaar afgelaai.  Later in die middag wag ek toe vir my vrou in 'n winkel om na die verskillende kameras te kom kyk.  Sy is die een wat dit die meeste gebruik.  Ek wou graag die Canon h (R4800), dit was ook die goedkoopste van die lot.  Om 15h55 kry ek toe 'n sms dat R4000-00 in my rekening inbetaal is.  Eek!

Nadat mamma toe die spul bekyk het, stap ons toe 16h20 uit by die winkel met 'n Fujifilm FinePix SL1000 bundel @ R3850.  Sluit in 'n Lowepro sak en 8Gb ultra kaart.

Ek kon nog nie die kamera toets nie, aangesien die battery eers gelaai moet word.
Sy specs is:
 a 16 million pixel 1/2.3-inch BSI-CMOS sensor
Fujinon lens's maximum aperture of f/2.9, rising to f/6.5 at the telephoto end of its 24-1200mm equivalent focal length.
Fuji's Intelligent Digital Zoom feature enables you to effectively double the Fuji SL1000's zoom range to 2400mm, or 100x.
1cm Super Macro mode
 Full HD video recording at 60p, along with stereo sound


Ek sal maar so met die tyd agter kom hoe lyk die fotos.... sal dringend 'n draai in die willetuin moet gaan maak....
Logged

RTFM!!!
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #3 on: April 15, 2014, 12:39:37 PM »

For that 1200 zoom you will need a tripod. For the slightest movement of your hands while taking the photo at that distance will almost
certainly distort or blur your photo. The digital zoom is even worse
Great camera there Prins.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: