Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Die Kuba wegbreek. Havana.  (Read 1222 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« on: August 09, 2014, 07:47:07 AM »

All Animals are equal but some animals are more equal than others. Of so iets.

Ek het 'n paar maande gelede op die lughawe in Karo vir 7 ure die voorreg gehad om myself te vermaak. Koop toe in die boekwinkel Animal Farm om weer te lees. Lekker dun en altyd relevant.

Met di vars in my kop is ons Kuba toe. Ek wou nog altyd gaan, hoewel Merrycan  Amerika toe wou gaan. Gelukkig kon die skoonfamilie ons nie akkomodeer nie, so Kuba was ons voorland. Dis nie eintlik goedkoop om soontoe te gaan nie, maar wat de hel, een van die dae kom daar 'n opstand en dan moderniseer hulle die plek. Dan is alle ou romantiek in sy moer.

Ek het die dokumentr Buena Vista Social Club van Ry Cooder baie geniet, so dit was met BVSC en Animal Farm in my agterkop wat ek die plek verken het.

Een aand het ons 'n BVSC show gaan kyk wat blykbaar sommige van die oorspronklike kunstenaars in gehad het. Dis baie twyfelagtig want daar is baie sulke vertonings in Havana. Almal maak daarop aanspraak dat hulle die oorspronklike rolverdeling het. Anyway... Dit was werklik 'n aangename aand met goeie musiek en baie pret.





Ons het in 'n gastehuisie (Casa Particular) gebly in die ou deel van Havana. Gastehuis in klein letters. Jy bly basies in 'n kamer by die mense in die huis. Hulle gee vir jou kos en glimlag mooi. Vir die res is jy op jouself aangewys. Niemand praat Engels nie. Daar is 'n geweldige klomp van hierdie gastehuisies oral in Kuba. Soos met die diere in AF is dit aanvaarbaar om uit die gehate Kapitaliste geld te maak. Solank dit net goeie besigheid is. Die getal van hierdie Casa's oral oor die plek wys dat die Kommunistiese droom maar vaal is.

Die straat van ons balkonnetjie af.





Soos alle kommunistiese lande is die verval oral te sien maar dit is tog mooi op 'n vreemde manier. Meeste van die bouwerk en ontwikkeling is gedoen op 'n Spaanse styl en die invloed van Europa is baie sterk.















Weet nie wie hierdie ou is nie. Seker Don Quixote se handlanger, Sanco Panza?



Die Sukses van BVSC het diep spore in Kuba gelaat. Oral waar jy kom is daar straatkunstenaars wat die songs uit die fliek sing. Baie vriendelike mense, maar sodra hulle klaar gesing het kom staan hulle bakhand. Dis mos oral in die Wreld so, maar dit is tog opvallend dat hulle wat in hierdie Utopiese droom lewe baie hard spook om 'n geldjie te maak.



Die Karibiese See was die toevlugsoord van baie ongure karakters en baie oorlo het daar plaasgevind. Hierdie is 'n fort op die rivier wat destyds gedien het as 'n hawe.







Hierdie kanonnetjie is werklik gebruik.



Op pad na ons volgende bestemming het ons op 'n stadium 'n kar gehuur en ons eie ding gedoen.













Die ou perd in AF het altyd ges: "Ek sal nog harder werk." So gaan dit ook in Kuba. Oral sien jy borde wat verwys na dissipline, toewyding en harde werk. Di perd het my weer herinner aan AF. Die ruiter het in die pad afgekom, afgeklim en die perd net daar gelos terwyl hy in die winkel ingestap het. die perd was heel tevrede om te wei terwyl die baas inkopies doen.


Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: August 09, 2014, 08:04:12 PM »

Merrycan het seker 1000 fotos geneem? Smile
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
tok-tokkie
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1079


Insects: busy little blighters.


« Reply #2 on: August 14, 2014, 10:12:02 AM »

What an interesting place to have gone to.  Way back during her gap year between school and university my daughter, Nicola, went & lived in Guatemala to learn Spanish.  Her uncle was the British military attache in Mexico but his area included Cuba.  He arranged for her to go to Cuba but she was booked into a small holiday resort - exactly where she least wanted to be = amongst a crowd of foreigners in a purpose built resort.  She booked herself out of there & went to Havana to be with the indigenous people.  That must have been almost 20 years ago.  I wrote a long email to her about Cuban music before she went there.
Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #3 on: August 31, 2014, 08:41:46 AM »

dankie vir die wys, ek sal seker nooit self daar gaan kyk nie
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: