Ek het die storie van Mark Matthews, die boemelaar van Nelspruit gevolg.
Eers het hy goed geld gemaak en uitgesuip. Toe verskyn daar 'n berig oor hom en toe kry hy niks. Die ou het gesukkel man. Deesdae is hy op die regte pad.
Maar ek het lekker gelag oor die storie van sy pel, Dolf Myburgh.
Hier is 'n uittreksel:
Hy het van Middelburg af “verhuis” nadat hy in hegtenis geneem is vir “staan en kyk”. Hy het later verduidelik dat hy gesien het hoe boosdoeners by ‘n voertuig inbreek en is saam met hulle toegesluit. Hy het nou sy mes in vir die polisie. “Ek is suur my bra, hoe kan die SAPD my toesluit vir staan en kyk?” het hy gevra.
Hy het daar en dan besluit om te trek. Op pad na hul bestemming het hy en sy vrou eers ‘n draai in Newcastle gemaak. Daarna het hulle weer in die pad geval, en volgens Dolf, het hy en sy vrou ‘n T-aansluiting bereik. Die padteken het gewys dat Pretoria in een rigting is en Mbombela in die ander.
“Not die f*k gaan ek terug Pretoria toe!” het hy vertel oor hoekom hy Mbombela gekies het. Sy vrou is terug Pretoria toe. “Ons is steeds getroud maar sy bly daar en ek bly hier. Ek weier om terug te gaan.”
“Ek’s al vir twee maande oppie klippe my bra, en ek kan jou waarborg dat dit nie lekker is nie. Net soos wat my plakaat sê, ek is regtig in die k*k.” Hy deel ‘n tent met Mark, maar het bygevoeg: “Ek het ‘n vis, ‘n slang en ‘n hamster om te voer en dan soek die vrou nog make-up en haar dye ook.”
Vir die wat die storie wil lees:
http://nelspruitpost.co.za/170220/boemie-tarentaal/http://nelspruitpost.co.za/172901/boemelaar-nou-oppie-klippe/http://lowvelder.co.za/231528/mark-mathews/