Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Nelspruit se Boemelaars  (Read 1178 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier

Offline Offline

Posts: 26537

Die Bergie...

WWW
« on: November 05, 2014, 01:27:03 PM »

Ek het die storie van Mark Matthews, die boemelaar van Nelspruit gevolg.

Eers het hy goed geld gemaak en uitgesuip. Toe verskyn daar 'n berig oor hom en toe kry hy niks. Die ou het gesukkel man. Deesdae is hy op die regte pad.

Maar ek het lekker gelag oor die storie van sy pel, Dolf Myburgh. Smile

Hier is 'n uittreksel:

Hy het van Middelburg af “verhuis” nadat hy in hegtenis geneem is vir “staan en kyk”. Hy het later verduidelik dat hy gesien het hoe boosdoeners by ‘n voertuig inbreek en is saam met hulle toegesluit. Hy het nou sy mes in vir die polisie. “Ek is suur my bra, hoe kan die SAPD my toesluit vir staan en kyk?” het hy gevra.

Hy het daar en dan besluit om te trek. Op pad na hul bestemming het hy en sy vrou eers ‘n draai in Newcastle gemaak. Daarna het hulle weer in die pad geval, en volgens Dolf, het hy en sy vrou ‘n T-aansluiting bereik. Die padteken het gewys dat Pretoria in een rigting is en Mbombela in die ander. “Not die f*k gaan ek terug Pretoria toe!” het hy vertel oor hoekom hy Mbombela gekies het. Sy vrou is terug Pretoria toe. “Ons is steeds getroud maar sy bly daar en ek bly hier. Ek weier om terug te gaan.”

“Ek’s al vir twee maande oppie klippe my bra, en ek kan jou waarborg dat dit nie lekker is nie. Net soos wat my plakaat sê, ek is regtig in die k*k.” Hy deel ‘n tent met Mark, maar het bygevoeg: “Ek het ‘n vis, ‘n slang en ‘n hamster om te voer en dan soek die vrou nog make-up en haar dye ook.”

Smile Smile Smile

Vir die wat die storie wil lees:

http://nelspruitpost.co.za/170220/boemie-tarentaal/

http://nelspruitpost.co.za/172901/boemelaar-nou-oppie-klippe/

http://lowvelder.co.za/231528/mark-mathews/
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Prins
Forum Furniture

Offline Offline

Posts: 3321

« Reply #1 on: November 05, 2014, 02:11:10 PM »

Die stories is maar hartseer.

Hier is 'n klomp blankes, en ook swartes, wat by die robots bedel.
Om vir hulle iets te gee is net om hulle in hul kwaad te stook.  Organisasies soos Nelspruit Community Forum gee daagliks kos, asook was plek en hulp met IDs ens. (Ons gee nogal gereeld ons bydrae daar, dan kan ek met 'n skoon gewete nee sê by die robot)
Die voorvereiste is egter dat iemand wat daar aanklop, nugter daar moet aankom. Gereelde besoekers moet bereid wees om drank en dwelms prys te gee, dan word hulle gehelp.  Hier is al 'n paar mooi stories van mense, en paartjies, wat weer op die been gehelp is, gehelp is om werk en blyplek te kry, ens.

Ongelukkig is daar baie wat nie die verslawings wil prys gee nie.

Kyk ook in gister se Laevelder:  http://lowvelder.co.za/233717/jou-goedhartigheid-kan-gif-wees/
Logged

RTFM!!!
Trailrider
Administrator
Town Crier

Offline Offline

Posts: 26537

Die Bergie...

WWW
« Reply #2 on: November 05, 2014, 02:31:46 PM »

Ek het daai gesien A1

Dis wat my weer aan die ou laat dink het.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
cassiebotha
Forum Furniture

Offline Offline

Posts: 2644

Pizza Boy!

WWW
« Reply #3 on: November 06, 2014, 06:16:11 PM »

sho!  om elke hoek en draai is daar blankes wat op straathoeke staan en baie werwaardeloos en verdwaas lyk.  nogal sad.
daar moet seker iets ergs geberu het om op so vlak voor robot te gaan staan!
Logged

I smell a Pizza
I think about Pizza
I raaid oopketel and imagine myself eating a Pizza
I feel and fantasize about Pizza
Trailrider
Administrator
Town Crier

Offline Offline

Posts: 26537

Die Bergie...

WWW
« Reply #4 on: November 06, 2014, 10:30:33 PM »

Cassie, dit kon erger gewees het... Hy kon by 'n robot in Pretoria gestaan het. Smile
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
cassiebotha
Forum Furniture

Offline Offline

Posts: 2644

Pizza Boy!

WWW
« Reply #5 on: November 07, 2014, 05:22:55 PM »

Ha Ha Ha Ha Ha Ha
Logged

I smell a Pizza
I think about Pizza
I raaid oopketel and imagine myself eating a Pizza
I feel and fantasize about Pizza
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: