Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Rooiwyn maak  (Read 5565 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: March 01, 2015, 10:59:51 AM »

Dis nou nie vakansie nie maar ek is nie seker waar om dit te plaas nie

Ek het so 2 jaar gelede i wyn geproe wat ek nie eers van kennis gedra het nie. Durif is sy naam en hy word ook genoem Petit Shyra.
Dit is 'n nattrlike kruising tussen Shiraz en Pontanac, as ek reg onthou.

Ek vrs toe ons kelder bestuurder of hy dit ekn en hy seg nee. Ek koop toe 'n bottel en laat hom proe en hy seg as dit so by ons kan smaak is dit reg. Maar hoe weet mens. Ek koop toe 100 stokkies en plant dit en daar was verlede jaar 110 kg druiwe aan. Ons kelder wat 900 ton druiwe op i dag inneem kan niks met 100 kg odds maak nie en toe maak ek self wyn en dit was 'n groot sukses...bo verwagting. Vanjaar het die stokke 350 kg gedra en ek het weer die waagmoed gehad om te probeer wyn maak. Dit het gister gebeur.

Vroeg oggend het 3 van my werkers kom help dat ons die druiwe pluk terwyl dit koel is.

Hier is Gerhard besig om te pluk


durif trossie




Ruben



en Natan het ook gehelp



10 voor 8 was ons klaar



deel van die druiwe, die res is reeds stoor toe gery




'n Klein druiwe meul en ontstingelaar by Pieter en Karin van Kirabo kelder geleen.



Die masjien se kapasiteit is 1 mandjie op i slag en dit werk uit op 1 ton per uur. Ons kelder se groot masjiene kan 100 ton per uur afmaal maar is gestel vir 50 ton per uur.






Druiwe korrels en sap val onder uit en stingels voor uit










En nou l die sap op die doppe in koue toestande. Ensiem is bygegooi om kleur en geur uit die doppe te trek.
Sal later tanienie ingooi en seker teen maandag anad of dinsdag oggend gis bygooi.

Elke 4 na 6 ure moet die doppe deurgedruk word.....dit word soos i klein babatjie opgepas...kos gee en doeke omruil.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3321



« Reply #1 on: March 01, 2015, 11:49:38 AM »

Lox

Jy sal sommer maak dat ek begin wyn drink ....

Lekker om weer van jou te hoor.
Logged

RTFM!!!
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #2 on: March 01, 2015, 04:53:43 PM »

Lox

Jy sal sommer maak dat ek begin wyn drink ....

Lekker om weer van jou te hoor.

ons wyndruiwe boere sal nie omgee as jy begin wyn drink nie. ek hoop elkeen waardeer die wyn wat hulle drink na hulle sien dit dit nie so maklik is as om sommer net 'n bottel vol wyn van die wingerd stok af te pluk nie......soos die melk wat van die kafee af kom en nie van die koei nie
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #3 on: March 07, 2015, 10:29:41 AM »

Ek sal verder probeer verduidelik en sommige met prentjies.
Ek het die voorreg om baie oggende tussen 4 uur en 5 uur te begin oes. Dan sien ek hoe die dag breek. Elke oggend lyk anders




Hier is die sap aan die gis. Die pype teen die kante is die verkoelings water. Ek het  'n 500 liter bak water teen 4C in 'n koelkamer op wiele en 2 fomtein pompies met elkeen deur 'n 15mm koper spiraal pyp gaan om koud te maak. Met die gisting proses word hitte vrygestel en die mos moet nie te vining gis nie. tussen 20 en 25C is reg. Waneer die temp by 24 of 25 kom het ek die pompies aangesit en na 4 ure waneer ek weer kom deurdruk is die temp maklik 18 of 19. Dit werk te goed. Ek het toe die yskas warmer gestel en later was die water 10C maar steeds baie vinning afgekoel. Ek het baie van die verkoel geleer vanjaar, sal vlg jaar die verkoel water dlak teen 12 of 15 hou om nie so drasties vining af te koel nie. EK het klompie ys bottels in vrieskas vir bystand indien nodig maar was nie vanjaar nodig nie.

Die wit stokkie wat daar uitsteek is die suiker meter wat ek as termometer ook gebruik om die hitte van die brousel te bepaal.




Die sap voor gisting, na 2 dae se koue stil l op die doppe. Die klue ris reeds pragtig en die sap smaak heerlik.



Gis word met lou water en sap aangemaak en by die sap gevoeg en gemeng



Nog 'n lieflike sonopkoms wat ek beleef het



en nog een


uitsig vanaf die oesmasjien



Hier het ek als gereed gekry om port te maak.
Die rooiwyn gis van 25B tot droog en die soppe word dan gepers om die laaste sap uit te druk. Dit gaan ons mre oggend doen. Die suiker is nou 3,5B. Gaan dit op minus 1.5 doen.
Port word ook so begin maar op 13B word dit gefortifiseer met spiritus (witblits)
Ek het so 750 ml witblits hier gehad en kon daarmee 4.5 liter fortifiseer. Fortifiseer is om die alkohol in die wyn te verhoog na tussen 16,5 en 17,5%. Port word van speifieke cultivars gemaak, sommige se smaak is beter vir port as ander se smaak. Sommige cultvars is gskik vir port en wyn. Port is ook nie altyd rooi nie daar is wit cultivars warvan jy kan port maak. Jeripiko word gemaak van sap wat op doppe le vir so 2 dae en dan word dit nie gegis nie maar net gefortifiseer.

Gewoonlik is port wyn reg vir fortifikasie 1 uur in die nag en by my was geen verskil nie. moes dit oppas tot 1 uur in die nag.
Ek het toe nog 2 kanne port gemaak en met brandewyn en wiskey ook gefortifiseer om te kyk hoe dit kom.

Hier staan als gereed in afwagting



Neem die suiker vir die hoeveelste keer in die nag



Suiker meter ( SG meter) e termometer in een



my wynmaak toerusting



Hier is die sprits en brandewyn en wiskey elkeen in sy eie kan gegooi en die sap het ek uitgeskep om die laaste stukkie te gis en dan is dit gouer om by te gooi.



bietjie meta, 1 gram per kan, wat bykom om gisting te help stop. ek het dit vooraf afgemeet in die blou pille bottels.





Nou gis die mos lekker en moet nou bygegooi word




Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #4 on: March 08, 2015, 03:51:31 AM »

die eitket lyk min of meer so

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #5 on: March 13, 2015, 05:21:44 PM »

Verlede naweek het ons gepres..soos ons dit noem. Sommige mense praat van pers.

Die kiekies het effe donker uitgekom maar vertel darem wat gebeur het.

Die doppe en wyn is nou klaar gegis na 6 dae.
Dit is maar klein skaal en als word nog met die hand gedoen hier in my se kelder wat eintlik die stoor is.

Ons het die doppe met die hand afgeskep en uitgedruk om meeste wyn uit te kry.



Dan word die nat doppe in die skadunet gegooi wat binne in die krat is wat oor die doppe hang.



!Dan word die sak opgewen om sap uit te druk





Daarna het ons die sak toegevou en in die krat gesit met 'n 3 mm plaat bo op en dan word daar op die plaat gestaan om nog sap uit te druk. Die krat het gleuwe aan die kante en onder en dit staan binne in 'n staal bak met pypie wat die wyn weglei in 'n kan.






Na dit is die doppe in die mandjie pres gegooi vir laaste sap uitdruk.


Peet het solank seker gemaak of die wyn reg smaak



Hier begin die kan en die mandjie pres vol raak



Tyd vir kan omruil. kyk net daai mooi rooi kleur




hier is die meeste doope uit geskep en ons suig die wyn uit die houer in die tenk.



Het probeer 'n filter maak met pvc pyp en skadunet rondom, dit het gewerk maar later verstop toe die moer te dik raak.







die pres is darm al 3/4 vol




Natan wou so graag die pres werk doen





Hy het dit opgepomp tot omtrent 350 na 400 bar druk en toe lyk die koek so wat 99% droog gedruk is



Van 350 kg druiwe is dit al wat oorgebly het, een kruiwa vol doppe

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26537


Die Bergie...


WWW
« Reply #6 on: March 14, 2015, 07:30:02 AM »

Ongelooflike post. Dit gee baie insig in die proses waarvan ek duidelik baie min geweet het!
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #7 on: March 14, 2015, 10:19:32 AM »

Ongelooflike post. Dit gee baie insig in die proses waarvan ek duidelik baie min geweet het!

[lesier
ek hoop dit wys hoeveel werk en geduld gaan in wynmaak. Dan is die wingerd ook nog nie eers genoem wat van jongs af versorg word en eers op 3 jaar sy eerste 1/4 oes gee.
As jy weer 'n bottel wyn geniet, doen dit met resepk en drink 'n gesondheid op die plaaswerkers, die landbouer en die kelder personeel.


Gesondheid

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #8 on: April 16, 2015, 03:34:01 PM »

Jirre Lox jy laat my nou snaaks kry terwyl my mond water. Ek het net vandag iewers gelees van 'n Aussie wat hier in Saudi gevang is met tuisgemaakte alkohol. Hy was in die tronk vir 'n paar maande en het blykbaar ook met 'n rottang pakgekry. Nou wag hy vir sy vonnis of iets en hy moet nou al 'n huis of iets verkoop om aan die gang te bly. Sonder werk en sonder geld.

Hier is "homebrew" by sekere groepe baie gewild. Dit is skreeusnaaks hoe daar resepte uitgeruil word en geproe word. Op die beste smaak die goed maak bollie. Een van die gewilde goed is 'n tipe witblits wat van gewone suikerwater gegis en gestook word. Dan kan jy 'n geurmiddel koop om dit na brandewyn, whiskey of watookal te laat smaak.

Ek is te versigtig vir die grappies. Ek het dit al gedrink as ek weet ek hoef nie te ry nie maar dit is dit. 'n Mens raak gou gewoond om nie alkohol te drink nie. Moet s ek was laas maand in Turkye en dit was lekker om weer wyn te drink.

Al die goed het my laat besluit om eendag as ek weer in 'n plek is waar ek dit mag doen vir my 'n klein huiskelder aan te skaf net om die plesier van die proses deur te maak en jou eie produk te kan geniet. Jy het my nou finaal oortuig dat dit 'n uitstekende plan is.
Logged
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #9 on: June 11, 2015, 03:22:35 AM »

Dankie lox dit was nou lekker om te lees.
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarr
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #10 on: June 16, 2015, 06:16:46 PM »

Die wyn is nou al 2 keer van die moer afgetap en steeds in die tenk. Sal dalk kort voor kersfees bottel want ek het die tenk weer nodig in die oestyd. Ek het hout stawe in die wyn, gaan nie in vat sit nie. Hout stawe glo ek sal ook die werk doen. Ek het vir my 'n klein stookketel gekoop verlede week en saterdag 7 liter ou wyn gestook en 2 liter "low wine" gekry, dis nou voorloop en hart en naloop als bymekaar met alkohol % van 38%. Moet nog 2 keer stook om idt 98% te kry en die voorloop en naloop te skei. Ek wil die spiritus volgende jaar gebruik om port te maak. Sal nog van die stokery fotos laas wanneer ek geregistreer het.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: