Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: SUID-KAAP: ‘Vervoer-renaissance kom’  (Read 1594 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« on: November 28, 2007, 10:17:16 PM »

GEORGE. – Die ontwerp en bou van agt spoorbusse, wat ’n noodsaaklike deel van die Outeniqua-kabelspoorontwikkeling uitmaak, kan tot ’n landwye vervoer-renaissance lei.

Aan die woord is mnr. Claude Pretorius, die man wat die bekende kabelspore by Hartbeespoortdam en die Pretoria-dieretuin gebou het en ook as fasiliteerder van die Outeniqua-kabelspoorprojek optree.

“Eerstens beplan die maatskappy ’n spoorbus-passasiersdiens tussen Kaapstad en Port Elizabeth. Die busse sal bestaan uit drie 60-sitplek-eenhede wat aan mekaar gekoppel is, elk met ’n eie kragbron. Die spoorbusse sal deur aflosdrywers beman word,” het Pretorius gesê.

Dienste tussen die eindstasies sal daagliks tot 180 passasiers in elke rigting, teen 70 km/h, vervoer. “Daar is dus geen probleem van tolhekke, gevaarlike draaie, wilde uitstwaaie of verbysteek en koes vir aankomende verkeer, diere of voëls wat doodgery word of miskien nog ’n band of twee wat bars nie,” het Pretorius gesê.

’n Kafeteria en toiletdiens sal deurgaans beskikbaar wees. Twee kort stoppe word beplan by verlate stasies, waar passasiers ligte etes kan geniet, soortgelyk aan dié wat op vliegtuie beskikbaar is.

Omdat die busse breër en langer as padbusse is, sal sitplekke met meer ruimte baie geriefliker wees en passasiers makliker tydens die reis kan rondbeweeg en nie die hele tyd hoef te sit nie. Die reis sal ongeveer agt en ’n half uur duur.

Volgens Pretorius kan een of meer soortgelyke eenhede ook tussen plattelandse dorpe gebruik word, en waar stasiegeboue reeds erg verrinneweer is weer in gebruik geneem word.

“Sulke dienste sal duur en gevaarlike taxiritte beperk. ’n Voorbeeld is ’n diens tussen Wepener en Bloemfontein, via Dewetsdorp, wat heelwat goedkoper sal wees en ’n einde sal bring aan die gereelde ongelukke van oorlaaide taxi’s.

“Gereelde instandhouding van paaie sal meer haalbaar wees met minder gebruik en Transnet sal vergoeding ontvang vir die gebruik van spoorlyne wat tans in onbruik is,” het Pretorius gesê.

Volgens hom is daar ook groot poten­siaal vir die langafstand-vervoer van vrag.

Die buigbaarheid van ’n stelsel wat met een tot vyf spoorwaens werk het geen gelyke nie, meen hy. Dit neem die gevaar van oorlaaide paaie af, benodig nie duur lisensies nie, noodsaak geen tolpad-uitgawe, geen verkeersligte, padversperrings, weeg­brûe of verkeerskonstabels nie, daar is geen diere wat doodgery word en ook geen bottelnek-dorpsdeurgange nie.

http://www.dieburger.com/Stories/News/Regions/15.0.3335013301.aspx
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: