Ek is 'n selferkende analfabeet wanneer dit by sekere IT goed kom. Dan luister ek na die slim ouens met die vierkantige oë. Ten spyte van my agterstand het ek tog 'n stukkie advies vir ons lede.
The powers that be kan sien wie log on van watter rekenaar af. So gebeur dit dat mense van verskillende rekenaars af deelneem, maar ook dat meer as een persoon met dieselfde rekenaar aan lyn kom. Verder gebeur dat verskillende avatars van dieselfde rekenaar af aan kon. Partykeer is dit duidelik verklaarbaar, veral wanneer man en vrou dieselfde rekenaar gebruik. Daar is egter kere wanneer ons 'n skisofreniese trollenaar kry wat 'n alter ego gebruik om kaark te maak. Ons tree nie teen sulke persone op nie, wel teen die alter ego as dit kaark maak. Dit is dus partykeer redelik duidelik wanneer iemand om een of ander rede rondspeel onder 'n ander naam. Dis reg, elkeen doe so hy wil. Ons modereer die avatar, nie die mens daaragter nie.
Die rede vir my monoloog is om mense te waarsku dat min goed op die internet geheim is. Volgende keer as ons op 'n ride gaan en iemand kyk jou op en af asof jy in stront getrap het, dis dalk omdat jou geheim uit is. So wees versigtig, die speletjie mag dalk 'n verleentheid raak. Veral as jy wil hê mense moet jou ernstig opvat.
Niks ernstig nie, net om jou potensiële verleentheid te spaar.