A Legend Falls

<< < (7/7)

Trailrider:
Voormalige swaargewig-bokskampioen, Corrie Sanders is gisteraand omstreeks 18:00 in die maag gewond tydens ’n gewapende roof buite Brits.

Kallie Kriel, voorsitter van die burgerregtelike organisasie, AfriForum, was toevallig by dieselfde restaurant, Thatch Haven, op dieselfde tyd.

“Ons was oppad huis toe na ’n krieketwedstryd van my seun. Die kinders het ingehardloop gekom en gesę die skote het geklap en die koeëls het net bokant hulle koppe getref,” vertel Kriel.

Kriel is na buite waar hy vir Sanders op die grond aangetref het.

“Die man was in baie pyn. Ek hoop hy is orraait.”

Kriel se hy het van omstanders verneem dat daar ’n een en twintigste verjaardagpartytjie was en dat die rowers daar selfone en beursies gesteel het.

Kriel se seun, C.M. (14) en ses van sy vriende het die voorval gesien.

Hulle is in Eldoraigne Hoërskool in Pretoria en het gister teen Hoërskool Wagpos in Brits krieket gespeel.

Volgens Kriel is die seuns baie getraumatiseerd.

“Die kinders hoor altyd van die goed, maar mens hoop dat hulle dit nooit self sal beleef nie.”

Ser. Kelebogile Moiloa, polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar wel ’n skietery was en dat een man gewond is.

Volgens haar is Sanders oorgeplaas na die Kala­fong-hospitaal buite Pretoria omdat hy ernstig gewond is. Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en gewapende roof teen drie verdagtes. Teen druktyd was niemand nog in hegtenis geneem nie.

* Slegte nuus vanoggend (Sondagoggend): Corrie Saunders het in die Kalafong-hospitaal gesterf aan sy wonde. Besonderhede volg later.

Viking:
Daar is meer aan hierdie storie, Corrie Saunders het bo-oor sy vyftienjarige dogter gaan le om haar te beskerm en is toe so geskiet, hy het sy dogter se lewe gered daai koeel sou haar getref het.  :angry: :angry: :bang:

Viking:
Ex-world heavyweight champion Corrie Sanders' family believes his life could have been saved had he received urgent medical attention, the SABC reported on Monday.

Sanders died in the Kalafong Hospital in Pretoria on Sunday after being shot in the stomach at a party in Brits the previous evening.

The fatal shot was fired while Sanders was trying to shield his daughter from three armed robbers who had stormed into the restaurant and started shooting randomly, Beeld reported.
According to relatives, Sanders was taken to Kalafong despite the fact that there was a private hospital nearby, because he didn't have medical aid.

His ex-wife, Sunette, said he'd also been refused treatment at the Steve Biko Hospital in Pretoria because he was shot outside the Tshwane area

Trailrider:
Three men were arrested in the Oukasie informal settlement, near Brits, on Thursday, for the murder of former world heavyweight boxing champion Corrie Sanders, North West police said.

Police received a tip-off which led them to arrest two men around 10am, Brigadier Thulani Ngubane said.

At this address, police recovered a cellular phone, vehicle key, purse and cash believed to have been stolen during the robbery in which Sanders was shot on Saturday.

"Police then went to a second address and a third suspect was arrested," Ngubane said.

A handbag, also thought to have been stolen in the robbery, was recovered.

He said the men would appear in Brits Magistrate's Court on Monday.

They were Zimbabweans: one of 19-years-old and the other two of 20-years-old.

Sanders was at the Thatch Haven Country Lodge, in Brits, when armed robbers entered and began firing shots at random.

Sanders was hit in the hand and stomach and died in the Kalafong hospital on Sunday.

Trailrider:


Verna Vels, die skepper van Liewe Heksie, is Donderdagaand in haar huis in Johannesburg oorlede, berig RSG.

Verna Barbara Robertson Vels (81) het ʼn dapper stryd teen kanker gestry.

Die FAK het vroeër in sy erkenning aan Vels se kultuurbydrae tot Afrikaans gesę sy het in 1973 geskiedenis gemaak: sy was die eerste vrou wat as SAUK-organiseerder in ʼn streek (destydse Natal) aangestel is.

In 1974 het sy in Johannesburg as organiseerder van Afrikaanse joernaalprogramme begin werk, wat kinder- en jeugprogramme ingesluit het. In die twee jaar voordat televisie amptelik op 5 Januarie 1976 op die lug gegaan het, was sy betrokke by programvervaardiging, aankope en beplanning. Programme soos Kraaines en Wielie-Walie ontstaan onder haar leiding.

Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai. Die eerste boek het in 1965 by Human & Rousseau verskyn. Liewe Heksie het in 1978 haar debuut op televisie in ’n reeks van 26 programme gemaak en ’n tweede reeks het in 1981 gevolg.

Later het nog etlike radioreekse oor die geliefde karaktertjies van Blommeland gevolg met 10 Liewe Heksie-boeke, 52 TV-episodes, agt plate en etlike CD’s.

Verna se stem is in die Liewe Heksie-reeks vir Blommie Kabouter, Liewe Heksie en Klein Kwaaitjie gebruik. Klik hier om meer te lees.

Sy was ook skrywer van talle ander jeugverhale en verwerkings vir radiodramas. Sy is 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore.

Liewe Heksie is in 2012 in Maroela Media se veldtog aangewys as die Grootste Afrikaner van Alle Tye in die fiktiewe kategorie.

Intussen stroom huldeblyke in vir Verna, van bekendes en onbekendes.

Ivor Price skryf op Twitter: “Jammer om te hoor dat Verna Vels, die skepper van Liewe Heksie, haar stryd teen kanker verloor het. Haar stories bly egter volksbesit.”

Dowwe Dolla: “My hart baıe seer. Verna Vels oorlede. #lieweheksiesema”

Karen Hart: “Liewe Verna Vels, rus sag. Dankie vir Liewe Heksie, die nare Geelheks en die gifappeltjies, Koning Rosekrans en Kwaaitjie Kabouter. Jy het my kindertyd in ‘n fantasiewęreld omskep en was deel van my eerste leeservarings. Ek het hierdie mooi herinneringe met my saamgeneem die grootmenswęreld in waar fantasie en kinderdrome die werklikheid baie draagliker gekleur het.”

Francois Coertze: “Slaap sag Verna Vels. Dankie vir die oooeee Blommie en Karel kat verlede. Ek dink Borrie en Kerrie sal vir ewig hul streke uitleef in my verbeelding. Glo ook Karel Kraai gaan vir Sarel Seemonster net so mis… RIV Tannie Verna…”

Hennie Jacobs: “Rus sag Verna. Ons gaan jou baie mis…”

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/verna-vels-oorlede/

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page