Welcome,
Guest
. Please
login
or
register
.
1 Hour
1 Day
1 Week
1 Month
Forever
Login with username, password and session length
Home
Help
Search
Login
Register
News
:
Welcome new members!
The Road Less Travelled
⇒
Life, the Universe and Everything Outdoors
⇒
General Discussion
⇒
A Legend Falls
Pages:
1
[
2
]
Go Down
« previous
next »
Print
Author
Topic: A Legend Falls (Read 18821 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #20 on:
August 18, 2010, 03:17:48 PM »
Quote from: buzzlightyear on August 18, 2010, 03:13:39 PM
Quote from: Trailrider on August 18, 2010, 01:18:44 PM
Die aktrise en aanbieder van die gewilde televisie-reeks The Weakest Link, Fiona Coyne, is vanoggend in ‘n motorongeluk oorlede op pad na haar huis in Vishoek.
Toe nie 'n motorongeluk nie, sy is deur haar bediende dood aangetref. Skokkend dat hulle dit so verkeerd kan kry.
Ja nee wragtig.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Kola
Sr. Member
Offline
Posts: 1645
Re: A Legend Falls
«
Reply #21 on:
August 18, 2010, 04:11:27 PM »
Nog 'n legende wat laasweek oorlede is.
Ronald Reid-Daly
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lieutenant Colonel Ronald "Ron" Francis Reid-Daly (1926 – August 9, 2010) founded and commanded the elite Selous Scouts special forces unit that fought during the Rhodesian Bush War.
[edit]Career
Born in South Africa, Reid-Daly entered military service in 1951 and served with the C (Rhodesia) Squadron of the British Special Air Service (SAS) in operations against insurgents in Malaya. Rising to the rank of Regimental Sergeant Major in the Rhodesian Light Infantry, he was later commissioned and achieved the rank of Captain. He retired from the Army in 1973.
In late 1973 he was persuaded by General Peter Walls, then chief of the Rhodesian Army, to return to active duty in order to form the Selous Scouts, an elite special forces unit to combat the growing threat posed by nationalist guerrillas. Drawing on his Malayan experiences, Lieutenant Colonel Reid-Daly built up a skilled and highly professional regiment from scratch. Although the Selous Scouts achieved many of their military objectives, their unorthodox methods created tensions within the military hierarchy. Reid-Daly had several brushes with the Rhodesian authorities.
In 1979 rumours surfaced in Salisbury that that the Scouts were poaching ivory along the Zambezi valley. These were never proved and the colonel, as a well-known conservationist, dismissed the allegations as ridiculous.[1] In the process of defending himself against them Reid-Daly verbally attacked Major General John Hickman.[2] For this he was charged with insubordination and sentenced with a reprimand. Disgusted, he resigned as the commander of the Scouts in August, but continue to fight a legal battle against the judgement, proclaiming his innocence. This continued even after Rhodesia became Zimbabwe, and only stopped after Reid-Daly moved to South Africa in 1982.[3]
In South Africa, Reid-Daly became commander of the Transkei Defence Force, and later was the leader of the private security firm Security Services Transkei Pty Ltd. For the final decade of his life, he resided near Cape Town.
Logged
One problem with gazing too frequently into the past ..... is that we may turn around to find the future has run out on us....
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #22 on:
August 18, 2010, 05:36:22 PM »
Twee briewe is glo in die huis van Fiona Coyne, aktrise en aanbieder van die gewilde TV-reeks The Weakest Link, gevind, het Die Burger Woensdagmiddag berig.
Die een brief is glo aan haar ma uitgemaak en die ander aan haar bediende.
Coyne (45) se lyk is Woensdagoggend in haar huis in Vishoek, Kaapstad, gevind.
Volgens inligting wat vroeër gepubliseer is, is Coyne in ‘n motorongeluk oorlede, maar Eyewitness News het intussen bevestig dat Coyne in haar huis in Vishoek dood is.
Polisie in Vishoek vermoed geen gemene spel nie.
“Ons kan bevestig dat haar lyk om 08:40 deur haar bediende gevind is,” het adjudant-offisier November Filander aan Nuus24 gesê.
November het geen verdere besonderhede bekendgemaak nie.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Smidty
Forum Furniture
Offline
Posts: 2840
George
Re: A Legend Falls
«
Reply #23 on:
August 18, 2010, 07:03:46 PM »
Baie sad ! Hoekom weet die mense nie dat daar uitkoms is nie?
Logged
All things are difficult before they are easy
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #24 on:
August 18, 2010, 10:48:48 PM »
Twee briewe is gisteroggend by die lyk van Fiona Coyne (45), bekende aktrise en TV-aanbieder, in haar huis in Vishoek gevind nadat haar huishulp op haar afgekom het.
Die briewe was aan haar ma, me. Dolly Coyne, en haar huishulp, me. Zoleka Shumani, gerig.
Volgens ’n familiewoordvoer, Kee-Leen Irvine, het Coyne vermoedelik selfmoord gepleeg, berig Sapa.
Shumani het omstreeks 08:40 op Coyne se lyk in haar slaapkamer afgekom. Sy het op haar bed gelê.
Shumani het die nooddienste ontbied.
’n Polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Knapp, het gister aan Die Burger gesê geen misdaad word vermoed nie. “ ’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word,” het hy gesê.
’n Betroubare bron het aan Die Burger gesê Coyne het verlede week ook probeer selfmoord pleeg.
Coyne was veral bekend as die spitsvondige aanbieder van die Suid-Afrikaanse weergawe van The Weakest Link, waarin deelnemers gereeld onder haar oënskynlik bitsige kommentaar deurgeloop het.
Sy was ook ’n ervare en gesiene persoonlikheid in die teaterwêreld.
Familie en vriende, onder wie haar broer Charles en haar ma, Dolly, is gister by die huis deur ’n berader ondersteun.
Twee polisievoertuie en ’n nooddiensvoertuig was met Die Burger se besoek buite die huis. Coyne se twee honde was op die perseel.
Coyne se lyk was in ’n bruin kombers toegedraai toe die polisie dit omstreeks 13:55 uit die huis verwyder het.
“Die wêreld is vandag ’n slegter plek sonder haar,” het ’n duidelik ontstelde mnr. Charles Coyne gesê. “Sy was ’n merkwaardige en deernisvolle mens.”
Hy het gesê hul broer, Bruce, van Pretoria, is diep geskok oor haar skielike dood.
“Ons wag net totdat hy kalmeer en dan sal ons sy reisplanne uitsorteer.”
Mnr. Mario Brierava, Coyne se buurman, het gesê haar dood is ’n groot skok.
“Sy was eintlik ’n baie vriendelike mens, glad nie soos sy op The Weakest Link voorgegee het om te wees nie.”
* Coyne was 22 jaar lank met mnr. Willie Fritz getroud en die paartjie se paaie het sowat agt maande gelede geskei.
Hulle het nie kinders nie.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Prins
Forum Furniture
Offline
Posts: 3331
Re: Interesante storie
«
Reply #25 on:
January 23, 2011, 08:07:58 AM »
RIP
Die ‘visvangvrou van Hentiesbaai’ sterf
2011-01-22 22:27
Celinda Groenewald
Me. Sarah de Jager (83), “die visvangvrou van Hentiesbaai”, is gister in die Medi-Clinic Durbanville oorlede.
Jan de Wet het destyds ’n liedjie oor Sarah de Jager geskryf wat deur Carike Keuzenkamp ’n gewilde treffer gemaak is.
De Jager het ’n jare lange stryd teen kanker gevoer en het uiteindelik aan breinvlieskanker gesterf.
Sy was bekend daarvoor dat sy goeie hengelplekke kon raaksien deur net na die water te kyk.
En Sarah se Gat is steeds een van die bekendste hengelplekke in die omgewing van Hentiesbaai, seker dié gewildste Namibiese hengelplek.
“Sy was eenvoudig ’n liefling onder almal,” het haar dogter me. Sarah Roos gister gesê.
De Jager is op 17 Januarie 1928 gebore en word oorleef deur vyf kinders, 13 kleinkinders en 13 agterkleinkinders.
Logged
RTFM!!!
Smidty
Forum Furniture
Offline
Posts: 2840
George
Re: Interesante storie
«
Reply #26 on:
January 23, 2011, 10:11:08 AM »
Het al van haar gehoor.
RIP
Logged
All things are difficult before they are easy
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #27 on:
January 31, 2011, 01:33:35 PM »
Fanus ‘was dié uitsaaier van alle tye’
Benewens sy vermoë om mense te laat lag, was Fanus Rautenbach ook ’n woordkunstenaar, ’n mentor en ’n goeie luisteraar.
Só is dié bekende radio-omroeper gister beskryf nadat hy Saterdag in die ouderdom van 82 in die Claremont-hospitaal dood is.
Maar sy pa het nie grappe gemaak nie, het sy seun Gerrit gister gesê. “Hy was nie ’n stand-up comedian nie. Hy het die lewe ernstig opgeneem, maar nie ernstig weergegee nie.”
’n Jare lange vriend van Rautenbach, die oudjoernalis en voormalige politikus Piet Coetzer, het dit beaam.
“As daar nou een ding is wat Fanus die joos in gemaak het, was dit as jy hom ’n grapjas genoem het,” het Coetzer gesê. “Vir hom was humor ’n ernstige ding.”
Verskeie bekendes het gister gesê Rautenbach het ’n belangrike impak op hul loopbane gehad.
“Hy het my geleer wat komedie en tydsberekening is,” het die komediant Leon Schuster gesê. Hy het Rautenbach leer ken toe hy in 1976 by die SAUK begin werk het. Later, toe hulle nie meer saam gewerk het nie, het Schuster hom nog gereeld gebel om raad te vra. “Fanus het altyd ’n oor gehad. Hy was meer ’n luisteraar as ’n uitsaaier.”
Niekie van den Berg, voorheen aanbieder van die RSG-program Sê Wie? en deesdae DA-LP, het gesê Rautenbach het hom aangemoedig om te lag. “In daardie dae was jy veronderstel om in ’n aandpak uit te saai, by wyse van spreke. Maar Fanus het gesê as jy lag, sal die luisteraars saam met jou lag. Hy was ’n woordkunstenaar,” het Van den Berg gesê oor Rautenbach se taalvaardigheid.
Fonnie du Plooy, veteraan-omroeper, het gesê Rautenbach was super-intelligent en ’n diep gelowige mens.
“As jy my vra – dié uitsaaier van alle tye.”
)Rautenbach is op 23 September 1928 in Lichtenburg gebore. Hy het in Pretoria aan die destydse Normaalkollege as onderwyser gekwalifiseer en eers as Afrikaans-onderwyser in onder meer Groblersdal gewerk voor hy in 1954 by die SAUK aangestel is. Luisteraars sal hom onthou vir onder meer Flink uit die Vere en Vra vir Fanus. Hy was die medeskrywer van Staal Burger, het ook dokumentêre programme soos Die Hemelkinders (oor downsindroom) vervaardig en meer as 20 boeke geskryf.
Hy is in 1955 met me. Douwlina Grobler getroud.
In die laat 1980’s het Rautenbach by die radiostasie Jacaranda in Pretoria begin werk. In die middel 1990’s het hy en sy vrou afgetree en na Oudtshoorn getrek. ’n Paar jaar later het hulle na Kaapstad verhuis, waar hul twee seuns, Frans en Gerrit, woon.
Sy vrou is in 2004 oorlede. Hy word ook oorleef deur drie kleindogters en twee kleinseuns.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #28 on:
July 19, 2012, 06:01:03 PM »
Ingrid Jonker het vandag in 1965 by Drieankerbaai in die see gestap en nooit weer teruggekom nie. RIP Ingrid. Jou gedigte leef vir altyd.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
White Stripes
Moderator
Sr. Member
Offline
Posts: 1603
Re: A Legend Falls
«
Reply #29 on:
July 19, 2012, 09:47:58 PM »
Steven Covey, my held en mentor is ook die afgelope week op 79 jaar oorlede. Sy nalatenskap is onskatbaar.
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #30 on:
September 23, 2012, 08:25:09 AM »
Voormalige swaargewig-bokskampioen, Corrie Sanders is gisteraand omstreeks 18:00 in die maag gewond tydens ’n gewapende roof buite Brits.
Kallie Kriel, voorsitter van die burgerregtelike organisasie, AfriForum, was toevallig by dieselfde restaurant, Thatch Haven, op dieselfde tyd.
“Ons was oppad huis toe na ’n krieketwedstryd van my seun. Die kinders het ingehardloop gekom en gesê die skote het geklap en die koeëls het net bokant hulle koppe getref,” vertel Kriel.
Kriel is na buite waar hy vir Sanders op die grond aangetref het.
“Die man was in baie pyn. Ek hoop hy is orraait.”
Kriel se hy het van omstanders verneem dat daar ’n een en twintigste verjaardagpartytjie was en dat die rowers daar selfone en beursies gesteel het.
Kriel se seun, C.M. (14) en ses van sy vriende het die voorval gesien.
Hulle is in Eldoraigne Hoërskool in Pretoria en het gister teen Hoërskool Wagpos in Brits krieket gespeel.
Volgens Kriel is die seuns baie getraumatiseerd.
“Die kinders hoor altyd van die goed, maar mens hoop dat hulle dit nooit self sal beleef nie.”
Ser. Kelebogile Moiloa, polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar wel ’n skietery was en dat een man gewond is.
Volgens haar is Sanders oorgeplaas na die Kalafong-hospitaal buite Pretoria omdat hy ernstig gewond is. Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en gewapende roof teen drie verdagtes. Teen druktyd was niemand nog in hegtenis geneem nie.
* Slegte nuus vanoggend (Sondagoggend): Corrie Saunders het in die Kalafong-hospitaal gesterf aan sy wonde. Besonderhede volg later.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Viking
Forum Furniture
Offline
Posts: 2065
Re: A Legend Falls
«
Reply #31 on:
September 26, 2012, 11:21:53 AM »
Daar is meer aan hierdie storie, Corrie Saunders het bo-oor sy vyftienjarige dogter gaan le om haar te beskerm en is toe so geskiet, hy het sy dogter se lewe gered daai koeel sou haar getref het.
Logged
All men die but not all men live.
Viking
Forum Furniture
Offline
Posts: 2065
Re: A Legend Falls
«
Reply #32 on:
September 26, 2012, 11:24:42 AM »
Ex-world heavyweight champion Corrie Sanders' family believes his life could have been saved had he received urgent medical attention, the SABC reported on Monday.
Sanders died in the Kalafong Hospital in Pretoria on Sunday after being shot in the stomach at a party in Brits the previous evening.
The fatal shot was fired while Sanders was trying to shield his daughter from three armed robbers who had stormed into the restaurant and started shooting randomly, Beeld reported.
According to relatives, Sanders was taken to Kalafong despite the fact that there was a private hospital nearby, because he didn't have medical aid.
His ex-wife, Sunette, said he'd also been refused treatment at the Steve Biko Hospital in Pretoria because he was shot outside the Tshwane area
Logged
All men die but not all men live.
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #33 on:
September 27, 2012, 03:47:47 PM »
Three men were arrested in the Oukasie informal settlement, near Brits, on Thursday, for the murder of former world heavyweight boxing champion Corrie Sanders, North West police said.
Police received a tip-off which led them to arrest two men around 10am, Brigadier Thulani Ngubane said.
At this address, police recovered a cellular phone, vehicle key, purse and cash believed to have been stolen during the robbery in which Sanders was shot on Saturday.
"Police then went to a second address and a third suspect was arrested," Ngubane said.
A handbag, also thought to have been stolen in the robbery, was recovered.
He said the men would appear in Brits Magistrate's Court on Monday.
They were Zimbabweans: one of 19-years-old and the other two of 20-years-old.
Sanders was at the Thatch Haven Country Lodge, in Brits, when armed robbers entered and began firing shots at random.
Sanders was hit in the hand and stomach and died in the Kalafong hospital on Sunday.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: A Legend Falls
«
Reply #34 on:
August 22, 2014, 09:04:17 AM »
Verna Vels, die skepper van Liewe Heksie, is Donderdagaand in haar huis in Johannesburg oorlede, berig RSG.
Verna Barbara Robertson Vels (81) het ʼn dapper stryd teen kanker gestry.
Die FAK het vroeër in sy erkenning aan Vels se kultuurbydrae tot Afrikaans gesê sy het in 1973 geskiedenis gemaak: sy was die eerste vrou wat as SAUK-organiseerder in ʼn streek (destydse Natal) aangestel is.
In 1974 het sy in Johannesburg as organiseerder van Afrikaanse joernaalprogramme begin werk, wat kinder- en jeugprogramme ingesluit het. In die twee jaar voordat televisie amptelik op 5 Januarie 1976 op die lug gegaan het, was sy betrokke by programvervaardiging, aankope en beplanning. Programme soos Kraaines en Wielie-Walie ontstaan onder haar leiding.
Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai. Die eerste boek het in 1965 by Human & Rousseau verskyn. Liewe Heksie het in 1978 haar debuut op televisie in ’n reeks van 26 programme gemaak en ’n tweede reeks het in 1981 gevolg.
Later het nog etlike radioreekse oor die geliefde karaktertjies van Blommeland gevolg met 10 Liewe Heksie-boeke, 52 TV-episodes, agt plate en etlike CD’s.
Verna se stem is in die Liewe Heksie-reeks vir Blommie Kabouter, Liewe Heksie en Klein Kwaaitjie gebruik. Klik hier om meer te lees.
Sy was ook skrywer van talle ander jeugverhale en verwerkings vir radiodramas. Sy is 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore.
Liewe Heksie is in 2012 in Maroela Media se veldtog aangewys as die Grootste Afrikaner van Alle Tye in die fiktiewe kategorie.
Intussen stroom huldeblyke in vir Verna, van bekendes en onbekendes.
Ivor Price skryf op Twitter: “Jammer om te hoor dat Verna Vels, die skepper van Liewe Heksie, haar stryd teen kanker verloor het. Haar stories bly egter volksbesit.”
Dowwe Dolla: “My hart baıe seer. Verna Vels oorlede. #lieweheksiesema”
Karen Hart: “Liewe Verna Vels, rus sag. Dankie vir Liewe Heksie, die nare Geelheks en die gifappeltjies, Koning Rosekrans en Kwaaitjie Kabouter. Jy het my kindertyd in ‘n fantasiewêreld omskep en was deel van my eerste leeservarings. Ek het hierdie mooi herinneringe met my saamgeneem die grootmenswêreld in waar fantasie en kinderdrome die werklikheid baie draagliker gekleur het.”
Francois Coertze: “Slaap sag Verna Vels. Dankie vir die oooeee Blommie en Karel kat verlede. Ek dink Borrie en Kerrie sal vir ewig hul streke uitleef in my verbeelding. Glo ook Karel Kraai gaan vir Sarel Seemonster net so mis… RIV Tannie Verna…”
Hennie Jacobs: “Rus sag Verna. Ons gaan jou baie mis…”
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/verna-vels-oorlede/
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pages:
1
[
2
]
Go Up
Print
« previous
next »
Jump to:
Please select a destination:
-----------------------------
Life, the Universe and Everything Outdoors
-----------------------------
=> General Discussion
=> Jokes!
===> General Sport
-----------------------------
On the road less travelled
-----------------------------
=> Vakansie Fotos / Travel Reports
===> Social Threads
=> Kampeer plekke en ander Bestemmings
=> Geocaching
===> Trackables
===> The Road Less Travelled Challenges
=> Under the sea
=> Fotografie / Photography
===> Voëls
-----------------------------
Services and classifieds for members
-----------------------------
=> Moenie dit mis nie!
-----------------------------
Admin
-----------------------------
=> Admin
Loading...