Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: WP en Quadbikes  (Read 2408 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« on: January 19, 2008, 07:48:20 PM »

     
 
Landyboeta
  Gepos 19/1/2008 6:17 PM (#83933 - In antwoord op #83203)
Onderwerp: RE: Quads aan Namibiese kus   
 


New User

Opmerkings: 4

 Wat ek nie kan verstaan nie is dat daar van ons verwag word-nee wet-dat slegs geregistreerde motors wat deur 'n gelisensieerde drywer, op paaie toegelaat word. "n Helse kabaal word opgeskop oor 4x4 voertuie wat eko sisteme vernietig, maar kinders voeter die vlaktes en strate in op meer gevaarlike Quads as wat 'n 4x4 ooit kan wees. Nou word die buurlande se kusgebiede binnegeval...wat eens 'n hengelparadys was (Henties) is nou die bestemming van boetie wat vir pappie op en af moet ry om te kyk by watter omies byt die vis. Skaam is hulle ook nie om dit te erken nie en sou jy dalk net gelukkig wees om op 'n gat te staan waar die vis byt en die quad verkenners sien dit raak....wel binne anderhalf uur word jy toegepak met GP, NW, L en NC registrasies en sleepwaens met nog 'n spaar quad bo-op. Word seker saamgery sodat die preggies dame se ongebore siel reeds in sy beginstadium gewoond gemaak kan word.
Hoekom voel ek so-ek was aangekla van strafbare manslag omdat ek 'n kind van 17 op een doodgery het, wat laataand sonder ligte aan die verkeerde kant van die pad gery het. Laat ek aan elke ouer wat vir sy kind so 'n doodswapen gee net die volgende vra - het jou pa vir jou 'n semi automatiese wapen met rondtes gegee om mee te speel sonder dat jy weet wat die ding kan doen ? Kinders is 'n voorreg-nie 'n reg nie, so hanteer hul as sulks.
     
 
Pmdb
  Gepos 19/1/2008 6:34 PM (#83934 - In antwoord op #83203)
Onderwerp: RE: Quads aan Namibiese kus     
 


Expert

Opmerkings: 3504

Plek: Bellville Soos jy seker agter gekom het, die quadliefhebbers is hier in die minderheid. Ek is seker daar is quad mense wat verantwoordelik is maar ongelukkig is hulle by verre in die minderheid.
Jammer oor jou ongeluk. Ek is bly daar is nie 'n WP onder die nommerplate nie wat jy noem nie 
     
Copy en paste van WEG forum af





Landyboeta
  Gepos 19/1/2008 6:46 PM (#83938 - In antwoord op #83203)
Onderwerp: RE: Quads aan Namibiese kus   
 


New User

Opmerkings: 4

 Die WP manne wat ons teekom vang vis en mors nie hul geld en tyd nie....











Ja wat sal ek nou s...........
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: January 19, 2008, 11:02:25 PM »

Ek kan quads nie vat nie. Veral quads met kinders sonder toesig! Party ouers verdien nie kinders nie...
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6901



« Reply #2 on: January 20, 2008, 08:02:49 PM »

Ek kan quads nie vat nie. Veral quads met kinders sonder toesig! Party ouers verdien nie kinders nie...

Ek is so 3-4 jaar gelede eenkeer amper gebliksem deur 'n aggresiewe pa van 'n kind.

Ek woon in 'n normale woonbuurt, met baie kinders in en daar is 'n taamlike groot parkie (speelplek) reg langs
my huis. Dis seker so 300 m x 200 meter.
Ek gaan een laatmiddag gou daar speel met my woelige Jack Russell....
Sal daar dan nou nie twee mannetjies, so 12,13 jaar oud op die parkie rondjaag met quads nie...

Daar is klein kinders wat daar speel en daar is ook kinders aan die anderkant wat krieket speel.

Hulle jaag tussen die kinders deur  en as die kinders skree draai hulle om en jaag die kinders met quads.

.......dis toe op hierdie stadium dat ek voel iets moet gedoen word.

Ek maak toe of ek saamlag en wys vir die een laaitie hy moet na my toe kom. Hy reageer , kom en
kom stop hier by my.
Ek lag en s vir hom dat hy darem nou die laaities lekker op hol gejaag het ! Die bliksempie stem nogal
saam en lag tog te lekker.
Sy maatjie het intussen ook langs hom gestop....

Ek vra of ek op die een quad kan sit. Die mannetjie s dis Ok.  Ek klim op en vra kamma 'n paar
vrae..... Ek klim af, trek die sleutel uit en sit dit in my sak sonder dat hulle dit besef.

Ek stap oor na die ander quad en vra vrae.....  Klim op en trek daardie een se sleutel ook uit !

Toe verander my stemtoon na ernstig en ek vertel hulle toe wat ek van hulle dink en s toe vir
hulle as hulle die quads se sleutels wil h kan hulle vir hulle pa's s om dit by my huis te kom
haal en toe vir hulle gewys waar my huis is.

Ek moes my net beheer, want toe begin die donnertjies mos op my te vloek.

Sowat 'n uur later lui my voordeurklokkie. Dis die pa !

Die man is 'n gorilla...............en hy vloek en skel vir my vir alles wat sleg is en wil by my weet
wie de hel dink ek is ek om sy seuns se quadbikes se sleutels te kom afvat.....
Hy wil my toe net bliksem.

Ek verduidelik toe vir hom dat dit nie die plek is vir hulle om te ry nie en as hulle dit weer doen, dan
bel ek die polisie of ek vat weer hulle sleutels af.
Ek gee hom toe die sleutels.

Hy klim in sy kar en vloek my nog steeds!

Hulle het darem nie weer daar gery nie!!   ........so my optrede het darem tog 'n verskil gemaak.

Net jammer dat quad eienaars so dikvellige mense is.  Op die einde van die dag word ek hanteer as
die een wat verkeerd was.
Logged

Sweeper
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 181



« Reply #3 on: January 21, 2008, 09:46:38 PM »

Damn, maar ek weet nie of ek so rustig kon wees nie.  Ek sou my pel hier anderkant gaan haal het.  Hy is ook 'n beer en hy het die geweer.  Dan skiet ek die bliksems se wiele uit.

Hel is skoon kwaad, hier waar ek sit.

Dis soos die drol wat kark aanjaag op die pad en dan vir my vloek.  Dit laat my bloed kook.  Dis net daar wat ek die damn kar sal omgooi.

'n Ouer moet mos vir sy kind opstaan, maar voor dit moet hy die ou maniere leer.

Interesante opmerking wat ek een aand by 'n skool vergadering gehoor het:
Die psigiater (damn, hoe spel 'n mens daai woord.) staan op en se vir ons dat ons nie op aarde is om ons kinders gelukkig te maak nie.
Almal giggel 'n bietjie.
Nee se hy.  Ek is ernstig.  Ons is nie hier om ons kinders gelukkig te maak nie, ons is hier om hulle respek en ruglyne te leer, nie gelukkig te maak nie.  Hulle sal binne daardie streng en liefdevolle raamwerk self geluk vind, want hulle sal dan die perke ken en gerus en beskermd voel in die omgewing.

Ek wens 'n paar ouers wat ek ontmoet het wil tog vir daai ou gaan luister.
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #4 on: January 21, 2008, 10:29:59 PM »

 Head Bang

Deesdae se jong kinders darem. Slim, maar geen wysheid. Sterk, maar geen krag. Dapper, maar geen insig. Ken nie eens ponskaarte nie. No No
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #5 on: January 21, 2008, 11:21:24 PM »

I live next to a huge park. My kids ride their bikes there regularly. We have several rules...

1. It's not our park - it's the other people's park.
2. You never ride more than 10 minutes - even if there is no-one in the park - you might piss off some-one (even though our bikes run extremely silently).
3. If some-one is in the park you don't ride.
4. If some-one come into the park you come out.
5. You NEVER ride without FULL gear.
6. You NEVER ride without dad present.

Unfortunately a lot of people around us have quads and bikes. They don't care / have rules and the kids ride around the WHOLE day without supervision. They are a nuisance and unfortunately all kids on bikes (including mine) are treated the same by other people around the park. It's gotten to the point where a certain old tannie would storm into the park harassing my kids for riding in the park even though they are innocent of the things the other kids do.

It's a sad state of affairs.
« Last Edit: January 22, 2008, 07:17:42 AM by Trailrider » Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Sweeper
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 181



« Reply #6 on: January 22, 2008, 08:02:03 AM »

Head Bang

Deesdae se jong kinders darem. Slim, maar geen wysheid. Sterk, maar geen krag. Dapper, maar geen insig. Ken nie eens ponskaarte nie. No No
Ten minste gehoor van hulle. 
Nice come back.
Ek dink ek moet oppas vir wie ek chirp.  Dit lyk of ek aan die kortste end gaan trek.

Logged
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: