Pages: [1] 2 3 4   Go Down
Print
Author Topic: ISO & Fstop  (Read 13254 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« on: December 29, 2008, 08:52:29 PM »

Ek het nog altyd gedink dat die "Exif  info" belangrik is as dit by die beoordeling van 'n foto kom. Mens lees daarin wanneer 'n foto geneem is en onder wat se omstandighede. Ek loer altyd daarna om 'n foto te waardeer.

Die foto van Pieter van die seun se gesig het 'n Fstop van 3.5 en 'n 50ste spoed...ideaal om die agtergrond uit te skakel en skitterende fokus te gee waar nodig. Ek kan ook sien dat dit laat middag...na 8 uur...geneem is en dat die laaste lig uitstekend gebruik is om sagte skaduwees te vorm. Die 24 mm lens s ook dat hy naby aan die seun was en geen flash gebruik is nie. Die settings pas by die foto. Die foto is Jan. 2008 geneem toe hy in Argentinia was...raai ek.
« Last Edit: December 30, 2008, 11:47:37 AM by Trailrider » Logged
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #1 on: December 29, 2008, 08:59:38 PM »

Verduidelik asb vir my hoekom die fstop funksie en die ISO so belangrik is. Hoekom nie net die auto funksie gebruik nie?
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #2 on: December 29, 2008, 09:04:31 PM »

Ek gaan my 2c ook hier ingooi.

JJ, dit maak mos nie saak wat die tegniese data agter die foto se nie. As die foto reg lyk, sal die tegniese data reg wees, as die foto sleg lyk sal die tegniese data vir jou se hoekom, nie reg nie?

As jy hou vd foto, bogger die fstop, ISO, etc.

MAAR as daar iets fout is met die foto vlgs jou opinie kan jy na die data kyk en s dat 'n laer ISO en groter/kleiner fstop beter sou wees.
« Last Edit: December 30, 2008, 11:42:52 AM by Trailrider » Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarr
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #3 on: December 29, 2008, 09:04:59 PM »

Fourie, ek sal dit vir jou more verduidelik met voorbeelde.
Logged
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4946



« Reply #4 on: December 29, 2008, 10:41:22 PM »

Soos Fourie gese het dit is leersaam om die inligting te kry.  Ek is baie beter met video's as met die foto neem saam en vind die info leersaam.  Ek stel ook maar die kamera op Auto en kyk maar hoe dit lyk
« Last Edit: December 29, 2008, 11:00:57 PM by CK1 » Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #5 on: December 30, 2008, 11:00:21 AM »

OK Fourie, hier kom my antwoord oor ISO en Fstop en daai Auto Funksie. Ek gaan dit so kort moontlik hou. Ek praat ook hier van buitelig fotografie soos diere, vols en natuurtonele soos JZ se mooi Tafelberg wat nou weg is want ek is nie 'n ateljee fotograaf nie. Inteendeel, ek is glad nie 'n fotograaf nie...dis bloot vir my 'n lekker stokperdjie.

ISO bepaal die ligsensitiwiteit van jou kamera se sensor. Hoe hor die ISO hoe meer sensitief is die sensor vir lig en dit beteken dat jy foto's kan neem in swak lig. As jy 'n ho ISO in goeie lig gebruik loop jy die risiko dat die foto oorbelig kan wees. Hieronder is 'n voorbeeld van so 'n foto. ISO 400 was te hoog en shutterspeed op max 4000 was te stadig.



As jy 'n ho ISO in swak lig gebruik loop jy gevaar om agtergrond geraas op te tel. Geraas is klein kleurvolle spikkeltjies wat die foto ontsier.



Goed nou Fstop. Fstop bepaal die grootte wat die lens moet oopmmak. 'n Lae Fstop beteken die lens sal groot oopmaak en dat die fokus gedeelte (depth of field) baie vlak sal wees. Met my lang lens net 'n paar sentimeter. Kyk hoe uit fokus is als voor en agter die kwikkie.



'n Hor Fstop soos 7 - 11 is genoegsaam om landskapfoto's van voor tot agter in fokus te plaas. As 'n kort lens gebruik word is dit nog makliker.

Die meeste buitelig pro's gebruik die Av setting om foto's mee te neem...ek ook...altyd. Hier het jy volle seggenskap oor die ISO en die Fstop maar die spoed wissel vanself. So afhangend van die lig kan jy die ISO vinnig verander (2 knoppies se druk) en as jy diepte fokus soek rol jy net die wieletjie om die Fstop te verander. Elke verstelling sal egter die spoed be-invloed. En spoed is uiters belangrik.

As jy 'n lang lens gebruik is 'n ho spoed baie belangrik om bewerasie te verminder. En selfs by kort lense help spoed om die foto crisp te maak. 'n Skerp foto is mos wat jy wil h !!! Dis waarom 'n lens met 'n lae Fstop van s 2.8 - 4 baie beter is as een met 'n Fstop van 6.3 want dit laat baie meer lig in na die sensor wat beteken dat jy teen 'n lae ISO 'n vinnige spoed kan kry.

Vat jou kamara en sit die setting op Av en speel rond met die ISO en die Fstop en kyk hoe verander die spoed.

Duurder kameras kan natuurlik agtergrond geraas beter hanteer by ho ISO.


Logged
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #6 on: December 30, 2008, 11:31:08 AM »

Goeie verduideliking JJ.
Dankie vir die effort !
Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #7 on: December 30, 2008, 11:35:46 AM »

Dankie JJ. Ek gaan speel en dan met elke foto die ISO en fstop setting neerskryf, om te vergelyk wat die verskil is. Hier is ongelukkig nie wild of bome nie. Sal maar iets kry om af te neem.

Hierdie digitale kamera ding met die baie verstellings en opsies is nog 'n nuutjie.

Soos Fourie gese het dit is leersaam om die inligting te kry.  Ek is baie beter met video's as met die foto neem saam en vind die info leersaam.  Ek stel ook maar die kamera op Auto en kyk maar hoe dit lyk.

Ek stem saam met CK1. EK werk beter met 'n video kamera as met 'n stil kamera. So die leer proses gaan lank vat.

Ek dink dat die auto funksie vir leke (soos ek) en beginners (ook soos ek) op die stadium die beste werk. Hier waar ek nou is neem ek foto's op die ingewing van die oomblik. En dan doen jy dit redelik vinnig.

Weereens dankie vir jou geduld en die info.
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #8 on: December 30, 2008, 11:44:36 AM »

Dankie JJ, ek probeer ook deesdae om weg te kom van die Auto funksie Smile
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #9 on: December 30, 2008, 11:54:42 AM »

Nee man Fourie...plak daai outo funksie toe. Gebruik dan liewer die ander funksies soos landskap en sport...sport vir enige iets wat beweeg.

As jy eers Av setting aangeleer het sal jy sien hoe verbeter jou foto's. Laat jou oog net voor elke foto die spoed vang dan sal jy weet hoe steady jy moet wees...veral as jy zoom.
Logged
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #10 on: December 30, 2008, 11:56:01 AM »

Dankie JJ, ek probeer ook deesdae om weg te kom van die Auto funksie Smile

Die probleem (vir my) is dat ek nie noodwendig weet hoe om al die settings manually te stel nie.

Die cool ding is om te verstaan wat dit doen en dan stel jy een of twee van hulle en laat die kamera besluit wat die ander een moet wees.

Dit maak vir fotos wat die effek het wat jy wil h sonder om ander verkeerde settings te gebruik.

Toe my vrou nog haar SLR gehad het (35mm) het ek altyd gekyk wat die kamera dink die setting moet wees. Dit het my 'n goeie idee gegee van watter settings die regte ding doen.

Om te verstaan maak dat jy meer gereeld die foto kan neem wat jy in gedagte gehad het.

Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #11 on: December 30, 2008, 11:56:36 AM »

Nee man Fourie...plak daai outo funksie toe. Gebruik dan liewer die ander funksies soos landskap en sport...sport vir enige iets wat beweeg.

As jy eers Av setting aangeleer het sal jy sien hoe verbeter jou foto's. Laat jou oog net voor elke foto die spoed vang dan sal jy weet hoe steady jy moet wees...veral as jy zoom.
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #12 on: December 30, 2008, 12:00:02 PM »

JJ

Kyk gou hier.



Hier moet groot fout wees maar ek weet nie wat nie. Ek hou van die foto, maar dit lyk net nie reg nie. Onnatuurlik. Wat is fout?
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #13 on: December 30, 2008, 12:07:29 PM »

Wat lyk onnatuurlik daaraan ?

Enigste ding wat ek dink die foto sou kon beter maak is of dit 'n ander tyd van die dag te geneem het, of met 'n poliriser - om die verder image skerper te maak.


Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #14 on: December 30, 2008, 12:10:02 PM »

Behalwe dat die komposisie (sp?) verkeerd is (ek was nog nuut toe ek dit geneem het) lyk iets net nie reg nie. Ek kan nie my vinger daarop sit nie, maar dit lyk nie soos my ander fotos nie.
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #15 on: December 30, 2008, 12:16:07 PM »

Die bome daaragter lyk uit fokus
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #16 on: December 30, 2008, 12:16:56 PM »

Die enigste ding wat my pla is die deinserigheid.

As ek die settings so kyk is die shutter spoed ook baie vinnig.

Om die f-stop hor te gehad het en die shutter spoed stadiger sou dit dalk meer detail (en diepte van fokus) gehad het en die bome meer in fokus en minder fuzzy...

Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6901



« Reply #17 on: December 30, 2008, 12:17:08 PM »

Die water hier regs voor lyk amper soos plastiek............en lyk heelwat skerper as die agtergrond.

Dis nie noodwendig verkeerd nie (Onthou my kennis van foto's is gevaarlik!!)

.....maar TR, ek gaan saamstem......... "iets" lyk nie reg nie........wat dit is kan ek egter nie
s nie.
Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #18 on: December 30, 2008, 12:18:40 PM »

.....maar TR, ek gaan saamstem......... "iets" lyk nie reg nie........wat dit is kan ek egter nie
s nie.

Dis presies wat ek bedoel. Ek wonder al baie lank oor die foto.
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #19 on: December 30, 2008, 12:23:33 PM »

Ek het nou onlangs 'n ander kamera gekoop. Hier het ek probeer om alles in fokus te kry, ek neem aan die F-stop was te hoog





Nog 'n probleem is dat daar 'n verskil in die kleure is tussen my ou kamera en die nuwe. Dis naastenby dieselfde gras ens maar op verskillende tye van die dag. Kan dit die probleem wees of is dit 'n verstelling wat ek moet maak

Canon S2




Canon 1000D


Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Pages: [1] 2 3 4   Go Up
Print
Jump to: