Pages: 1 [2] 3 4   Go Down
Print
Author Topic: ISO & Fstop  (Read 12591 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #20 on: December 30, 2008, 12:44:13 PM »

Jy het seker die foto so geneem omdat jy lus was.

Daar is niks fout met die tegniese detail van jou foto nie...op 9/1/2007 8 uur vm het jy daai Olympus se lens op sy kortste gemaak en die skerp lig wat van die water op die voorgrond weerkaats het, het verseker dat die kamera alles toe maak om daarvoor te kompenseer....laagste Fstop....laagste ISO....lae spoed....dalk was 50 te laag. Die prys wat jy daarvoor betaal het is dat die agtergrond effens onder belig is.

Moenie foto's met die son skuins van voor neem nie veral nie as dit weerkaats oppie water nie. Gebruik die son so...



Maar ek is nie van voorneme om verder julle foto's se toekoms te voorspel nie. Neem dit soos julle wil en soos julle goeddunk...maar as jy 'n foto vir die maandelikse kompetisie plaas kan mens seker maar so bietjie navrae doen en nader bekyk.
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #21 on: December 30, 2008, 12:50:13 PM »


ISO bepaal die ligsensitiwiteit van jou kamera se sensor. Hoe hor die ISO hoe meer sensitief is die sensor vir lig en dit beteken dat jy foto's kan neem in swak lig. As jy 'n ho ISO in goeie lig gebruik loop jy die risiko dat die foto oorbelig kan wees. Hieronder is 'n voorbeeld van so 'n foto. ISO 400 was te hoog en shutterspeed op max 4000 was te stadig.


Begin by die begin en hou by Afrikaans...

ISO - verstaan ek reg dat dit jou foto "ligter" of "donkerder" maak? Ho ISO kan maak dat die foto "overexposed" is?

400 is vir my net 'n nommer, want ek het nog nooit ISO gestel nie. As 400 hoog is, wat is "normaal"?
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #22 on: December 30, 2008, 12:52:34 PM »




Canon 1000D




PMDB, is dit Verlorenvlei ??
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #23 on: December 30, 2008, 01:00:08 PM »


ISO bepaal die ligsensitiwiteit van jou kamera se sensor. Hoe hor die ISO hoe meer sensitief is die sensor vir lig en dit beteken dat jy foto's kan neem in swak lig. As jy 'n ho ISO in goeie lig gebruik loop jy die risiko dat die foto oorbelig kan wees. Hieronder is 'n voorbeeld van so 'n foto. ISO 400 was te hoog en shutterspeed op max 4000 was te stadig.


Begin by die begin en hou by Afrikaans...

ISO - verstaan ek reg dat dit jou foto "ligter" of "donkerder" maak? Ho ISO kan maak dat die foto "overexposed" is?

400 is vir my net 'n nommer, want ek het nog nooit ISO gestel nie. As 400 hoog is, wat is "normaal"?

ISO is die 'skaal' wat beskryf of jou film (of die sensor) vinnig of stadig kan afneem.

Hoe hor die ISO, hoe minder lig is nodig om die foto te neem teen dieselfde sluiterspoed.
Hoe laer die ISO hoe meer lig het jy nodig.

Dis hoekom jy meer 'grainy' fotos kry met 'n hor ISO.
Jou sluiterspoed en f-stop kompenseer (pas aan) daarvoor.

'n Beter manier om aan ISO te dink is die 'spoed' van die 'film'.

As jy fotos wil 'vries' - hor ISO vir korter sluiterspoed om dieselfde beligting te kry.
As jy 'n foto uit die hand uit wil skiet sonder 'n staander met minder lig sonder om te blur - hor ISO.

Ek dink jou vorige kamera was 'hard set' op 50 ISO as ek reg onthou.
Toe Vicky nog haar SLR gehad het het ons agtergekom dat 200 ISO 'n goeie middeweg (allrounder) was.

Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #24 on: December 30, 2008, 01:05:27 PM »

Ek het nou gekyk en gesien dat my kamera se ISO ook gestel is op 200.
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #25 on: December 30, 2008, 01:11:34 PM »

Onthou ek ken nie julle kameras nie en weet nie wat se funksies dit het nie. ISO 200 - 400 is seker normaal...afhangend van elke kamera...maar as jy dit kan stel kan jy maar leer om dit te gebruik. Jou kamera het tog nie verniet daai funksies nie en jy het daarvoor betaal....so kom weg van die auto setting af.
Logged
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #26 on: December 30, 2008, 01:12:15 PM »

Lees gou hier - lekker min woorde vir die moeg ADD manne onder ons...

Grin Grin Grin


http://digital-photography-school.com/blog/iso-settings/

Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #27 on: December 30, 2008, 01:12:53 PM »

....so kom weg van die auto setting af.

+1000

Die cool ding is om te weet watter setting in watter omstandighede vir jou beter resultate gaan gee.

Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #28 on: December 30, 2008, 01:13:03 PM »

Ek onthou iets van die Fstop wat self stel as ek die ISO op my kamera stel en andersom (nie dat ek dit al gedoen het nie). Ek sal (as my mense weg is) 'n bietjie speel en kyk hoe dit werk.

Die Fstop gee "diepte" of illusie van "diepte" in die foto?

Soos die foto wat ek met LGF se kamera geneem het?



(Ek sal die original bietjie soek)
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #29 on: December 30, 2008, 01:15:20 PM »

Hier is hy:

Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Harley
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1006


« Reply #30 on: December 30, 2008, 01:15:56 PM »

 :Scratch:Flip, ek lees en ek lees en ek lees weer maar my kop bly te plat vir al hierdie tegniese woorde en terme.  Ek sal moet my "Photography for Dummies" nader trek en weer probeer.  Ek steek maar my kamera weg want hy is ook nie so fnsie soos al hierdie ander kamera's nie maar ek weet daar is darem goed soos ISO en F-stops op hom  Smile
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #31 on: December 30, 2008, 01:18:19 PM »

Ek weet nie veel nie, maar ek dink my kamera is nogal fnsie Smile Dis net die fotograaf wat bietjie dom is... Roll Eyes innocent
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Harley
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1006


« Reply #32 on: December 30, 2008, 01:20:30 PM »

Het jy ook daai probleem.  My kamera se fotograaf is net so dom!
Logged
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #33 on: December 30, 2008, 01:34:15 PM »

Lees gou hier - lekker min woorde vir die moeg ADD manne onder ons...

Grin Grin Grin


http://digital-photography-school.com/blog/iso-settings/



So vinnig gescan...dit lyk interessant. Sal vanaand sit en deurwerk.
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #34 on: December 30, 2008, 01:37:26 PM »

Myne is nie die nuutste nie, maar dis beslis ingewikkelder as my vorige een.

Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #35 on: December 30, 2008, 01:40:48 PM »

Oefen is die ding...speel met jou kamera totdat jy dit toe o kan verstel.

En onthou...die beste tyd om foto's te neem is net na sonop en met sononder. As die son so regaf van bo skyn is dit die tyd om daai kamera se boekie weer en weer op te lees.
Logged
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #36 on: December 30, 2008, 01:49:06 PM »

:Scratch:Flip, ek lees en ek lees en ek lees weer maar my kop bly te plat vir al hierdie tegniese woorde en terme.  Ek sal moet my "Photography for Dummies" nader trek en weer probeer.  Ek steek maar my kamera weg want hy is ook nie so fnsie soos al hierdie ander kamera's nie maar ek weet daar is darem goed soos ISO en F-stops op hom  Smile

Kom ons probeer 'n ander hoek:

F-stop (apeture): Opening van die lens. Hoe kleiner die getal, hoe groter is die opening.
Laer f-stop gee 'n vlakker fokus diepte - skerp waar jy fokus, maar uit fokus agter (en voor) dit wat jy afneem. Dis hoekom jy somtyds 'n tak of draad aan die voorkant in fokus het met die volstruis wat jy eintlik wou afneem heeltemal uit fokus. Goed vir gesigfotos en fotos waar jy meer aandag wil vestig op wat jy afneem.

Hor F-stop maak skerper fotos (alles is in fokus) - jy het meer lig nodig, maar dis die setting vir as jy 'n meer wil afneem in die dag met die bome agter nog steeds in fokus.

Sluiterspoed is die spoed waarteen die sluiter oop en toe maak vir die foto.
Hoe korter dit is, hoe meer ge'vries' is die foto, maar hoe minder lig laat dit in.
Langer sluterspoed laat meer lig in, maar dan blur alles weer makliker.
Dis hoe die manne die foto's neem van die riviere of watervalle waar die water amper soos watte lyk.

Hor sluiterspoed: Aksie fotos of beweging wat jy wil vries.
Laer sluiterspoed: Landskappe of mense wat nie so baie beweeg nie. Jy kan ook laer sluiterspoed gebruik om aksie te wys. As jy 'n fietsryer afneem met 'n lae sluiterspoed sal hy in perfekte fokus wees, maar jy gaan 'motion blur' kry agter hom, wat dit laat lyk of hy vinnig beweeg. Vinnige sluiterspoed sou hier nie werk nie. As jy by die see 'n foto wil neem van waar Sannie in die branders inhardloop en jy elke druppel 'gevries' wil sien dan is 'n vinnige sluiterspoed weer wat nodig is.


As jy fotos neem is dit 'n kombinasie van die 3 plus beskikbare lig wat vir jou die 'effek' gee wat jy soek.

Hulle moet 'uitbalanseer'.


Minder lig maar met beweging:
Laer sluiterspoed om nie te blur nie, maar dan laat die kamera minder lig vir 'n korter tydjie toe, dus moet die ISO hor wees sodat hy onder daardie omstandighede nie onderbelig nie.


Vlak diepte van veld (f-stop laer) met baie lig:
F-stop is laag, so die lens opening is groter.
Die sluiter mag dalk stadiger wees, maar ISO kan ook laer wees omdat daar genoeg lig is (en hoe laer die ISO, hoe minder 'noise' in die foto)


Gewone lig met 'n landskap foto (diep fokus of diepte van veld):
Die lens opening is baie klein, so die sluiterspoed gaan bietjie langer wees.
Die ISO gaan dalk ook so 'n klein bietjie hor wees, maar dit hang van die sluiter spoed af.

Opsomming (vir nou):
Kyk waar jy die kamera kan stel vir 'shutter priority' of 'apeture priority'.
Dit laat jou toe om die een te stel en die kamera besluit die ander.

'Vlak' diepte van fokus en genoeg lig (voor en agter die fokuspunt uit fokus) - gesiggie by braai en trou fotos - daglig en buite: Lae F-stop, lae ISO

Binneshuise fotos sonder flash - ho ISO

Buite fotos sonder flash as die lig begin minder raak:
Scenery (meer fokusdiepte): Hor ISO en groter F-Stop
Mense (minder fokusdiepte): langer sluiterspoed en laer F-stop (en bietjie hor ISO as dit nodig is)

En dan (soos JJ ges het) is 'n scenery foto teen die regte tyd van die dag altyd beter met die son agter jou - net na sonop of net voor skemer. As jy 'n scene wil afneem en die son is verkeerd, kom terug waneer die son gedraai het (verkieslik ook in 'golden hour') of leef saam met die foto as jy dit wel net daar neem.

*phew* Hoop nie confuse meer nie.

Ek hoop ek's reg met alles - iemand moet my asb reghelp as ek nonsens gepraat het...

« Last Edit: December 30, 2008, 01:52:09 PM by Eisbein » Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #37 on: December 30, 2008, 01:57:47 PM »

Belangrik om te onthou is om te sorg dat jou battery lekker vol gelaai is  Evil


Dankie Eisbein vir die moeite  Smile
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #38 on: December 30, 2008, 02:00:22 PM »

Belangrik om te onthou is om te sorg dat jou battery lekker vol gelaai is  Evil

Big Grin

Yip - dis natuurlik die eerste stap.

Die tweede is om te onthou om die ding aan te skakel.

Grin Grin Grin
Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #39 on: December 30, 2008, 02:08:09 PM »

En dat jy 'n kaart in het en nog een in jou sak...net vir ingeval...
Logged
Pages: 1 [2] 3 4   Go Up
Print
Jump to: