Pages: [1] 2 3 ... 8   Go Down
Print
Author Topic: BLOGS - Die krag van die lang stert  (Read 21221 times)
0 Members and 2 Guests are viewing this topic.
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« on: January 18, 2009, 07:34:38 PM »

‘n Effektiewe manier om besoekers na jou blog te dryf, is om die krag van die lang stert te gebruik. Dit het weinig met ‘n sangôma se moetie (of die gereg se lang arm) te doen, maar eerder met die slim gebruik van ‘n fenomeen wat bekendstaan as “the long tail“. Hoewel nie uitsluitlik die gebied van internetgebruikers nie, vind dit vandag veral neerslag op die wêreldwye web, waar maatskappye duisende rande (ja, dit gebeur reeds ook in Suid-Afrika) betaal om verkeer na spesifieke webtuistes te dryf en hul korporatiewe beeld positief uit te bou.

In elke nis van die blogosfeer is daar ‘n paar gewilde blogs en talle onbekendes. Ook in ons Afrikaanse hoekie geld hierdie reël: almal weet van Steve Hofmeyr se (nou vervalle) blog, almal ken die manne van Bosparra, talle weet van Frank Botha en Die Werf. Hierdie kêrels kry veel meer trefslae as Jan Rap en sy maat wat so af en toe ‘n emotiewe getier of ‘n aangestuurde kettingbrief plaas. ‘n Paar blogs kry die meeste hits; die oorgrote meerderheid het elk ‘n skamele groepie volgelinge met die daarmee gepaardgaande skamele besoekerstal. Dis niks uniek aan die blogosfeer nie - die hele internet werk so. Almal weet van Amazon.com; min mense weet van Kosie April se spoorwegverhale uit Beaufort-Wes.

‘n Mens sou dit grafies as volg kon voorstel:



Aldus: die lang stert. Die “duisende klein sites” kan maar net daarvan droom om soveel verkeer as die ouens aan die bokant te kry. Die hoeveelheid krag in eersgenoemde is egter van onskatbare waarde. Die rede hiervoor is eenvoudig - almal in die lang stert besoek gereeld die ouens aan die bokant se webtuistes. Die boonste ouens is bo omdat die onderste ouens hulle daar hou. Getalle - hierin lê die krag van die lang stert. (Dis soos om te stem in ‘n nasionale verkiesing: op jou eie gaan jy om die dood nie ‘n verskil maak nie, as deel van ‘n leërskare wel.)

Ek het dit eerstehands ervaar met die “bemarking” vir die eerste Silwer Ponie, toe ek by elke liewe blog waarop ek my hande kon kry kommentaar gelewer het. Ek het besoek by ‘n sekere blogger met ‘n baie lang blogroll afgelê, ‘n draai by elke blog daarop gaan maak en eenvoudige kommentaar gelos wat die betrokke blogger gelukwens het omdat hy of sy “die Silwer Ponie gewen het”. Van die blogs het ek nog nie vantevore met ‘n oog gesien nie. Desnieteenstaande het my “bemarking” soos ‘n bom gewerk - my trefslae vir die dag was meer as drie keer my weeklikse gemiddeld. Die obskure kommentaar het mense nuuskierig gemaak; toe hulle by my blog aangekom het, was daar reeds relevante inhoud in plek om hulle vir ‘n wyle hier te hou.

Wat beteken dit alles?

Dit beteken jy is na alle waarskynlikheid deel van ‘n baie kragtige ketting waarvan die krag juis nié deur die swakste skakel bepaal word nie. Inteendeel. Die krag van die ketting lê juis daarin dat dit uitsluitlik uit “swakker” skakels bestaan. Dit beteken ook dat jy, met die regte virale inhoud, veel meer in die kuberruimte kan uitrig as wat jy dalk besef.

Ons ken nie ons eie krag nie. Hierin lê ons krag.
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: January 18, 2009, 07:39:35 PM »

Baie interresant.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #2 on: January 24, 2009, 08:11:50 PM »



http://www.amatomu.com/
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #3 on: January 24, 2009, 11:09:25 PM »

Interresante link - dankie!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #4 on: March 02, 2009, 02:25:49 AM »

Ek staan op 10 000 hits Shocked
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #5 on: March 03, 2009, 08:13:35 PM »

439ste  Clap Dis baie goed in ag geneem hoeveel blogs daar is en dan ook hits van oor die wêreld. Dit kan net beter raak  Hope
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #6 on: March 03, 2009, 08:33:49 PM »

Daai verander elke 30 minute of so. As ek iets post die dag gaan dit op en ander dae gaan dit weer af. Die hoogste wat ek hom nog gesien het was 278.

Ek kom nou die dag toevalling op 'n ander blog en sy ranking was oor die 7000. Ek wonder hoeveel is op Amatomu?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #7 on: March 03, 2009, 08:42:07 PM »

Ek wonder hoeveel is op Amatomu?

Ek het nogal vroeër vanaand probeer kyk maar kon nie 'n syfer kry nie, maar dis baie
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #8 on: March 23, 2009, 12:48:11 AM »

My blog is 'n finalis in die "Travel Category" van die "SA Blog Awards!"

Ek moet se ek is nogal bly en verbaas! Die wat wil kan stem deur op die "dog tag" the kliek op my blog en die instruksie te volg Wink

http://trailriderreports.blogspot.com/

Die prysgeld is R20-09! Evil
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #9 on: March 23, 2009, 09:10:40 AM »

Question for the blogorati: How/where do I add a blog to make it known?

I've started a blog about the pedestrian issue at Century City on the N1, http://n1ccblog.dewet.org.za/

EDIT: Ok, I got it sorted. Registered an account at amatomu, and added the blog.
« Last Edit: March 23, 2009, 09:21:48 AM by niklaas » Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #10 on: March 23, 2009, 11:55:26 AM »

Probeer ook http://afrigator.com/ en sit jou blog adres in jou signature op Wild Dogs.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #11 on: March 23, 2009, 11:56:36 AM »

Soek ook 'n forum wat gaan oor die Kaap en bespreek die issue daar, met 'n verwysing na jou blog. Begin 'n groep in Facebook en sit dit ook op Twitter.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #12 on: March 24, 2009, 03:05:34 PM »

439ste  Clap Dis baie goed in ag geneem hoeveel blogs daar is en dan ook hits van oor die wêreld. Dit kan net beter raak.

Vandat die blog gelys is as finalis op SA Blog Awards kry ek amper dubbel die hoeveelheid hits. Shocked
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #13 on: March 24, 2009, 03:52:17 PM »

Myne is 286, maar as jy kyk is daar 'n fout met die no's, gaan van 352 na 186  Loco
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #14 on: March 24, 2009, 03:59:03 PM »

 Huh?
 Scratch

Hoe bedoel jy? Ek sien al die nommers.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #15 on: March 24, 2009, 04:15:15 PM »

Ja, scroll af, na 352 begin dit weer by 186.
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #16 on: March 24, 2009, 04:16:49 PM »

Soos hier
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #17 on: March 24, 2009, 04:48:34 PM »

 Scratch

Ek sien als. Wat is jou blog se naam?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #18 on: March 24, 2009, 07:00:23 PM »

Scroll nog verder af, daar's nog 'n 286!

The N1 Century City Pedestrian Dilemma
« Last Edit: March 24, 2009, 07:02:42 PM by niklaas » Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26542


Die Bergie...


WWW
« Reply #19 on: March 24, 2009, 07:03:32 PM »

Kan nie wees nie man Smile Kyk jy in 'n spesifieke afdeling?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pages: [1] 2 3 ... 8   Go Up
Print
Jump to: