Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Hoe om 'n foto te plaas - stap vir stap  (Read 1968 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« on: February 13, 2008, 05:47:25 PM »

Vir die ouens wat nog nie so rekenaar vaardig is nie hier is hoe om 'n foto te plaas - staps gewys en in Afrikaans.

Eerstens, laai die verniet programmetjie Irfanview af by

http://www.irfanview.com/

Kliek op die download knoppie wat so lyk:

Dit neem jou na ?n nuwe webblad. Kliek daar op  Download Now en stoor die program na jou rekenaar. Maak seker waar die program op rekenaar gestoor word (bv. My Documents) want jy sal hom moet installeer.

As die program klaar op jou rekenaar gestoor is dubbel kliek jy op die "file" wat jy afgelaai het. Sy naam sal iview399 wees (die 399 kan dalk 'n ander syfer wees as daar al 'n nuwer weergawe uitgekom het). Dan installeer jy die program op jou rekenaar (dubbelkliek op die program en volg die instruksies).

Na instalasie sal daar 'n rooi "icon" op jou rekenaar skerm wees wat lyk soos 'n rooi blerts of 'n plat kat met die naam "Irfanview" onder. Maak die program oop. Maak nou die foto wat jy wil plaas in die progam oop. Die foto sal in sy werklike grootte oopmaak en moontlik baie groot wees.

Kliek nou op "Image" links bo in die program (langs "file" en "edit"). Kliek op Resize/Resample.

Die program maak nou 'n nuwe venster op wat die maates van die foto wys asook die maates waarna jy dit kan verander.

Kliek aan die regterkant bo by 640x480 pixels. Kliek OK. Die foto is nou verklein.

"Save" die foto onder 'n ander beskrywende naam soos bv. "Montagu Pas" op 'n plek waar jy hom weer sal kry (soos "My Documents").

Nou gaan jy op die internet na:

http://photobucket.com/

Kliek op die   knoppie op die regter kant van die webblad.

Kies vir jou 'n "Username" en 'n "password".

Kliek op "Next Step"

Vul al die relefante inligting in.

Kliek "I accept. Sign me up!"

Nou het jy 'n gratis Photobucket rekening. Kliek op "Choose Files".



'n Nuwe venster kom op wat die files op jou rekenaar wys. Gaan kliek op die verkleinde foto waar jy hom ge-"save" het.

Kliek op open. Die venster sal verdwyn. Kliek nou op "upload".

Die foto laai nou op na Photobucket. As hy klaar is sal daar staan "1 of 1 images have uploaded!"

Verder ondertoe op die webblad sal jy 'n klein weergawe van jou foto sien. Onder die foto is sy naam en onder dit 4 kodes. Kliek op die foto. As die foto op die skerm kom kliek op die onderste kode regs van jou foto langs "IMG Code". Die kode kopieer outomaties. (As dit nie werk nie REGS kliek op die IMG kode en "copy")

NOU:

Kom na die forum. Gaan na die "thread" waar jy die foto wil plaas. Kliek op "post reply" onder.

REGS kliek met jou muis in die boks waar jy moet tik. Kliek op "Paste". Die IMG Code sal nou daar verskyn. Kliek op "Preview". Nou behoort jy die foto te sien.

Kliek op Submit.



Daar is jou foto!
« Last Edit: April 07, 2009, 10:57:44 PM by Trailrider » Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: