Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Nuwe vleisbraai-regulasies ‘sal omgewing help red’  (Read 1497 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« on: April 01, 2009, 02:44:09 AM »


Kaapstad. - ’n Beduidende afname in wegholbrande en kweekhuisgasse is ’n nabye vooruitsig met nuwe braairegulasies wat vandag in werking tree.


Die direktoraat belas met brandstigting en lugbesoedeling het gister sonder vooraf-beraadslaging beperkings geplaas op die dae en ure waarop gebraai mag word.


Mnr. Ignatius Brand, woordvoerder van die direktoraat, het gesê die besluit is ’n uitvloeisel van die naweek se Earth Hour-projek.


“Daar was die naweek ’n drastiese afname in kweekhuisgasse oor die wêreld heen, en ná die reeks brande in veral die Wes-Kaap sedert die begin van die jaar het ons hierdie besluit in openbare belang geneem.”


Suid-Afrikaners wie se huise ongelyke nommers het, sal net op Saterdae tussen 18:00 en 21:00 mag braai. Vir huise met gelyke nommers val dié toegewing op Sondae tussen 12:00 en 15:00.


Verontagsaming van hierdie regulasies kon tot swaar boetes of beslaglegging op braaitoerusting lei.


Volgens Brand is daar ’n regstreekse verband tussen die hoeveelheid braaivleisvure en lugbesoedeling. “Die lug is aansienlik minder blou as dit vol rook is.”


Die ideaal is dat Suid-Afrikaners in die nabye toekoms net gasbraaiers mag gebruik en só ’n wêreldleier in dié verband word.


Mnr. Tjoppie Lategan, voorsitter van die Kaapse Braaigilde, was gisteraand by navraag nie gelukkig nie. “Ek dink hierdie kan ’n vonk in die kruitvat vir die braaiende publiek wees,” het Lategan gesê. “Ons gaan behoorlik vuur maak onder die owerhede.”


Intussen het ’n beskermheer van Nasionale Braaidag gesê die direktoraat is “gekke” om hierdie regulasies vandag in te stel.

Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #1 on: April 01, 2009, 02:55:04 AM »

So vrydag braai is uit?  Scratch
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
JZ
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1836


« Reply #2 on: April 01, 2009, 05:25:31 AM »

Rooibok jy weet ek is blond maar ek dink nie ek is so blond nie.  innocent Die lyk soos 'n Aprils fool joke.
Logged

Life is not about finding yourself, it is about creating yourself.
JC
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1453



« Reply #3 on: April 01, 2009, 07:45:49 AM »

Nee JZ. Hierdie is al 'n geruime tyd op die tafel en daar is ook reeds besluit dat die Groen Skerpioene ingespan sal word om toe te sien dat die regulasies toegepas word. Aanvanklik sal oortreders slegs waarskuwings kry, maar mettertyd sal jy beboet word.  Angry
Logged
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3330



« Reply #4 on: April 01, 2009, 08:17:01 AM »

Hier in Nelspruit het ons reeds amptelike kennisgewing van die mislikepaliteit gekry rakende die issue.   Angry Angry

Ek is gelukkig dat my huis op 2 erwe gebou is, nou kan ek darem 2 keer per week braai .  Bang Head Bang Head
Logged

RTFM!!!
JC
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1453



« Reply #5 on: April 01, 2009, 08:22:38 AM »

Hier by ons weet die munisipaliteit nie hoe om die situasie met ons klomp maplotters te hanteer nie, want ons het nie straatnommers nie. Tot tyd en wyl hulle dit uitgesorteer het, kan ek seker nog elke aand braai.
Logged
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #6 on: April 01, 2009, 10:06:37 AM »

JC, as jy nie 'n straat nommer het nie, mag jy glad nie braai.  innocent
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
R-O-V-Rat
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3433


Mehtuselah.


« Reply #7 on: April 01, 2009, 03:41:37 PM »

Geld dit nou vir vuur maak in die kaggal op koue aande ook of sal ons dit volgende jaar op eerste April ook weg vat??????   Big Grin Big Grin
Logged

AKA Rowwerot
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: