Pages: 1 [2]   Go Down
Print
Author Topic: Sak spinnekop  (Read 135239 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #20 on: August 17, 2012, 07:41:02 PM »

She died because she was a diabetic. That's the thing with these bites. They break your immune system down so much that a secondary problem, even something like a cold that turns in pneumonia, can get you.

It was also stated that as the wound had only been trated many days after the initial bite, it was difficukt to prove that she had been bitten by a sac spider.
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #21 on: January 08, 2014, 08:09:27 AM »

As jy nog nie as ’n Nuwejaarsvoorneme jou huis van bo tot onder skoongeskrop het nie, begin dalk vir eers net met die gordyne.

Dit is juis wat Riata Nel, ’n fotograaf op Sasolburg, nou gaan doen nadat haar man, Emiel, kort voor Kersfees vermoedelik deur ’n sakspinnekop gebyt is.

“Ek spring clean nou als,” het sy gesê.

Emiel (35), ’n onderwyser aan die Hoërskool Sasolburg, is vermoedelik deur die spinnekop gebyt waar hy, sy swaer en skoonpa ’n nuwe geiser in sy skoonpa se huis in Vaalpark in die Vaaldriehoek geïnstalleer het.

Nel het gesê hy het kort ná die tyd ’n “puisie” op sy maag onder sy linkerribbes gesien.

“Ek het dit eers gelos, maar twee dae later het ek ’n naald gevat om dit stukkend te steek. Toe sien ek dis geel, maar daar het niks uitgekom toe ek daaraan druk nie.”

’n Dag later het die “puisie” begin klop en brand en al hoe groter begin word.

“Dit het gevoel of iemand my in die ribbes geslaan het,” het Nel gesê waar hy sedert Oujaarsdag in die Mediclinic in Vereeniging aangesterk het. Hy is eergister ontslaan.

Nel is op 31 Desember deur sy huisdokter na die hospitaal verwys waar hy dieselfde dag nog opgeneem is.

Hy is die volgende dag geopereer waartydens die chirurg onder narkose “al die kwaad uit die wond gekrap het”.

Die oop wond, wat omtrent so groot is soos ’n koeldrankbottel se prop, word daagliks eers met ’n soutoplossing skoongemaak, gevolg deur ’n alkoholmengsel waarna dít met gaas toegemaak word. Hy sal elke dag na ’n wondkliniek moet gaan om dit te behandel.

Dr. Tshegang Mofokeng, die chirurg wat Nel geopereer het, het gesê dis moeilik om met volkome sekerheid te sê of dit wel ’n spinnekopbyt is, maar simptome dui wel daarop.

Twee ander pasiënte, van wie een ook gister ontslaan is, is in die kliniek met soortgelyke simptome opgeneem en behandel.

Volgens dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum, is daar haas nie ’n huis in die Hoëveld wat nie ’n sakspinnekop het nie.

Nadat ’n foto van die wond aan hom gestuur is, het Verdoorn gesê Nel is beslis deur ’n sakspinnekop gebyt.

Hy raai mense aan om eerste tussen gordynvoue na die spinnekoppe te begin soek.

“Die byna deurskynende spinnekoppe is veral lief daarvoor om in gordyne te skuil. Daar sal ’n gespinde sakkie in die vou van die gordyn wees wat jy dan met ’n stuk lap of plastieksak moet verwyder.

“Hulle byt mense maklik, maar die byt is nie pynlik nie.

“Hul gif is sitotoksies, wat beteken dat die gif op die wond self inwerk, en selle en weefsel vernietig.”

http://www.volksblad.com/nuus/2014-01-07-leerkrag-in-hospitaal-n-spinnekop-byt-
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pages: 1 [2]   Go Up
Print
Jump to: