Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Wat van seks?  (Read 1536 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« on: March 13, 2008, 08:15:56 PM »

Ek lees vandag iewers weer die ou storie van Harry en Sally waar Harry vir Sally daarop wys dat hulle nie meer vriende kan wees nadat hulle seks gehad het nie. Die storie gaan toe verder oor die vraag oor of mans en dames vriende kan wees. Sommige dink so en ander nie. Die een girl weet toe te vertel dat sy vriende het wat nie in haar belang stel oor seks nie. 'n Ander vriendin noem toe dat sy blykbaar gevra het en dat elkeen van haar sogenaamde mansvriende sonder om te blik of te bloos, die geleentheid met albei hande, of is dit iets anders, sal aangryp. So die ou vraag kom toe weer by my op. Kan jy goeie vriende wees met 'n girl en nie lus raak vir haar nie? Ek kry, hoe ouer ek word, meer en meer 'n gly in etikette en vooropgestelde idees oor mense, maar dit lyk tog vir my daar is 'n verskil in hoe mans na 'n ding kyk en hoe dames daarna kyk. Vat byvoorbeeld 'n toilet sitplek. Dan is daar die storie van die girl wat gespog het dat sy goeie mansvriende het wat regtig net vriende is. Mompel een ou, kyk in die spiel, dan verstaan jy.

Ek het 'n hewige hekel in rassisme, seksisme en enige vorm van chauvinisme, maar soos ek al voorheen genoem het, die maatrels wat getref word om dit te beheer, grens aan malligheid. Kyk nou weer vir Andr Nel uit die toer na Indi. Dis nou sport, maar die beginsel is dieselfde. Ek kla beslis nie oor die feit dat daar sosiale ingenieurswese gedoen word nie, ek wonder net oor die bevoordeeldes daarvan. Ek sou baie sleg gevoel het as ek weet ek is in 'n posisie net oor my kleur, geslag ens. Dan weer, ek weet  nie hoe dit voel as almal terugstaan as ek na die deur toe aanstap nie. Vroue verstaan wel. Ek wonder of ek nie 'n bietjie minderwaardig sal voel as ek iets toegestaan word, omdat ek nie op my eie dit kan regkry nie. Nou praat ek nie van seks nie. Alhoewel, ek weerspreek myself nou. Seks is een van daai goed wat ek voel 'n mens maar hulp mee kan kry. Op jou eie is seker nie heeltemal soos dit gedoen moet word nie. Sorry, ek dwaal af.

Die punt is, mense is deur die omgewing gevorm om op 'n sekere manier op te tree. Vroue sal byvoorbeeld beswaarlik by iets moois verbystap sonder om te dink dat sy goed daarin/daarmee/daaronder ens, ens, sal lyk nie. Sodra sy daai iets bekom/gedoen het, wil mans haar nog meer graag verower. Dis natuurlik en hoe ons gemaak is. As dit so is dat mans beswaarlik na 'n mooi vriendin kan kyk sonder om voortplanting en behoud van die spesie, in die diepste voue van sy oerbrein te verdiskonteer, waar is die vroue? Hulle is tog lief daarvoor om hulself op te tof om mooi te kan lyk, uit 'n oerperspektief, om dieselfde rede as mans. Voortplanting en voortbestaan van die spesie. Mans dra egter die naam dat hulle alles wil verniel wat voorkom. Ten regte of ten onregte. Party is ook 'n bietjie meer afgerond as ander, terwyl dit seker by vroue ook so is dat sommige meer diskreet is as ander. Ek het egter nog min vroue tegekom wat gril vir 'n kompliment. Aan die basis daarvan l presies dieselfde sentiment. Mans is meer openlik daaroor en vroue beslis nie. Dit kom dan daarop neer dat vroue meer genhibeer is as mans, of nog erger, meer onderdruk is om hul ware gevoelens tot uiting te laat kom. Hoe meer hulle dit ontken, dus, hoe meer onderdruk is hulle? Jy kry beslis vroue wat reken dat hulle beslis nie daarop uit is om opgemerk te word nie. Dit laat my wonder of hulle bloot lieg en of hulle oerdrange so opgevoeter is dat hulle dalk 'n subspesie gevorm het. Dit kan baie dinge verklaar en selfs verduidelik hoekom so baie huwelike misluk. Omdat party vroue nie eerlik is nie of so onder druk is dat hulle nie voel hulle mag mooi lyk nie.

Ek vra nie dat ons promisku rondgaan en soos mal honde agter 'n hittige teef aansluip nie, hoewel dit waarskynlik, ten minste vir honde, nie sleg is nie. Ek dink egter dat ons maar meer waardering vir ons mooi en fyn dames kan h en erken dat dit maar soms moeilik is om oor koeitjies en kalfies te gesels. Mans mag ook maar meer moeite doen om beter te lyk, meer viriel en sterk. Dit sal seker die vriendskappe goed doen.
Logged
Sweeper
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 181



« Reply #1 on: March 14, 2008, 04:18:08 PM »

Damn, White Stripes.  Wat is die vraag nou weer?

Nee toemaar, ek terg net.  Die wat ek nou gelees het klink 'n bietjie soos "the ramblings of the mind".  Ek het bitter min geduld om my "ramblings" in skrif uit te druk.

Ek wil se dat dit 'n helse ingewikkelde onderwerp is waar daar ook nie 'n klinklare antwoord blyk te wees nie.

Ek wil graag dan net my mening oor een aspek daarvan uitspreek.

Ek se nou al vir jare dat mans en vrouens nie net vriende kan wees nie, sonder enige vark se gedagtes van, ten minste, die man se kant af nie.  Elke keer wat so 'n onderwerp opkom, dan herinner my vrou my dat ek baie vroue vriende het saam met wie ek graag kuier en af en toe 'n koffie sal gaan drink.

Nou ek is van natuur ontsettend "oversexed" en kan se dat ek wel saam 'n meisie kan verkeer sonder hondse gedagtes, maar gee halwe kans en dan gaan my brein suid.  Dit is beslis nie iets waarop ek sal reageer nie, maar ek moet se dat ek definitief sal loer na die bates wanneer ek 'n kans kry.

So ook het ek geleenthede gehad waar 'n man en my vrou vriende geraak het en ek haar dan gewaarsku het teen die ou se bedoelings.  (Ek vertrou haar heeltemal, dis net vir hom wat ek nie vertrou nie.  En dit se mos nou baie van myself.)  Ek is toe op 'n geleentheid reg bewys, toe die ou 'n paar happe te veel gehad het, toe probeer hy sy luck.  Sy het dit toe vir my vertel en ek gebruik dit baie teen die argument dat mans en vrouens totaal net vriende kan wees.

Ek is ook van mening dat dit in die eerste plek 'n oer instink is maar ook die samelewing wat 'n ou half as foutief beskou as jy nie 'n move op 'n mooi meisie probeer trek nie.

In elk geval.  Dit sal nou omtrent die meeste wees wat ek ooit sal "ramble"
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #2 on: March 14, 2008, 06:55:58 PM »

Ek bepleit vir geen oomblik promiskuteit of verdedig enige optrede van enige persoon of geslag. Dit is die onuitgesproke instinkte wat daaragter skuil wat interessant is. Jou vrou het byvoorbeeld gesevier oor moontlik versoekings wat primitief, maar tog wel, in meeste van ons skuil. Daarin l oorwinning en groei. Die vraag is wel of 'n hipotetiese vrou, wel in die samelewing toegelaat word of haarself toelaat, om te erken dat sy die omgekeerde rol speel. My suster is 'n predikantsvrou, vir wat dit werd is en mag dit nooit teen my tel nie, maar sy flankeer onbeskaamd op 'n kinderlike manier met alle mans waarvan sy hou. Sy is so onskuldig daarin dat sy nooit besef dat dit vertolk kan word nie. Ek glo sy is baie eerlik oor die feit dat sy 'n vrou is, maar dat sy beheer het oor haarself.

Die psigose hiervan gaan verder wanneer ons kyk na die stereotipering van rasse. Ek dink dis beslis nie so 'n primitiewe ding nie, maar het tog waarskynlik sy oorsprong oor 'n lang tyd. Die ontkenning daarvan hou die kokende pot meestal onder beheer, maar dan dop dit uit in 'n geval soos die Vrystaat Universiteit. Dan reageer mense op 'n manier wat meer absurd is as die waarskynlik onnadenkende sonde van die oortreders. Die groep wat nou wraak roep en roep om belagike stappe om rassisme uit te roei, het tyd om te dink, te konsulteer, mekaar te oorreed, te besin en hulle kom nog steeds met sulke kaark vorendag. Die oorspronklike sondebokke het waarskynlik nooit gedink oor wat hulle doen tot na die tyd nie. Dit laat my wonder met wie ek die meeste simpatie het.

Wat wel rumble in my mind is die rolle wat ons speel en soms wonder ek of ons nie 'n geweldige las op ons plaas deur so oneerlik te wees nie. Wat de hel dit ookal beteken. Loco
Logged
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: