Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Lens converters  (Read 2005 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Viking
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2065



« on: January 26, 2010, 01:02:27 PM »

Ek het raad nodig asb. Die plaaslike handelaar het 'n "lens converter" voorgestel. Dit sal glo my lens sterkte van 'n 300mm na 'n 600mm versterk. Werk dit ? Is dit die moeite werd? Die toestel is duur (R2700) as dit werk glo ek dit is die geld werd indien nie wil ek nie die uitgawe aangaan nie.
Logged

All men die but not all men live.
Kola
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1645



« Reply #1 on: January 26, 2010, 01:08:22 PM »

Dit kan werk as jou 300mm lens 'n vinnige lens is op 300mm (f2.Cool, anders gaan jy sukkel met lig, autofokus en so aan.

Dit hang ook van ander faktore af, sommige kamera/lens kombinasies verloor funksionaliteit wanneer dit by lens converters kom, ander werk net met 1.4X en nie met 2X nie ensovoorts.

Ek is geensins 'n kenner nie, maar hierdie is een van daardie situasies waar daar nie 'n goedkoop oplossing is nie.
Daar is 'n rede dat 'n goeie 600mm lens 30K of 60K of selfs duurder is.
Logged

One problem with gazing too frequently into the past ..... is that we may turn around to find the future has run out on us....
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #2 on: January 26, 2010, 01:40:56 PM »

Hierdie vanaf die Weg-forum

Onthou die meeste zoom lense verloor hul AF funksie wanneer 'n omsetter gebruik word. Dit maak fokus in die algemmeen te stadig om foto's van vols te neem. Omsetters werk net goed op prime lense wat 'n groot lens opening het.

en ook


Die beginsel is dat lig deur glas of fluoriet (as jy baie geld het) beweeg hoe meer lae hoe swakker is die kwaliteit aan die anderkant wanneer dit die digitale sensor tref. So ja die kwaliteit sal afneem.

Canon se skerpste lens die 300mm f2.8 met 2X omsetter is nie so skerp soos die 600 f4 teen f5.6 - dis nou maar wors - baie baie mooi fotos maar nie ewe goed nie. Maar die 300mm gaan jou so om en by R55K kos ipv R85K!

Maar jy sal eerder 'n foto kry van goeie gehalte wat jy op die rekenaar kan kyk met 200mm X2 as met 200mm en gesny op die rekenaar na 400mm.

Dan Canon maak 2 omsetters 1.4 en 2, albei is wit en val binne hulle reeks van L-lense maw professionele lense. Die 75-300 sal nie werk met 'n omsetter nie. Vlg Canon
* Compatible lenses: single focal length L-series lenses 135mm and up, as well as the EF 100-400mm f/4.5-5.6L IS USM, the EF 70-200mm f/2.8L IS USM, the EF 70-200mm f/2.8L USM,the EF 70-200mm f/4L IS USM, and the EF 70-200mm f/4L USM.

Dus indien jy wil meer reik afstand h sal jy moet geld investeer.
Sigma maak 500mm zoom lense, waarvan die prys/kwaliteit goed is.
Canon se eie lense is puik -
* 100-400mm EF L
* 300mm f4 dis 'n puik lens met 1.4X het jy 420mm maar geen zoom!
* Jy kan 'n lens huur as jy wildtuin toe gaan. Outdoor Photo in Pretoria.

Gaan kyk bietjie by www.outdoorphoto.co.za goeie forum, daar is ook tweedehandse toerusting wat 'n goeie opsie is.
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #3 on: January 26, 2010, 06:53:19 PM »

Jy verloor 2 stops op lig met 'n 2x omsetter as ek reg onthou. Ek het 'n Kenko een jare terug gekoop vir my 35mm Canon. Dit werk ok, maar jy verloor kwaliteit en outofokus. Kan nie se ek het dit vreeslik baie gebruik nie...
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarr
Viking
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2065



« Reply #4 on: January 27, 2010, 08:38:35 AM »

Baie dankie vir die insette. Ek dink ek gaan maar die omsetter los en later kyk vir 'n beter lens.
Logged

All men die but not all men live.
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #5 on: February 01, 2010, 06:30:31 PM »

Wyse besluit!

Ek het 'n 1.4 omsetter by 'n vriend geleen om te toets...die resultate was oraait...dis al. Die Addo leeu was die dag innie visier.



Logged
Vuurvlieggie
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 134



« Reply #6 on: February 01, 2010, 09:45:40 PM »

Wow, dis 'n nice foto. Ek is mal oor leeus en ander groot katte!
Logged
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: