Pages: [1] 2   Go Down
Print
Author Topic: Vieslike Internetmaniere?  (Read 9088 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« on: June 24, 2010, 04:08:08 PM »

Ek wil graag julle ouens op hierdie vriendelike Forum se opinies hoor oor `n post van ene Brigadier op die Wegforum. Dit pla my en ek wou nie die ou antwoord nie, want dan gee dit hom net meer gas. Ek haal aan:
`'Weet jy, dis anties soos jy wat maak dat seniors `n slegte naam het en na my mening nie op enige elektroniese...
In elk geval antie
tik Shozaloza in by die soekfunksie en jy kry al jou antwoorde.
Selfs jy het al by klomp van daai drade gepos oor Durban en selfs oor vervoer.
Jy is oud, vergeetagtig en te lui om te soek.'

(Die vrou het navraag gedoen oor vervoer in Durbs as jy van die Shozalozatrein afklim...)
 Eek!
 Eek!
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: June 24, 2010, 04:13:38 PM »

Ek sien daai as 'n persoonlike aanval en ongevraagd. Die mods moes daai lankal afgehaal het. En wat het geword van respek vir die ouer geslag?

Is Brigadier al lank daar of is dit dalk 'n trol?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Oom Foe-rie
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 662



« Reply #2 on: June 24, 2010, 04:18:03 PM »

Stem saam met TR ............. Report daai Brigadier by die Mods en stuur hom DB toe ............
Logged

When you're in control, you're going too slow
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #3 on: June 24, 2010, 04:25:49 PM »

Die ou is al 'n hele ruk daar.  Ooglopend 'n trol.  Elke keer as iemand reageer, is dit deel van die probleem.  DON'T FEED THE TROL!!


Ignoreer die ou.  Hy soek net aandag
Logged

RTFM!!!
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #4 on: June 24, 2010, 04:34:45 PM »

Miskien moet ek eendag inpop en hom bietjie eie medisyne gee. Evil
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #5 on: June 24, 2010, 05:07:33 PM »

 Evil Evil Evil
Logged

RTFM!!!
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #6 on: June 24, 2010, 05:10:42 PM »

Miskien moet ek eendag inpop en hom bietjie eie medisyne gee. Evil

Dis moer tempting, maar ek is te bang julle haal my uit. Ek het skynbaar 'n erkenbare skryfstyl!! Evil

Biscuit, die naam wat ek daai ou wil toesnou sal nie eers &^%*$%&#%%@#$#!$ hirogliewe weggesteek kan word nie! Feit is dat die internet ding vir ons boeremense maar steeds 'n vreemde beginsel is. Daar is skynbaar mense (goeters) wat net in die virtuele wereld leef en hulle kom daar weg met die mees ondenkbare gedrag.
Logged
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #7 on: June 24, 2010, 05:19:21 PM »

Dankie vir julle insette sover. Die Brigadier is al `n hele ruk lank daar en het al verskeie ongeskikte goed gese en kamstig `n `Geelkaart' van die mods gekry. Hy ignoreer dit skynbaar. Die mods is die afgelope tyd ook afwesig en verwyder nie die draad nie. Die arme vrou het ook nie weer gepost nie.Ek voel jammer vir haar want sy`s duidelik `n senior burger en dalk nie baie vertroud met die internet nie.
So, die Brigadier kom soos Umdani se met die mees ondenkbare gedrag weg.
TR en enige van julle, dit sal wonderlik wees as julle weer bietjie daar kuier en die Brigadier bietjie medisyne gee. Ja, ek weet hulle se jy moenie die trolle voer nie Prins, maar die ou karring al lankal.Dalk moet iemand hom stilmaak?

Al is dit die virtuele wereld en die Brigadier is onsigbaar, is ek seker die vrou voel bedreig en gekwes.

Hoekom verloop hierdie Forum , by kontras, dan so glad?
 Scratch
 Scratch
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #8 on: June 24, 2010, 05:26:24 PM »


Hoekom verloop hierdie Forum , by kontras, dan so glad?
 Scratch
 Scratch


Soms dink ek daar is verskeie redes en ander kere (soos nou) dink ek ons is dalk net baie gelukkig! Cheesy
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #9 on: June 24, 2010, 05:29:56 PM »

Die ouens ken mekaar te goed hier. Jy is nie regtig in 'n virtuele wereld hier nie. Smile Ek wil my graag wangedra, maar die blerrie mod slaap langs my! Ha Ha
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #10 on: June 24, 2010, 05:30:29 PM »

Die ouens ken mekaar te goed hier. Jy is nie regtig in 'n virtuele wereld hier nie. Smile Ek wil my graag wangedra, maar die blerrie mod slaap langs my! Ha Ha

 Ha Ha Bwaaaaaahahahaha! Ha Ha
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #11 on: June 24, 2010, 05:31:21 PM »

en die Brigadier bietjie medisyne gee. Ja, ek weet hulle se jy moenie die trolle voer nie , maar die ou karring al lankal.Dalk moet iemand hom stilmaak?


On second thought,  dit is nie die moeite werd nie.  Soos my oupa my geleer het:  Moenie met 'n vark in die modder stoei nie.  Julle altwee word vuil, maar die vark hou daarvan.
Logged

RTFM!!!
Harley
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1006


« Reply #12 on: June 24, 2010, 07:10:43 PM »

en die Brigadier bietjie medisyne gee. Ja, ek weet hulle se jy moenie die trolle voer nie , maar die ou karring al lankal.Dalk moet iemand hom stilmaak?


On second thought,  dit is nie die moeite werd nie.  Soos my oupa my geleer het:  Moenie met 'n vark in die modder stoei nie.  Julle altwee word vuil, maar die vark hou daarvan.
+1000
Logged
Netekke
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 221



« Reply #13 on: June 24, 2010, 08:24:54 PM »

TR Brigadier is al lankal daar. (In rooikappie se dae...) Was nog op die ou forum daar toe julle almal nog daar was........

Hy't tien teen een 'n ander naam ook op die forum en voer geprekke met homself Loser

Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #14 on: June 24, 2010, 09:00:08 PM »


Hy't tien teen een 'n ander naam ook op die forum en voer geprekke met homself Loser


Nou hoekom sal iemand nou dit wil doen? Doh! Loco
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #15 on: June 24, 2010, 10:00:01 PM »

Seker maar omdat hy kan! Smile
Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #16 on: June 24, 2010, 10:12:49 PM »


Hy't tien teen een 'n ander naam ook op die forum en voer geprekke met homself Loser


Nou hoekom sal iemand nou dit wil doen? Doh! Loco

oor hy geselskap soek

dlak is hy die enigste een van homslef verstaan
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #17 on: June 25, 2010, 05:15:42 PM »

Ek het al gewonder of die Brigadier met sy nare maniere dalk `n ou klein, vaal, eensame mannetjie is wat homself net voor die rekenaarskerm kan laat geld. Dit voel vir my daar is baie sielkundige `hang-ups' agter so `n internet persona.
 Uhm
 Uhm
Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #18 on: June 26, 2010, 08:51:30 AM »

Hey Biscuit,

 Nous jy op die regte pad. Plaas 'n gesig, lyf en woonomgewing by die persoon. Jy kan dan kies of jy hom jammer wil kry of haat. Liefde is nie juis 'n opsie nie. Hoe meer "lyf" jy die ou egter gee hoe meer "real" raak die virtuele wereld vir jou. Maak dan net seker dat jy geen een van die persona in lewende lywe ontmoet nie. As dit gebeur loop jy die gevaar dat jou hele wereld vergaan! Begin dan met die ou stry en baklei op die internet. Dit is wat hy regtig graag wil he. Voor jy dan vir jou kom kry gedra jy jouself net so trollerig soos hy en jy leef heel happy in die virtuele wereld. Uhm

Aan die ander kant kan jy jouself eenvoudig verbeel dat dit eintlik nie eens 'n man is nie maar 'n oujongnooi met 'n groot moesie met 'n lang (net een) baard in wat haar werk as supervisor by die ontvanger verloor het as gevolg van regstellende aksie en nou haar frustrasie oor deurmekaar hormone op die ordentlike gelukkige dames van haar ouderdom uithaal! Dan besluit jy eenvoudig om haar maar liewer te ignoreer! Smile
« Last Edit: June 26, 2010, 12:05:52 PM by Umdani » Logged
stompie
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 405



« Reply #19 on: June 26, 2010, 06:51:28 PM »

Is daar n moontlikheid dat Brigadier dalk een van die ou forumiete is wat lus is vir skoorsoek en registreer met n ander eposadres.....kan mens so persoon uitvang op n manier....soms voel dit vir my of ek hom 'erken' op die manier wat hy skryf....
Groetnis
Stompie
Logged
Pages: [1] 2   Go Up
Print
Jump to: