Pages: 1 2 [3] 4 5   Go Down
Print
Author Topic: Moord:Franschhoek  (Read 38834 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #40 on: July 09, 2010, 01:53:31 PM »

Ek wil vir almal van julle op die Forum baie dankie se vir julle terugvoer en empatie want ons gaan deur `n baie spanningsvolle tyd.Die hele besigheid hang soos `n wolk hier en niemand weet wat aangaan nie.Ons is uiters versigtig en paranoies oor toesluit- ek is so bangerig om op die plaas rond te beweeg ook, dis weird.

Natuurkind, my seun se hele besigheid is oorgeskuif hier na ons groot stoor, almal skarrel om alles in plek te probeer kry. Ons hou duimvas dat hulle hier veiliger sal wees- ironies dat daar eergister `n moord langsaan was en hulle juis gevlug het van die misdaad in Stellenbosch se industriele area.Dankie vir die drukkie- julle is almal vreeslik gaaf.
 Sad
 Sad
Logged
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #41 on: July 16, 2010, 05:36:53 AM »

Stellenbosch. – Die man van ’n jong vrou is gearresteer nadat sy verlede week op ’n landgoed in Franschhoek vermoor is.

Me. Chanel du Toit (28), voorheen van Pretoria, is verlede Woensdag in hul huis op die Dieu Donné-wynlandgoed verwurg.

Mnr. Johan du Toit (26) is gister eers by die Franschhoek-polisiekantoor vir ondervraging aangehou voordat hy omstreeks 16:00 amptelik in hegtenis geneem is.

Vroeër is berig hy het sy vrou die laaste keer omstreeks 02:00 die oggend van haar dood gesien voordat hy op ’n jagtog vertrek het.

Hy het glo later die oggend bekommerd geraak toe sy vrou nie sy telefoonoproepe beantwoord het nie.

Hy het sy ma, mev. Ronelle Kitshoff-Du Toit, gekontak en gevra om ondersoek te gaan instel.

Die egpaar, wat verlede jaar in Franschhoek getroud is, het in ’n kothuis sowat ’n kilometer van mnr. Du Toit se ouers op die landgoed gewoon.

Kitshoff-Du Toit het haar skoondogter se lyk op die slaapkamervloer aangetref.

Sy is volgens die polisie “sekondêr versmoor” en verwurg.

Sy is nie verkrag nie.

’n Gedenkdiens is eergister vir haar uit die Franschhoek NG kerk gehou.

Konst. Marize Papier, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit sal Maandag in die landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #42 on: July 16, 2010, 06:39:05 AM »

sad...
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Oom Foe-rie
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 662



« Reply #43 on: July 16, 2010, 08:10:04 AM »

Bliksem  Angry ...............

Jammer mense, maar dit is hoe ek nou voel .............
Logged

When you're in control, you're going too slow
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #44 on: July 16, 2010, 08:26:01 AM »

Ja nee...

Ek weet nie of mens dit hard moet se nie, maar uit die aanvanklike berig moes mens wonder.

Aan Biscuit se kant beten dit ten minste dat daar nie 'n onbekende booswig en kwaaddoener rondloop nie.

As die man skuldig is moet hy geregtigheid "face" en met die boek gegooi word. Dis die ultimate betrayal.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4948



« Reply #45 on: July 16, 2010, 08:34:53 AM »

Ek het die man vermoed van die begin af, dit is baie keer die geval dat die man dit self gedoen het of betrokke is met dit
Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #46 on: July 16, 2010, 08:58:46 AM »

Iets is nie lekker met jou post nie Rooibok..................

Die persoon wat gearresteer is, is nie die man (eggenoot) van die vermoorde girl nie.


Dis 'n heel ander persoon!!!


Hier is die berig wat vandag in die Burger is:


Man vas ná moord in Boland
2010-07-15 23:37

    
      
Malani Venter

Stellenbosch

’n Dag ná die gedenkdiens van mev. Chanel du Toit (28) is ’n man in verband met die moord op dié Franschhoekse inwoner in hegtenis geneem.

n Man in sy twintigs van Franschhoek wat die slagoffer baie goed geken het, is gister by die Franschhoek-polisiekantoor vir ondervraging aangehou. Hy is omstreeks 16:00 amptelik in hegtenis geneem in verband met die moord, wat verlede Woensdag plaasgevind het, het ’n polisiewoordvoerder gesê.

Die naam van die verdagte, wat aan Die Burger bekend is, kan nie bekend gemaak word voordat hy in die landdroshof verskyn het nie.


Konst. Marize Papier, woordvoerder van die polisie in Franschhoek, het gister gesê die verdagte sal Maandag daar in die landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Hy sal tot met sy verskyning in die selle by dié polisiekantoor aangehou word.

Die inhegtenisneming volg agt dae nadat mev. Du Toit se lyk in haar huis op die Dieu Donné-wynlandgoed buite die dorp gevind is.

Haar skoonma, mev. Ronelle Kitshoff-Du Toit, het haar lyk op die slaapkamervloer aangetref.

Sy is volgens die polisie “sekondêr versmoor” en verwurg. Sy is nie verkrag nie.

Die slagoffer se man, mnr. Johan du Toit (26), het haar die laaste keer omstreeks 02:00 die oggend van die moord gesien net voordat hy glo op ’n jagtog vertrek het. Vroeër is berig dat hy later die oggend onraad vermoed en bekommerd geraak het toe sy vrou nie sy telefoonoproepe geantwoord het nie. Hy het later sy ma gekontak en gevra om ondersoek te gaan instel.

Die egpaar, wat verlede jaar in Franschhoek getroud is, het in ’n kothuis sowat ’n kilometer van mnr. Du Toit se ouers op dieselfde werf gewoon.

Uit die polisie-ondersoek het dit geblyk die slagoffer se trouringe en ’n selfoon word vermis.

Forensiese beamptes het die huis ’n paar dae lank vir leidrade gefynkam. Daarbenewens het beamptes van die Franschhoek-polisiekantoor onverpoos gewerk om ’n verdagte vas te trek.

’n Gedenkdiens is Woensdag uit die NG kerk Franschhoek vir mev. Du Toit gehou. Die media was nie by die diens welkom nie.
« Last Edit: July 16, 2010, 09:02:34 AM by Operator » Logged

Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #47 on: July 16, 2010, 09:04:11 AM »

Biscuit...............wat is nou die regte storie ?
Logged

buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #48 on: July 16, 2010, 09:20:21 AM »

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moord-op-wynlandgoed-Slagoffer-se-man-in-arres-20100715
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #49 on: July 16, 2010, 09:44:03 AM »

More almal.
Ons het reeds gister verneem dat haar man gearresteer is. Volgens stories hier het hy homself naderhand oorgegee.Alles is verskriklik stil op die plaas langsaan, nie `n mens of werker in sig nie- was vanmore daarlangs.
Ons dink dat dit vir sy ouers `n ontsettende trauma is, wat nooit sal weggaan nie.Ook skokkend dat hy sy ma gebel het om te gaan ondersoek instel, wel wetende wat sy sou vind.
Uit ons oogpunt, soos Trail se, is dit `n ontsettende verligting dat dit nie `n random moordenaar(s)is wat in die omgewing ronddwaal op soek na nog slagoffers  nie.Dit was `n vreeslike spanningsvolle tyd.

Sodra ek nog nuus kry, sal ek post.
 Uhm
 Uhm
Logged
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #50 on: July 16, 2010, 10:03:56 AM »


Uit ons oogpunt, soos Trail se, is dit `n ontsettende verligting dat dit nie `n random moordenaar(s)is wat in die omgewing ronddwaal op soek na nog slagoffers  nie.Dit was `n vreeslike spanningsvolle tyd.

Ek kan my indink dat dit vir julle 'n verligting is.............dit vat net soveel spanning en onsekerheid weg.


Wat die moord aanbetref...........What a waste of 2 young lives Undecided
Logged

Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #51 on: July 16, 2010, 01:15:09 PM »

Elke donker wolk het 'n silwer rantjie....gelukkig is daar nie kinders nie! Undecided
Logged
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #52 on: July 16, 2010, 01:23:57 PM »

Dis so sinneloos en stupid.

Hoekom skei hy nie maar net van haar nie ?
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #53 on: July 16, 2010, 01:25:53 PM »


Hoekom skei hy nie maar net van haar nie ?


Kyk jy nie CSI nie? Always follow the money!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #54 on: July 17, 2010, 07:38:29 AM »

Iets is nie lekker met jou post nie Rooibok..................

Die persoon wat gearresteer is, is nie die man (eggenoot) van die vermoorde girl nie.


Dis 'n heel ander persoon!!!


ek wonder wie is dit Cool
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #55 on: July 17, 2010, 04:16:29 PM »

`n Ooggetuie het die vermoorde se man(26) op die sypaadjie voor die polisiestasie sien sit met sy ouers daarby, ongeveer 4nm die tyd van die arrestasie Donderdag.

Die eienaar van die plaas waar die moord plaasgevind het, multimiljoener Robert Maingard, het glo sy bes probeer om die hele ding toe te smeer (hy bemark mos wyn en het `n restaurant op die plaas).

Na die moordenaar se verskyning in die hof Maandag, sal sy identiteit amptelik gepubliseer mag word.
 Uhm
 Uhm
Logged
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #56 on: July 19, 2010, 03:24:38 PM »

Vanmore die TV en ander kameras buite die hof gesien. Sal dalk vanaand op die nuus, maar seker more in die koerante bekendgemaak word.
Ai tog.
 Eek!
 Eek!
Logged
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #57 on: July 19, 2010, 03:57:06 PM »

Netnou op nuus gehoor, dis haar man wat vandag in die hof verskyn het  Angry
Logged

All things are difficult before they are easy
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4948



« Reply #58 on: July 19, 2010, 05:14:03 PM »

Husband in court for wine estate murder
2010-07-19 15:22

Cape Town - The husband of a woman found dead on a wine estate in Franschhoek appeared in the town's Magistrate's Court for her murder, Cape Talk radio reported on Monday.

Chanel du Toit, 28, was found dead at Dieu Donne Wine Estate on July 7.

She had been strangled.

The case was postponed to Wednesday morning.

Johan du Toit, 26, was arrested last week in connection with his wife's murder.

Chanel and her husband lived in a cottage on the wine estate, about 1km from his parents' house.

The couple had both worked on the estate and were married last year.

Her mother-in-law found the body after her son said he was concerned because he could not get hold of her.

He said the last time he had seen her alive was at 02:00 when he left for Springbok.

- SAPA

Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #59 on: July 21, 2010, 09:28:12 AM »

Hartseer storie...niks kan ooit sy optrede  regverdig nie. Die bewaarders gaan vir baie jare met hom opgeskeep sit.
Logged
Pages: 1 2 [3] 4 5   Go Up
Print
Jump to: