Pages: 1 2 3 [4] 5   Go Down
Print
Author Topic: Moord:Franschhoek  (Read 38714 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #60 on: July 21, 2010, 09:41:59 AM »

Ag bliksem................nou is die ou se betekenis wat hy gedoen het, weer nie voor 'n
senior polisieman gewees nie en dis nou nie geldig nie.
Sy advokaat William Booth weier nou dat hy enige verdere verklaring doen.


Bloot toevallig.................Advokaat William Booth , is ook die ou wat Fred van den Vyver
se gat gered het in die Inge Lotz saak.

Ek kry 'n gevoel dat hierdie hofsaak, 'n soap-opera gaan raak.......... Undecided




Presies wat ek van die begin af verwag het gaan gebeur........

Hierdie moord het vir my so 'n tipe van 'n Inge Lotz-tipe misterie aan dit
gekoppel.......... Undecided
Logged

buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #61 on: July 21, 2010, 09:52:08 AM »

As die polisie net prosedure 100% volg, sal ons baie meer suksesvolle sake in hierdie land van ons hê...

Maar baie van hulle het nie die ondervinding nie, en het te veel sake om die heel tyd op te volg.
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
R-O-V-Rat
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3433


Mehtuselah.


« Reply #62 on: July 21, 2010, 11:04:39 AM »

As die polisie net prosedure 100% volg, sal ons baie meer suksesvolle sake in hierdie land van ons hê...

Maar baie van hulle het nie die ondervinding nie, en het te veel sake om die heel tyd op te volg.

Ek weet die het niks met die moord te doen nie maar dit is wel oor ons polisie.

In vriend van my is n motorwerktuigkundige. Het sy eie besigheid. Hy herstel land-rover en Rang-rovers. Een van die polisie stasie bevelvoerders op my dorp skakel hom om in afspraak te reël vir in diens op haar voertuig. Sy vra hom of hy Land-rovers diens. Hy se ja en sy kan die voertuig die volgende oggend bring teen 8 uur.

Volgende oggend kom hy by die werkswinkel hier staan sy voor sy ingang en wag. So geparkeer dat hy nie die deur kan oop maak nie. Haar eerste woorde is "Ek wag al lank hier watse tyd werk julle mense?"  Sy was blykbaar teen 7:45 daar. So bietjie verbaas met haar ongeduld vra hy toe vir haar. "Mevrou watse kar ry u?" Sy ontwoord toe. " In Land-rover."

Hy vra toe dat sy uit die voertuig klim en net saam hom na die agter kant van die voertuig kyk. Hy vra toe vir haar om te lees wat dit daar se. Sy lees. "Jeep Grand Cherokee"  Scratch Die voertuig is n splinter nuwe 2010 model Jeep Grand Cherokee. Hy moet toe vir haar verduidelik dat die voertuig nog onder waar borg is en dit net deur in Jeep dealer gediens kan word en dat daar in verskil is tussen n Jeep en Land-rover. Ek se weer, die dame is een van die bevelvoerders in my dorp se polisie stasie!

Om alles te kroon toe sy nou uiteindelik verstaan hoe dit werk moes sy die Land-rover Jeep agteruit ry om voor sy werkswinkel se deur weg te kom. Dit is so in klein helling na die pad. Sy is so groot dat sy nie kan terug kyk terwyl sy in die voertuig sit nie. Sy moes toe uit klim en my vriend moes die Land-rover Jeep vir haar uit trek en dit in die regte rigting parkeer dat sy kan ry.

Ek belowe hierdie is in ware storie nie op gemaak nie.

Kan sy nommer en besigheid naam vir julle in n pm gee as julle hom wil kontak.  Evil

Logged

AKA Rowwerot
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #63 on: July 21, 2010, 11:18:11 AM »

 Undecided
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #64 on: July 21, 2010, 11:19:04 AM »

Daar is min ooreenkomste tussen hierdie saak en die Lotz saak...behalwe dat 'n vrou vermoor is.

Die polisie het die Lotz saak opgemors omdat hulle 'n onskuldige ou wou frame. Hier het hul heel duidelik die skuldige beet. En al was daai bekentenis nie voor 'n senior poliesman nie spreek dit boekdele.

Ek dink hy gaan skuldig pleit en dan 'n helse fight opsit vir versagtende omstandighede. Die rede (s) hoekom hy haar vermoor het mag dalk onaangenaam wees.
Logged
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #65 on: July 21, 2010, 11:31:59 AM »

Ek dink hy gaan skuldig pleit en dan 'n helse fight opsit vir versagtende omstandighede.

As ek in charge was sou ek moeiliker 'versagtende omstandighede' toegeken het aan iemand wat sy vrou verwurg het (vir die redes bo genoem).

In my boekie is daar 'n groot verskil tussen 'momentary rage' en 'n vooraf opgstelde en op so 'n manier uitgevoerde moord...

Mind you - nie dat ek sê een tipe moord is beter as die ander nie.

Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #66 on: July 21, 2010, 05:49:50 PM »

Ek kan gladnie verstaan dat die adjudant-offisier wat die bekentenis afgeneem het, nie van beter geweet het nie- dis tog onmoontlik/onwaarskynlik dat hy nie geweet het `n landdros of senior moet by wees nie?

Ek is bevrees dat `n slim man soos William Booth baie hard gaan werk om hierdie ou los te kry.En met die Polisie se onbeholpenheid daarby, dalk kan slaag.

Onthou ook dat die hele moord nogals goed beplan klink: die alibi van die jagtog, die toegemaakte hond, die ongesluite skuifdeur, die uitgangsroete oor ons plaas waar niemand hom kon sien nie, die bekommerde oproepe na sy ma.

Volgens koerantberigte vandag, klink dit asof die arme vroutjie `n hengse fight opgesit het.

En vandat die beskuldigde `n paar jaar gelede `n onskuldige bobbejaan gekwes wat na ons toe gevlug het, en hom net gelos het, 9hy brand gereeld op die bobbejane los) is ek maar baie tong in die kies oor hom en ek se dit sommer reguit. Ek het destyds gedink hy`s trigger happy en ek dink dit steeds.
 rant
 rant
Logged
J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #67 on: July 21, 2010, 06:02:42 PM »

Ek glo nie hy het die moord vooraf beplan nie...dit was op die ingewing van die oomblik gedoen of dalk onbedoeld en daarna het hy sy "ontsnaproete" uitgewerk met o.a. 'n kamstige jagtog. Hy het geweet die polisie gaan hom maklik vastrek en daarom het hy gaan beken.
Logged
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4948



« Reply #68 on: July 21, 2010, 06:42:43 PM »

Kaapstad - Johan du Toit, die Franschhoekse man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou vermoor het, is Woensdag borgtog toegestaan.

Du Toit het in die landdroshof in die Paarl verskyn na sy vrou se dood op die gewilde Dieu Donné-wynplaas.

Die 26-jarige verdagte is slegs 24 uur na sy vrou, Chanel du Toit (28), se gedenkdiens in hegtenis geneem.

Hy word daarvan verdink dat hy sy vrou verwurg het.

Du Toit het R6000 borgtog ontvang. Hy moet ook twee maal ‘n week by die Franschhoek-polisiestasie aanmeld, het Eyewitness News berig.

Die saak sal weer op 22 September voorkom
Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #69 on: July 21, 2010, 06:45:29 PM »

Die dag as mense verantwoordelikheid vat vir hulle dade en hulle nie deur prokureurs laat aan die neus lei nie sal dit beter gaan in hierdie land  Angry
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #70 on: July 21, 2010, 06:53:22 PM »

Die advokaat se: "Moenie 's woord se nie!"

Want:

  • As hy beken is dit case closed.
  • As hy fight maak die Advokaat waarskynlik 'n ekstra miljoen.

Always follow the money Wink
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #71 on: July 21, 2010, 07:24:38 PM »

Ek ken toevallig mense wat in BAIE hoë kringe betrokke was in die Inge Lotz saak......


Die storie loop nou in dieselfde kringe dat die man nou onskuldig gaan pleit met sy
volgende hofverskyning op 22 September  Eek!



Realiteit: Daar is 2 regstelsels in Suid Afrika. Feit.  Evil

(watter een van toepassing is, het te doen met hoeveel geld jy na die saak toe
gooi)  Undecided
Logged

buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #72 on: July 21, 2010, 09:45:03 PM »

Die advokaat se: "Moenie 's woord se nie!"

Want:

  • As hy beken is dit case closed.
  • As hy fight maak die Advokaat waarskynlik 'n ekstra miljoen.

Always follow the money Wink

F&&&ken verseker.  Angry Bang Head
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #73 on: July 22, 2010, 07:04:47 AM »

Du Toit kry borgtog en sal onskuldig pleit
2010-07-22 02:11


Malani Venter

Paarl

Onskuldig.

Dít is hoe mnr. Johan du Toit (26), wat verdink word van die moord op sy vrou, Chanel (28), gaan pleit wanneer sy verhoor begin.

Mnr. William Booth, sy prokureur, het gister in die Paarlse landdroshof aangevoer sy kliënt sal nie skuld beken op aanklag van moord op sy vrou nie.

Mev. Du Toit se lyk is twee weke gelede in hul huis op die wynlandgoed Dieu Donné buite Franschhoek gevind. Sy is verwurg. Du Toit is agt dae later in hegtenis geneem.

Toe landdros Diane Blaauw borgtog van R6 000 aan Du Toit toegestaan het, het hy geglimlag en in die rigting van Booth geknik. Soos met sy eerste verskyning Maandag was sy ouers, mnr. Hennie en mev. Ronelle du Toit, in die openbare galery om hom te ondersteun.

’n Ongeskeerde Du Toit, geklee in dieselfde grys-en-swart sweetpakbaadjie as met sy eerste hofverskyning Maandag, het ten tyde van die verrigtinge in die beskuldigdebank emosieloos en strak voor hom uitgekyk.

Booth het herhaaldelik versoek dat die staat die uitslae van die forensiese toetse so gou moontlik beskikbaar moet stel omdat die verdediging private deskundiges gaan aanstel.

Hy het beklemtoon sy kliënt is nie ’n vlugrisiko nie, dat hy ná die voorval talle kere die polisie sonder ’n regsverteenwoordiger besoek het en dat hy nie in hegtenis geneem is weens ’n lasbrief wat ’n landdros uitgereik het nie.

Blaauw wou weet waar Du Toit sal woon as hy op borgtog vrygelaat sou word. Booth het geantwoord: “Hy sal by sy ouers op die wynlandgoed woon en steeds as assistent-plaasbestuurder werk. Soos ek verstaan, word die huis waarin hy en sy vrou gewoon het steeds deur die polisie afgesper.”

Mnr. Chris Abrahams, staatsaanklaer, het aangedui dat die staat nie borgtog teenstaan nie. “Daar is bevestig dat daar geen hangende saak of uitstaande lasbriewe teen die verdagte is nie. Ons is ook nie bekommerd oor sy inmenging met getuies nie,” het hy gesê.

Abrahams het dit duidelik gemaak die staat het ’n sterk saak. DNS-toetse, bloed- en velmonsters asook foto’s van die oorledene se beserings wat op ’n moontlike bakleiery of onderonsie dui, is deel van die staat se getuienis, het hy bygevoeg.

“Ons wag nog vir die uitslae van forensiese toetse, maar het met die laboratorium gereël dat die proses bespoedig word. Dit behoort binne ’n week of so afgehandel te wees,” het hy vervolg.

Die staat het gevra indien Du Toit op borgtog vrygelaat word, hy sekere voorwaardes moet nakom, onder meer dat hy geen kontak met sewe mense (wie se name gelys is) mag hê totdat die saak afgehandel is nie, hy twee keer per week by die Franschhoek-polisiekantoor moet aanmeld en die Paarl-landdrosdistrik nie sonder skriftelike toestemming van die ondersoek- beampte mag verlaat nie.

Die verdediging het nie daarteen beswaar gemaak nie.

Die saak is tot 22 September uitgestel.
« Last Edit: July 22, 2010, 07:06:24 AM by Operator » Logged

J.J.
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 341



« Reply #74 on: July 22, 2010, 08:03:21 AM »

Daar is duidelik feite waarvan ons nie weet nie. Een van hierdie feite kan wees dat hy haar per ongeluk gedood het en dan is dit strafbare manslag en nie moord nie. Om skuldig bevind te word aan moord moet daar 'n motief en vooraf beplanning wees.
Logged
Viking
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2065



« Reply #75 on: July 22, 2010, 08:28:37 AM »

Stellenbosch - The stepfather of Chanel du Toit has told of his shock and anger at her murder in Franschhoek.

"What kind of a monster does something like this?" asked a livid advocate Albert Murphy.

Johan du Toit, 26, will appear in the Paarl Magistrate's Court in connection with the murder of his 28-year-old wife on Wednesday, and will apply for bail.

The assistant farm manager was arrested last Thursday, eight days after her body was found in their cottage on the Dieu Donné wine estate. He appeared in court in connection with the murder for the first time on Monday.

Murphy, from Gordon's Bay, on Tuesday described Chanel as a "dear and wonderful" child.

His stepdaughter was "beautiful", he said.

"She was like my own child. We were all very fond of each other. She was devoted towards her friends and family.

'Skin under her nails'

He was furious about the murder. "In the beginning we were terribly sad, but now we are furious. We will definitely attend the court hearings. I will not let them mess up the case like with the Inge Lotz case.

"Police told us they had found skin under her nails the morning of the murder. She fought terribly."

When asked about Chanel's relationship with her husband, he said: "They always did everything together. It is terribly strange to us."

Lodine Maske, a good friend of the Du Toit family, described Johan as "the most polite person, who was always ready to help where he could".

"I have known him since he was a baby. Johan comes from a good, stable and church-going home. He is someone who was never nasty to people."

Maske added: "I got to know Chanel when she came to Franschhoek. It never looked like there were problems between them. They were always involved in everything.

"I feel terribly sorry for the family. They now need love and support."

Maygene de Wee reported that a police officer close to the investigation had said Du Toit had made a confession on the day of his arrest before Warrant Officer Johan Nel of the Stellenbosch police station in Franschhoek.

The confession was not admissible, however, because it was not made before a senior police officer or a magistrate. While he was on his way to a magistrate with the police, he called his lawyer, William Booth, who ordered him not to say another word.
Logged

All men die but not all men live.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #76 on: July 22, 2010, 03:46:30 PM »

Ek hoop maar hierdie hele tragedie ontaard nie in `n `miscarriage of justice' nie.

Die persoon vir wie ek ook baie jammer voel, is die vermoorde vroutjie se ma, wat tot dusver nie kommentaar gelewer het nie- hoe voel die arme vrou en dan le daar seker `n lang uitgerekte hofsaak voor waarin slegs William Booth as uiteindelike wenner (finansieel) uit die stryd gaan tree.

En dan ook...die ouers- hoe voel jy as jou eie kind van moord verdink word- hoe kyk jy hom elke dag in die oe?

Nee wat- een onbesonne oomblik en al jou naasbestaandes dra vir ewig die vloek saam met jou...
 Sad
 Sad

Logged
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #77 on: July 23, 2010, 05:37:52 AM »

Polisie maak droog met ondersoek, sê Chanel du Toit se stiefpa
2010-07-23 02:43

Malani Venter

Stellenbosch

“Ons is in Lotz-straat. Ons moet in Pollsmoor-straat wees.”

Só het ’n woedende adv. Albert Murphy, stiefpa van die vermoorde mev. Chanel du Toit (28), gister gesê.

Murphy het ’n vier bladsye lange brief aan die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, adv. Rodney de Kock, geskryf nadat mnr. Johan du Toit (26), wat verdink word van die moord op sy vrou, Woensdag op borgtog van R6 000 vrygelaat is. Die Du Toits is verlede jaar getroud.

Mev. Du Toit se lyk is meer as twee weke gelede in hul huis op die Dieu Donné-wynlandgoed buite Franschhoek gevind.

Landdros Diane Blaauw het Woensdag in die Paarlse landdroshof borgtog met sekere voorwaardes aan Du Toit toegestaan. Die saak is tot 22 September uitgestel.

Murphy was nie self met die borgtogaansoek in die hof nie. “Ek het doelbewus nie gegaan nie. Ek het die vorige aand laat gewerk – juis oor hierdie borgtogaansoekkwessie,” het hy gesê.

Volgens hom het die staat ’n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip om Du Toit in kruisverhoor te neem. Hy het, net soos vroeër vandeesweek, na die Inge Lotz-saak verwys.

“My kritiek wanneer ek na die Lotz-saak verwys, is nie teen regter Deon van Zyl nie. Inteendeel, ek het net die grootste respek vir hom. My kritiek is teen die polisie wat drooggemaak het met die ondersoek.

“Nou kyk, hier is die polisie klaar weer besig om aan te jaag. Hulle plaas die saak in die hande van ’n sersant wat die ondersoekbeampte is.

“Ek is nie net kwaad oor my kind wat vermoor is nie. Ek is kwaad oor hoe die moord van my kind hanteer word. As ’n regsgeleerde kan ek nie... en gaan ek nie net terugsit en kyk hoe daar met die saak aangejaag word nie.

“Dis daarom dat ek die brief geskryf het. Daar moet nóú ingegryp word met die saak.

“En as daar nie terugvoering aan my gegee gaan word nie, sal ek na ’n hoër gesag gaan.”
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #78 on: July 23, 2010, 08:53:33 AM »

Ek is bly Chanel se stiefpa is darem 'n advokaat en dit lyk of hy die mense op hulle tone gaan hou.
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #79 on: July 23, 2010, 04:11:05 PM »


 
Chanel, husband fought night before murder
2010-07-23 15:46

 

Cape Town - Johan du Toit, who has been charged with the murder of his
wife, Chanel du Toit, allegedly had an argument with her the night before
her death, YOU magazine revealed on Friday.

Chanel du Toit, 28, was found dead in the bedroom of their cottage on Dieu Donné
wine estate near Franschhoek. Eight days later her 26-year-old husband, Johan,
was arrested and charged with the killing.

YOU has learnt that on the night before Chanel died, she and her husband
attended a party and apparently had an argument.

Someone close to the investigation also revealed to YOU that police are
probing talk of extramarital affairs.

According to the magazine, cellphone records apparently show Johan made
more calls to Chanel’s best friend than she did. This friend also acknowledged
some inappropriate behaviour with Johan.

Du Toit is out on R6 000 bail.
Logged

Pages: 1 2 3 [4] 5   Go Up
Print
Jump to: