Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: guinjata duik  (Read 3213 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: September 02, 2010, 05:57:45 PM »

Guinjata duik

Voor die duik word die duikplan eers mooi verduidelik van hoe diep dit is, hoe ver van die kant af, wie en wie duik saam, wat jy te wagte kan wees om te sien en ondervind, of daar stroom kan wees of nie en as daar stroom is hoe gaan ons dan te werk gaan, wie die leier is, handseine, en wat ook al nog.



Op die plek en op 1 2 3 val dan val jy agteroor in die water. As jy vooroor val gaan jy in die boot beland. As jy dalk aarsel om te val, al is dit sekonde dan bly jy sit tot die skipper vir jou s dis veilig en dan kan jy val. Die rede is dat jy nie op iemand anders val nie.



n Paar fotos van wat ons daar onder gesien het. Op die duik van Guinjata rif was daar op die dag n stroom. Redlik stil gehang en die goed bekyk hoe ons daar verby gegaan het. Moet vinnig mik en druk om af te neem wat nei so maklik is nie.












Moet my asb nie vra wat is wat nie, ek is vreemd in daardie warm water, ek is seker hier is ander wat sal kan s wat is wat. Ek het net die rustig en mooi geniet.









Ek is redlik swaa rop lug en het gevra vir 15 liter en 230 bar silinder. An kan ek dam so amper so lank as die ander onder bly. Dan swem ek ook gewoonlik so meter of 2 vlakker as ander om lug te spaar.
Die ander duik gewoonlik met 10 en 12 liter silnders.







Die duik op Guinjata rif was max 23 meter en gemiddled 18 meter diep. Die sig was so 15 meter en die water was 23 C.




Hier is louis





Ek kon darm 29 minute onder bly toe is my lug min en ek meot opgaan. Die tyd gaan vreeslik vinnig om daar onder.

Loius en Zelda, na die duik kry elkeen n suigstokkie om die sout smaak uit jou mond te kry.



Willie van Guinjata duik. Ek hoor hy word egnoem sea dog



Waneer ons strand toe vaar met die boot maak jy seker dat jou voete in die voetbande is, en als wat los kan wees vas is en jy hou vas. Net voor die vlak water sal Willie dan die boot se enjins vol oopmaak en dan jaag hy so ver as kan op die sand uit, en dna vlieg als wat los is vorentoe.
Die boot word dan met die trekker en sleepwa kom haal.



Mantarif


Die volgende oggend het ons op mantarif gaan duik.

Op pad ( of op see) daarheen was ons bederf met walviskyk.





Zelda lyk baie opgewonde



Toe ons by die plek aankom was die opdrag om die BC heel af te blaas en wanneer jy in die water val sommer dadelik af te sak en nie eers op die oppervlakte bymekaar te kom nie. Dis nogal n vreemde gevoel vir my wat dit nog nooit so gedoen het nie.


Ek was nogal opgewonde om die ou raak te loop en hy swem nie weg nie.
Ek weet darm dat dit die aartappelbaars is ( as ek reg is)









Hier duik Zelda en Louis.  As jy mooioplet sal jy sien louis duik nie met fins aan die voete nie. Hy is verlamin sy onderlyf en Zee help hom beweeg. Sy vt hom agter aan die tenk se nek en swem met hom rond daar onder.







Die duik was ook min of meer 23 meter diep en ek kon darm 32 minute onder bly die keer.

Was n lekker duik, baie mooi gwees.


So lyk dit as die borrels opgaan. Dit raas om jou ore waneer jy onder water asemhaal, iets waaraan jy maar moet gewoond raak. Gelukkig is die DV waarmee ek duik effens anders gebou en ek kry nei so baie borrels om my ore nie.



Op 5 meter hang ons so vir 3 minute net om van oortollige suurstof ontslae te raak. Dis waneer jy haai aas is. Maar as paar byemkaar is en die haai sien jou met die stroom borrels wat opgaan dink hy als is een groot ding wat groter as hy is.

 





Nou moet daar op die boot geklim word. Hang af hoe groot die deining en stroom is, hoe maklik of moeilik dit is. Eerste as jy bo kom blaas jy jou BC op dat jy dryf. Dan swem jy tot teen die boot, en almal skarrel gelyk vir die boot. Langs die aknt is toue waaraan jy maar hang. Waeer die skipper of iemand anders vir jou wys dis reg gee jy eerste jou gewigte aan. Waneer jy dit losmaak sorg jy dat die oopkant in jou hand is sodat daar nie van die gewigte uitval en dlak op iemand se kop kan val nie.

Dan kan jy jou BC losmak en dit met silinder aan vir iemand op die boot gee.
Dan sak jy af, hou steeds aan die toue vas, en skop met jou fins so hard soos kan en trek jouslef met jou arms op, om so ver as kan oor die boot se rant te duik. Soms werk dit soms nie. Die wat reeds op die boot is gee maar hand.

Al weer opppad land toe na nog n heerlike en suksesvolle duik.




Op pad terug besluit Zelda sy wil die middag op greentree gaan duik en ek seg ek is in. vra bietjie uit en sy seg sy sal my op land vertel.

Dis 31 meter diep. Ek seg wag ek het al 1 keer per ongeluk so diep geduik maar dit tyd onder is te kort. Sy s ek kan met Nitrox 32% duik en sy sal my als vertel en my tabel uitwerk. Doen so en dit blyk ekkan 20 minute onder bly en sy en Hylee kan 25 minute onder bly volgens hulle duik rekenaars. My duikreeknaar is nog van die ou skool voor nitrox gebruik is en kan nie vir my tabel met nitrox uitwerk nie.

In elk geval so gaan ons die middag, ek baie opgewonde en Rubberman is my buddy. Hy duik op gewone lug.

Ons val in, sak tot onder en daar besef ek hiers fout. Dink die snaakste goed , probeer reelmatig asem haal, maar ek suig daai silinder dat dit voel of hy wil induik, en toe ek dink wat sal die visse doen as ek my lug vir hulle aanbied toe besef ek HKGK, jy hoort nie hier nie, sorg dat jy opgaan. Ek het nie eers kans gehad om vir die ander te wys ek gaan op nie. Die ongeluk van die mosambiek riwwe teenoor kaap se riwwe is dat daar net water bo die rif is, nie vlakker dele en selfs dele wat bo die water uitsteek nie. Dus was daar niks vir my om te sien of doen op 24 meter nie. Die duik was net 3 minute en dis al.

Die rede vir daai gevoel van my was stikstofnarkose neem ek aan. Dalk nie lank genoeg op 5 meter gehang met die vorige duik die oggend nie.

Ek het net besluit: Rather save than sorry en verloor maar hierdie duik, en sien dit as nog ondervinding en leerskool.

Vervolg mosambiek toer nr 12

by vakansie fotos
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
R-O-V-Rat
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3433


Mehtuselah.


« Reply #1 on: September 02, 2010, 06:27:58 PM »

Kola sal nou hierdie post seker net so baie soos ek geniet. Ander ouens is nou weer skrikkerig vir die oop see. Thank vir die mooi post.  A1
Logged

AKA Rowwerot
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #2 on: September 02, 2010, 06:40:33 PM »

Kola sal nou hierdie post seker net so baie soos ek geniet. Ander ouens is nou weer skrikkerig vir die oop see. Thank vir die mooi post.  A1


soos ek weer geen begeerte het om berge soos kilimanjaro ens te klim nie.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #3 on: September 02, 2010, 08:16:28 PM »

Jirre, Lox, hoe jaloers maak jy my nou! My eerste seeduik was by Morongulu, Noord van Inhambane. Toe ek onder die water ingaan hang my bek so oop soos 'n Boesmanlander wat die eerste keer duik. Amper versuip ek net daar. Moes eers weer opgaan om tot verhaal te kom. Ek kon my oge nie glo vir al die mooi om my nie. Ek was gelukkig, ek is baie goed op lug. Ek kon op 25 m vir 45-50 min bly met 'n 10 l silinder. Tot die frustrasie van die klomp wat eerste op die boot sit en wag en seesiek kry.

Cool post!
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #4 on: September 02, 2010, 08:21:04 PM »


Cool post!


 Head Bang
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: