Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: paindane rif scuba  (Read 1116 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: September 06, 2010, 08:12:10 PM »

Paindane rif scuba

Ek en Franscois het 2 dae voor ons gery het saam met Vossie gaan duik. Die plan was eers om op n vlakker rif van 19 meter te duik want daar sou n vrou saamgaan wat nog heelwat onseker is. Sy het toe nie opgedaag die volgende oggend nie en toe besluit Vossie hy wil liewer die Paindane express vir ons gaan wys of liewer laat ervaar.

Op pad daarheen weer naby walvisse verbygevaar. Soms hoor mens die walvisse onder die water.




Toe ons op die plek aankom, is dit duikgoed aantrek en 1 2 3 en daar val jy en sommer reguit ondertoe, 28 meter diep. Land op die sand en ek dink by myself, nou wat nou, maar Vossie swem in n rigting in, hoe hy weet watter rigting weet ek nie, maar ek swem maar agter hom aan.
Nie ver nie en ons kom teen die rif wat seker so 5 na 8 meter hoog is, soos n muur. En daar is ons ook in die stroom.
 So in die verbygaan kry ek darm n paar fotos genem maar dit gaan vinnig.




Kon darm so af en te aan n klip vashou om iets te bewonder en af te neem.
Dit is dancing shrimps



Heelwat Triggerfish gesien wat so in die gate in kruip, hoekom weet ek nie maar dalk vreet hulle iets daar binne met daai 2 lang rooi slagtande.





Hier kan jy n idee kry van hoe strek die stroom trek. Lyk amper soos die wind wat n bossie in die karoo plat waai.



Nog n blou vis



Nogal baie van die giftige goed gesiendevilfirefish. Wanneer jy nader aan hom kom maak hy daai penne so regop om te wys bly weg van my af.



As  ek reg onthou is dit n pipefish









Die boot wat die anker verloor het sou hom nie daar uit gekry het nie.







Na 30 minute was dit tyd om op te gaan en 3 minute safteystop op 5 meter te doen.



Ons het sowat 2,5 km in die tyd in die stroom beweeg.
Die volgende dag wou ek en Franscois verder ten die rif af en dit so met Vossie bespreek.

Daardie nag kom daar so erge SO wind op en die see lyk maar omgekrap maar ons gaan vroeg uit, en dis weer vinnig maak toe ons stilhou en val tot op 28 meter. Ons het so 500 meter stroomop van waar ons gister uitgekom het, ingegaan. Die wind het n vreeslike effek op die stroom en ons het net sowat 400 meter gevorder in 30 minute. Amper geen stroom nie, nogal baie heen en weer soos die golwe bo verby kom,  maar dit was steeds heerlik lekker.

Die middag het ons begin inpak om die volgende dag suid te ry.

Vervolg deel  15
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: