Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: mosambiek 2010 duik naby momoli  (Read 3889 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: September 12, 2010, 07:18:44 PM »

Duik by Momoli.

Ons is af see toe en Franscois is diep water toe agter die rif met sy pylgeweer en ek is vlak water toe met my kamera voor die rif.



Die water voor die rif was baie vlak maar was lekker warm en interessant.
Ek het sonder duikpak geswem daar in die poele voor die rif.





Die rif keer darm redlik die branders en ek wonder waar is Franscios agter die rif. Intussin wonder hy waar is ek.



Ek het uitgegaan en verder strand af gestap na n ander plek toe en die krap gesien.




Hy hou hom toe lekker kwaai met my saam toe ek hom wil afneem.



En toe los ek hom in vrede, dalk was ek die eerste mens wat hy in sy lewe gesien het.

Weer verder aan in die water gegaan.





Dis so rustig in die poele voel my ekkan ure lank daar rond dryf en net kyk.
Ek swem by n klip verby en sien die paling wat vir my skrik en na n gat toe swem. Kon hom nie mooi afgneem kry nie, wel met video, sal nog kyk of ek daar n mooi foto kan uithaal.












Daar is baie vissies wat ek gesien het maar soos ek nader swem n die kamera gereed kry vlug hulle onder of agter die klippe in.










Die sandstrand en ek is haal alleen daar, voel eintlik snaaks.
Annie s sy het vroer vanjaar vir die eerste keer sedert 1997 wat hulle daar woon ander mense op die strand gekry.








Beslis n plek om te besoek as jy in die omgewing is.


Vervolg deel 21
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: